Skip to main content

Lewe heilig in alles – Jesaja 52:7-12 en 2 Korintiërs 6:14-7:1

Die lied Stille Nacht is seker die gewildste Kersfeeslied. Miskien selfs die gewildste lied. Punt. Die lied is in meer as 300 tale verwerk.

‘n Jong priester, Joseph Mohr, moes ‘n plan maak vir die diens die Oukersaand 1818 in die dorpie Oberndorf in Oostenryk. Die Salzach rivier het sy walle oorstroom en die orrel in die St Nicholas kerk beskadig. Hy het musiek nodig gehad. Die orrel sou nie werk nie.

Joseph het twee jaar tevore die woorde van die gedig Stille Nag geskryf. Hy besluit toe die gedig na Franz Xaver Gruber die skoolmeester en orrelis van die nabygeleë dorp Arnsdorf te neem. Hy het gevra dat Franz ‘n melodie en ghitaarbegeleiding skryf vir die gedig vir Oukersaand.

Só is die lied wat ons so goed ken gebore. Karl Mauracher, die orrelbouer wat die orrel in die Obendorf kerk versorg het, was só bly oor die lied dat hy die komposisie vir ‘n paar reisende volksangers gegee het, die Strassers en die Rainers. Só het die lied versprei na bykans elke deel van hierdie wêreld.

Die eerste vers lui só in Duits:

Stille Nacht, heilige Nacht,
Alles schläft; einsam wacht
Nur das traute hochheilige Paar.
Holder Knabe im lockigen Haar,
Schlaf in himmlischer Ruh!
Schlaf in himmlischer Ruh!

Heilige Nacht

Wat ek wil hê dat julle moet oplet in die lied, is die twee keer wat daar van heiligheid gepraat word. Die nag van Jesus se geboorte word nie net beskryf as ‘n afwagtende stilte nie. Ook as ‘n “heilige” nag. Josef en Maria word beskryf as “hoogheilig”, amper onaantasbaar heilig in hulle verwagtende vertroue.

Jesus se geboorte was immers ‘n heilige oomblik, ‘n moment waarop hemel en aarde stil gaan staan het in eerbied vir die Heilige Jesus wat gebore is.

Heiligabend

Heiligheid is ook ‘n tema wat ‘n belangrike rol speel in die gebruik van ‘n Adventskrans. U ken dit goed, die sirkelvormige krans van immergroen takke en blare wat die ewigheid voorstel. Die vier kerse wat opeenvolgend elke Sondag aangesteek word tot vandag op Kersdag. Dit beeld die betekenis van ons verwagting op Jesus uit: hoop, geloof (liefde), vreugde en vrede.

En dan steek ons die middelste kers aan op Kersfees, die “Christus Kers”. Dit verteenwoordig die lig wat die geboorte van Jesus vir ons gebring het. Die kleur is wit. Hoekom? Want dit beeld Jesus se sondeloosheid en heiligheid uit. Dat Hy ons witter as sneeu was soos wat Jesaja voorspel het (Jes 1:18).

In Duitsland word hierdie kers eintlik op Oukersaand aangesteek. Oukersaand word daarom ook “Heiligabend” genoem wat hierdie tema van heiligheid onderstreep.

Wanneer Jesaja die geboorte van Jesus voorspel, is dit ‘n aspek wat hy talle kere onderstreep.

Download the English translation: Living holy in everything

Continue reading

Moenie die Heilige Gees bedroef nie – Jesaja 63:7-64:10 en Markus 1:9-11

As ons terugkyk

Download English translation: Do not grieve the Holy Spirit.

Ek onthou ‘n keer toe ons gesin op pad Kaap toe was. Met een van my Jettas. Wat ‘n lekker motor vir sy tyd. Dié dag was daar egter fout. Die enjin wou nie lekker krag lewer nie. As jy gewone spoed probeer ry, dan lewer die enjin al hoe minder krag. Die enigste manier was om voet in die hoek te ry. Want dan was daar krag. Die oomblik as ek normaal probeer ry het, dan wou-wou die enjin net vrek.

Maar, dit kon tog nou nie só aangaan nie. Ek draai toe in by Humansdorp na die Volkswagen garage. Die fout was toe al die tyd ‘n filter. ‘n Petrolfilter. Nogal ‘n diens gehad net voor die rit. Die petrolfilter was egter ‘n prul. Nuwe woord wat ek geleer het. Dit is wat in Engels ‘n “dud” genoem word. ‘n Prul. ‘n Pure Petrolfilter Prul.

‘n Paar rand later en ons kon normaal ry, tot verligting van my gesin …

Ek wonder as jy terugkyk na hierdie jaar of daar nie ook sulke momente was vir jou nie. Jou lewe verloop so normaal soos altyd. Dan skielik is daar ‘n haakplek.

Jy kry ‘n pyn wat soos sooibrand voel, en ‘n week later lê jy in die hospitaal met ‘n angiogram. Gelukkig is die stente van ‘n bietjie meer gehalte as die pure prul van ‘n petrolfilter wat ek eenkeer gekry het.

Of jy word gekonfronteer met die dood van ‘n geliefde. En maak nie saak of dit nou lank verwag was of aardskuddend skielik, dit is altyd ontwrigtend. Jy kan nie voortgaan asof alles normaal is nie.

Ons as gemeente het ook beleef dat ons tot stilstand geruk is met ons begroting wat net nie meer wou uitwerk nie. Ons het vir jare probeer byhou, voet in die hoek, maar die kummulatiewe effek van ‘n stagnerende inkomste en die stygende kostes het ons by baie moeilike keuses gebring.

Die effek daarvan sal ook nog lank by ons bly al het ons gemeente darem goed op opgelig hier aan die einde met ons Tiendemaand dankofferfees, en die Kersfees-kermis. Ons gebede sal egter bly vir almal wat deur die ontwrigting geraak is.

Ons as kerk het ook beleef dat die besluite van die Algemene Sinode van 2019 ‘n wye rimpeleffek gehad het op sinodes en gemeentes. Talle sinodes, ringe en gemeentes het reeds gesprekke gehad. Talle doleer. Presies wat die gevolge daarvan sal wees, sal eers mettertyd regtig sigbaar word.

Continue reading

Jesus is gebore in Betlehem – Lukas 2:1-20

Hulle vertel van die man wat wou weet wat ‘n sensus is.

“Hulle tel al die mense,” was die antwoord.

“Hoekom?” wou hy verbaas weet, “is daar dan een weg?”

Hoekom het die keiser ‘n sensus gehou?

Hy het die mense getel om wins te maak. Want, sy tellery het om belasting gegaan. Hy wou weet hoeveel mense daar is, sodat hulle belasting kan betaal. Almal moes getel word.

Josef en Maria moes na Betlehem reis om daar getel te word. Dit was so 136 km van Nasaret na Betlehem. So tien dae se reis te voet. Maria was nog swanger ook.

Hulle was dus amper soos pionne op ‘n skaakbord. Die keiser het hulle en al die ander mense na sy begeerte heen en weer geskuif.

Ek wonder of jy nie ook soms so voel nie? Dat jy soos ‘n pion rond geskuif word? Dat jy maar net ‘n nommer op ‘n lys is?

Dan voel jy soos baie mense in die wêreld al deur die eeue gevoel het. Dat daar oor hulle besluit word. Dat die magte wat oor hulle gestel is – ja selfs die demokraties verkose magte – met hulle maak soos hulle lus kry.

Jy ken dus waarskynlik daardie gevoel. Want, ons brom dikwels oor die manier waarop dinge gebeur. Waar ons magteloos voel. En net maar moet doen soos ander oor ons  besluit.

Dit is wat ons lees in Lukas 2:1-7.

Download translation in English: Jesus was born in Bethlehem – Luke 2_1-20

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS

Continue reading

Jesus se kinderjare en die wegraak in die tempel – Lukas 2:41-52

Ons kinderjare is só belangrik. Ons het die week in ons kleingroepe gesels oor ons kinderjare. Wat ons onthou van ons ma’s en pa’s. Wat ons onthou van die kerk.

Dit het my getref hoe Nico Prins vertel van sy pa wat tot bekering gekom het. Watter impak dit op hulle daar in Noord-Rhodesië gehad het. Vandag is dit Zambië.

Ek is self herinner aan dominees wat ‘n rol in my lewe gespeel het. Jaap Weideman. Derick Conradie. En kategete. En my ma en pa wat ons baie Sondagmiddae deur ‘n ritueel geneem het. Eers ‘n Footlong hotdog by die inrykafee The Doll’s House in Mouillepoint. Dan die erediens in die Grootte Kerk. En direk daarna die simfonie orkes in die Stadsaal in Kaapstad.

Jy sal self ‘n paar verhale hê wat jou bybly. En ons moet dié dinge koester. En vir ons kinders vertel. En herinneringe vir hulle skep. Dinge wat hulle kan bybly vir hulle volwasse lewe.

Download English translation: Jesus childhood and getting lost in the temple – Luke 2_41-52

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS:

Continue reading

Jesus word gedoop – Matteus 3:13-17

Johannes die Doper begin sy bediening met ‘n eenvoudige maar duidelike boodskap van bekering. ‘n Wegdraai van ‘n sondige leefwyse na volle gehoorsaamheid aan die Here.

Hoekom? Want, bekering maak gelowiges gereed vir die ontvangs van die koninkryk van die hemele. Bekering maak dit moontlik dat jy die gawe van die Gees kan ontvang. Dat jy die vrug van die Gees kan dra. Dat jy in die teenwoordigheid van die Here kan lewe.

Sonder bekering is dit onmoontlik om deel te word van die koninkryk van die hemele. So verkondig Jesus dit regdeur sy bediening.

Jesus sê Hy het gekom om sondaars tot bekering te roep (Matt 4:17; 9:13; Mark 2:17; Luk 3:8). Jesus sê dit is nie dié wat lippediens doen en Jesus Here noem wat in die koninkryk van die hemele sal ingaan nie. Nee, net dié wat die wil van sy Vader doen (Matt 7:21; vgl die talle gelykenisse oor die koninkryk in Matt 13).

Die Skrif is dus duidelik daaroor dat daar geen verandering in ‘n mens se lewe kan plaasvind, sonder bekering nie. Die boodskap van die koninkryk van die hemele kan net deur ‘n voorbereide hart, ‘n bekeerde hart, ontvang word.

Dit is waarom die bediening van Johannes die Doper om bekering gedraai het. Dit is waarom die bediening van die kerk steeds om bekering draai. Want dit is wat steeds nodig is in die lewe van elke gelowige. Soos Paulus daaroor skrywe in sy brief aan Titus:

“Want die genade van God wat redding bring aan alle mense het verskyn, en dit leer ons om nee te sê vir die goddeloosheid en wêreldse begeertes en om verstandig, reg en toegewyd in die huidige wêreld te leef,” (Tit 2:11-12 – ASV).

Maar, nie almal het dié woord van bekering aanvaar nie. Want bekering vra opoffering, prysgawe, ‘n neerlê van jou eie wil en jou eie begeertes.

Download English translation: Jesus is baptized – Matthew 3_13-17

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS:

Continue reading

Ons is God se handewerk – Efesiërs 2:1-10

Die studente gaan Dinsdagaand die fliek Overcomer kyk by die sel. Ek is gevra om iets oor die fliek te sê en ‘n tema daaruit te gebruik vir die boodskap vanaand.

Die verhaal van Overcomer speel af in Brookshire Christian School. Die afrigter, John Harrison, is baie opgewonde oor wat vir sy span die volgende seisoen in basketbal voorlê. Hulle het die eindstryd gehaal en naelskraaps verloor. Hulle behou egter die meeste van hulle spelers. Volgende jaar moet hulle jaar wees.

Dan tref ‘n tragedie die gemeenskap van Franklin. ‘n Groot fabriek maak toe. Mense verloor hulle werk en begin weg te trek. Dit laat die skool met te min spelers vir die volgende seisoen. Die skool verloor ook onderwysers. So raak John betrokke by die dramaklasse, en rig uiteindelik ook landloop af. Daar is egter net een deelnemer, Hannah Scott. ‘n Probleemkind. Met asma. Wat landloop hardloop.

Dit is kostelik hoe John sy seun Ethan probeer oorreed om saam te hardloop. Hy troef sy pa deur te sê, hy sal hardloop, as jy pa ook hardloop. Dit werk dus nie.

Dan ontmoet John vir Thomas, ‘n voormalige goeie atleet. En Thomas begin hom van landloop leer, en van die lewe, en van die Here. En ‘n mens begin leer van verhoudings, van volharding, van vergifnis, van God en sy Vaderskap.

Thomas leer hom om te begin met die vraag: “Wie is jy?”  En as jy sê jy is ‘n Christen, ‘n kind van God, wat is sy posisie in jou lewe? Watter prioriteit het God in jou lewe? Hoe belangrik is jou Christenskap vir jou? As jy sê jy gaan bid vir iemand, en jy doen dit nie, wat sê dit van jou? Is jy nie dan maar net skynheilig nie?

En dan begin die fliek baie interessant word …

Die vraag is: “Wie is jy?”

Die vraag wat Paulus in Efesiërs 2 aanspreek is presies hierdie vraag van die fliek.

Kom ons bid saam.

Continue reading