Skip to main content

Jesus verander water in wyn – Johannes 2:1-12

Troues in die ou Nabye Ooste was ‘n ongelooflike belangrike geleentheid vir families, gesinne en enkellopendes – net soos in die moderne tyd.

Vir Jode was ‘n troue ‘n feestelike geleentheid.

Die bruid het op die bruilofsdag aanbreek wit klere aangetrek (dikwels ryklik geborduur), haar met juwele versier, ‘n bruidsgordel om haar middel vasgemaak, haar gesig bedek met ‘n sluier en ‘n krans op haar kop geplaas.

Die bruidegom, geklee in sy beste klere, met ‘n mooi kopdoek op sy kop, het na die huis van die bruid se ouers vertrek. Hy is vergesel deur sy vriende, deur musikante en sangers. As dit in die aand was, het daar mans met fakkels saamgeloop.

Die bruidegom het sy bruid van haar ouers ontvang met hul seëninge en vriende se wense. Daarna het hy die hele partytjie terug begelei na sy eie huis of sy pa se huis. Daar is gesing en gedans met baie musiek.

Op pad terug het die vriende van die bruid en bruidegom ook aangesluit. Daar was groot vreugde en baie vrolikheid. Die aand is die bruid deur haar ouers na die huwelikskamer begelei, en die bruidegom deur sy metgeselle of ook deur die ouers van die bruid. Die volgende dag is die feestelikhede hervat. Dit het sewe dae lank aangegaan.

Johannes vertel vir ons van só ‘n troue:

Download English translation: Jesus turns water into wine – John 2_1-12

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS

Continue reading

Nogtans – Habakuk 3:17-19

Jaar van die Bybel 2020
Tema: NOGTANS! – Habakuk 3:17-19
Somerstrand 1 Maart 2020 18:30

Video

Barcelona 92 – Derek Redmond – 400 m finaal

Bid sonder ophou

Ons het verlede week oor gebed gepraat, en oor die Psalms.

Hoe gaan dit met die: “Dankie Here? En die: “Wat nou Here”? En die: “Vergewe my”?

Bid sonder ophou!

Onthou die belofte:

“If you don’t know what you’re doing, pray to the Father. He loves to help. You’ll get his help, and won’t be condescended to when you ask for it. Ask boldly, believingly, without a second thought.” (Jak 1:5).

Bid sonder ophou, selfs al gaan dit hoe sleg!

“Nogtans”

Daar is ‘n profeet in die OT wat vir ons ‘n gebed leer wat bedoel is vir regtig moeilike tye. Tye wat jy twyfel of dit ooit weer goed sal gaan. ‘n Gebed wat begin met die woordjie אָֽנִי (‘ani): “Nogtans”. In Engels: “Yet”.

Dit is wat die profeet Habakuk ons leer. Hy wil ons met die woordjie “nogtans” help om kontak te maak met die Here as Hy ver voel; as dit regtig swaar gaan.

Continue reading

Die gelykenis van die ware vriend – Lukas 11:5-13

Daar is ‘n kameraadskap wat kom in ware vriendskap, veral wanneer ‘n mens ‘n paar sakke sout saam opgeëet het, wat die toets van die tyd dubbel en dwars kan deurstaan.

Jy sal self ‘n paar sulke vriendskappe in jou lewe gehad het. Op skool. In die weermag. Op universiteit. By die werk. Met jou kinders se maats wie se ouers ook vir jou diep vriende geword het.

As julle mekaar ‘n lang tyd nie gesien het nie, dan is dit asof die jare net wegval, en jy die drade net weer optel asof julle mekaar gister gesien het.

Dit is daarom geen wonder dat die Bybel by die idee van vriendskap aansluit om vir ons iets wesentlik van God te vertel nie.

Jesus vertel die gelykenis van die ware vriend om vir ons die waarheid oor God te onderstreep. Dat God ‘n Vriend duisend is:

Download English translation: The Parable of the True Friend – Luke 11_5-13

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS:

Continue reading

As julle iets teen iemand het, vergeef hom – Markus 11:20-25

Dit by maar moeilik om te vergewe, nê?

http://bible.com/events/7135655

Jy vertel iets vir iemand as ‘n geheim. En dan hoor jy die storie het oral versprei.

Of iemand sê iets oor jou wat nie waarheid is nie. En jy probeer dit regstel, maar hulle wil jou nie glo nie. Versprei valse stories oor jou.

Ek dink dit is een van die redes waarom baie mense van wraakflieks hou. Flieks soos The Equalizer. Daar is nou ook ‘n weergawe 2 uit. Baie gewelddadig. Ouderdomsbeperking van 16+.

Die storielyn is baie eenvoudig. Robert McCall (Denzel Washington) is ‘n afgetrede Marine en verdedigingsagent wat by ‘n Home Mart hardeware winkel werk. Hy neem wraak namens ander mense. Met sy kaal hande maak hy sake gelyk deur die skurke in die verhaal uit te wis.

Daar is min vergifnis in daardie fliek. Dit is ook nie nodig nie, want almal wat sleg is, word doodgemaak. Sake word gelykgestel.

Ek dink baie van ons wens ons kan soos Denzel Washington wees. Ook dinge so regstel. Sommer net so met ons kaal hande.

Die dissipels in die NT was ook so.

Hulle wou ook hê dinge moet reggestel word.

Continue reading

Ek sal my Gees in julle laat kom sodat julle kan lewe – Esegiël 37:1-14

Jaar van die Bybel 2020
Tema: “Ek sal my Gees in julle laat kom sodat julle kan lewe” – Esegiël 37:1-14
Somerstrand 09:00 29 Maart 2020

Verwelkoming en Aankondigings

  • Welkom by ons tweede uitsending. Julle is welkom om te reageer. Ook met eie insette. Vrae. Ek antwoord graag.
  • Onthou ons webtuiste vir inligting. Ook die Facebook Dit is die plek waar ons kommunikeer. Julle kan my ook Whatsapp by die nommer op die webtuiste.
  • Ek het ook ‘n Youtube kanaal vir die gemeente geskep. Die ander kanaal sal ook werk. Dit is my eie kanaal. Maar mettertyd sal hierdie NGK Somerstrand kanaal die enigste een wees wat ons gebruik. Boekmerk dit sodat jy altyd daar kan uitkom.
  • Ons dink vanoggend aan almal wat siek is. Die COVID-19 virus is nie die enigste gevaar nie. Ek het met van die mense wat in die hospitaal was, gesels, maar besoeke is uiteraard nou gestop. Dit gaan goed met Wynand en Annelise Viljoen. Annelise se behandeling word voortgesit in hierdie tyd. Dieselfde geld Leonora Clark. Sy moet ook nog ingaan vir behandeling, maar Tony kan haar darem rondry. Dieselfde geld Dido du Plessis. Mag die Here julle dra in hierdie tyd.
  • Ons dink spesiaal aan Hennie en Ivo Meyer. Gwen Meyer is hierdie week oorlede en ons het haar Donderdag begrawe. Ons meelewing in hierdie moeilike tyd vir die uitgebreide familie in ons gemeente – Elsje, Cecile, Hennie, Dalene, Clairwyn en die kleinkinders – ook Hennie se dogter in die Kaap, Eldoline, wat self met uitdagings sit, sowel as die vriendekring.
  • Geluk met die verjaarsdae. Dit gaan uiteraard nou meer intieme geleenthede wees! Geluk Philip Loots en Tom van Deemter. Julle verjaar vandag. Die res van die verjaarsdae kan julle op die webtuiste sien. Bel en reik uit!
  • Dink aan Theo Havemann. Hy probeer steeds voortgaan met dienslewering in Helenvale vir 350 kinders sowel as die min of meer 30 mense in die karavaanpark. Dit was uitdagend om goedkeuring te kry. Dit lyk my ons het dit reggekry. Maar, met geen inkomste by die karavaanpark kom alles nou uit sy sak. Ons sal waardeer as die Here dit op jou hart lê om betrokke te raak.
  • Laastens, ons het Snapscan Julle kan nou ook met die toep op julle selfone betaal. Hier is ‘n verduideliking van hoe dit werk. Dié wat weet, kan doodgewoon hulle selfone in die toep wys na die grafika op die skerm en die instruksies volg.

Continue reading