Skip to main content

Psalm 37 Kleingroepmateriaal – 27 Nov 2011

Ons lees die Psalm met die Lectio Divina metode:

1.  Kom tot rus – (Silencio)

Gee ’n tyd van stilte.  Dink aan dinge wat jou ontstel en gee dit een vir een vir die Here.  Dink aan dinge wat jou inspireer en dank die Here daarvoor.  Vra dat die Here deur hierdie Psalm met jou sal praat (5 min).  Die leier sluit af deur Psalm 37:4 te bid: “Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer”.

2.  Lees die Psalm – (Lectio)

Laat iemand Psalm 37 lees – Wysheid lê in ’n God-gesentreerde lewe. Gee stilte dat elkeen nadink oor wat hom of haar tref. Deel dit met mekaar – gee elkeen ’n kans; moenie nou al kommentaar lewer nie.

Lees die volgende inset, en deel met mekaar wat julle tref daarin:

Twee maniere van leef word in hierdie wysheidsPsalm met mekaar gekontrasteer, dié van die goddelose wat hom of haar nie aan God steur nie en dié van die gelowige wat dit wel doen.  Wysheid lê in ’n God-gesentreerde lewe.

Dit is duidelik dat hierdie wyse woorde gerig word aan mense wat dit nie maklik het in die wêreld nie.  Hulle lei onder skelms en skurke (vers 1, 7, 9), het te kampe met onregverdige beskuldigings (vers 6, 33), en ly onder verdrukking (vers 11).  Daarom is dit een van die groot versoekings vir gelowiges – wat onder druk verkeer  – om self in opstand te kom en die reg in eie hand te neem.

Dit is in dié situasie wat die Psalm die wyse weg aandui.

1. VOLHARD – Getrouheid kos altyd baie … maar goddeloosheid kos volgens die Psalm uiteindelik meer – “Hy sien hulle dag kom” (vers 13)!

2. VERTROU – Die wyse weg is om jou werk rustig te doen en die Here te vertrou (vers 3-4) wat belowe dat Hy jou die begeertes van jou hart sal gee (vers 5).  Só ’n lewe sluit in om die kwaad te vermy (die weg van die goddeloses) en die goeie te doen (vers 27 en verder).

3. KOM TOT RUS – Bring jou hart tot rus voor die Here.  Die groot gevaar volgens die Psalm is die emosies wat in jou opgewek word as jy jou lewe vergelyk met dié van die goddeloses.  Daarom dat “in stilte” die Here vertrou moet word (vers7), nie kwaad en ontsteld geraak moet word nie (vers 7-8), omdat dit uiteindelik net ellende bring.

“Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend, en die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus” (Fil 4:6-7).

4. GOD IS BESIG MET JOU – Die belydenis van die Psalmis is daarby dat die Here die koers bepaal van die mens met wie se pad Hy tevrede is, en dat Hy sulke mense ondersteun (vers 23).  Dit is die Psalmis, Dawid, se persoonlike ervaring en ook sy waarneming van die ervaring van ander gelowiges.

’n Hoogtepunt vir my in die Psalm is een van die redes wat Dawid uitspel, waarom die Here dit kan regkry om die regverdiges se pad te bepaal.  En dit is dat die openbaring van sy God in sy hart is – dit is waarom sy koers nie onseker is nie (vers 31).  Die Hebreeus lui eintlik dat die “wet van sy God in sy hart is”, dws dat dit die geskrewe Woord van God is wat ’n woonplek in sy hart gekry het, sodat dit uiteindelik sy hele lewe bepaal.  Ons kan nie genoeg beklemtoon die sentrale rol wat die Woord speel in die geestelike weerbaarheid en koersvastheid van gelowiges nie.  Die rol van die Bybel kan nie oorskat word nie!

3.  Oordink die betekenis van die Psalm – (Meditatio)

Elkeen kies ’n vers of woord uit die Psalm wat jou ruk/troos/uitdaag en oordink die praktiese betekenis daarvan vir jou. Deel dit met mekaar.

4.  Antwoord die Here in gebed – (Oratio)

Fokus op wat julle gehoor het en antwoord die Here. Julle kan ook hier voorbidding doen.

5.  Geniet God se teenwoordigheid – (Contemplatio)

Gee ’n tyd van stilte waar in julle sonder woorde God se teenwoordigheid geniet (3 min).

6.  Wees gehoorsaam aan God – (Incarnatio)

  • Gaan doen wat julle gehoor het!
  • ­ Jy kan ook elke Woensdagaand 17:30-18:30 met Rethie die Psalm van die week met Lectio Divina saamlees.
  • ­ En daarna kan jy die Bybelskool bywoon van 18:30-19:30 oor die ander Psalms wat ons die week saamlees– dié week lees ons Psalms 25-33.
  • ­ Kry die daaglikse dagstukkies oor die Psalms deur te registreer by www.bybelskool.com.

Psalm 29 Kleingroepmateriaal – 20 Nov 2011

Gee ’n tyd van stilte.  Dink aan dinge wat jou ontstel en gee dit een vir een vir die Here.  Dink aan dinge wat jou inspireer en dank die Here daarvoor.  Vra dat die Here deur hierdie Psalm met jou sal praat (5 min).  Die leier sluit af deur Psalm 29:10-11 te bid (effens aangepas): “Die Here heers oor alles, Hy heers vir altyd as koning.  Die Here gee krag aan ons, die Here seën ons met oorvloed” .

2.  Lees die Psalm – (Lectio)

Laat iemand Psalm 29 lees – ’n Lied oor die God van die natuur wat ook vir sy kinders sorg. Gee stilte dat elkeen nadink oor wat hom of haar tref. Deel dit met mekaar – gee elkeen ’n kans; moenie nou al kommentaar lewer nie. Lees die volgende inset, en deel met mekaar wat julle tref daarin:

Psalm 29 is een van die Psalms wat God se teenwoordigheid in die natuur verheerlik.  God se stem word met ’n aantal natuurverskynsels in donderstorms vergelyk om daarmee die inherente en allesveranderende krag van God oor te dra.  Die Psalm sê dus dat die Here nie net die God van die geskiedenis is nie, maar ook die God is van die natuur.  Die Psalm is ‘n lofpsalm met drie dele:

Vers 1-2:

Dawid roep die hemelinge (letterlik “seuns van God” = sy hemelse “familie” of “raad”) op om saam met die geloofsgemeenskap op aarde God te loof en voor Hom te buig en hulle stem by God s’n te voeg.

Vers 3-9:

Dawid loof God vir Sy magtige allesveranderende stem soos ‘n mens dit in die natuur kan waarneem: in die geluid van onweer (vers 3), in die lig van weerligstrale (vers 5-8) en selfs moontlik in aardbewings (“bokspring”, “bewe” in vers 6, 8).  ‘n Mens kan hierdie “stem” van God waarneem op sewe plekke: rivierwaters (vers 3), see/oseaan (vers 3), Libanon (vers 5-6), Sirjon (vers 6 – vgl Deut 3:8-9 = Hermon), woestyn (vers 8), bosse (vers 9), Sy paleis (vers 9) – en natuurlik in die 8ste plek, die geloofsgemeenskap (vers 10-11) wat eintlik weer ‘n volgende deel van die Psalm is.

Vers 10-11:

Dawid sluit af met ‘n versterkende belydenis oor die krag en oorvloed wat hierdie sprekende God vir sy volk gee (vers 10-11) en in wie se lewens Sy stem tot sy reg kom.  Die krag van die Here is nie net ’n wapen wat vernietig of verstom nie.  Dit seën en versorg Sy volk.

Om oor na te dink:

  • ­ ’n Mens kan dink, selfs al doen jy baie moeite om die Bybel daagliks te lees, dat God se stem net soos ’n bandopname is.  Psalm 29 herinner ons dat die stem van die Here nie maar net ’n opname uit die verre verlede is nie, maar ’n lewendige uitsending, wat hier en nou effektief is.
  • ­ Dat Jesus op die see juis die storm stilmaak (Mark 4:35-41), het ‘n besondere betekenis: 1) wat enige idee dat God met die natuur gelyk gestel kan word, die nek omdraai; en 2) duidelik stel dat God ook in die stilmaak van ‘n storm teenwoordig is, soos natuurlik ook al in 1 Konings 19:12 gesê is, dat God in : “’n fluistering in die windstilte” was.
  • ­ Gelowiges hoor iets – altans behoort iets te hoor – waarvoor ander mense doof is: die stem van God.
  • ­ As ons ore ingestel is op God, dan doen ons die regte goed.

  • ­ Gaan doen wat julle gehoor het!

Psalm 19 Kleingroepmateriaal – 13 Nov 2011

Gee ’n tyd van stilte.  Dink aan dinge wat jou ontstel en gee dit een vir een vir die Here.  Dink aan dinge wat jou inspireer en dank die Here daarvoor.  Vra dat die Here deur hierdie Psalm met jou sal praat (5 min).  Die leier sluit af deur Psalm 19:11-12 te bid (effens aangepas): “Die Woord van die Here is kosbaarder as goud, selfs as fyngoud, soeter as heuning, as druppels uit ’n heuningkoek. U dienaars laat hulle daardeur leer. Wie dit alles onderhou, groot is hulle beloning” .

2.  Lees die Psalm – (Lectio)

Laat iemand Psalm 19 – ‘n lied om God te belewe –  lees. Gee stilte dat elkeen nadink oor wat hom of haar tref. Deel dit met mekaar – gee elkeen ’n kans; moenie nou al kommentaar lewer nie. Lees die volgende inset, en deel met mekaar wat julle tref daarin:

DIE PSALM HET TWEE FOKUSPUNTE:

GOD BESTAAN – Die heerlikheid van God in die skepping

  • In vers 2 word die sigbare heerlikheid van God in die heelal geskets
  • In vers 3-5a word die onsigbare teenwoordigheid van God wat dag na dag en nag na nag op ‘n woordelose maar ervaarbare manier oorgedra word besing.
  • In vers 5b-7 word die son as sigbare verteenwoordiger van God geskets wat van die een kant van die aarde af tot die ander kant die wêreld verlig en verwarm met sy gloed.

GOD PRAAT – Die heerlikheid van God binne ons

  • In vers 8-10 word die waarde van die Woord beskrywe in terme van die impak wat dit in ‘n mens se lewe kan hê, nie as ‘n paaiboelie nie, maar as ‘n inspirasie.
  • In vers 11 word die waarde vergelyk met dié van goud en heuning
  • In vers 12-13a word dié waarde uitgespel as ‘n leerervaring wat uitmond en afsluit …
  • In vers 13b-15 met die gebed dat God van binne-af sal verander, sal reinig deur sy Woord en ‘n vastigheid sal gee wat die toets van die tyd sal kan deurstaan.

OPGESOM:

God bestaan. God is teenwoordig.  Jy ervaar dit in die ritme van die dag en nag.  Jy voel dit brand op jou vel in die dag.

God praat. Jy kan dit ervaar in die effek wat die Woord op jou kan hê.  Dit is soos druppels heuning uit ‘n heuningkoek.  Dit bring lig en krag en die teenwoordigheid van God self tot in die dieptes van die menslike hart.

NEDERLANDSE GELOOFSBELYDENIS

Hierdie Psalm het artikel twee van die Nederlandse Geloofsbelydenis geïnspireer.  Die middele waardeur ons God ken word só uitgespel:

Ons ken Hom deur twee middele: Ten eerste deur middel van die skepping, onderhouding en regering van die hele wêreld. Dit is onsigbare dinge van God, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, duidelik laat sien, soos die apostel Paulus sê (Rom. 1:20). Al die dinge is genoegsaam om die mense te oortuig en hulle alle verontskuldiging te ontneem.

Ten tweede maak Hy Hom deur sy heilige en Goddelike Woord nog duideliker en meer volkome aan ons bekend, en wel so veel as wat vir ons in hierdie lewe nodig is tot sy eer en tot die saligheid van hulle wat aan Hom behoort.  Skrifverwysings: Ps. 19:2; Ef. 4:6; 1 Tim. 2:5; Deut. 6:4; Mal. 2:10; 1 Kor. 8:4, 6; 1 Kor. 12; 1 Kor. 1.

KOLOSSENSE 1:15-20

In Kolossense 1:15-20 werk Paulus met ‘n herinterpretasie van hierdie Psalm, en noem hy Jesus die vervulling van die skepping (1:15-16) sowel as van die verbond (1:18b-20).  Die SkepperGod is ook die verlossende VerbondsGod. Die verskil tussen Psalm 19 en Kolossense 1 is natuurlik dat die teologie van Jesus, die Messias, die een deur wie beide die skepping as die verlossing te weeg gebring is, die verhaal van Psalm 19 herskrywe.  Let ook op hoe daar in Kolossense klem gelê word op Jesus as die beeld van God, met woorde wat aan die skeppingsverhaal ontleen is (Gen 1:26).

  • Elkeen kies ’n vers of woord uit die Psalm wat jou ruk/troos/uitdaag en oordink die praktiese betekenis daarvan vir jou. Deel dit met mekaar.

  • Fokus op wat julle gehoor het en antwoord die Here. Julle kan ook hier voorbidding doen.

  • Gee ’n tyd van stilte waar in julle sonder woorde God se teenwoordigheid geniet (3 min).

6.  Wees gehoorsaam aan God – (Incarnatio)

  • Gaan doen wat julle gehoor het!
  • Jy kan ook elke Woensdagaand 17:30-18:30 met Rethie die Psalm van die week met Lectio Divina saamlees.
  • En daarna kan jy die Bybelskool bywoon van 18:30-19:30 oor die ander Psalms wat ons die week saamlees.
  • Kry die daaglikse dagstukkies oor die Psalms deur te registreer by www.bybelskool.com.