Skip to main content

Psalm 14 Kleingroepmateriaal 31 Okt – 6 Nov 2011

Ons lees die Psalm met die Lectio Divina metode:

1.  Kom tot rus – (Silencio)

Elkeen draai hul handpalms ondertoe as simbool van hul oorgawe aan die Here en gee in ’n eenvoudige stilgebed hul kommer vir die Here.  Draai dan jou handpalms na bo en dank Hom vir sy voorsiening.  Die leier bid Psalm 14:5-6 (effens aangepas): “Omdat God in die gemeenskap van die regverdiges is, sal daar niks kom van die onregverdige planne teen die hulpelose nie: die Here bly sy of haar toevlug,” as inleidende gebed (5 min).

2.  Lees die Psalm – (Lectio)

Laat iemand Psalm 14 – ‘n lied vir toevlug in aanvegting –  lees. Gee stilte dat elkeen nadink oor wat hom of haar tref.

Deel dit met mekaar – gee elkeen ’n kans; moenie nou al kommentaar lewer nie.

Lees die volgende inset, en deel met mekaar wat julle tref daarin:

  • Die kontras in die Psalm is nie tussen ryk en arm nie, maar tussen goddeloses en regverdiges, hoewel dit wel wil lyk asof die regverdiges hier ook arm is (hulpeloos) – vers 5.  Die kontras is tussen dwases en wyses, mense wat niks van God begryp nie, en die wat iets van God begryp.
  • ‘n Dwaas is dus iemand wat lewe sonder om na God te luister en van Hom leiding te ontvang om sy of haar lewe kan rig en begelei.  ‘n Wyse is iemand wie se lewe juis draai om die luister na God en die vertroue op die pad waarop Hy sy of haar lewe begelei.
  • Wyses se lewens word gekenmerk deur ‘n toevlug neem tot God en ‘n vertroue op Sy redding en lotsverandering.  Hulle sal juig en bly wees – en in God se teenwoordigheid tot hulle reg kom (dit loop Psalm 15 en 24 vooruit wat hieroor verder nadink).
  • Ons moet egter nie te gou die dwase in ons omgewing soek nie.  Die Psalm is duidelik daaroor dat dwaasheid eintlik ‘n algemene kenmerk van die mensdom is, en dat dit ook vir ons insluit.  Dit is waarom Paulus uit hierdie verse aanhaal in Rom 3 en die evangelie van Jesus Christus as ‘n weg uit die dwaasheid verkondig en spesifiek sê dat God deur sy Gees sy liefde in ons harte uitgestort het (Rom 5), om ons dwaasheid in liefde te verander. Kragtig!
  • Die Psalmis se nadenke oor die mens het hom aanvanklik dus na ‘n klaaglied gelei, maar dit mond uiteindelik uit in ‘n bede tot God om verlos te word (van dwase en om self nie dwaas te wees nie), en die verwagting om God se aktiewe teenwoordigheid in sy of haar gemeenskap te ervaar.  Dit is waarom Craigie voorstel dat ons die Psalm moet lees as ons geestelike  pelgrimstog, waar onsself van dwaasheid tot begrip en liefde beweeg word.

3.  Oordink die betekenis van die Psalm – (Meditatio)

  • Elkeen kies ’n vers of woord uit die Psalm wat jou ruk/troos/uitdaag en oordink die praktiese betekenis daarvan vir jou. Deel dit met mekaar.

4.  Antwoord die Here in gebed – (Oratio)

  • Fokus op wat julle gehoor het en antwoord die Here. Julle kan ook hier voorbidding doen.

5.  Geniet God se teenwoordigheid – (Contemplatio)

  • Gee ’n tyd van stilte waar in julle sonder woorde God se teenwoordigheid geniet (3 min).

6.  Wees gehoorsaam aan God – (Incarnatio)

  • Gaan doen wat julle gehoor het!
  • Jy kan ook elke Woensdagaand 17:30-18:30 met Rethie die Psalm van die week met Lectio Divina saamlees.
  • En daarna kan jy die Bybelskool bywoon van 18:30-19:30 oor die ander Psalms wat ons die week saamlees.
  • Kry die daaglikse dagstukkies oor die Psalms deur te registreer by www.bybelskool.com.

Psalm 8 Kleingroepmateriaal 24-30 Oktober 2011

  • Elkeen draai hul handpalms ondertoe as simbool van hul oorgawe aan die Here en gee in ’n eenvoudige stilgebed hul kommer vir die Here.  Draai dan jou handpalms na bo en dank Hom vir sy voorsiening.  Die leier bid Psalm 8:2-3: “Here, ons Here, hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde, hoe glansryk alles wat U in die hemelruim geplaas het! Kinders en suigelinge besing die magtige werk wat U tot stand gebring het. So word u teëstanders, die vyande en wraakgieriges, tot swye gebring.” as inleidende gebed (5 min).

2.  Lees die Psalm – (Lectio)

  • Laat iemand Psalm 8 lees. Gee stilte dat elkeen nadink oor wat hom of haar tref.
  • Deel dit met mekaar – gee elkeen ’n kans; moenie nou al kommentaar lewer nie.
  • Lees die volgende inset, en deel met mekaar wat julle tref daarin.
  • Die Psalmboek moedig ons aan om persoonlike (Psalm 1) en publieke (Psalm 2) betekenis in ons  lewe saam met God te soek.  Dit is wanneer jy jou op Hom verlaat, dat jy ook Hom kan vertrou in die konflik met vyande (Psalm 3,5,7), die dilemma van droogte (Psalm 4) en die uitdaging van siekte (Psalm 6).
  • Die grootste motivering om aan God vas te hou, lê egter in Psalm 8 se boodskap.  Die Psalm sê kort en kragtig dat ons wel nietig is, maar in God se oë waardig:
    • God se Teenwoordigheid (Naam) is wonderbaar oor die hele aarde (vers 2a).
      • Eenvoudige kinders bevestig God se werk tot verstomming van arrogante teëstanders (vers 2b-3).
      • In die lig van God se grootheid in die skepping besef mense hul nietigheid (vers 4-5).
      • God bevestig egter mense se waardigheid as die kroon van Sy skepping (vers 6-7).
      • Die mens se invloed sluit alles – diere, voëls en visse – in (vers 8-9).
    • God se Teenwoordigheid (Naam) is wonderbaar oor die hele aarde (vers 10).
  • Ons waardigheid: Vers 6 sê in die oorspronklike nie dat God van die mens net minder as ‘n “goddelike wese” gemaak het nie, maar dat God van die mens net minder as “God” gemaak het.  Die woord Elohîm word gebruik!  ‘n Mens hoor hier dus onmiskenbaar die parallel met Genesis 1:26 – God het ons as Imago Dei, as Sy beeld gemaak, as Sy gelykenis.  Geen ander wese het daardie hoë status nie, nie die engele nie, nie die serafs nie, nie enige lewende wese nie.
  • Ons nietigheid: Maar die kontras tussen die nietigheid van die mens en sy waardigheid beteken dat die grootheid in nietigheid bestaan, presies soos dit van Christus geskrywe word, dat Hy Homself ontledig het, die gestalte van ‘n dienskneg aangeneem het, nietig en klein geword het … en dat God Hom uitermate verhoog het, groot gemaak het, selfs groter as wat Hy was voor sy menswording.
  • Die een is so belangrik soos die ander.
  • Dit het impak vir ons huidige debatte oor die skuld van die verlede
    • die waardigheid van die skuldbelyders moet gehandhaaf word; net so die waardigheid van die slagoffers; en almal saam moet hulle nietigheid voor God en voor die skepping besef, en ook bereid wees om hulle diensbaar te stel aan mekaar.  Dit is die evangelie!  En dit alles moet in die Teenwoordigheid van die Here gebeur, soos die Psalm so wonderlik uitspel.
  • Dit het ook ‘n impak op jou eie lewe
    • of jy nou sukkel onder vyande, selfs iemand so naby aan jou as jou eie seun (Absalom – Ps 3) of misoeste (Ps 4) of onder siekte (Ps 6) of verraaiers en vervolgers (Ps 5,7) – jy het nodig om na te dink oor die 3 dinge:
      • jou nietigheid en jou diensbaarheid;
      • jou waardigheid en God se sorg;
      • God se teenwoordigheid waarsonder jy nie sin en betekenis in jou lewe kan ervaar nie.
    • Nietig, maar waardig, in God se teenwoordigheid.
  • Dit het ook ‘n impak op hoe ons met die aarde en alles daarin omgaan.
    • Ons kan nie onsself daarteenoor opstel en dit gebruik en dink ons kan maak wat ons wil nie.  Nee, soos konings, wat verantwoordelikheid het, wat namens God optree as sy verteenwoordigers, moet ons met die diere en oseane en atmosfeer en natuurlik die grond waarop ons bly, omgaan.

o   God se Teenwoordigheid (Naam) is wonderbaar oor die hele aarde (vers 2a).

§  Eenvoudige kinders bevestig God se werk tot verstomming van arrogante teëstanders (vers 2b-3).

§  In die lig van God se grootheid in die skepping besef mense hul nietigheid (vers 4-5).

§  God bevestig egter mense se waardigheid as die kroon van Sy skepping (vers 6-7).

§  Die mens se invloed sluit alles – diere, voëls en visse – in (vers 8-9).

o   God se Teenwoordigheid (Naam) is wonderbaar oor die hele aarde (vers 10).

  • Ons waardigheid: Vers 6 sê in die oorspronklike nie dat God van die mens net minder as ‘n “goddelike wese” gemaak het nie, maar dat God van die mens net minder as “God” gemaak het.  Die woord Elohîm word gebruik!  ‘n Mens hoor hier dus onmiskenbaar die parallel met Genesis 1:26 – God het ons as Imago Dei, as Sy beeld gemaak, as Sy gelykenis.  Geen ander wese het daardie hoë status nie, nie die engele nie, nie die serafs nie, nie enige lewende wese nie.
  • Ons nietigheid: Maar die kontras tussen die nietigheid van die mens en sy waardigheid beteken dat die grootheid in nietigheid bestaan, presies soos dit van Christus geskrywe word, dat Hy Homself ontledig het, die gestalte van ‘n dienskneg aangeneem het, nietig en klein geword het … en dat God Hom uitermate verhoog het, groot gemaak het, selfs groter as wat Hy was voor sy menswording.
  • Die een is so belangrik soos die ander.
  • Dit het impak vir ons huidige debatte oor die skuld van die verlede

o   die waardigheid van die skuldbelyders moet gehandhaaf word; net so die waardigheid van die slagoffers; en almal saam moet hulle nietigheid voor God en voor die skepping besef, en ook bereid wees om hulle diensbaar te stel aan mekaar.  Dit is die evangelie!  En dit alles moet in die Teenwoordigheid van die Here gebeur, soos die Psalm so wonderlik uitspel.

  • Dit het ook ‘n impak op jou eie lewe

o   of jy nou sukkel onder vyande, selfs iemand so naby aan jou as jou eie seun (Absalom – Ps 3) of misoeste (Ps 4) of onder siekte (Ps 6) of verraaiers en vervolgers (Ps 5,7) – jy het nodig om na te dink oor die 3 dinge:

§  jou nietigheid en jou diensbaarheid;

§  jou waardigheid en God se sorg;

§  God se teenwoordigheid waarsonder jy nie sin en betekenis in jou lewe kan ervaar nie.

o   Nietig, maar waardig, in God se teenwoordigheid.

  • Dit het ook ‘n impak op hoe ons met die aarde en alles daarin omgaan.

o   Ons kan nie onsself daarteenoor opstel en dit gebruik en dink ons kan maak wat ons wil nie.  Nee, soos konings, wat verantwoordelikheid het, wat namens God optree as sy verteenwoordigers, moet ons met die diere en oseane en atmosfeer en natuurlik die grond waarop ons bly, omgaan.

3.  Oordink die betekenis van die Psalm – (Meditatio)

  • Elkeen kies ’n vers of woord uit die Psalm wat jou ruk/troos/uitdaag en oordink die praktiese betekenis daarvan vir jou. Deel dit met mekaar.

4.  Antwoord die Here in gebed – (Oratio)

  • Fokus op wat julle gehoor het en antwoord die Here. Julle kan ook hier voorbidding doen.

5.  Geniet God se teenwoordigheid – (Contemplatio)

  • Gee ’n tyd van stilte waar in julle sonder woorde God se teenwoordigheid geniet (3 min).

6.  Wees gehoorsaam aan God – (Incarnatio)

  • Gaan doen wat julle gehoor het!
  • Jy kan ook elke Woensdagaand 17:30-18:30 met Rethie die Psalm van die week met Lectio Divina saamlees.
  • En daarna kan jy die Bybelskool bywoon van 18:30-19:30 oor die ander Psalms wat ons die week saamlees.
  • Kry die daaglikse dagstukkies oor die Psalms deur te registreer by www.bybelskool.com.

Psalm 8 Kleingroepmateriaal 24-30 Oktober 2011

Ons lees die Psalm met die Lectio Divina metode:

1.  Kom tot rus – (Silencio)

  • Elkeen draai hul handpalms ondertoe as simbool van hul oorgawe aan die Here en gee in ’n eenvoudige stilgebed hul kommer vir die Here.  Draai dan jou handpalms na bo en dank Hom vir sy voorsiening.  Die leier bid Psalm 8:2-3: “Here, ons Here, hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde, hoe glansryk alles wat U in die hemelruim geplaas het! Kinders en suigelinge besing die magtige werk wat U tot stand gebring het. So word u teëstanders, die vyande en wraakgieriges, tot swye gebring.” as inleidende gebed (5 min).

2.  Lees die Psalm – (Lectio)

  • Laat iemand Psalm 8 lees. Gee stilte dat elkeen nadink oor wat hom of haar tref.
  • Deel dit met mekaar – gee elkeen ’n kans; moenie nou al kommentaar lewer nie.
  • Lees die volgende inset, en deel met mekaar wat julle tref daarin.
  • Die Psalmboek moedig ons aan om persoonlike (Psalm 1) en publieke (Psalm 2) betekenis in ons  lewe saam met God te soek.  Dit is wanneer jy jou op Hom verlaat, dat jy ook Hom kan vertrou in die konflik met vyande (Psalm 3,5,7), die dilemma van droogte (Psalm 4) en die uitdaging van siekte (Psalm 6).
  • Die grootste motivering om aan God vas te hou, lê egter in Psalm 8 se boodskap.  Die Psalm sê kort en kragtig dat ons wel nietig is, maar in God se oë waardig:
    • God se Teenwoordigheid (Naam) is wonderbaar oor die hele aarde (vers 2a).
      • Eenvoudige kinders bevestig God se werk tot verstomming van arrogante teëstanders (vers 2b-3).
      • In die lig van God se grootheid in die skepping besef mense hul nietigheid (vers 4-5).
      • God bevestig egter mense se waardigheid as die kroon van Sy skepping (vers 6-7).
      • Die mens se invloed sluit alles – diere, voëls en visse – in (vers 8-9).
    • God se Teenwoordigheid (Naam) is wonderbaar oor die hele aarde (vers 10).
  • Ons waardigheid: Vers 6 sê in die oorspronklike nie dat God van die mens net minder as ‘n “goddelike wese” gemaak het nie, maar dat God van die mens net minder as “God” gemaak het.  Die woord Elohîm word gebruik!  ‘n Mens hoor hier dus onmiskenbaar die parallel met Genesis 1:26 – God het ons as Imago Dei, as Sy beeld gemaak, as Sy gelykenis.  Geen ander wese het daardie hoë status nie, nie die engele nie, nie die serafs nie, nie enige lewende wese nie.
  • Ons nietigheid: Maar die kontras tussen die nietigheid van die mens en sy waardigheid beteken dat die grootheid in nietigheid bestaan, presies soos dit van Christus geskrywe word, dat Hy Homself ontledig het, die gestalte van ‘n dienskneg aangeneem het, nietig en klein geword het … en dat God Hom uitermate verhoog het, groot gemaak het, selfs groter as wat Hy was voor sy menswording.
  • Die een is so belangrik soos die ander.
  • Dit het impak vir ons huidige debatte oor die skuld van die verlede
    • die waardigheid van die skuldbelyders moet gehandhaaf word; net so die waardigheid van die slagoffers; en almal saam moet hulle nietigheid voor God en voor die skepping besef, en ook bereid wees om hulle diensbaar te stel aan mekaar.  Dit is die evangelie!  En dit alles moet in die Teenwoordigheid van die Here gebeur, soos die Psalm so wonderlik uitspel.
  • Dit het ook ‘n impak op jou eie lewe
    • of jy nou sukkel onder vyande, selfs iemand so naby aan jou as jou eie seun (Absalom – Ps 3) of misoeste (Ps 4) of onder siekte (Ps 6) of verraaiers en vervolgers (Ps 5,7) – jy het nodig om na te dink oor die 3 dinge:
      • jou nietigheid en jou diensbaarheid;
      • jou waardigheid en God se sorg;
      • God se teenwoordigheid waarsonder jy nie sin en betekenis in jou lewe kan ervaar nie.
    • Nietig, maar waardig, in God se teenwoordigheid.
  • Dit het ook ‘n impak op hoe ons met die aarde en alles daarin omgaan.
    • Ons kan nie onsself daarteenoor opstel en dit gebruik en dink ons kan maak wat ons wil nie.  Nee, soos konings, wat verantwoordelikheid het, wat namens God optree as sy verteenwoordigers, moet ons met die diere en oseane en atmosfeer en natuurlik die grond waarop ons bly, omgaan.

3.  Oordink die betekenis van die Psalm – (Meditatio)

  • Elkeen kies ’n vers of woord uit die Psalm wat jou ruk/troos/uitdaag en oordink die praktiese betekenis daarvan vir jou. Deel dit met mekaar.

4.  Antwoord die Here in gebed – (Oratio)

  • Fokus op wat julle gehoor het en antwoord die Here. Julle kan ook hier voorbidding doen.

5.  Geniet God se teenwoordigheid – (Contemplatio)

  • Gee ’n tyd van stilte waar in julle sonder woorde God se teenwoordigheid geniet (3 min).

6.  Wees gehoorsaam aan God – (Incarnatio)

  • Gaan doen wat julle gehoor het!
  • Jy kan ook elke Woensdagaand 17:30-18:30 met Rethie die Psalm van die week met Lectio Divina saamlees.
  • En daarna kan jy die Bybelskool bywoon van 18:30-19:30 oor die ander Psalms wat ons die week saamlees.
  • Kry die daaglikse dagstukkies oor die Psalms deur te registreer by www.bybelskool.com.

Psalm 2 Kleingroepmateriaal 17-23 Oktober 2011

Ons lees die Psalm met die Lectio Divina metode:

1.  Kom tot rus – (Silencio)

  • Elkeen draai hul handpalms ondertoe as simbool van hul oorgawe aan die Here en gee in ’n eenvoudige stilgebed hul kommer vir die Here.  Draai dan jou handpalms na bo en dank Hom vir sy voorsiening.  Die leier bid Psalm 2:12: “Dit gaan goed met almal wat by Hom skuiling soek” as inleidende gebed (5 min).

2.  Lees die Psalm – (Lectio)

  • Laat iemand Psalm 2 lees. Gee stilte dat elkeen nadink oor wat hom of haar tref.
  • Deel dit met mekaar – gee elkeen ’n kans; moenie nou al kommentaar lewer nie.
  • Lees die volgende inset, en deel met mekaar wat julle tref daarin.

o   Psalm 2 help ons om te verstaan dat God almagtig is.  Hy is aktief op die wêreldtoneel van volke, nasies, konings en leiers.  Psalm 1 is die fondament vir jou persoonlike lewe met God.  Psalm 2 is die fondament vir jou publieke lewe met God.

o   Die Bybel vir die Lewe 24/7 (Lux Verbi.BM: 2006) sê: “as ons glo wat Psalm 1 en 2 ons leer … kan ons in alle omstandighede bid.”  Bespreek.

o   Interessant genoeg begin Psalm 1 met ’n saligspreking (1:1): Geseënd is die mens wat in die woord van die Here sy vreugde vind … en eindig Psalm 2 met ’n soortgelyke saligspreking (2:12) : Geseënd is dié wat by Hom skuiling vind (of oorspronklik: wat op Hom vertrou).  Dit het sommige verklaarders laat dink dat die twee Psalms eintlik oorspronklik een Psalm was.  Die twee Psalms maak dus as ’n geheel die punt: Geseënd is dié wat hulle vreugde in God vind, en op Hom vertrou.

o   Hierdie Psalm word die meeste in die NT aangehaal.  Dit was die Psalm wat die duidelikste skakel tussen God se werk in Israel (veral die koningshuis) en God se werk in Jesus gevorm het.  Dit is wat agter die identifikasie lê van Jesus as die Een wat God se koninkryk laat kom (Mark 1:14-15) wat nie net die Messias (Luk 9:20) is nie, maar ook die Seun van God (Matt 16:16)  Hoor weer vir Marta in Joh 11:27: “Ek glo vas dat U die Christus is, die Seun van God, die Een wat na die wêreld toe moes kom.”

o   Johannes maak die belofte van Psalm 2:8, wat mag en gesag oor die nasies insluit, van toepassing nie net op Jesus nie (Open 12:5; 19:15), maar ook op die gehoorsame dissipels, dws die kerk, waarin die belofte opgesluit lê dat die evangelie effek tot aan die eindes van die aarde sal hê (Op 2:26,27).  Ons mag/moet God daarvoor vra – dat Hy Sy koninkryk aan al die nasies sal bring.

o   Ons het nodig om Psalm 1 te bid rondom ons eie verbintenis aan God.  Maar ons het regtig nodig om Psalm 2 met hernude oorgawe te bid ter wille van ‘n wêreld se verbintenis aan God, en om ons self te herinner daaraan dat ons God mag vertrou, al smee die nasies planne en al is daar onrus onder die volke.

3.  Oordink die betekenis van die Psalm – (Meditatio)

  • Elkeen kies ’n vers of woord uit die Psalm wat jou ruk/troos/uitdaag en oordink die praktiese betekenis daarvan vir jou. Deel dit met mekaar.

4.  Antwoord die Here in gebed – (Oratio)

  • Fokus op wat julle gehoor het en antwoord die Here. Julle kan ook hier voorbidding doen.

5.  Geniet God se teenwoordigheid – (Contemplatio)

  • Gee ’n tyd van stilte waar in julle sonder woorde God se teenwoordigheid geniet (3 min).

6.  Wees gehoorsaam aan God – (Incarnatio)

  • Gaan doen wat julle gehoor het!

Jy kan ook elke Woensdagaand 17:30-18:30 met Rethie die Psalm van die week met Lectio Divina saamlees.