Skip to main content

Fil 1:1-11 Kleingroepmateriaal – 15 Jan 2012

Kleingroepmateriaal

Week van 15-21 Januarie 2012

Ons werk hierdie kwartaal met die brief van Paulus aan die Filippense.  Ons lees dit in die volgende 9 weke deur.  Jy kan ook by die Bybelskool aansluit Woensdae 18:30 en nog 6 ander van Paulus se briewe hierdie kwartaal saam met ons deurlees.  Registreer by www.bybelskool.com om die bydraes per e-pos te ontvang.

RUS EN ONTVANG

  • ­Gesels met mekaar oor julle ervaring van ontwrigting en bevestiging (Hand 16 van verlede week) en wat die Here julle die week geleer het.
  • ­Word stil en oordink die betekenis vir jou van die sleutelteks in Filippense – 2:5-8.
  • Laat iemand met ‘n gebed open.

HOOR EN ONTGIN

­ Lees Filippense 1:1-11 – Laat julle liefde in onderskeiding toeneem

­ Sê vir mekaar wat die teks by jou wakker gemaak het.

 Hier volg ’n paar verhelderende opmerkings oor die gedeelte:

Liefdesonderskeiding

Ons praat gereeld van geloofsonderskeiding – om in geloof te onderskei wat God se wil is.  Hier praat Paulus van liefdesonderskeiding, waar hy die woord liefde (agape) koppel aan die woorde betekenisvolle kennis  (epignosis) en  alle onderskeiding  (pase aisthesis) in die oorspronklike Griekse teks, wat in die NAV met liefde, begrip en fyn aanvoeling onderskeidelik vertaal word.  Die woordjie alle (onderskeiding) beteken nie soseer volledige onderskeiding nie, maar ’n breë of diep begrip van wat op die spel is. Paulus bid dus dat hulle liefde só sal toeneem, spesifiek in betekenisvolle kennis (begrip/insig/praktiese kennis) en diep onderskeiding (ervaring/fyn aanvoeling/diep begrip), dat hulle die dinge kan onderskei waarop dit regtig aankom.  Hulle perspektief op wat God doen, moet dus – soos ’n dataprojektor se lens – verhelder en skerper gefokus word.  So kan hulle intelligente keuses maak deur te onderskei wat God wil, gebaseer op ‘n liefde wat groei in/deur kennis en onderskeiding!  En die doel daarvan is 1) persoonlik: om geheel en al in die regte verhouding met God te kom – om “the best people possible” te wees, en 2) publiek: sodat hulle manier van leef en liefhê tot God se lof en eer sal wees – om “the best choices possible” te maak.

Vertroue en verantwoordelikheid

Paulus sit dus twee konsepte reg aan die begin van die brief op die agenda: vertroue en verantwoordelikheid.  Hy is oortuig daarvan dat God die goeie werk in hulle begin het, en dat Hy dit end-uit sal voer en voleindig op die dag van Christus (Fil 1:6).  Sy vertrekpunt, vertroue en verwagting is dus dat die gelowiges met God se voortdurende betrokkenheid en genade (Fil 1:7) staande sal kan bly.  Maar, dit sal ook nie gebeur sonder dat elke gelowige hulle verantwoordelikheid nakom nie.  Daarom die klem hier op onderskeidende liefde, wat deur die brief aangevul sal word met ’n oproep tot persoonlike, en publieke gehoorsaamheid wat in ooreenstemming is met die evangelie van Christus Jesus is.  Dit sal verseker dat hulle op die dag van Christus onberispelik en sonder blaam sal wees, en deur Jesus Christus geheel en al in die regte verhouding met God. En sy gebed is dat hierdie proses tot God se lof en eer sal bydra, die einddoel en mikpunt van alles (Fil 1:10-11).

LEEF EN ONTPLOOI

  • ­ Hoe is die Here in jou lewe besig met ’n groeiende onderskeidende liefde?
  • ­ Hoe kan jy groei in jou verantwoordelikheid daar rondom?
  • ­ Sluit af met ‘n gebed rondom Fil 2:9-11.

Handelinge 16:6-40 Kleingroepmateriaal – 8 Jan 2012

Kleingroep materiaal – HANDELINGE 16:6-40

Week van 8-14 Januarie 2012

Ons werk hierdie kwartaal met die brief van Paulus aan die Filippense.  Dit is egter belangrik om die verhaal van die gemeente se ontstaan daarmee saam te lees.  Volgende Sondag is Handelinge 16:6-40 dus die fokusteks vir die erediens.

RUS EN ONTVANG

Gesels met mekaar oor die afgelope vakansie en wat vir julle daarvan uitstaan.

Word stil en oordink die betekenis vir jou van die sleutelteks in Filippense – 2:5-8.

Laat iemand met ‘n gebed open.

HOOR EN ONTGIN

Lees Handelinge 16:6-40

  • Sê vir mekaar wat die teks by jou wakker gemaak het.

  • Die Gees van Jesus lei Paulus na Europa: Die Gees tree hier as ontwrigter op deur hulle te verhinder om hulle eie kop te volg, selfs terwyl hulle met die verkondiging van die evangelie besig is.  Let op hoe die band tussen die Gees en Jesus beklemtoon word.
  • Lidia glo in die Here: Die Europese kerkgeskiedenis begin met die bekering van ’n vrou, nogal ryk ook, wat langs ‘n rivier in Jesus begin glo!  Ironies dat ‘n Masedoniese man Paulus in ‘n droom hierheen lok, en dat die eerste bekeerling ‘n vrou is!  Wys jou net hoe die evangelie nie langs die normale sosiale konvensies loop nie.  Interessant is dat haar kinders waarskynlik ingesluit is en dat dit onmiddellik gebeur het.
  • Die Romeinse manier van lewe word ontwrig: Die geestelike beroering wat ontstaan het met die uitdrywing van die slavin se waarsêersgees – waardeur Christus se mag oor die geeste gedemonstreer is – ontlok regsoptrede deur haar eienaars wat Paulus-hulle by die owerheid aankla weens hulle vrees vir ‘n verlies aan inkomste (vers 19).  Interessant genoeg kla hulle vir Paulus-hulle as Jode aan, nie as Christene nie, en omdat Paulus hulle gebruike wil leer (nie leringe nie!) wat volgens die eienaars in stryd sou wees met die Romeinse manier.
  • ‘n Bewaarder glo in God: Met die gebede en lofsange van Paulus en Silas in die tronk kom daar ‘n verdere stuk ontwrigting met die aardbewing wat die tronkdeure oopskud en die boeie laat losspring, wat tot die bewaarder van skrik wil laat selfmoord pleeg.  Die ontwrigting steek egter die lig in die lewe van die bewaarder aan – die bewaarder vra ‘n lig,en kry baie meer! – met die woord van redding wat aan hom verkondig word, en met sy geloofsverbintenis word hy en sy familie gedoop.  Let op hoe dié gebeure ook uitmond in ‘n ete, waardeur die gemeenskap wat nou tussen gelowiges uit verskillende agtergronde tot stand gekom het, gevier word.
  • God werk deur ontwrigting en bevestiging: Wat ons dus hieruit leer, is dat God op twee maniere aan die werk was.  Hy het aan die een kant oortuigings by gelowiges geskep deur die verkondiging van die evangelie, en hulle geloof in Hom bevestig.  Maar Hy was ook besig in die ontwrigtende gebeure deur die eienaars en die skare wat gesorg het dat die evangelie in die publieke ruimte ingedra is.  Selfs die ontwrigtende aardbewing het bygedra tot die impak van die evangelie op en in die lewens van mense.

LEEF EN ONTPLOOI

Hoe is die Here in jou lewe besig met ontwrigting en bevestiging?

Hoe kan jy daarop reageer?

Sluit af met ‘n gebed rondom Fil 2:9-11.

Psalm 41 Kleingroepmateriaal – 28 Nov – 4 Des 2011

Ons lees die Psalm met die Lectio Divina metode:

1.  Kom tot rus – (Silencio)

Gee ’n tyd van stilte.  Dink aan dinge wat jou ontstel en gee dit een vir een vir die Here.  Dink aan dinge wat jou inspireer en dank die Here daarvoor.  Vra dat die Here deur hierdie Psalm met jou sal praat (5 min).  Die leier sluit af deur Psalm 41:2 te bid: “Dit gaan goed met die mens wat omsien na die swakke (arme). Die Here sal hom red op die dag van nood.”

2.  Lees die Psalm – (Lectio)

Laat iemand Psalm 41 lees met die tema Omgee vir swakkes gee vrymoedigheid in gebed. Gee stilte dat elkeen nadink oor wat hom of haar tref. Deel dit met mekaar – gee elkeen ’n kans; moenie nou al kommentaar lewer nie.

Lees die volgende inset, en deel met mekaar wat julle tref daarin:

Die Psalm begin met ’n saligspreking: “Dit gaan goed met die mens wat omsien na die swakke (of arme).”  Só ’n persoon – iemand wat omgee vir ander in hulle nood – kan met reg na God gaan in sy eie tyd van nood, en om hulp smeek.  Omgee vir swakkes gee vrymoedigheid in gebed.

Dawid spel vier dinge uit waarvoor hy dus met vrymoedigheid bid, wat nie net  is 1) dat die Here só ’n mens sal red op die dag van nood nie (vers 2), maar ook dat God só ’n persoon 2) publieke erkenning sal laat geniet, 3) beskerming van vyande sal gee (vers 3), sowel as persoonlike genesing in siekte (vers 4).

En dit is veral met die laaste twee aspekte – die persoonlike en publieke impak van ’n omgee-lewe – waarmee die Psalmis verder in sy gebed worstel en om God se genade vra.  Let op dat hierdie vrymoedigheid steeds afhanklik bly van God se genade, soos die res van sy gebed wys.

Vers 5-10

Let op hoe Dawid in hierdie deel van sy gebed belydenis van sy sonde doen, terwyl hy om genesing van sy siekte vra.  Hoewel hy nie uitbrei oor sy sonde nie, bely hy dat dit – soos alle sonde – iets is wat sy verhouding met God in gedrang bring.  Hy wil nie net genesing hê nie, maar veral dié verhouding herstel hê, terwyl hy ook vra vir verlossing van die venyn van sy vyande, selfs van ’n boesemvriend wat hom in die rug gesteek het.

 Vers 11-14

In hierdie deel van sy gebed maak Dawid weer staat op sy onskuld, spesifiek in verhouding met sy vyande.  En vra dat die Here hom in staat sal stel om wraak te neem teen sy vyande.  Dawid bly getrou aan sy perspektief, dat hierdie vyande nie maar net vir hom wil bykom nie, maar in wese vyande van die Here is.  Daarom wil hy teen hulle optree, iets wat natuurlik, soos ons al vroeër gesê het, met Jesus se radikale vyandsliefde verander is.

Jesus haal vers 10 aan in sy voetewas gesprek met sy dissipels met verwysing na Judas (Joh 13:18).  Waar Dawid dus vir verlossing van hierdie boesemvriend gevra het, het Jesus juis die pyn van verguising en die kruis aanvaar, sodat Hy selfs vir die vyandskap van vriende verlossing kan bring.  Iets om – aan die einde van hierdie studie oor die Psalms – oor na te dink!

3.  Oordink die betekenis van die Psalm – (Meditatio)

Elkeen kies ’n vers of woord uit die Psalm wat jou ruk/troos/uitdaag en oordink die praktiese betekenis daarvan vir jou. Deel dit met mekaar.

4.  Antwoord die Here in gebed – (Oratio)

Fokus op wat julle gehoor het en antwoord die Here. Julle kan ook hier voorbidding doen.

5.  Geniet God se teenwoordigheid – (Contemplatio)

Gee ’n tyd van stilte waar in julle sonder woorde God se teenwoordigheid geniet (3 min).

6.  Wees gehoorsaam aan God – (Incarnatio)

Dink terug aan wat die Psalms vir julle beteken het.

Gee vir ons terugvoer by www.bybelskool.com of in ’n e-pos aan acv.vanwyk@gmail.com (wat ek dan sal plaas).