Skip to main content

Psalm 2 Kleingroepmateriaal 17-23 Oktober 2011

Ons lees die Psalm met die Lectio Divina metode:

1.  Kom tot rus – (Silencio)

  • Elkeen draai hul handpalms ondertoe as simbool van hul oorgawe aan die Here en gee in ’n eenvoudige stilgebed hul kommer vir die Here.  Draai dan jou handpalms na bo en dank Hom vir sy voorsiening.  Die leier bid Psalm 2:12: “Dit gaan goed met almal wat by Hom skuiling soek” as inleidende gebed (5 min).

2.  Lees die Psalm – (Lectio)

  • Laat iemand Psalm 2 lees. Gee stilte dat elkeen nadink oor wat hom of haar tref.
  • Deel dit met mekaar – gee elkeen ’n kans; moenie nou al kommentaar lewer nie.
  • Lees die volgende inset, en deel met mekaar wat julle tref daarin.

o   Psalm 2 help ons om te verstaan dat God almagtig is.  Hy is aktief op die wêreldtoneel van volke, nasies, konings en leiers.  Psalm 1 is die fondament vir jou persoonlike lewe met God.  Psalm 2 is die fondament vir jou publieke lewe met God.

o   Die Bybel vir die Lewe 24/7 (Lux Verbi.BM: 2006) sê: “as ons glo wat Psalm 1 en 2 ons leer … kan ons in alle omstandighede bid.”  Bespreek.

o   Interessant genoeg begin Psalm 1 met ’n saligspreking (1:1): Geseënd is die mens wat in die woord van die Here sy vreugde vind … en eindig Psalm 2 met ’n soortgelyke saligspreking (2:12) : Geseënd is dié wat by Hom skuiling vind (of oorspronklik: wat op Hom vertrou).  Dit het sommige verklaarders laat dink dat die twee Psalms eintlik oorspronklik een Psalm was.  Die twee Psalms maak dus as ’n geheel die punt: Geseënd is dié wat hulle vreugde in God vind, en op Hom vertrou.

o   Hierdie Psalm word die meeste in die NT aangehaal.  Dit was die Psalm wat die duidelikste skakel tussen God se werk in Israel (veral die koningshuis) en God se werk in Jesus gevorm het.  Dit is wat agter die identifikasie lê van Jesus as die Een wat God se koninkryk laat kom (Mark 1:14-15) wat nie net die Messias (Luk 9:20) is nie, maar ook die Seun van God (Matt 16:16)  Hoor weer vir Marta in Joh 11:27: “Ek glo vas dat U die Christus is, die Seun van God, die Een wat na die wêreld toe moes kom.”

o   Johannes maak die belofte van Psalm 2:8, wat mag en gesag oor die nasies insluit, van toepassing nie net op Jesus nie (Open 12:5; 19:15), maar ook op die gehoorsame dissipels, dws die kerk, waarin die belofte opgesluit lê dat die evangelie effek tot aan die eindes van die aarde sal hê (Op 2:26,27).  Ons mag/moet God daarvoor vra – dat Hy Sy koninkryk aan al die nasies sal bring.

o   Ons het nodig om Psalm 1 te bid rondom ons eie verbintenis aan God.  Maar ons het regtig nodig om Psalm 2 met hernude oorgawe te bid ter wille van ‘n wêreld se verbintenis aan God, en om ons self te herinner daaraan dat ons God mag vertrou, al smee die nasies planne en al is daar onrus onder die volke.

3.  Oordink die betekenis van die Psalm – (Meditatio)

  • Elkeen kies ’n vers of woord uit die Psalm wat jou ruk/troos/uitdaag en oordink die praktiese betekenis daarvan vir jou. Deel dit met mekaar.

4.  Antwoord die Here in gebed – (Oratio)

  • Fokus op wat julle gehoor het en antwoord die Here. Julle kan ook hier voorbidding doen.

5.  Geniet God se teenwoordigheid – (Contemplatio)

  • Gee ’n tyd van stilte waar in julle sonder woorde God se teenwoordigheid geniet (3 min).

6.  Wees gehoorsaam aan God – (Incarnatio)

  • Gaan doen wat julle gehoor het!

Jy kan ook elke Woensdagaand 17:30-18:30 met Rethie die Psalm van die week met Lectio Divina saamlees.

Psalm 1 Kleingroepmateriaal 10-16 Oktober 2011

’n Uitstekende manier om die Psalms te lees is om dit met die Lectio Divina metode te lees.  Lectio Divina is ’n eeue-oue metodiek om die Bybel só te lees dat jy God se stem daarin hoor en leer om op Hom te reageer.  Hier is ’n 6-stap proses wat baie goed werk waarmee ons Psalm 1 gaan lees:

1.  Kom tot rus – (Silencio)

  • Elkeen sit gemaklik, fokus op jou asemhaling, en gee in ’n eenvoudige stilgebed jou kommer vir die Here.  Dank Hom vir sy gawes.  Die leier bid Psalm 1:2 as inleidende gebed (3 min).

2.  Lees die Psalm – (Lectio)

  • Laat iemand Psalm 1 lees. Gee stilte dat elkeen nadink oor wat hom of haar tref.
  • Deel dit met mekaar – gee elkeen ’n kans; moenie nou al kommentaar lewer nie.
  • Lees die volgende inset, en deel met mekaar wat julle tref daarin.

o   Twee groepe mense word hier gekontrasteer: die regverdiges (1:5,6) en die goddeloses (1:1,4,5,6).  In wese is dit die kern van al die Psalms (en die Bybel) se boodskap: die sin van die lewe word in die regte verhouding met God gevind; dit is dwaas om sonder God te probeer lewe.

o   Let op hoe die Psalm die impak uitspel wat regverdiges en goddeloses se onderskeie lewenstyle (1:1-2) op hulle ervarings (1:3-4) en bestemming het (1:5-6).  Die pad wat jy kies in hierdie lewe het gevolge.  Saam met God is daar vreugde en voorspoed – jy is soos ’n boom by standhoudende water.  Sonder God is daar verydeling en ondergang – jy is soos kaf in die wind.

o   Dit laat ’n mens dink aan Jesus se tipering van twee paaie in Matt 7:13–14.  Die een is ’n poort na die verderf, die ander die poort na die lewe.

o   Elwell het gesê, dit gaan goed met die mens wat “the corrosive influence of the cynical” vermy, “taking pleasure instead in every revelation of the mind and will of God, feeding his mental life on the divine Word”. Bespreek.

o   Die frase in vers 6: “die Here lei die regverdiges op hulle pad” is eintlik ’n vertaling van die volgende Hebreeuse frase: “die Here ken die pad van die regverdiges”.  Die NIV vertaal dit met: “the Lord watches over the way of the righteous” op voetspoor van Dahood wat aangedui het dat die woord ken ook in die betekenis van beskerm gebruik kan word (Craigie).

o   Let op dat die Psalm nie sê dat die regverdigheid van die regverdiges die basis vir hulle voorspoed is nie, maar die feit dat God met hulle in verhouding is, dat Hy hulle ken, dat Hy hulle beskerm.  Hulle bestemming is die gevolg van God se beskerming.

Kleingroepe – 3de kwartaal 2011

Kleingroepe kan gerus inskakel by die fokus hierdie kwartaal op die Heilige Gees wat ons vorm deur geestelike gewoontes.  Hulle kan die Bybelstudieboek Barnabas– ‘n Nuwe manier van leef by die kerkkantoor bestel wat fokus op 10 grepe uit Barnabas se verhaal (Handelinge) en 10 geestelike gewoontes.  Dit kos R65.  Die eredienste en ook die Bybelskool Woensdagaande gaan telkens dieselfde temas hanteer, ter wille van beter integrasie.

Alle lidmate kan ook terselfdertyd Lukas se evangelie en die Handelinge van die apostels deur lees saam met my by die Internet Bybelskool.com.  Dit begin 21 Julie en bydraes sal DV elke weeksdag geplaas word tot en met 28 September.  Met registrasie by bybelskool.com sal ek dit ook elke weeksdag per e-pos stuur.  Chris van Wyk.

2 Korintiërs 13:5-14 – 12 tot 18 Junie 2011

  • Begin met die vraag: “Wat het met jou gebeur sedert ons laas bymekaar was ….”?
  • Laat elkeen sy storie vertel . So bou ons aan ons vriendskap met mekaar.

RUS

God nooi ons uit om tot rus te kom voor Hom. Ons is in die Pinkstertyd. Gee geleentheid vir elkeen om in stilte na te dink oor wat die koms van die Heilige Gees nou vir hom of haar beteken. Open met gebed.

HOOR

  • Lees 2 Korintiërs 13:5-14 en laat elkeen ‘n paar minute neem om na te dink oor wat hulle in die teks tref.
  • Deel met mekaar wat julle tref, sonder om mekaar te onderbreek of te korrigeer.
  • Lees die volgende inset en vertel vir mekaar wat jou help met ‘n bewussyn van God te leef:

Prof Patrick Keifert vertel in sy boek, Ons is nou hier (bl 53ev), hoedat navorsing oor gelowiges se verstaan van God hom verras het:

Lidmate beskryf hulle lewe selde met God as die Onderwerp – die “doener” – van werkwoorde. Hulle beskryf byvoorbeeld aanbidding as iets wat “ons” of wat “ek” doen: “Ek aanbid die Here.” “Ek het deel aan die gemeenskap van die gelowiges.” “Ons sing en bid saam.” In verreweg die meeste gevalle beskryf kerklidmate God eerder as die voorwerp van menslike handeling. Bitter selde het ons gehoor dat Gód aan die werk is in die gemeente se byeenkomste en bedrywighede, en nog minder in die buurt of breër gemeenskap.

Wanneer ons die bewussyn van God se teenwoordigheid verloor, word ons eintlik praktiese ateïste, sê Keifert. Niemand sal ontken dat God handelend optree nie. Trouens, mense protesteer heftig wanneer jy daarop wys dat God uiters selde of nooit in hulle vertellings as die “Doener” funksioneer. Mense sal sê hulle glo wel dat God dinge laat gebeur. En hulle glo dit natuurlik rasioneel. God as die primêre hoofspeler, wat teenwoordig is, en mense voortdurend in gemeenskap innooi en saam met mense leef, is net nie hoe hulle prakties oor God dink nie. Juis daarom leef baie gelowiges as praktiese ateïste. God is daar, maar in my bewussyn en in “my” wêreld is God nie aktief nie.

Keifert vervolg:
Talle lidmate en leiers dink eerder aan God as die Een wat alles geskep het en dit nou op ‘n afstand dophou of by geleentheid wel in die geskiedenis ingryp, maar nie as die Een wat steeds voortgaan om ‘n wêreld te skep en intiem daarby betrokke is nie. Baie verlang wel na ‘n God wat naby is … maar dan vereng hulle hierdie God-wat-naby-is tot slegs een Persoon van die Drie-eenheid: Jesus.

LEEF

  • Wat beteken dié teks vir ons gemeente en ons gemeenskap vandag?
  • Wat vra dit van julle groep – en wat vra dit van jou persoonlik?
  • Antwoord die Here in gebed.
  • Volgende week – Matteus 10:40-42