Skip to main content

2 Korintiërs 13:5-14 – 12 tot 18 Junie 2011

  • Begin met die vraag: “Wat het met jou gebeur sedert ons laas bymekaar was ….”?
  • Laat elkeen sy storie vertel . So bou ons aan ons vriendskap met mekaar.

RUS

God nooi ons uit om tot rus te kom voor Hom. Ons is in die Pinkstertyd. Gee geleentheid vir elkeen om in stilte na te dink oor wat die koms van die Heilige Gees nou vir hom of haar beteken. Open met gebed.

HOOR

  • Lees 2 Korintiërs 13:5-14 en laat elkeen ‘n paar minute neem om na te dink oor wat hulle in die teks tref.
  • Deel met mekaar wat julle tref, sonder om mekaar te onderbreek of te korrigeer.
  • Lees die volgende inset en vertel vir mekaar wat jou help met ‘n bewussyn van God te leef:

Prof Patrick Keifert vertel in sy boek, Ons is nou hier (bl 53ev), hoedat navorsing oor gelowiges se verstaan van God hom verras het:

Lidmate beskryf hulle lewe selde met God as die Onderwerp – die “doener” – van werkwoorde. Hulle beskryf byvoorbeeld aanbidding as iets wat “ons” of wat “ek” doen: “Ek aanbid die Here.” “Ek het deel aan die gemeenskap van die gelowiges.” “Ons sing en bid saam.” In verreweg die meeste gevalle beskryf kerklidmate God eerder as die voorwerp van menslike handeling. Bitter selde het ons gehoor dat Gód aan die werk is in die gemeente se byeenkomste en bedrywighede, en nog minder in die buurt of breër gemeenskap.

Wanneer ons die bewussyn van God se teenwoordigheid verloor, word ons eintlik praktiese ateïste, sê Keifert. Niemand sal ontken dat God handelend optree nie. Trouens, mense protesteer heftig wanneer jy daarop wys dat God uiters selde of nooit in hulle vertellings as die “Doener” funksioneer. Mense sal sê hulle glo wel dat God dinge laat gebeur. En hulle glo dit natuurlik rasioneel. God as die primêre hoofspeler, wat teenwoordig is, en mense voortdurend in gemeenskap innooi en saam met mense leef, is net nie hoe hulle prakties oor God dink nie. Juis daarom leef baie gelowiges as praktiese ateïste. God is daar, maar in my bewussyn en in “my” wêreld is God nie aktief nie.

Keifert vervolg:
Talle lidmate en leiers dink eerder aan God as die Een wat alles geskep het en dit nou op ‘n afstand dophou of by geleentheid wel in die geskiedenis ingryp, maar nie as die Een wat steeds voortgaan om ‘n wêreld te skep en intiem daarby betrokke is nie. Baie verlang wel na ‘n God wat naby is … maar dan vereng hulle hierdie God-wat-naby-is tot slegs een Persoon van die Drie-eenheid: Jesus.

LEEF

  • Wat beteken dié teks vir ons gemeente en ons gemeenskap vandag?
  • Wat vra dit van julle groep – en wat vra dit van jou persoonlik?
  • Antwoord die Here in gebed.
  • Volgende week – Matteus 10:40-42

Numeri 11:24-30 – 5-11 Junie 2011

  • Begin met die vraag: “Wat het met jou gebeur sedert ons laas bymekaar was ….”?
  • Laat elkeen sy storie vertel . So bou ons aan ons vriendskap met mekaar.

RUS

  • God nooi ons uit om tot rus te kom voor Hom. Ons is in die Pinkstertyd. Gee geleentheid vir elkeen om in stilte na te dink oor wat die koms van die Heilige Gees nou vir hom of haar beteken. Open met gebed.

HOOR

  • Lees Numeri 11:24-30 en laat elkeen ‘n paar minute neem om na te dink oor wat hulle in die teks tref.
  • Deel met mekaar wat julle tref, sonder om mekaar te onderbreek of te korrigeer.
  • Lees die volgende inset en vertel vir mekaar hoe jy al ervaar het dat die Gees jou Trooster is en hoe Hy jou gebruik het in die lewe van ander mense:
Die Gees kommunikeer die evangelie oor alle grense na elke volk, taal en nasie. Die Gees doen dit deur krag aan mense te gee.
Dit laat mens dink aan ‘n verhaal uit Afrika.
Die Karre-taal van ekwatoriale Afrika het heelwat uitdagings vir Bybelvertalers opgelewer, veral rondom die vertaling van die naam “Heilige Gees” en spesifiek die begrip “Trooster”. Hoe kon hulle die Heilige Gees in Karre vertaal?
Op ‘n dag sien die vertalers ‘n groep mans vertrek met bondels vrag op hulle koppe. Hulle let op dat een van die mans niks dra nie. Hulle neem toe aan hy is in bevel van die groep, om seker te maak elkeen doen sy werk. Toe ontdek hulle die man is nie baas nie. Inteendeel, hy was teenwoordig om, wanneer iemand weens uitputting sy vrag nie langer kon dra nie, daardie vrag op te tel en dit in sy plek te dra. Hierdie draer staan in die Karre-taal bekend as “die een wat langs ons val.” Daar het die vertalers toe hulle woord vir “Heilige Gees” en spesifiek vir “Trooster.” (Ian Coffey, “Deep Impact,” Keswick ’99, OM Publishing)

LEEF

  • Wat beteken dié teks vir ons gemeente en ons gemeenskap vandag?
  • Wat vra dit van julle groep – en wat vra dit van jou persoonlik?
  • Antwoord die Here in gebed.
  • Volgende week – 2 Korintiërs 13:5-14

1 Petrus 4:12-14; 5:6-11 – 29 Mei tot 4 Junie 2011

Lees 1 Petrus 4:12-14; 5:6-11 en laat elkeen ‘n paar minute neem om na te dink oor wat hulle in die teks tref (Julle kan ook die Pinksterreeks teks gebruik wat Siegfried Louw volgende Sondag gaan gebruik – Hebr 4:14-5:10.  Sy tema is: Op pad na Paradise Falls).

  • Lees die volgende inset en vertel vir mekaar wat jou help om getrou te bly en vas te staan in versoekings:

Die lesers van 1 Petrus het beleef hoe Christene in die samelewing beskuldig, beledig en verdag gemaak is. Hulle eer as burgers in die samelewing het in die gedrang gekom. Daar was voortdurende kritiek, afsydigheid, verwerping, beskimping en beswaddering, beledigings en vernederings, wat Christene moet verduur van die samelewing in sy geheel, insluitende dié van hulle kennisse, vriende en familie (Dirkie Smit).  Hierdie verbale aggressie is soos ’n stadige gif en het ’n klimaat van onsekerheid geskep waarbinne Christene later wreed vervolg sou word.

Dirkie Smit sê dat hierdie voortdurende verwerping drie soorte versoekings meebring:

  • Eerstens wonder Christene as vreemdelinge of hulle nie liewer maar kompromieë moet aangaan sodat hulle darem ’n bietjie beter in die samelewing kan inpas nie. In Rome moet mens maar maak soos die Romeine! Om onopvallend te wees help immers om agterdog en lyding vry te spring.
  • Tweedens lei lyding daartoe dat Christene begin twyfel het of dit enigsins die moeite werd is om hierdie andersheid te handhaaf. Is dit waarvoor Christene staan werklik só belangrik?
  • Derdens lei dit tot verdeeldheid binne die kerk as geloofsgemeenskap. Mense reageer verskillend op die druk van binne en van buite en dit lei tot interne spanninge – juis rondom diegene wat twyfel en kompromieë aangaan.

Dit is hierdie aftakelende effek op geloof waarmee Petrus sy lesers wil help.  Ook ons baat hierby.

  • Die res van die kwartaal gebruik ons die leesrooster tekste:
    • 5 tot 11 Junie – Numeri 11:24-30
    • 12 tot 18 Junie – 2 Korintiërs 13:5-14
    • 19 tot 25 Junie – Matteus 10:40-42

Chris van Wyk

Week 5: 22-28 Mei 2011 – Johannes 20:1-31

  • Begin met die vraag: “Wat het met jou gebeur sedert ons laas bymekaar was ….”?
  • Laat elkeen sy storie vertel .  So bou ons aan ons vriendskap met mekaar.

RUS

  • God nooi ons uit om tot rus te kom voor Hom.  Ons is in die Paastyd.  Gee geleentheid vir elkeen om in stilte na te dink oor wat Jesus se opstanding nou vir hom of haar beteken.  Open met gebed.

HOOR

Lees Johannes 20:1-31 en laat elkeen ‘n paar minute neem om na te dink oor wat hulle in die teks tref.

  • Deel met mekaar wat julle tref, sonder om mekaar te onderbreek of te korrigeer.
  • Lees die volgende inset en vertel vir mekaar wat dit vir jou dat Jesus opgestaan het en as Here by ons teenwoordig is:

Johannes vertel ons in hoofstuk 20-21 van vier verskynings van Jesus na die opstanding.  Let op dat Johannes niks vertel van die opstandingsgebeure self nie, net van die leë graf en van Jesus se verskynings daarna aan hulle.  Die opstanding is ’n daad van God wat altyd ook ‘n misterie sal wees.

Uit Johannes se beskrywing van die opgestane Jesus kan ’n mens wel agterkom dat Jesus herkenbaar is, steeds kommunikeer soos ons dit doen, en ’n fisiese/werklike liggaam het, want  ’n mens kan aan hom vat, en hy gee vir hulle kos om te eet.  Maar hy is ook anders, omdat hy kan verskyn en verdwyn soos Hy wil.  Hy is dus nie aan ruimte gebonde soos die dissipels nie. En telkens verander Hy die lewe van dié aan wie Hy verskyn het.

Daarmee lewer Johannes getuienis af van die werklikheid van Jesus se opstanding uit die dode en van die wyse waarop Jesus se opstanding alles verander.  Hy troos bv. vir Maria Magdalena en verseker haar dat God daar is vir haar.  Haar eerste gedagte toe sy die leë graf sien, was dat iemand Jesus se liggaam weggevat het.  Dit is egter eers wanneer Jesus aan Maria verskyn in die tuin en met haar praat en sy die werklikheid van sy teenwoordigheid ervaar, dat sy  Hom kan herken en as Here kan vereer.

En dit is dieselfde vir die dissipels.  Dit is eers wanneer Hy self aan hulle verskyn, dat die dissipels rus en vrede ervaar, en hulle vrees in blydskap kan verander.  Netso Tomas.  Jesus openbaar Homself aan Tomas sodat sy twyfel in geloof kan verander en Hy met oortuiging deel kan wees van die groeiende getuienis van sy opstanding. En let op dat Jesus nie net vir hulle troos en versterk in hulle geloof nie.  Nee, Hy stuur hulle ook, waarmee Hy hulle roeping bevestig om die wêreld met die boodskap van vergifnis in te gaan.  En later doen Hy dieselfde met Petrus en gee Hom ’n soortgelyke opdrag as wat Jesus self gehad het, om vir die skape weiding te gee. (Joh 10).

Daarmee bereik Johannes se evangelie dan ook sy hoogtepunt, want Hy skryf juis hierdie klompie verhale van Jesus se wondertekens, sy gesprekke, en sy verskynings om ons te oortuig dat Jesus die Christus is, die Seun van God, en sodat ons deur te glo, in sy Naam die lewe kan hê (Joh 20:31).  Jesus staan op om as die teenwoordige Here ons lewens betekenis te gee.

LEEF

  • Wat beteken dié teks vir ons gemeente en ons gemeenskap vandag?
  • Wat vra dit van julle groep – en wat vra dit van jou persoonlik?
  • Antwoord die Here in gebed.
  • Die res van die kwartaal gebruik ons die leesrooster tekste (in die gemeente Somerstrand – hier is die skakel daarheen):
    • 29 Mei tot 4 Junie – 1 Petrus 4:12-14; 5:6-11