Skip to main content

Fil 2:5-11: Week van 5 Feb 2012

Week van 5-12 Februarie 2012

Ons werk hierdie kwartaal met die brief van Paulus aan die Filippense.

RUS EN ONTVANG

  • Gesels met mekaar oor julle ervaring van vreugdevolle eensgesindheid (Fil 1:27-2:4 van verlede week) en wat die Here julle die week geleer het.
  • Word stil en oordink die betekenis vir jou van die sleutelteks in Filippense – 2:5-8.
  • Laat iemand met ‘n gebed open.

HOOR EN ONTGIN

  • Lees Filippense 2:5-11 – Die Gees verander ons tot selfopofferende diensbaarheid
  • Sê vir mekaar wat die teks by jou wakker gemaak het.

Hier volg ’n paar verhelderende opmerkings oor die gedeelte:

Jesus ontledig Homself en word deur God verhoog

Die lied in Fil 2:6-11 word in twee dele verdeel: in Christus Jesus se ontlediging (vers 6-8) en verhoging (vers 9-11).  In beide gevalle word dit trapsgewys beskryf.  Jesus het Hom eerstens ontledig (kenosis) deur nie aan sy Goddelike gestalte (morphe) vas te klem nie, tweedens dié van ’n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word, en derdens gehoorsaam te word met die dood aan die kruis.  Omgekeerd word die verhoging in die eerste plek as die verheffing tot die hoogste eer geskets, tweedens as die verkryging van ’n Naam bo elke naam, en derdens die kosmiese erkenning dat Hy Here is.

Vers 6 begin in die Grieks met die woordjie alhoewel.  “Alhoewel Hy in die gestalte van God was …”  Dit kan egter ook vertaal word met omdat.  “Omdat Hy in die gestalte van God was, het Hy sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie, maar het Hy Homself verneder (ekenôsen) deur die gestalte van ’n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word.” Hierdie antieke lied is daarom nie net ’n nuwe perspektief op wie Jesus is nie.  Dit is ’n nuwe verstaan van God self.  Christus se ontlediging is nie iets wat aan Hom gedoen word nie.  Dit is deel van sy identiteit. Sy ontlediging en menswording is daarom nie ’n afstand doen of ontkenning van sy Goddelikheid nie, maar die manier waarop Hy wys dat Hy inderdaad God is (Gorman)!  Goddelikheid is om te gee, nie om iets te ontvang nie – “not getting but giving” (Moule).  Jesus gebruik dus sy posisie as God tot voordeel van die mensdom en ook die skepping, anders as Adam wat juis sy posisie as beelddraer van God misbruik het en gekies het om op selfsugtige wyse die vrug, “om soos God te wees”, te eet.

Dieselfde gesindheid van selfontlediging moet ook in ons wees

Daar is ’n interessante ooreenkoms tussen hierdie lied en die beskrywing van die voetewas episode in Joh 13:3-17: 1) Bokleed uitgetrek – van Goddelike gestalte ontledig; 2) voete gewas soos ’n slaaf – slaaf en aan mense gelyk geword; 3) Bokleed aangetrek – tot die hoogste eer verhef; 4) Bevestig dat Hy Here is – almal erken dat Hy Here is.  Dit lyk nie asof dit toevallig is nie, veral weens die feit dat Paulus hierdie selfontlediging ook as voorbeeld gebruik om die Filippense aan te moedig om dieselfde gesindheid as Christus Jesus te hê, net soos Jesus ook aan sy dissipels die opdrag gegee het om mekaar se voete te was, deur mekaar lief te hê.  Voetewas is dus ’n praktiese metafoor waarmee ’n mens die boodskap van Filippense 2 deel van jou lewe kan maak. Daarom is kenosis die kern-begrip, en die kern-paradigma wat ons moet navolg.

LEEF EN ONTPLOOI

  • Hoe is die Here in jou lewe besig om jou vreugdevolle eensgesindheid te leer?
  • Hoe kan jy groei in jou verantwoordelikheid daar rondom?
  • Sluit af met ‘n gebed rondom Fil 2:9-11.

Fil 1:27-2:4 Kleingroepmateriaal 29 Januarie 2012

Week van 29 Januarie tot 4 Februarie 2012

  • Gesels met mekaar oor julle ervaring van onderskeidende liefde (Fil 1:12-26 van verlede week) en wat die Here julle die week geleer het.

  • Lees Filippense 1:27-2:4 – Die Gees verander ons tot vreugdevolle eensgesindheid

Eenheid kom tot sy reg kom in ’n evangeliese lewenstyl na buite

Paulus roep die gemeente van Filippi op om te fokus op hulle lewenswandel na buite.  Hulle publieke gedrag moet in ooreenstemming wees met die evangelie van Jesus Christus – onverskrokke en kompromieloos.  Dit gaan vir hom nie net of hulle reg glo, of dit reg kan verwoord of nie, maar of hulle lewenstyl die evangelie waardig is, al beteken dit dat hulle daarvoor moet ly.  Lyding is immers ’n voorreg, en ’n teken van ware geloof.  Niks rand immers mense se geloof in die evangelie so ernstig aan, as gelowiges wie se lewens nie die waarheid van geloof sigbaar maak nie.

Eensgesindheid moet ook na binne gehandhaaf word

Dit is net so belangrik om eensgesind na binne te wees – “een in liefde, een van hart, en een in strewe” (2:2).  Die frase wat met eensgesind vertaal word beteken letterlik “om dieselfde te dink”, of like-minded te wees. Dit dui nie net op intellektuele denke nie, maar sluit emosies, houdings en die wil in.  Paulus vra van hulle: “a unity of spirit and sentiment in which powerful tensions are held together by an overmastering loyalty to each other as brothers and sisters in Christ” (Hawthorne).

Hierdie eengesindheid word met drie frases gekwalifiseer wat die betekenis verder uitspel:  deur “dieselfde liefde (agape – liefde ten spyte van) te hê” (vgl 1:9), deur “een van siel te wees” (sumpsuchos – “togetherness in soul”, emosies in harmonie – waarskynlik lê hieragter die Griekse idee dat ware vriende een siel was wat in twee liggame geleef het), en deur “een van gedagte” (phronountes – denke in harmonie) te wees.  Hulle word dus hier opgeroep om eenheid in Christus te soek, en nie in hulle eie onvolkome begrip of ervaring van die evangelie (intellektueel of emosioneel) nie, en dit veral nie te gebruik as ’n verskoning om mekaar te los of ten minste nie die moeite te doen om mekaar te vind nie. En dit moet hulle met vreugde en blymoedigheid doen.

Daarvoor het hulle die ondersteuning en inspirasie van Christus – Sy troos (paraklesis – ’n woord wat ook veral vir die Gees se werk gebruik word) en, die aansporing van Sy liefde – en Sy Gees – die gemeenskap (koinonia) en innige meegevoel en meelewing van Sy Gees.  Dit is die dinge wat selfsug en eersug laat plek maak om aan ander se belange te dink.

Fil 1:12-26 Kleingroepmateriaal 22 Jan 2012

Week van 22-28 Januarie 2012

  • Gesels met mekaar oor julle ervaring van onderskeidende liefde (Fil 1:1-11 van verlede week) en wat die Here julle die week geleer het.

  • Lees Filippense 1:12-26 – Die Gees verander ons tot vurige vrymoedigheid

Die evangelie word vreesloos verkondig

Paulus verwys waarskynlik terug na die onderskeiding waarvan hy in vers 9-10 gepraat het. Hy wil hê hulle moet weet – dws onderskei – dat ontwrigting die evangelie bevorder. Selfs jaloerse mense, wat groot ontwrigting vir Paulus veroorsaak, dra daartoe by. Op ‘n verrassende wyse het die gebeure boonop die ander gelowiges gemotiveer om met nog meer vertroue die evangelie vreesloos te verkondig. Hulle het waarskynlik gedink: as Paulus steeds binne die tronk die evangelie kon verkondig, hoeveel te meer kon hulle dit nie buite die tronk doen nie!  Paulus waardeer daarby alle bydraes tot die evangelie, selfs dié wat uit onsuiwer bedoelings gebore is.  Laat ’n mens dink aan Josef se opmerking aan sy broers: “Julle wou my kwaad aandoen, maar God wou daarmee goed doen” ( Gen 50:20).

Die Gees van Jesus Christus werk deur gebed

Let op dat Paulus weer hier van die Gees van Jesus Christus praat, soos die geval was in Hand 16:6-10, toe hy die roeping na Filippi ontvang het.  Toe is hy twee keer verhinder om sy eie kop te volg, voordat hy geroep is na Europa.   Hier noem Paulus dat hy nie moed verloor nie, omdat hulle vir hom bid en die Gees van Christus hom bystaan, net soos hy tevore aan die Romeinse gelowiges geskryf het, dat die Gees ons bystaan in en deur ons gebede (Rom 8:26-27).  Paulus gaan in hierdie brief nog twee keer na die Gees verwys.  In Fil 2:1 praat hy van die koinonia van die Gees.  In Fil 3:3 praat hy van die aanbidding (dien) van God deur die Gees (vgl Joh 4:23-24).  Die Gees het dus ’n hele paar funksies: Hy roep en begelei, Hy staan ons by en werk deur gebede, Hy skep gemeenskap onder gelowiges, en Hy is die Een deur wie ons God aanbid.

Paulus volg die kruispad

Die gebede van die gelowiges en die bystand van die Gees motiveer Paulus om sy doel in die lewe sonder huiwering na te volg, d i om Christus te verheerlik in lewe en sterwe.  Maar let op hoe onselfsugtig hy dit stel: hy wil heengaan om by Christus te wees (onthou hy sit in die tronk met die swaard van die dood oor sy kop), maar hy besef dat dit in die gemeente se belang is dat hy bly.  “Need dictates direction” (Hawthorne).  Die kruis vorm dus sy persoonlike keuses sowel as sy bediening.

LEEF EN ONTPLOOI

  • Hoe is die Here in jou lewe besig om jou vurige vrymoedigheid te leer?