God is RUS
Huisgeloof 24 – 29 Sugustus 2015
Omgee-gesprekke
Kyk na die geloofsgewoonte. Probeer hierdie week juis rustig wees ter wille van mekaar. Maak tyd vir mekaar. Luister na mekaar, laat elkeen vertel wat in hul dag gebeur het.
Written by Rethie van Niekerk on . Posted in Huisgodsdiens. No Comments on God is RUS
Kyk na die geloofsgewoonte. Probeer hierdie week juis rustig wees ter wille van mekaar. Maak tyd vir mekaar. Luister na mekaar, laat elkeen vertel wat in hul dag gebeur het.
Written by Rethie van Niekerk on . Posted in Huisgodsdiens. No Comments on God is LIEFDE
Gee kans dat elkeen vertel hoe hulle weet dat die ander hulle lief het. [Ouers, luister of jy kan agterkom wat jou kind se liefdestaal is: woorde, diens, geskenke, tyd of aanraking. Google “Love Languages Gary Chapman” om meer uit te vind van die liefdestale. Jy kan ook die Kindle boek The 5 Love Languages of Children deur Gary Chapman vir onder $10 by Amazon koop.]
• Lees Johannes 3:16. Die NT vir Kinders vertaal dit so: God het gewys hoe lief Hy vir mense is. Hy het sy spesiale Seun aarde toe gestuur. Gesels oor wat dit beteken. Beklemtoon dat dit sê dat God lief is vir elkeen van ons.
• Lees die vers nog ’n keer, maar vervang hierdie keer “die wêreld” of “mense” met elkeen in die gesin se naam.
Lectio Divina kan moontlik te moeilik wees vir kleiner kinders. Fokus eerder op Bybel Memorisering. Besluit om hierdie week saam Johannes 3:16 te memoriseer. Dink aan kreatiewe maniere waarop julle dit kan memoriseer: sing die lied, herhaal dit elke aand voor julle gaan slaap, plak dit op die badkamerspieël, ens. Onthou om ook die teks se “adres” (Johannes 3:16) te memoriseer.
Volgende Sondag is Nagmaal! Ouers kan hier ‘n spesiale boekie kry met idees hoe om jou kind voor te berei vir die Nagmaal.
Ons sendelinge het ons ondersteuning nodig. Hoe gaan julle hierdie week “julle” sendeling herinner dat God lief is vir hulle? Dalk ’n WhatsApp boodskap met ’n Skrifgedeelte?
Written by Chris van Wyk on . Posted in Huisgodsdiens, Kleingroepmateriaal. No Comments on GOD IS BETROUBAAR 9-15 Augustus
Teologiese Raamwerk / Kleingroepmateriaal / Geloofsgewoonte vir die week / Huisgeloof
Written by Chris van Wyk on . Posted in Huisgodsdiens, Kleingroepmateriaal. No Comments on GOD IS VRYGEWIG 2-8 Augustus
Teologiese Raamwerk / Kleingroepmateriaal / Geloofsgewoonte vir die week / Huisgeloof
Written by Rethie van Niekerk on . Posted in Huisgodsdiens. No Comments on God is Goed Huisgeloof
Vertel vir mekaar van kere wat julle spesiaal besef het dat God goed is. Probeer veral dink aan kere wat dit nie noodwendig goed gegaan het nie.
Written by on . Posted in Huisgodsdiens. No Comments on Huisgeloof 20 tot 26 Julie 2015
Vertel vir mekaar hoe julle dink God lyk en is.
• Lees Romeine 12:2 en gesels oor wat julle opval of aanspreek in die teksgedeelte.
• Daar is ’n uitdrukking: “Jy is wat jy eet”. Gesels oor hoe dít wat jy insit, bepaal wat jy uitkry. Hoe kan ons dit van toepassing maak op ons lewe saam met God?
Watter geloofsgewoonte beoefen julle gesin gereeld saam? Bv. huisgodsiens, kerk toe gaan, saam bid. Hoe gaan julle hierdie kwartaal daardie gewoonte inoefen?
Oorweeg om vir hierdie kwartaal by ’n selgroep aan te sluit. Of kry ’n paar vriende bymekaar en begin ’n nuwe selgroep!
Hoe gaan julle gesien hierdie week ’n verskil maak aan iemand anders se lewe?
We use cookies and similar technologies to improve your experience on our website.