Skip to main content

God is RUS

Huisgeloof 24 – 29 Sugustus 2015

Omgee-gesprekke

Kyk na die geloofsgewoonte. Probeer hierdie week juis rustig wees ter wille van mekaar. Maak tyd vir mekaar. Luister na mekaar, laat elkeen vertel wat in hul dag gebeur het.

Bybellees

• Lees Lukas 10:38-41. Die NT vir Kinders vertaal vv 41-42 so: “My liewe Marta, jy hardloop die heeltyd rond om die kos gereed te kry. Hou op! Daar’s net een ding wat nodig is: om God te ken. Maria weet dit. God is die belangrikste in haar lewe. Niemand sal haar ooit uit sy hand wegneem nie.” Gesels oor wat dit beteken.
• Raak julle ook soms so besig, dat daar nie tyd is vir God nie? Hoe kan julle seker maak dat julle nie te besig raak nie? Wat kan julle doen om tyd te maak vir God?

Gewoontes en Gebruike

Kyk weer na die geloofsgewoonte en beplan hoe julle hierdie week rustiger gaan wees. Wat kan julle doen dat soggens of saans minder gejaagd is? Dalk die vorige aand al klere uitsit? Maak praktiese planne, sodat julle hierdie week rustiger kan wees.
Sit af die TV, bêre alle selfone. Maak saam kos, sit om ’n tafel en eet saam terwyl julle mekaar se geselskap geniet.

Geseën om te seën

Is daar dalk iemand wie se las julle ligter kan maak? Dink aan iemand vir wie julle met iets kleins kan help, sodat hulle minder gejaagd hoef te wees.

huisgeloof, huisgodsiens, Marta en Maria, rus

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.