Skip to main content

Spreuke 9:1-18 Week van 13-18 Augustus 2012

RUS

  • Ouers, vertel vir julle kinders van júlle ouers se geloof.  Vertel stories uit jou kinderdae:  het julle huisgodsdiens gehou, hoe het dit gewerk, hoe het Sondae by julle verloop, ens.
  • Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.

HOOR

Lees Spreuke 9:1-18 uit ‘n eenvoudige vertaling soos “Die Bybel vir Almal”

Gesels oor die teksgedeelte.  Maak eers seker almal verstaan al die woorde.  Ouers kyk na die inligting in die Kleingroepmateriaal

  • Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan in die teks.  As julle vrae het, kan julle ook daaroor gesels. 
  • Ons kan kies in die lewe na wie ons gaan luister:  wysheid of dwaasheid.  Noem vir mekaar voorbeelde van plekke waar mens wysheid leer en plekke en maniere waarop mens dwaasheid leer.
  • Vertel vir mekaar wie die mense is by wie julle wysheid leer.
  • Mense hoor soms wat jy sê, maar hulle sien altyd wat jy doen.  Jou voorbeeld het ‘n baie groot invloed.  Wat sien mense wanneer hulle na jou kyk?

LEEF

  • Ons begin volgende week met ‘n nuwe reeks:  “Radikale Vernuwing:  Geloof begin by die huis”.  (In Engels sou dit wees:  “Extreme Makeover”.)  Bid spesiaal vir hierdie reeks.  Bid dat die Here dit sal gebruik om ook julle huis (gesin) te vernuwe.
  • As julle nog nie het nie, bestel sommer dadelik die boek “Faith Begins at Home” by die kerkkantoor (as daar nog oor is) of by loot  (R107 + R35, een en ‘n half tot twee en ‘n half weke aflewering) of kalahari (eBoek R111.95 onmiddelik beskikbaar) of by amazon ($8.69 vir Kindle).
  • Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord?  Sê dankie!  Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid.  Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys.  Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.

Spreuke 4:26 Week van 6-12 Augustus 2012

RUS

  • Julle het verlede week gesels oor hoe ‘n mens waak oor jou gedagtes.  Vertel vir mekaar hoe dit daarmee gaan.  Watter tipe goed het in die laaste week jou gedagtes bepaal?

Lees Spreuke 4:26

“Die Bybel vir Almal” vertaal dit so:  Jy moet op die regte pad loop, dan sal jy seker wees waarnatoe jy loop.

  • Dit help nie as ons net hoor wat God sê en die regte goed dink nie – ons moet ook die regte goed doen.
  • Watter versoekings is daar vir julle, wat kan maak dat jy nie doen wat God wil hê nie?
  • Onthou dat ons deur Jesus vergewe word wanneer ons nie op die regte pad bly nie!  Hoe help God ons om op sy pad te bly?  Watter goed gee hy wat ons daarmee help? (Dink aan die Bybel, mede-gelowiges,ens.)

LEEF

  • “Jy moet op die regte pad loop.” Wat is dit wat God wil hê jy moet doen?  Deel dit met mekaar en gesels oor hoe jy dit gaan regkry.  Bid dat die Here julle sal help daarmee.

Spreuke 4:23 Week van 30 Julie tot 5 Augustus 2012

RUS

  • Vertel mekaar hoe van julle week tot dusvêr.  Wat was vir jou lekker?  Wat was/is vir jou moeilik of sleg?

Lees Spreuke 4:23

“Die Bybel vir Almal” vertaal dit so:  Jy moet baie versigtig wees wat jy dink, meer versigtig as met ander dinge, want as jy reg dink, dan sal jy aanhou lewe.

  • Watter goed het ‘n invloed op wat jy dink (wat in jou hart omgaan)?  Dink aan goed soos vriende, TV, ens.  Probeer praktiese voorbeelde en stories noem van hoe iets wat jy gesien of gehoor het, beïnvloed hoe jy dink.
  • Noem goed wat ‘n slegte invloed het op hoe jy dink.  Wat is sleg daaraan?  Wat is die gevolge daarvan?
  • Noem goed wat ‘n goeie invloed het op jou gedagtes.  Hoe is dit goed? 

LEEF

  • Dink na oor wat jy dié week kan doen om versigtig te wees met jou gedagtes.  Hoe gaan jy dit regkry?  Dink aan wat jy met jou ore, oë, mond, en manier van dink gaan doen.