Skip to main content

Spreuke 2:2 Week van 23 tot 29 Julie 2012

RUS

  • Vertel mekaar hoe julle vir God wil ken in wat julle doen.  Mamma of Pappa kan ‘n storie vertel van hoe God hulle al gelei het.  
  • Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.

HOOR

Lees Spreuke 2:2

Gesels oor die teksgedeelte.  Maak eers seker almal verstaan al die woorde. 

  • Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan in die teks.  As julle vrae het, kan julle ook daaroor gesels.  (Ouers, kyk gerus na die Kleingroepmateriaal) 
  • Wysheid is alles wat ‘n mens moet weet om reg te kan lewe en om die regte dinge te kan doen en sê.  Hoe sal ‘n mens dan jou “ore oophou” vir wysheid? 
  • Waaraan (en aan wie) moet ‘n mens jou “ore uitleen” om wys te word?  Waaraan moet jy nié jou ore uitleen nie?  Wat gebeur wanneer ‘n mens na die verkeerde raad (na verkeerde waardes) luister?
  • Spreuke sê ons moet na God luister.  Lees weer Spreuke 3:5-6.  Vertel vir mekaar hoe ‘n mens na God luister.
  • Spreuke sê ook ons moet na ons ouers luister.  Lees Spreuke 1:8. 

LEEF

  • Wat vra die Here nou van jou?    Vra vir die Here om jou te help om wys te wees.
  • Sondag is Nagmaal!  (Daar sal wel kategese en toepassing wees.)  Gesels saam oor wat dit beteken.  (Ouers kan die boekie Berei jou kinders voor om deel te neem aan die Nagmaal hier aflaai – dit gee riglyne hoe om met jou kinders te gesels oor die Nagmaal.)
  • Bloemendal se lidmate kuier Sondag by ons gemeente!  Beplan watter eetgoed julle gaan saambring. 
  • Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord?  Sê dankie!  Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid.  Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys.  Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.

Spreuke 1:1-7 Week vanaf 16 Julie 2012

Huisgodsdiensmateriaal

Week van 16-22  Julie 2012

RUS

  • Dink terug oor die kwartaal.  Wat was die hoogtepunte en laagtepunte?  Wat het die Here daardeur in jul lewens gedoen?
  • Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.

HOOR

Lees Spreuke 1:1-7 uit Die Bybel vir Almal.  

Spreuke van Salomo seun van Dawid, koning van Israel. [Spreuk: Iets wat iemand sê. Hulle sê dit kort en slim, en dit is iets wat almal moet weet.] Spreuke leer vir jou wysheid. [Wysheid: Alles wat ’n mens moet weet om reg te kan lewe en om die regte dinge te kan doen en sê]. Dit leer vir jou om te weet wanneer mense verstandige dinge sê, [Verstandig: ’n Mens is verstandig wanneer hulle die regte ding op die regte tyd doen of sê.] en dit leer vir jou om te luister wanneer iemand vir jou die regte dinge leer oor wat goed en reg en regverdig is. [Regverdig: Reg, soos die Here wil hê. Wanneer iemand regverdig is, dan doen hulle reg aan ’n ander mens, soos die Here wil hê.] Spreuke maak jong mense wat baie min weet, verstandig, sodat hulle sal weet wat die regte dinge is om te doen. Wyse mense moet ook luister na die spreuke, sodat hulle nog meer sal weet. Verstandige mense moet leer, [Wyse mense: Mense wat weet wat die regte dinge is om te doen en te sê. Verstandige mense: Mense wat die regte ding op die regte tyd doen of sê.] sodat hulle die spreuke en die slim dinge wat wyse mense sê, sal verstaan. Jy moet gehoorsaam wees aan die Here en jy moet Hom respekteer. As jy dit doen, dan is jy regtig slim. Dit is dwase wat dink dit is nie belangrik om wysheid te hê en om te leer nie. [Dwaas: Iemand wat dwaas is, is dom, want hulle doen nie wat die Here wil hê nie.]

Gesels oor die teksgedeelte.  Maak eers seker almal verstaan al die woorde. 

  • Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan in die teks.  As julle vrae het, kan julle ook daaroor gesels. 
  • Die NAV sê:  Kennis begin met die dien van die Here.
  • Wie is die wysste mens wat jy ken?  Hoekom is hulle die wysste?
  • In watter deel van jou lewe het jy hulp nodig om wys te wees? 
  • Wat kan jy doen om wyser te word?

LEEF

  • Wat vra die Here nou van jou?
  • Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord?  Sê dankie!  Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid.  Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys.  Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.

Markus 6:17-29 Week vanaf 8 Julie 2012

Huisgodsdiensmateriaal

Week van 9-14  Julie 2012

RUS

  • Die skool begin volgende week.  Waarna sien julle uit?  Waarvoor is julle bang?  Vertel vir Jesus daarvan.
  • Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.

HOOR

Lees Markus 6:17-29

17–20 Vroeër het Herodes soldate gestuur om Johannes te vang. Herodias het vir hom gesê om dit te doen. Sy was eers die vrou van Herodes se broer Filippus, maar Herodes het haar vir homself gevat. Johannes het vir Herodes gesê: “God hou nie daarvan dat jy jou broer se vrou gevat het nie.” Herodias was kwaad hieroor. Sy het begin planne maak om Johannes dood te maak. Maar sy kon dit nie regkry nie, want Herodes was bang vir Johannes. Hy het geweet Johannes is ’n eerlike man wat die Here dien. Herodes het graag geluister wat Johannes sê, al het hy geweet hy doen verkeerde dinge.  21–23 Herodias het haar kans gekry op Herodes se verjaardag. Hy het ’n groot partytjie gehou vir al die belangrike mense in Galilea. Die dogter van Herodias kom dans toe vir hulle. Herodus en sy gaste het baie daarvan gehou. Herodus sê vir haar: “Vra my net wat jy wil hê, en ek sal dit vir jou gee. Ook al wil jy die helfte hê van alles wat ek besit, jy sal dit kry.” 24–25 Sy gaan vra toe vir haar ma: “Ma, wat moet ek vra?” Haar ma antwoord: “Vra dat hulle Johannes die Doper se kop afkap en dit vir jou gee.” Die dogter gaan sê dit toe vir Herodes. 26–28 Die koning was baie omgekrap, maar hy moes sy woord hou. Hy het mos voor almal belowe dat hy sal doen wat sy vra. Hy stuur toe een van sy soldate om Johannes se kop te gaan haal. Die man het Johannes se kop in die tronk afgekap. Hy het dit op ’n skinkbord vir die meisie gebring. Sy het dit toe vir haar ma gegee. 29 Toe Johannes se volgelinge hoor dat hy dood is, het hulle sy liggaam gaan haal en hom begrawe.  (Joubert, S. (2000). Die Nuwe Testament vir kinders in ‘n taal wat hulle verstaan (Mk 6:20–29). Vanderbijlpark: Carpe Diem.)

Gesels oor die teksgedeelte.  Maak eers seker almal verstaan al die woorde.

  • Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan in die teks.  As julle vrae het, kan julle ook daaroor gesels. 
  • Gesels oor vergifnis.  Dis soms baie moeilik om mense te vergewe.  Hoekom is dit belangrik om mense te vergewe?  Hoe kan ons dit regkry?

LEEF

  • Dit is baie hartseer wanneer slegte goed met God se kinders gebeur.  Ons weet nie altyd hoekom dit gebeur nie.  Is daar iemand wat julle ken met wie daar slegte goed gebeur het?  Hoe kan julle hulle ondersteun? Bid spesiaal vir daardie mens(e).
  • Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord?  Sê dankie!  Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid.  Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys.  Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.

Markus 6:1-13 Week vanaf 1 Julie 2012

Huisgodsdiensmateriaal

Week van 2-7 Julie 2012

RUS

  • Vertel vir mekaar wat julle gunsteling verhaal van Jesus se lewe is.  Hoekom hou jy so baie daarvan?
  • Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.

HOOR

Lees Markus 6:1-13

7–11 Jesus het sy dissipels twee-twee saam na verskillende dorpe toe gestuur. Hy het vir hulle die mag gegee om bose geeste uit mense weg te jaag. Jesus het gesê hulle kon net ’n kierie saamvat vir hulle reis, niks anders nie—nie kos of ’n tas of geld nie. Hulle moes net een paar skoene vat, geen ekstra klere nie. As iemand in ’n dorp hulle nooi om daar te kom bly, moes hulle daar bly tot hulle verder moes reis. As mense nie na hulle wou luister nie, moes Jesus se dissipels omdraai en wegloop. God sal eendag met sulke mense afreken.12–13 Die dissipels is toe daar weg. Hulle het vir die mense gesê om terug te kom na God toe. Hulle het ook baie duiwels weggejaag en siekes gesond gemaak deur olie oor hulle te gooi. (Joubert, S. (2000). Die Nuwe Testament vir kinders in ‘n taal wat hulle verstaan (Mk 6:11–13). Vanderbijlpark: Carpe Diem.)

Gesels oor die teksgedeelte.  Maak eers seker almal verstaan al die woorde. 

  • Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan in die teks.  As julle vrae het, kan julle ook daaroor gesels. 
  • Jesus wil hê ons moet mense van hom vertel.  Hoe kan ons dit doen?
  • Wat beteken dit vir julle dat Jesus mense altyd twee-twee stuur?  Wie stuur Jesus saam met jou?

LEEF

  • Wat vra die Here nou van jou?
  • Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord?  Sê dankie!  Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid.  Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys.  Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.

Markus 5:21-43 Week vanaf 24 Junie 2012

Huisgodsdiensmateriaal

Week van 25-30  Junie 2012

RUS

  • Wat was die beste deel van die afgelope week?  Sê vir die Here dankie daarvoor!
  • Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.

HOOR

Lees elke dag van die week ‘n stukkie van Markus 5:21-43 

21–24 Hierna is Jesus weer met die boot terug na die oorkant toe. Toe Hy op die strand kom, het baie mense na Hom toe gekom. Onder die mense was iemand met die naam Jaïrus. Hy was die hoof van die plek waar die Jode tot God gebid het. Toe hy Jesus sien, val hy voor Hom neer. Hy sê vir Jesus: “My dogtertjie is besig om dood te gaan. Asseblief, kom raak net aan haar. Dan sal sy leef!” Jesus is toe saam met hom. ’n Groot klomp mense is agter Jesus en Jaïrus aan.

’n Vrou word Gesond

25–26 Tussen die mense was daar ’n vrou wat vir twaalf jaar lank siek was. Sy het baie swaar gekry. Sy het al haar geld aan dokters betaal om haar gesond te maak, maar sy het net sieker geword. 27–29 Die vrou het op ’n dag van Jesus gehoor. Sy sê toe vir haarself: “As ek net aan hierdie Man kan vat, sal ek gesond word.” Toe Jesus so tussen die mense stap, kry sy haar kans. Sy het aan Hom geraak. Sy kon dadelik voel dat sy gesond word. 30–31 Jesus het geweet iemand het van sy krag gebruik om gesond te word. Hy draai toe om en vra: “Wie het aan My gevat?” Die dissipels antwoord: “Hier is baie mense rondom U. Hoe vra U dan: ‘Wie het aan My gevat?”’ Jesus het Hom nie aan hulle gesteur nie. Hy het rondgekyk om te sien wie dit was. 32–34 Die vrou was so bang dat sy gebewe het. Sy val toe voor Jesus neer en vertel Hom alles. Jesus sê vir haar: “Omdat jy in My glo, is jou siekte vir altyd weg. Gaan leef nou in vrede met God!”

Jesus is Sterker as die Dood

35–36 Jesus was nog besig om met die vrou te praat, toe kom ’n paar mans van Jaïrus se huis af daar aan. Hulle sê vir Jaïrus: “Jou dogter is nou net dood. Moenie vir Jesus verder pla nie.” Jesus het dit gehoor. Hy sê toe vir Jaïrus: “Moenie ontsteld wees nie. Hou net aan om te glo!” 37–39 Jesus is toe saam met Petrus, Jakobus en Johannes na Jaïrus se huis toe. Hy wou nie hê die ander mense moet saamgaan nie. By Jaïrus se huis het ’n groot klomp mense buite gestaan en huil. Jesus vra vir hulle: “Hoekom huil julle so hard? Die kindjie slaap net. Sy is nie dood nie.” 40–43 Die mense het Jesus uitgelag. Hy jaag hulle toe uit die huis uit. Daarna is Jesus saam met die ouers en sy drie dissipels na die dogtertjie toe. Jesus vat haar hand en sê: “Dogtertjie, Ek sê vir jou, staan op!” Die dogtertjie het dadelik opgestaan en tussen hulle rondgestap. Sy was twaalf jaar oud. Jesus sê toe dat iemand vir haar iets moet gee om te eet. Die mense was baie verbaas. Jesus het hulle mooi gevra om nie te vertel wat gebeur het nie. (Joubert, S. (2000). Die Nuwe Testament vir kinders in ‘n taal wat hulle verstaan (Mk 5:24–43). Vanderbijlpark: Carpe Diem.)

Gesels oor die teksgedeelte.  Maak eers seker almal verstaan al die woorde.

  • Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan in die teks.  As julle vrae het, kan julle ook daaroor gesels. 
  • Vertel vir mekaar hoe jy sou voel as jy daar was toe die goed gebeur het.
  • Hoekom het Jesus mense gesond gemaak?  Wat leer ons uit hierdie teks oor Jesus?

LEEF

  • Maak ‘n “word gou gesond”-kaartjie vir iemand wat siek is en vat dit vir hulle.