Skip to main content

2 Korintiërs 5:14-15 Week vanaf 11 Junie 2012

Huisgodsdiensmateriaal

Week van 11-16  Junie 2012

RUS

  • Vertel vir mekaar waar en hoe julle ide afgelope week die Here beleef het.
  • Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.

HOOR

Lees 2 Korintiërs 5:14-15 uit Die Nuwe Testament vir Kinders.

14–15 Christus is baie lief vir ons. Daarom praat ek net oor Hom. Ek doen dit omdat ek weet Christus het vir ons almal gesterf. Daarom is ons almal nou dood vir die sonde. Ons behoort net aan Jesus. Ons mag nie meer vir onsself leef nie. Nee, ons moet net vir Hom leef. Jesus het in ons plek gesterf. Daarna is Hy deur God lewend gemaak.

Gesels oor die teksgedeelte (ouers kan ook na die inligting in die kleingroepmateriaal kyk).

  • Maak eers seker almal verstaan al die woorde.  Deel dat vir mekaar wat vir julle uitstaan in die teks.  As julle vrae het, kan julle ook daaroor gesels. 
  • Vertel weer vir mekaar waarom Jesus vir ons gesterf het.  Herinner mekaar dat al ons sonde nou vergewe is!  Die teks sê:  Ons behoort aan Jesus!
  • Hoe lyk dit wanneer ‘n mens vir jouself leef?  En wanneer jy vir Jesus leef?  Probeer voorbeelde noem van albei.

LEEF

  • Wat vra die Here nou van jou?
  • Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord?  Sê dankie!  Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid.  Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys.  Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.

2 Korintiërs 4:16-18 Week vanaf 4 Junie 2012

Huisgodsdiensmateriaal

Week van 4-9 Junie 2012

Lees 2 Korintiërs 4:16-18 uit Die Nuwe Testament vir Kinders.

16–18 Ons gee nooit moed op nie, al kry ons seer. God is op ’n spesiale manier by ons. Hy maak ons elke dag van binne af nuut. Ons weet ons swaarkry gaan een van die dae ophou. Dan gaan ons vir altyd by God bly. Ek het nie genoeg woorde om vir julle te sê hoe wonderlik dit sal wees nie. Ons kyk verby al ons probleme. Ons kyk vorentoe, na God se wêreld. Dit wat ons vandag sien, is môre nie meer hier nie. God se nuwe wêreld sal vir altyd bestaan.

  • Vertel vir mekaar hoe julle dink dit in die hemel gaan wees.
  • Hoe kan die idee dat jy eendag hemel toe gaan, jou nou help as daar slegte goed gebeur?  Probeer konkreet dink aan slegte goed waarmee julle tans moet leef.

Rom 8:12-17 Week vanaf 28 Mei 2012

Huisgodsdiensmateriaal

Week van 28 Mei tot 2 Junie 2012

RUS

  • Kyk terug oor die week se Pinkster-dienste.  Wat staan vir jou uit?  Wat het die Gees die afgelope week vir jou geleer?

Lees Romeine 8:12-17 uit Die Nuwe Testament vir Kinders.

12–13 Omdat die Heilige Gees in ons bly, mag ons nie lelike dinge doen nie. Laat die Heilige Gees julle help om nee te sê vir sonde. Dan sal julle vir altyd lewe.  14–15 Die Here se kinders laat toe dat die Heilige Gees hulle lei. Die Gees is glad nie kwaai nie. Hy sorg dat julle nie bang vir God is nie. Hy maak julle God se kinders. Die Gees sorg dat ons baie lief vir God is. Hy leer ons om God as ons Vader te ken. Ons kan nou elke dag vir Hom “Vader” sê.  16–17 Die Gees wys vir ons dat ons regtig God se kinders is. Hy sê dit hier in ons binneste vir ons. Omdat ons God se kinders is, erf ons by Hom. Kinders erf mos by hulle ouers. God het ons name in sy testament geskryf omdat ons in Christus glo. Ons gaan eendag ’n plek in God se nuwe wêreld kry! Nou kry ons swaar hier op aarde. Ons ly saam met Jesus. Maar eendag gaan ons by Hom bly. Dan sal Jesus ons soos konings daar by Hom ontvang.

  • Kyk gou in die teks hoeveel goed julle kan kry waarmee die Heilige Gees ons alles help.
  • Hoe lei die Heilige Gees ons?  (Gee kans dat almal sê.  Dit kan moontlik aangevul word met:  deur die Bybel, deur ander gelowiges, deur ons gewete.)
  • Wat beteken dit om God se kind te wees?