Skip to main content

Spreuke 4:23 Week van 30 Julie tot 5 Augustus 2012

RUS

  • Vertel mekaar hoe van julle week tot dusvêr.  Wat was vir jou lekker?  Wat was/is vir jou moeilik of sleg?
  • Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.

HOOR

Lees Spreuke 4:23

“Die Bybel vir Almal” vertaal dit so:  Jy moet baie versigtig wees wat jy dink, meer versigtig as met ander dinge, want as jy reg dink, dan sal jy aanhou lewe.

Gesels oor die teksgedeelte.  Maak eers seker almal verstaan al die woorde.  Ouers kyk na die inligting in die Kleingroepmateriaal

  • Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan in die teks.  As julle vrae het, kan julle ook daaroor gesels. 
  • Watter goed het ‘n invloed op wat jy dink (wat in jou hart omgaan)?  Dink aan goed soos vriende, TV, ens.  Probeer praktiese voorbeelde en stories noem van hoe iets wat jy gesien of gehoor het, beïnvloed hoe jy dink.
  • Noem goed wat ‘n slegte invloed het op hoe jy dink.  Wat is sleg daaraan?  Wat is die gevolge daarvan?
  • Noem goed wat ‘n goeie invloed het op jou gedagtes.  Hoe is dit goed? 

LEEF

  • Dink na oor wat jy dié week kan doen om versigtig te wees met jou gedagtes.  Hoe gaan jy dit regkry?  Dink aan wat jy met jou ore, oë, mond, en manier van dink gaan doen.
  • Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord?  Sê dankie!  Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid.  Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys.  Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.

huisgodsdiens materiaal spreuke

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.