Skip to main content

Markus 9:38-50 24 tot 30 Sept 2012

RUS EN ONTVANG

Vertel mekaar watter goeie dinge ander mense vir julle die afgelope tyd gedoen het (vgl Markus 9:41). Indien hulle dit nie gedoen het nie, hoe sou dit jou lewe geraak het? 
Is dit nodig om goeie dinge vir ander te doen?  Waarom?

Vra iemand om te bid

HOOR EN ONTGIN

Lees Markus 9:38-50

  • Waar het jou gedagtes vasgesteek? 
  • “Wie nie teen ons is nie, is vir ons” (vers 40).  Wat beteken hierdie opmerking van Jesus vir ons as Christene binne die hedendaagse samelewing? 
  • Vir egpare/gesinne/families:  In vers 42 waarsku Jesus dat ons nie ons kinders afvallig moet maak nie.  Watter dinge kan ouers en grootouers doen om kinders te lei tot ‘n lewende verhouding met Jesus?  Wat sê vers 43-47 in dié verband? 
  • Watter dinge behoort ons as gemeente prys te gee (af te kap) sodat ons met meer toewyding die Here kan dien? 
  • Vir egpare/gesinne/families:  Watter dinge staan in julle gesinsverband of persoonlike lewe in die pad van goeie verhoudings met mekaar?
  • Wat is die verskil tussen sout (vers 50) en ‘n liggaam met een arm,voet of oog (vers 43-47)? 

LEEF EN ONTPLOOI

  • Hoe kan jy  “ ‘n beker water” (vers 40) in jou huwelik/gesin/familie en in die gemeente en in die samelewing wees?    
  • Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord?  Sê dankie!  Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid.  Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys.  Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.

Gemeentevernuwing 17-22 Sept Ps 78

gemeentevernuwing

Lees hierdie week Hoofstuk 5 van “Faith Begins at Home”

RUS EN ONTVANG

  • Vertel vir mekaar van die kerk van jul kinderjare (ouers vertel vir kinders).  Wat onthou jy van kerk?  Watter rol het die kerk in jou kinderjare gespeel?
  • Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.

HOOR EN ONTGIN

Lees Psalm 78:1-7

  • Wat staan vir julle uit met die lees van die teks?
  • Vers 4 van die Psalm sê dat ons vir die volgende geslag sal vertel wat die Here gedoen het.  Vertel vir mekaar waarmee die Here besig is in jou lewe, of van ‘n keer wat jy God se krag ervaar het.
  • [Vir volwassenes:]  As die fondament van reëls nie ‘n verhouding is nie, lei dit tot rebellie (vers 7).  Wat is die verskil tussen gehoorsaamheid wat uit ‘n verhouding groei en gehoorsaamheid wat net reëls nakom?  Hoe kweek ons gehoorsaamheid uit wat uit ‘n verhouding kom?
  • Mark Holmen skryf in hoofstuk 5 van “Faith Begins at Home” oor die voorreg van kerk toe gaan.  Hy praat ook van die gesindheid waarmee ons aan ‘n kerk behoort:  “Thy will be done” of “my will being done”.  Dan sê hy:  “The degree to which you actively engage yourself in the life of an intentional Christian community is the degree to which you’ll be satisfied as a family” (bl. 126-127). Wat dink julle?  Watter rol speel die kerk in ‘n individu – en ‘n familie – se geloofslewe?

LEEF EN ONTPLOOI

  • Dink terug oor die “Radikale Vernuwing” reeks van die afgelope paar weke.  Vertel vir mekaar: (1)  wat is die belangrikste punt wat jy wil onthou?  (2) Wat is een ding wat jy gaan doen?

Familievernuwing – 10-16 September

Lees hierdie week Hoofstuk 4 van “Faith Begins at Home”

Lees 2 Tim 1:1-7

  • Wat tref jou in die gedeelte?  Deel dit met mekaar.
  • Let op hoe Paulus van sy eie voorouers se godsdiens praat, en van Timoteus se ma en ouma se geloof wat ook in hom is.  Watter rol het jou eie ouers en grootouers in jou geloof gespeel?  Gebruik die uitgedeelde stamboom om dit grafies voor te stel en dan daaroor te gesels.  Dit is ook by ngkerksomerstrand.co.za beskikbaar.
  • Let ook op hoe Paulus van Timoteus as sy geliefde kind praat, en met hoeveel passie hy praat oor sy gebed vir hom, en hoe hy hom aanmoedig om die Here toe te laat om sy hele lewe vol van Sy krag, liefde en selfbeheersing te maak.  Is daar iemand in wie se lewe jy só ’n rol speel?  Gebruik die stamboom om dit voor te stel en daaroor te gesels.
  • Kyk na die Familievernuwing sleutels.  Wat tref jou daarvan?  Hoe kan jy dit gebruik en inspan in jou lewe?

LEEF EN ONTPLOOI

  • Wat vra God nou van julle?  Hoe gaan julle daarop reageer?  Dink spesifiek aan familielede of ander geloofsgenote wat ’n invloed op jou geloofslewe gehad het.  Sê vir die Here (en vir hulle)  dankie.  Besluit hoe jy hulle meer in jou lewe kan betrek.
  • Dink ook aan mense wat die Here op jou hart lê om by betrokke te raak.  Jy kan die uitdeelstuk met Ses Geloofsgesprekke by die kerkkantoor of hieronder aflaai en met ’n groep of ’n individu deurwerk.  Só volg jy Paulus se voorbeeld om die geloof na ’n “Timoteus” deur te gee!
  • Gaan deur jul gebedslys.  Is van jul gebede beantwoord?  Sê dankie!  Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid.  Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys.  Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondigings.

FAMILIEVERNUWING SLEUTELS

  1. God het met ‘n rede uitgebreide families multi-generasioneel.  Alle families het die wysheid en raad van godvresende ouer mense nodig. 
  2. Families moet oop wees vir die raad van godvresende ouer.  Soek en ontwikkel verhoudings met ouer familielede.  Moenie bang wees om hul wysheid en raad te vra nie, veral as dit by moeilike situasies kom wat jy moet hanteer. 
  3. Gee godvresende ouer mense toestemming om in te meng in die lewe van jou familie.
  4. Godvresende ouer mense kan familielede wees, of kennisse wat jou uitgebreide familie.  As jy nie ‘n familielid het wat hierdie rol kan vervul nie, nooi iemand om ‘n oudste, raadgewer en vriend van julle gesin te wees.