Spreuke 9:1-18 Week van 13-18 Augustus 2012
RUS
- Ouers, vertel vir julle kinders van júlle ouers se geloof. Vertel stories uit jou kinderdae: het julle huisgodsdiens gehou, hoe het dit gewerk, hoe het Sondae by julle verloop, ens.
- Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.
HOOR
Lees Spreuke 9:1-18 uit ‘n eenvoudige vertaling soos “Die Bybel vir Almal”
Gesels oor die teksgedeelte. Maak eers seker almal verstaan al die woorde. Ouers kyk na die inligting in die Kleingroepmateriaal
- Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan in die teks. As julle vrae het, kan julle ook daaroor gesels.
- Ons kan kies in die lewe na wie ons gaan luister: wysheid of dwaasheid. Noem vir mekaar voorbeelde van plekke waar mens wysheid leer en plekke en maniere waarop mens dwaasheid leer.
- Vertel vir mekaar wie die mense is by wie julle wysheid leer.
- Mense hoor soms wat jy sê, maar hulle sien altyd wat jy doen. Jou voorbeeld het ‘n baie groot invloed. Wat sien mense wanneer hulle na jou kyk?
LEEF
- Ons begin volgende week met ‘n nuwe reeks: “Radikale Vernuwing: Geloof begin by die huis”. (In Engels sou dit wees: “Extreme Makeover”.) Bid spesiaal vir hierdie reeks. Bid dat die Here dit sal gebruik om ook julle huis (gesin) te vernuwe.
- As julle nog nie het nie, bestel sommer dadelik die boek “Faith Begins at Home” by die kerkkantoor (as daar nog oor is) of by loot (R107 + R35, een en ‘n half tot twee en ‘n half weke aflewering) of kalahari (eBoek R111.95 onmiddelik beskikbaar) of by amazon ($8.69 vir Kindle).
- Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord? Sê dankie! Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid. Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys. Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.