Huisgeloof: 2 – 8 Nov 2015
Genade
OMGEE-GESPREKKE
- Ons is almal ANDERS geskape deur God, maar in Jesus Christus word anderses EENDERS, deur Sy genade.
- Wat is dinge wat ons alles ANDERS maak?
- Wat is dinge wat ons alles EENDERS maak?
(Probeer hier ook fokus op dinge wat nie net fisies is nie soos haar-kleur ens., maar ook op dinge wat mens kies soos gunsteling kleure ens.)
BYBELLEES
- Lees 2 Korintiërs 1:19-22 saam.
Hier is die Bybel vir almal se vertaling:
19 Julle moet onthou dat ek en Silvanus* en Timoteus die boodskap oor die Seun van God, Jesus Christus, vir julle gebring het. En julle weet dat Jesus nie “ja” én “nee” is nie. Jesus is God se “ja.” 20 Want alles wat God belowe het, het waar geword toe Christus gekom het. Daarom, wanneer ons “amen” sê, dan sê ons dat alles waar is wat ons van Christus glo. En so prys ons vir God. 21 God is die Een wat vir ons sê dat ons en julle saam aan Christus behoort. God het ook gesê dat ons vir Hom moet werk. 22 Hy het gewys dat ons aan Hom behoort toe Hy die Heilige Gees in ons harte gegee het. Die Heilige Gees sê vir ons dat ons altyd aan Hom sal behoort.
* Silvanus: ’n Ander naam vir Silas. Kyk Hand 15:22.
In hierdie gedeelte lees ons dat Jesus is God se “ja” vir ons.
- Wat dink jy beteken dit vir ons?
- In die teks lees ons dat die Heilige Gees sê dat ons altyd aan God sal behoort. Hoe weet jy dat dit waar is in jou lewe?
GEWOONTES EN GEBRUIKE
- Wat kan jy ANDERS doen om te wys dat jy EENDERS is met ander mense wat in Jesus glo?