Skip to main content

Dag 18: Gebedsfokus op herlewing: God se rus

Vrydag 30 April 2010

Hebreërs 4:10: … want elkeen wat in die rus van God ingaan, rus van sy werk, net soos God van Syne.

Oordenking: Ons geloof op sigself is nie God se rus nie. God self is die rus. Ons moet God se rus binnegaan deur in Hom te bly. Die enigste manier waarop ons met God kan verenig, is deur te verstaan wat dit beteken om aan Jesus vas te hou, “een met Hom” te word en Hom te vertrou om ons in God se rus in te bring. Dit is om by God te bly, en volle toegang tot Sy teenwoordigheid en liefde te hê, elke oomblik van die dag.

Persoonlik: As jy nog nie hierdie diepe rus in God ervaar nie, begin dan deur met Jesus bekend te raak. Leer om jou verstand en jou emosies tot rus te bring en alle angs en laste op Hom te werp, om Hom te vertrou om die volle verantwoordelikheid te aanvaar om jou in God se rus in te lei. Sonder jou gereeld af om Hom te aanbid en vertel Hom van jou begeerte vir hierdie dieper eenwees met Hom.

Gemeente: Bid dat elke gemeentelid ‘n verlange sal hê vir die diep intimiteit van ‘n ware verhouding met God. Bid dat pastore, gemeenteleiers en Bybelonderwysers hierdie dieper waarhede om in God se rus in te gaan, sal verstaan en beleef, en dit vir ander sal leer.

Dag 17: Gebedsfokus op herlewing: Gaan in

Donderdag 29 April 2010

Hebreërs 4:8-11: As Josua hulle in die rus laat ingaan het, sou God nie daarná nog van ‘n ander dag gepraat het nie. Daar wag dus nog steeds ‘n sabbatsrus vir die volk van God, want elkeen wat in die rus van God ingaan, rus van sy werk, net soos God van Syne. Laat ons ons dan beywer om in daardie rus in te gaan, sodat niemand hulle voorbeeld van  ongehoorsaamheid navolg en ook omkom nie.

Oordenking: Die Israeliete het genoeg geloof gehad om Egipte te verlaat, maar nie genoeg geloof om Kanaän binne te gaan nie. Op dieselfde wyse kan ons dalk genoeg geloof hê om in Jesus te glo vir die ewige lewe, maar nie genoeg geloof om die volheid van ‘n lewe met God in die teenswoordige tyd te ervaar nie. Die eerste fase is om God te vertrou vir verlossing, die tweede fase is om ‘n lewe van oorwinning te leef.

Persoonlik: Daar is ‘n verskil tussen ‘n soekende geloof en ‘n rustende geloof. ‘n Soekende geloof glo dat Jesus kan seën en bly wag daarop. ‘n Rustende geloof ervaar die vrede wat alle verstand te bowe gaan; ‘n toestand waar daar geen bekommernis is nie, omdat die hart en verstand by ‘n plek van algehele rus gekom het. As dit jou begeerte is, verklaar in geloof dat dit
moontlik is en vertel vir Jesus dat jy hierdie plek van rus wil binnegaan.

Gemeente: Bid dat die Kerk verder sal gaan as om bloot te glo ten einde verlos te word, om waarlik te glo en ware oorwinning oor sonde, Satan, ongeloof en die onvermoë om God se opdrag uit te voer, te ervaar.

Dag 16: Gebedsfokus op herlewing: Deel aan Christus

Woensdag 28 April 2010

Hebreërs 3:14: Ons behou deel aan Christus as ons enduit volhard in die vertroue waarmee ons begin het.

Oordenking: Die menswording van Jesus is ‘n geheimenis wat aan elkeen van ons openbaar gemaak moet word. Jesus het “een van ons” geword. As ons Hom as ons Verlosser aanvaar en ons geloof in Hom bely, word ons “een met Hom”. Hierdie eenheid is nie net ‘n geestelike begrip nie, dis ‘n lewende werklikheid. Sy lewe word my lewe. Sy vreugde is my vreugde. My pyn word Sy pyn. My lyding word Syne. Sy pyn word myne. Wat ‘n wonderlike, heerlike skat!

Persoonlik: Begin elke oggend deur jou geloof in Jesus te beoefen. Moenie net bid en die Woord lees nie. Begin deur jou siel te onttrek van enige ander aktiwiteit. Stel jou hart wyd oop vir die Here Jesus Christus. Word stil in Sy teenwoordigheid en luister wanneer Hy tot jou siel spreek. Bly stil totdat jou siel begin om op Hom te reageer. Dit sal tyd neem aan die begin, maar oefen totdat jou siel hom in jou eenwees met Hom verbly.

Gemeente: Bid dat die Kerk na haar roeping sal terugkeer – om die Bruid van Christus te wees. Bid dat daar ‘n steeds sterker verlange by die gesamentlike Liggaam sal wees om met Christus te verenig in alle sake rakende elke Gelowige se verstand, gees en siel.

Dag 15: Gebedsfokus op herlewing: Spoor mekaar aan!

Dinsdag 27 April 2010

Hebreërs 3:13: Maar solank daar nog ‘n “vandag” is, moet julle mekaar elke dag aanspoor …

Oordenking: Die Kerk van Christus is ‘n Liggaam, nie ‘n organisasie nie. Siekte by een lid affekteer en vergiftig stadigaan die hele Liggaam. God het ons ‘n Liggaam gemaak sodat ons op mekaar moet staatmaak en mekaar moet versorg. As ons onsself van die Liggaam afsny, sal die Liggaam ly en sal ons sterf.

Persoonlik: Het jy so individualisties in jou verhouding met God geword dat jy nie meer omgee vir die geestelike lewe van ander om jou nie? Kritiseer jy die Kerk? Laat die Heilige Gees toe om jou hart te ondersoek. Bely enige koudheid, afsydigheid en dalk openlike woede en haat teenoor ander lidmate in die Kerk. Vra dat die Heilige Gees jou weer met die Liggaam van Christus sal verenig en dat jou begeerte sal wees om genesing, nie siekte nie, in die Kerk te bring.

Gemeente: Bid vir die volkome genesing van die Kerk as die Liggaam van Christus: vir die heling van verdeeldheid, wonde, onsensitiwiteit, eiegeregtigheid, rassisme en onverskilligheid jeens die lyding van sekere lede van die Liggaam.