Skip to main content

Dag 15: Gebedsfokus op herlewing: Spoor mekaar aan!

Dinsdag 27 April 2010

Hebreërs 3:13: Maar solank daar nog ‘n “vandag” is, moet julle mekaar elke dag aanspoor …

Oordenking: Die Kerk van Christus is ‘n Liggaam, nie ‘n organisasie nie. Siekte by een lid affekteer en vergiftig stadigaan die hele Liggaam. God het ons ‘n Liggaam gemaak sodat ons op mekaar moet staatmaak en mekaar moet versorg. As ons onsself van die Liggaam afsny, sal die Liggaam ly en sal ons sterf.

Persoonlik: Het jy so individualisties in jou verhouding met God geword dat jy nie meer omgee vir die geestelike lewe van ander om jou nie? Kritiseer jy die Kerk? Laat die Heilige Gees toe om jou hart te ondersoek. Bely enige koudheid, afsydigheid en dalk openlike woede en haat teenoor ander lidmate in die Kerk. Vra dat die Heilige Gees jou weer met die Liggaam van Christus sal verenig en dat jou begeerte sal wees om genesing, nie siekte nie, in die Kerk te bring.

Gemeente: Bid vir die volkome genesing van die Kerk as die Liggaam van Christus: vir die heling van verdeeldheid, wonde, onsensitiwiteit, eiegeregtigheid, rassisme en onverskilligheid jeens die lyding van sekere lede van die Liggaam.

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.