Skip to main content

Dag 18: Gebedsfokus op herlewing: God se rus

Vrydag 30 April 2010

Hebreërs 4:10: … want elkeen wat in die rus van God ingaan, rus van sy werk, net soos God van Syne.

Oordenking: Ons geloof op sigself is nie God se rus nie. God self is die rus. Ons moet God se rus binnegaan deur in Hom te bly. Die enigste manier waarop ons met God kan verenig, is deur te verstaan wat dit beteken om aan Jesus vas te hou, “een met Hom” te word en Hom te vertrou om ons in God se rus in te bring. Dit is om by God te bly, en volle toegang tot Sy teenwoordigheid en liefde te hê, elke oomblik van die dag.

Persoonlik: As jy nog nie hierdie diepe rus in God ervaar nie, begin dan deur met Jesus bekend te raak. Leer om jou verstand en jou emosies tot rus te bring en alle angs en laste op Hom te werp, om Hom te vertrou om die volle verantwoordelikheid te aanvaar om jou in God se rus in te lei. Sonder jou gereeld af om Hom te aanbid en vertel Hom van jou begeerte vir hierdie dieper eenwees met Hom.

Gemeente: Bid dat elke gemeentelid ‘n verlange sal hê vir die diep intimiteit van ‘n ware verhouding met God. Bid dat pastore, gemeenteleiers en Bybelonderwysers hierdie dieper waarhede om in God se rus in te gaan, sal verstaan en beleef, en dit vir ander sal leer.

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.