Heilige Week: Passie
Ons jaarlikse Heilige Week – met stasies om die lydensweg van Jesus te oordink – vind plaas van 20 tot 27 Maart. Jy kan die stasies ná die eredienste besoek, 22-24 Maart tussen 10:00 en 11:30 of saans tussen 18:00 en 20:00.
Written by Rethie van Niekerk on . Posted in Eredienste. No Comments on Heilige Week: Passie
Ons jaarlikse Heilige Week – met stasies om die lydensweg van Jesus te oordink – vind plaas van 20 tot 27 Maart. Jy kan die stasies ná die eredienste besoek, 22-24 Maart tussen 10:00 en 11:30 of saans tussen 18:00 en 20:00.
Written by on . Posted in Dagstukkies. No Comments on Aanbid saam – 12-16 Oktober
Lees Levitikus 23:3
Die lewe het ’n ritme.
In God se top-tien riglyne, die Tien Gebooie, verskyn hierdie opdrag om een dag ’n week te vier deur te rus van jou normale fokus op werk. Die Bybel noem dit ’n Sabbat, ’n dag van rus en viering. Dit is ’n ritme wat vir jou gemaak is, om jou te dien, om jou te help.
Só ’n rusdag is noodsaaklik om ’n gesonde ritme in die lewe te handhaaf, ’n dag waar jy nie onvoltooide werk afhandel nie, maar tyd neem om God te dien en die lewe te geniet. Dit is uiteraard nie ’n wet nie, maar ’n ruimte wat jy skep om mens te wees. Beplan dit nou en geniet dit!
Lees 2 Kronieke 12:14
Dit is só nodig dat ons ons daarop toelê om die Here en sy wil vir die lewe te soek.
Dit is in die eerste plek ’n individuele verantwoordelikheid, iets waaraan jy persoonlik jouself toewy. Maar, dit is ook iets wat ’n geloofsgemeenskap saamdoen. Ons is immers Beter Saam!
Daarom skryf een van die leiers van die gemeente in Rome aan die geloofsgemeenskap: “Laat ons ons ook daarop toelê om mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade, sonder om ons eie samekoms te verwaarloos, soos sommige se gewoonte is; laat ons eerder mekaar aanmoedig.” (Hebr. 10:24-25). Beplan jou inskakeling by jou geloofsgemeenskap en hou jou daarby.
Lees Handelinge 1:14
“Hulle het almal eensgesind in gebed volhard.” Inderdaad. Gebed is nie ’n bysaak nie. Dit is ’n prioriteit vir die geloofsgemeenskap.
Gebed is om met God se teenwoordigheid en krag in ons lewe en omstandighede rekening te hou. Ons weet dit immers baie goed. Ons sukkel net soms om gebed regtig deel van die praktyk van ons lewe te maak.
Daarom: 1) Maak gebed ’n prioriteit in julle kleingroep. 2) Nooi almal in die groep uit om deel te neem, sonder om enige dwang uit te oefen. Onthou, gebede kan ook neergeskryf of uit ’n Psalm gelees word. 3) Bid oor konkrete behoeftes, hetsy wat julle in die groep ervaar of wat die Christelike gemeenskap in die wêreld ervaar, of iets wat met die koms van God se koninkryk te make het. 4) Bid ook wanneer julle iets deel met mekaar, as deel van die bespreking daarvan.
Lees 1 Korintiërs 16:2
Om terug te gee aan God, is deel van ons aanbidding.
Die Bybel is vol van God se vrygewigheid aan ons. Hy verwag dieselfde gesindheid by ons. Alles wat ons het en is, kom immers van Hom. Daarom gee ons vrywillig en vrygewig ons dankoffers as ’n gawe aan God.
Jou gawe aan God druk jou dankbaarheid vir wat God in die verlede vir jou gedoen het uit. Jou gawe aan God druk ook jou prioriteite vir wat God tans besig is om rondom jou te doen uit. Jou gawe aan God druk ook jou vertroue in God vir die toekoms uit. Ons kan mildelik gee, omdat God belowe dat Hy vir ons sal sorg. Gee jou dankoffer dus weekliks/maandeliks, bepland, ná vermoë.
Lees Efesiërs 5:19
Aanbidding is ‘n fees nie ’n begrafnis nie.
Die Here verbly Hom oor sy mense, en geniet dit wanneer ons in Hom feesvier. Soos met Dawid verkneukel God Hom wanneer ons opgewonde raak oor Hom en saam Hom loof en prys. Trouens, Hy is op ’n besonder manier as Here teenwoordig: “waar die lofliedere van Israel opklink.” (Ps. 22:4).
Daarom is die Bybel vol van gereelde feesvieringe, weekliks, maandeliks, jaarliks. Dit het te make met geestelike gebeure, oesfeeste, en vieringe in die gemeenskap soos verlowings, huwelike, geboortes en ander mylpale. Doen moeite om allerhande mylpale in jou lewe te vier saam met dié wat belangrik is in jou lewe.
Written by on . Posted in Dagstukkies. No Comments on Dien saam – 5-11 Oktober
Dag 29Lees Galasiërs 5:13
Ons word geroep om mekaar te dien.
Sommige dink dit is net die verantwoordelikheid van voltydse leraars of sendelinge. Die Bybel is egter duidelik daaroor dat ons almal die roeping het om God en mekaar te dien. Ons word nie gered deur ons diens nie, maar vir diens.
Paulus roep ons in Gal. 5:13 op om die vryheid van Christus se verlossing te geniet, nie vas te val in die sonde van selfsug nie, en mekaar in liefde te dien. Dit is die enigste manier waarop ons regtig ’n geloofsgemeenskap kan bou. Soos hy in 1 Kor. 13:3 sê: “Al deel ek al wat ek het aan ander uit … maar ek het geen liefde nie, baat dit my niks.” Besluit om lief te hê, sonder om enigsins terug te hou.
Written by on . Posted in Dagstukkies. No Comments on Groei saam – 28 Sept. – 4 Okt.
Dag 22Lees Filippense 3:17
Ons het almal modelle nodig om ons tot geestelike volwassenheid aan te moedig. Sommige van ons dink dat ons genoegsaam kan groei as ons net die Woord lees en bid. Ons het egter ander mense nodig om regtig geestelik te groei. Ons groei juis saam.
’n Christelike karakter word juis gebou in verhoudings. Paulus moedig die Filippense aan: “Wat julle van my geleer en ontvang en gehoor en in my gesien het – doen dit. En die God van vrede sal met julle wees.” (Fil. 4:9).
Wie is jou modelle om Christus te volg? Wie hou jy dop en van wie leer jy? Nog moeiliker: is jy ’n voorbeeld vir ander? Wie hou jou dop en wie leer van jou? Skryf jou antwoorde neer, bid daaroor en voer dit uit.
Written by on . Posted in Dagstukkies. No Comments on Behoort saam – dagstukkies
Lees Romeine 12:5
Mense het mekaar nodig. Ons is geskape om interafhanklik te wees en nie net onafhanklik nie, ten spyte van die era en samelewing waarin ons leef wat onafhanklikheid eer terwyl daar neergekyk word op diegene wat hulp nodig het. Tog is ons ontwerp om in gemeenskap met mekaar te verkeer en deur verhoudinge met ander aan ʼn groter gemeenskap of groep te behoort. Ons sien onsself immers as die Liggaam van Christus. Ware krag en moed word gevind in die omgee, deel en doen, saam met ander. Ons moet aktief bewus wees van die feit dat ons saam behoort en mekaar nodig het.
Written by Marlein van Deemter on . Posted in Dagstukkies. No Comments on Reik saam uit – dagstukkies
Lees Kolossense 4:5-6
In Jesus sien ons liefde wat uitreik na almal in nood. As sy volgelinge kan ons nie anders as om dieselfde te doen nie. Wat sal dit beteken om “met wysheid op te tree teenoor die mense wat nog buite die gemeente is”? Dit veronderstel sekerlik dat ons nou saam met God leef, afhanklik van die leiding van die Gees. Wat van: “Wat julle sê, moet altyd vriendelik wees en van goeie smaak getuig”? Ons kan sekerlik nie prekerig en opdringerig wees nie? Om te weet hoe om elkeen te antwoord, vra voorbereiding. Dit beteken ons moet intensioneel uitreik na ander.
We use cookies and similar technologies to improve your experience on our website. Read our Privacy Policy.