Noag, die geloofsheld – Hebreërs 11:7
Is dit verkeerd om mense van Jesus te vertel?
Dit kan vir baie van ons vreemd klink dat ek hoegenaamd dié vraag vra. Dit is mos darem baie duidelik uit die Bybel dat ons vir alle mense van Jesus moet vertel. Só het Jesus immers self gesê: “Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom (Mark 16:15). Dit is die opskrif op ons wêreldkaart daar teen die muur. Dit is wat ons sendelinge doen. Dit is wat elkeen van ons behoort te doen.
Maar, vir jong mense is dit nie só ‘n vreemde vraag nie. Nie waar nie?
Die helfte van millennials sê dit is verkeerd
Navorsing wys dat die helfte van Christen millennials (gebore tussen 1984 en 1998 – 21 tot 35 jaar oud) dink daar is iets verkeerd daarmee om ander mense van Jesus te vertel. Só sê die nuutste navorsing van die Barna Instituut: “about half of millennial Christians believe it’s ‘wrong’ to evangelize.”
Baie van ons jongmense dink dus dat dit verkeerd is om mense van Jesus te vertel.
Dit is nie dat jongmense nie weet wat die evangelie van hulle vra nie. Dit is selfs nie dat hulle nie weet hoe om ander van Jesus te vertel nie. Trouens, hulle het soms meer vaardighede en geleenthede om dit te doen as vorige generasies.
Maar hulle voel dit is verkeerd om jou persoonlike geloof met iemand anders te deel. Veral as dié persoon van ‘n ander geloof is.
Kan julle daarmee identifiseer? Is dit hoe julle ook dink?
- Download English Translation: Hebrews 11-7 – Noah the hero of faith
HIER VOLG DIE HELE EREDIENS:




