Skip to main content

Author: Rethie van Niekerk

Die saad wat moet sterf – 16 September 2018 erediens

Verwelkoming en Afkondigings

Toetrede

Flam 387 Hier is U kerk 

Votum

Jesus het gesê (Matt. 16:24-25):

“As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg, 25want wie sy lewe wil behou, sal dit verloor; maar wie sy lewe ter wille van My verloor, sal dit terugkry.

Seëngroet

Lofsang

Lied 207 vv 1 & 4 Eer aan die Vader 

Lied 199 Loof die Here uit die hemel

Die Wil van God

Jesus sê “volg my”.   Ons gaan vanoggend Jesus se roeping om hom te volg, oordink n.a.v. ’n lied. Kom ons luister die lied biddend en toets ons lewens aan Christus se roepstem.

Toewyding

Vonkk 275:1-6 Ons bring ons dank aan U 

Inleiding

The Greatest Power deur Demi

Gebed

Skriflesing

Johannes 12:23-26

Preek

Gebed

Dankoffer

Slotlied

Lied 527 Die werk behoort aan U, ons Heer

Seën

Lied 533 Stuur ons, Here / Thuma Mina

Wees Vrygewig – Vertrou – Matteus 6

Ons leef in ’n wêreld waar bekommernis ’n kommoditeit geraak het.  Ek het dit al ’n paar keer gesê:  bekommernis en vrees word aan ons bemark soos ’n kommoditeit, want hoe banger ons is, hoe meer geld gaan ons spandeer in ’n poging om veilig te voel.  So alles, oral, sê vir ons ons moet bekommerd wees.  As jy nog nie bekommerd is nie, is dit omdat jy nog nie weet wat aangaan nie.  As jy bekommerd is, is jy nog nie bekommerd genoeg nie.

En Jesus sê ons moenie bekommerd wees nie?

Continue reading

Wees Toegewyd – Wees Dapper en Sterk – Rut 3

“And ain’t I a woman?”

Dit was die woorde van Sojourner Truth by die Ohio Women’s Rights Convention in 1851 in die VSA.

Sojourner Truth is gebore as ’n slaaf, maar het in 1826 met haar dogter gevlug, hof toe gegaan om haar seun terug te kry en die eerste swart vrou in die VSA geword wat ’n saak teen ’n wit man gewen het.  Sy het vir haarself die naam Sojourner Truth gekies, omdat sy geglo het dat God haar geroep het om rond te reis en ’n boodskap van hoop te verkondig, terwyl sy haar beywer vir die afskaffing van slawerny.

Haar beroemdste toespraak is die een in Ohio, waar sy gesê het:

Daardie man daar sê dat ’n vrou in ’n perdekar ingehelp moet word, oor slote gelig moet word en dat sy oral die beste plek moet hê.  Niemand het my ooit in ’n perdekar ingehelp, of oor modderpoele, of vir my die beste plek gegee nie.  En is ek nie ’n vrou nie?  Kyk na my!  Kyk na my arm!  Ek het geploeg en geplant en in skure bymekaargemaak en geen man kan beter doen nie.  En is ek nie ’n vrou nie?  Ek kan so hard werk en soveel eet soos enige man – as ek dit kon kry – en nog die sweep ook verdra.  En is ek nie ’n vrou nie?  Ek het aan 13 kinders geboorte geskenk en gesien hoe hulle in slawerny verkoop word en toe ek met my moederlike smart uitgeroep het, het niemand behalwe Jesus my gehoor nie.  En is ek nie ’n vrou nie?

Sy was nie besig om teen goeie maniere te protesteer nie, maar teen die idee dat vroue soos fyn teekoppies behandel moet word.  Haar diepe oortuiging was dat om ’n vrou te wees in hierdie gebroke wêreld dikwels beteken om moeilike dinge te doen, jou spiere te rek en morsige probleme te pak – probleme wat nie genoem word in boeke oor vroulikheid nie.

Continue reading

Wees Toegewyd – Wees gaaf – Rut 2

Ons lees die boek Rut asof dit hierdie vreeslike romantiese storie is.  En deur ons verwesterse – en bevoorregte – oë, sien ons liefde en romanse oral in die storie.  Maar die boek Rut is nie ’n liefdesverhaal nie.  Dit is die tipe storie wat in die tyd wat dit geskryf is, so skalks onderlangs aangegee sal word.  “Het jy dié gesien?”  Dis die tipe storie waaroor die regering jou sal opsluit.  Nie ’n roman nie, maar ’n subversiewe politiese pamflet.  Dis wat Rut is.  Dis kritiek teen nasionalisme, rassisme, onverdraagsaamheid, vooroordele en seksisme.

Dit is ’n verhaal van desperate oorlewing.  ’n Verhaal wat ons konfronteer met ons eie vooroordele en ons uitdaag oor ons verantwoordelikheid teenoor die mense wat op die rante leef.

Continue reading

Wees Toegewyd – Draai God sy rug? – Rut 1

’n Vreemde vrou in ’n vreemde land, sonder enige heenkome, geen manier om vir haarself te sorg of te voorsien nie.  Met die pyn van verlies van ’n eggenoot wat sterf.  En dan nog boonop die pyn van ’n kind wat sterf.  En nog ’n kind wat sterf.  Daar is nie woorde om daardie pyn te beskryf nie.  As jy jouself die ergste, seerste ding indink wat met jou kán gebeur – en dan nóg – dan is jy nog nie waar Naomi was nie.

En dis ongeveer hier dat Naomi besluit God het teen haar gedraai.  Wat anders moet sy dink?

Continue reading

Luisterblad Rut 1 – 15 tot 21 Julie 2018

KLEINGROEPE SAAM-LUISTER

Ingenooi deur God:

Dalk het julle weens die vakansie lanklaas ontmoet.  Laat elkeen kortliks vertel hoe dit met julle gaan.

Ingaan in God se tyd:

Maak julle oë toe en luister biddend terwyl iemand Matteus 5:3-9 rustig lees.

Luister na God se Woord: 

Lees Rut 1.  Gee kans dat elkeen rustig op hul eie oor die teks reflekteer:  wat staan vir jou uit, wat raak jou, wat ontwrig jou of daag jou uit?

Continue reading