Skip to main content

Author: Rethie van Niekerk

Romeine 8:12-17 Preek: Aangeneem

Ek is nou al in my 40’s.  My ouers het meer as ’n dekade gelede al getrek uit die huis waarin ek grootgeword het.  Wanneer ek by hulle gaan kuier, moet ek die klokkie lui.  Dan word die deur oopgemaak, word ek ingenooi, word daar vir my koffie gemaak – spesiale koffie, wat hulle spesiaal vir my aanhou, want hulle weet van my.  Terwyl ons koffie drink, word daar vir my sleutels van die huis gegee.  Nou is ek tuis.  Ek hoef nie te vra as ek iets wil hê nie.  Hiervandaan maak ek vir myself – en vir die ander – koffie.  Het ek self sleutels.  Al was ek lanklaas daar – ek is tuis.

Om God se kind te wees, beteken jy is altyd welkom by God.  Selfs al het jy drooggemaak.  Selfs al het jy érg drooggemaak, so erg dat jy gedink het jy gaan nóóit weer met die sleutels vertrou word nie, wat nog te sê in die huis ingelaat word.  As God se kind, is jy altyd welkom by God, al het jy afgedwaal.  Al het jy lanklaas gebel, al het jy jou rug op God gedraai.

Continue reading

Vryheid en Slawerny – Handelinge 16 Preek

In Charles Dickens se “Christmas Carol” sien die karakter Scrooge die spook van Jacob Marley, vasgebind in ’n lang ketting, gemaak van “cash-boxes, keys, padlocks, ledgers, deeds, and heavy purses wrought in steel.”

Wanneer Scrooge hom hierna vra, is sy antwoord:

 “I wear the chain I forged in life.  I made it link by link, and yard by yard;  I girded it on of my own free-will, and of my own free-will I wore it.  Is its pattenr strange to you?  Or would you know the weight and length of the strong coil you bear yourself?  It was full as heavy and as long as this, seven Christmas-eves ago.  You have labored on it since.  It is a ponderous chain!”

On/vry

Vandag se skrifgedeelte is ’n baie interessante speling met vryheid en slawerny, vryheid en gevangenskap.  Dit vraag:  wat is vryheid?  Wanneer is ’n mens vry?

Continue reading

Kyk anders na ontwrigting – Handelinge 9 Preek

Ontwrigtings heroriënteer ons.  Dit laat ons moontlikhede heroorweeg.  Dit laat die skille van ons oë afval en laat ons nuut sien, anders kyk.  Dit breek die ou perspektiewe af en maak moontlikhede oop waaraan ons nooit eers sou gedink het solank ons gemaklik en gerieflik voortgegaan het nie.

Dit veronderstel ’n diep kennis van wie God is, die wete dat ons by hom veilig is, vertroue in die wonders wat God deur wilde omwentelinge kan bewerk.

Dit is wanneer ons ophou om die ontwrigting te beveg, maar eerder te vra waar Jesus in hierdie ontwrigting is, dat ons oë kan oopgaan.

Ek weet nie wat die omwentelinge en ontwrigtings in jou lewe is nie.  Maar ek weet dat ons te maklik nuwe moontlikhede en nuwe verstaan en nuwe visie teëstaan omdat ontwrigting vir ons pynlik is.  Ek weet ook dat God kan aanhou om ons te verras en te verander en te verruim, wanneer ons na hom luister, ook wanneer dit ons bang maak, en hom gehoorsaam volg.

Continue reading

Huisgodsdiensmateriaal Heilige Week

Families kan die week voor Paasfees die Paasverhaal op lekker interaktiewe manier lees.  Klik op die prentjie, laai dit af en druk dit op ‘n A3 vel.  Lees elke dag van 25 Maart tot 1 April die teksgedeelte, kleur die prentjie in en plak die regte prentjie op die regte blokkie.

Hier is ook ‘n Engelse weergawe: On-our-way-to-Easter.pdf