2 Samuel 7
Eugene Peterson praat van “strategiese niksdoen”.
Written by on . Posted in Preke, Rethie van Niekerk. No Comments on 2 Samuel 7
Eugene Peterson praat van “strategiese niksdoen”.
Written by on . Posted in Preke, Rethie van Niekerk. No Comments on Preek 2 Samuel 1
Walter Brueggemann skryf:
“Sound religion is so often a matter of finding the right words, words that will let us genuinely experience, process, and embrace the edges of our life. The dominant ideology of our culture wants to silence all serious speech, cover all serious loss, and deny all real grief. But such a muteness will leave us numb, unable to hope or to care . . . [David’s] poem is a bold, daring, subversive alternative. It is an assertion and enactment of the conviction that our humanness may not and must not be silenced.”
Written by on . Posted in Huisgodsdiens. No Comments on Huisgodsdiens 2 Samuel 1
Huisgeloof week van 22 tot 28 Junie
Gesels oor treur en rou. Ouers kan kinders help om te verstaan wat dit is deur te gesels oor iets wat die kinders onlangs hartseer gemaak het. Ouers kan ook self vertel van ’n verlies waaroor hulle gerou het.
Lees 2 Samuel 1:17-27
• Herinner mekaar eers aan die agtergrond van die gedeelte. Kyk by die kleingroepmateriaal om jul geheue te verfris.
• Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan in die verhaal en die teks. As julle vrae het, kan julle ook daaroor gesels.
• Dawid en Jonatan was baie goeie vriende. Gesels met mekaar oor vriendskap. Wie is julle vriende? Wat maak van iemand ’n goeie vriend?
• Julle kan ook gesels oor die sterk gevoelens wat ’n mens beleef wanneer jy hartseer is. Ons mag maar hartseer wees – kyk hoe hartseer was Koning Dawid. Wat kan ’n mens doen wanneer jy hartseer is? (Bv. Dawid wat stories vertel oor die mense oor wie hy hartseer is – herinneringe deel.)
Ken julle iemand wat hartseer is? Gaan maak ’n draai by daardie persoon en luister na hulle.
Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid. Bid saam daarvoor. Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.
Written by Marlein van Deemter on . Posted in Rethie van Niekerk. No Comments on Dawid – Van Skaapwagter tot Koning
Written by Marlein van Deemter on . Posted in Huisgodsdiens. No Comments on 8-14 April Staan sterk, val hard
Written by Chris van Wyk on . Posted in Chris van Wyk. No Comments on 1 Samuel 2:13-26 – Son 27 Desember 09
Lied 344 – O die goeie tyding, o die blye tyding – helder klink dit met Kersfeestyd
Lied 342 – O Jesus, ons Heer, U het ons verbly, uit boeie kom U ons bevry
Lied 290:1 & 4 – Dit is my troos dat ek gedoop is
Samuel word geskryf vanuit die perspektief van die katastrofe van die ballingskap. Die samestellers van die boek neem al die ou verhale van Samuel, Saul en Dawid en wys met ‘n baie eerlike oorsig waar dinge in hulle lewens in die verlede verkeerd gegaan het. Dit moes vir die mense van die ballingskap help om hulle slegte situasie beter te begryp, omdat die verhale goeie redes gee vir die katastrofe. Maar die samestellers vertel ook die hoopvolle stories van die verlede, in die lewens van Samuel en Dawid veral, om ‘n weg van hoop uit die ballingskap aan te toon.
In die gedeelte wat ons gaan lees, word die lewe van Eli se seuns met dié van Elkana en Hanna se seun Samuel gekontrasteer. Dit word in 4 gedeeltes gedoen: 2:11-12; 2:13-21; 2:22-26; 2:27-4:1.
Ons lees net die middelste twee. En ek wil hê dat ons aan die hand van dié verhaal nadink oor die vraag: Wat is ‘n goeie lewe? En dan nog dieper: Wat is ‘n goeie mens?
Lees 1 Samuel 2:13-26
Ons lees graag verhale van die sterre van ons wêreld. Ons is gefassineer met die glans van hulle prestasies en hulle leefwêreld.
Daarom is dit eintlik onmoontlik om die storie van Tiger Woods in die nuus mis te lees. Die man wat vir baie ‘n held was, het ook voete van klei.
Maar wat sit agter ons fassinasie met sulke sterre?
Dallas Willard dink dat dit te make het met die vraag na ‘n goeie lewe. Wat is ‘n goeie lewe? En nog dieper: Wat is ‘n goeie mens?
Almal van ons worstel met dié vraag. Dit is in ons natuur om ‘n goeie lewe na te jaag. Ons wil graag suksesvol wees. Ons wil die vrugte van sukses pluk. En selfs wanneer ons dit nie maak in ons eie of ander se oë nie, bly dit vir ons ‘n droom. En reageer ons op ons mislukkings met óf rebellie – ons raak teenstanders van sukses of die establishment – óf depressie – ons gooi tou op en raak moedeloos met ons lewe.
En laat ons nou maar eerlik wees, dit help nie om negatief te reageer op dié drang in elkeen van ons nie. Want dit is in ons make-up ingeweef. Dit is baie beter om konstruktief na te dink oor die maniere waarop ons die goeie lewe najaag waarmee ons ook die gevolge van ons keuses kan uitspel.
Een manier waarop ons die goeie lewe najaag, is deur te fokus op geld en besittings en status en eer en prestasies en aantreklikheid, want dit is waarmee ons die goeie lewe assosieer. Die sterre van ons wêreld het immers baie keer hierdie goed. Daarom dink ons dat hulle die goeie lewe het. En, heimlik wil ons ook dié tipe lewe hê, want dit is tog ‘n goeie lewe!
As ‘n ster blyk voete van klei te hê, bly ons steeds gefassineer met hulle, baie keer omdat ons dink, as ons darem in só ‘n posisie was, sou ons slimmer gewees het. Ons sou die goeie lewe kon geniet, sonder om dwaas op te tree en alles prys te gee.
Ons moet egter dieper nadink oor die goeie lewe. Wat is die geheim van ‘n goeie lewe?
Die geheim van ‘n goeie lewe is om ‘n goeie mens te wees.
Dit is so, omdat ‘n goeie lewe jou kan verlei om jou geld of besittings of aantreklikheid te misbruik. En hoewel jy vir ‘n lang tyd die versoekings kan ignoreer, of as jy uiteindelik aan die versoekings toegee, vir ‘n tyd daarmee kan wegkom, kan jy dit nie vir altyd weggesteek nie. Êrens kom dit uit, en dan bars die bubble.
‘n Mens kry nie ‘n goeie lewe deur te fokus op ‘n goeie lewe nie. Jy kry dit deur te fokus daarop om ‘n goeie mens te wees.
Dit is omdat daar altyd ‘n konstante spanning sal wees tussen ons behoefte aan ‘n goeie lewe en ons behoefte om goeie mense te wees. En die bepalende faktor gaan wees waaraan jy jou meeste tyd gaan spandeer.
John Ortberg skryf hieroor en sê dat ons hierdie spanning in die koerante kan sien as ons die advertensies met die huldeblyke vergelyk.
Ek kyk Kersdag na oom Danie Veldsman se grafsteen wat in ons kerkkantoor lê, en sien daar hierdie pragtige huldeblyk: “Wat hy kon, het hy gedoen.” Dit vat pragtig saam watter mens hy was en watter lewe hy gevolglik gehad het.
Daarom is dit baie meer belangrik om te fokus op hoe om ‘n goeie mens te wees. Dit gee vir jou ‘n goeie lewe, al is dit nie noodwendig geassosieer met geld en besittings en prestasies nie. “Wat hy kon, het hy gedoen.”
Dit bring my die verhaal van die kind Samuel.
Hy het van baie vroeg af verstaan wat dit beteken om ‘n goeie mens te wees.
Twee invloede het ‘n rol gespeel:
Die belangrikste van Samuel egter was dat hy die Here gedien het, selfs voordat hy God se stem gehoor het, soos ons in hoofstuk 3 lees. Ons lees daarvan in vers 11 en 18 en later in 3:1.
Vers 21 sê selfs dat Samuel by die Here grootgeword het, d.w.s. in die teenwoordigheid van God: letterlik “saam met Jahwe”. Dieselfde frase kry ons wanneer Moses se posisie in Eks 34:28 beskryf word: “Moses was veertig dae en nagte by die Here”. Samuel het dus ‘n Moses-tipe verhouding met die Here.
En die gevolge vir hom word uitgespel in vers 26: “en die Here en die mense was hom goedgesind.” ‘n Goeie mens wat geëer word deur God en in die guns van mense gekom het.
En dit is interessant hoe hy dié goeie mens gebly het tot aan die einde van sy lewe – sonder dat hy ooit geval het vir die versoekings van ‘n goeie lewe. 1 Samuel 12 vertel hoe hy aan die einde van sy lewe verwys daarna dat hy niemand se os of donkie gevat het nie; dat hy niemand benadeel of verdruk het nie; dat hy nie omkoopgeld aanvaar het nie.
Dit is in sterk kontras met die seuns van Eli.
Hulle het die goeie lewe nagejaag, sonder om enige effort in te sit om goeie mense te wees (of te bly).
Hulle het eintlik soos celebrities gelewe, met baie kos en baie vrouens:
Die Here besluit daarom om Hofni en Pinehas dood te maak, soos een kommentaar sê: “they sinned past the zone of grace. They had entered the zone of judgement, where the Lord’s activity hardens the heart rather than convicting of sin.” (vgl farao in Eks 4:21 en die “sonde wat tot die dood lei” in 1 Joh 5:16)
Let ook op hoe Eli blykbaar meer bekommerd is oor wat die mense oor sy seuns sê as oor hulle gedrag per se en die effek wat dit op die eer van die Here het.
En die gevolge vir die seuns en vir Eli is aardskuddend. Hulle verloor letterlik alles.
Eli verspil só die uitsoek posisie wat sy voorvader Pinehas, kleinseun van Aäron, en na wie sy een seun vernoem is, vir hulle familie verwerf het, dat God ‘n verbond met hulle gesluit het dat hulle ‘n blywende priesterskap sou hê (Num 25:5-8)! Hulle voorvader Pinehas het met dapper gehoorsaamheid en toewyding aan die Here opgetree, deur die Israeliet wat ‘n Midianitiese vrou binne die laer ingebring het, dood te maak, en so God se toorn laat bedaar het weens Israel se afgodsdiens, en 24 000 van hulle al omgekom het.
Die priesterlike dinastie van Sadok (2 Sam 8:17) vervang dié van Pinehas-Eli, wat tot in die Nuwe Testament so bly.
Eli se nageslag word ook op een na uitgewis.
Die geheim van ‘n goeie lewe lê dus onomwonde in die fokus om ‘n goeie mens te wees.
Maar wat sê die Nuwe Testament hieroor?
Wat is die goeie lewe en wie is ‘n goeie mens?
Die goeie nuus van die Kersfees-kind Jesus is dat Hy die geheim van ‘n goeie lewe verstaan het. Daarom noem Hy mense gelukkig wat sy lewensweg gevind het. Hoe pragtig spel Hy dit nie uit in die Bergrede nie:
“Gelukkig is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel” (Matt 5:3).
‘n Mens sou kon sê dat Samuel alreeds hierdie waarheid verstaan en uitgelewe het.
Die boodskap van die Nuwe Testament is daarom dat dit sulke mense is wat ‘n goeie lewe het, omdat God besig is om hulle goeie mense te maak, deurdat hulle sy kinders geword het, en Hy daagliks besig is om dit meer en meer ‘n werklikheid in hulle lewe te maak.
En die verrassende van God se werk, is dat Hy selfs vir gevalle sterre, ‘n uitkoms bied. Oral waar die pad van belydenis en vergifnis gestap word, maak God van slegte mense goeie mense, want Hy maak van hulle sy kinders.
En die resultate van só ‘n goeie lewe is nie van verbygaande aard, soos geld en besittings en aantreklikheid nie. Dit het ook nie net te make met jou eie selfsugtige belange nie, maar met God s’n. Die impak van só ‘n lewe is dus nie net rondom jou eie belange nie, maar in die groter prentjie van God se wêreld.
Ons moet vanoggend dus hoor dat ons weer ons fokus op die regte plek moet sit: om goeie mense te wees soos God dit vir ons uitspel. Die geheim van ‘n goeie lewe lê in die fokus daarop om ‘n goeie mens te wees.
Daarvoor sal ons moet onthou, dat die prentjie wat in die tydskrifte en advertensies en flieks en TV van die goeie lewe geteken word, inherent gebroke en selfs vals is.
En moet ons strewe daarna om eerder te werk met die lewenswaardes van die huldeblyke as met die slogans van die advertensie wese.
Lied 367 – Ere aan God, in die hoogste!
Lied 314 – Amen
We use cookies and similar technologies to improve your experience on our website. Read our Privacy Policy.