Preek 2 Samuel 1
Walter Brueggemann skryf:
“Sound religion is so often a matter of finding the right words, words that will let us genuinely experience, process, and embrace the edges of our life. The dominant ideology of our culture wants to silence all serious speech, cover all serious loss, and deny all real grief. But such a muteness will leave us numb, unable to hope or to care . . . [David’s] poem is a bold, daring, subversive alternative. It is an assertion and enactment of the conviction that our humanness may not and must not be silenced.”
Skriflesing
2 Samuel 1:1, 17-27
Preek
Eers iets sê oor keuse van tekste:
Vroeërjare, Leesrooster,
Meestal verstom hoe relevant (ook nou reekse).
Soms teks moeilik –
ek beskou as uitdaging,
worstel tót “evangelie” in teks vind –
maak nie saak hoe obskuur of vreemd.
Gebeur wel dan op ou end teks laat vaar,
iets anders preek.
Hierdie week Leesrooster teks,
voor nuwe reeks volgende kwartaal begin 9
(1e = Jesus, 2 = Gees, 3 = Skepper/Vader)
Een van daardie tekste lank mee worstel,
aanvanklik dink: “Wat?!”
Veral omdat nie eers van God praat –
wat natuurlik nie diskwalifiseer,
bv. boek Ester
Tess’s Tree
Dan storie verstel
As hier kinders is,
sê dis vir kinders –
eintlik om ons almal te help
iets van die teks te begryp.
Lees Tess’s Tree.
Dawid, Saul, Jonatan
Gewoon literêr is hierdie huldeblyk –
dalk eerder treurlied –
van Dawid briljant.
maar mens besef emosionele kompleksiteit daarvan net
as storie van Dawid en Saul
en Dawid en Jonatan
En Dawid en Saul en Jonatan
in gedagte hou.
In 1 Samuel 16 lees ons
hoe Dawid as koning gesalf word –
hoewel eers dekades later koning word.
Res van boek Samuel,
gaan oor onmin tussen Dawid en Saul.
Dawid en Saul verhouding kompleks,
om minste te sê!
Verskeie kere Saul vir Dawid probeer doodmaak,
terwyl wegsink in spiraal van kranksinnigheid,
al meer greep op realiteit verloor.
So erg,
dat Dawid self by vyand,
Filistyne,
skaar.
1 Samuel eindig dramaties
verhaal Israel ondergang teen Filistyne.
Saul wil eer spaar,
vra wapendraer dood te maak,
toe die weier
pleeg selfmoord
deur op eie swaar te val.
Seuns – ook Jonatan
sterf in dié nederlaag.
Dawid treurlied oor Saul dus ongetwyfeld polities –
een koning by vorige oorneem.
Maar kan dink ook egte rou verwoord,
rou nie net oor afsterwe van Saul,
maar oor komplekse,
ongemaklike verhouding,
nooit was wat kón wees.
Maar Dawid hou mees intieme,
persoonlike weeklag
vir Jonatan –
sy hartsvriend.
Jonatan natuurlik Saul seun –
een wat eintlik troonopvolger moes wees.
OAV beskryf verhouding mooi –
meer akkuraat –
1 Samuel 181c:
Jónatan se siel verkleef geraak aan die siel van Dawid,
en Jónatan het hom liefgekry soos sy eie siel.
Vir Dawid gewaarsku toe Saul wou vermoor,
help ontsnap.
Ontmoet in geheim,
betreur situasie van Saul se woede.
In hierdie verweefde,
komplekse,
hartseer situasie
gee Dawid op roerende manier
uiting aan emosies.
Ons verdriet
en dis waar hierdie teks so goed by ons tuiskom –
by ons eie kennis en ervaring van rou en smart.
Op verskillende maniere kan ons identifiseer met Dawid se treurlied.
Komplekse verhoudings
Verhoudings nooit uitgespeel soos ons gehoop
geliefdes dood
teleurstelling
mislukking
Ons almal sulke stories
van rou en hartseer in eie lewe.
maar mens kry Individuele
én gemeenskaplike rou.
Bv. toe Jayde Panayouto vroeër vanjaar ontvoer is –
ons hele stad asem opgehou,
haar tragedie ons tragedie geraak.
Toe lyk gevind
saam, publiek getreur.
En toe realiteit van kompleksiteit van situasie ons tref
rou en pyn net nóg meer geraak.
En verteenwoordig dit by ons ’n dieper rou:
treur oor verlies aan veiligheid,
dat nie meer in eie huise veilig voel.
Oor familielede van hoeveel van ons eie lidmate
wat afgelope paar jaar vermoor is.
Treur oor regering baie voel
armstes
mees kwesbares – kinders op skool,
siekes mediese sorg benodig –
grootskaals misluk
terwyl self verryk.
Of dit publiek
of privaat is –
ons sit almal met gevoelens van rou.
Dikwels seer op seer gestapel.
En dan kom ons hier,
in die kerk,
sing lofliedere.
Hoor Habakuk se “nogtans sal ek in die Here jubel”.
Wees bly, ek herhaal, wees bly.
Vrug van Gees is vreugde.
Dan kan gebeur
hierdie ruimte raak
van byna patologiese opgewektheid.
Waar ons mense bewonder
wat swaarkry met lekkerkry klaarkry (ala Langenhoven)
swaarkry met glimlag dra.
En dan kom Dawid,
en skryf ’n hartverskeurende treurlied
oor die verlies van ’n hartsvriend
oor die kompleksiteit en pyn
van verhoudings.
Die plek van lament
En hier kies ek vir die woord “lament”
eerder as treurlied
of klaaglied –
omdat lament méér is.
Lament eintlik liturgiese funksie –
deel van aanbidding,
plek in ons verhouding met God.
Lament is gebedsroep,
uitroep van klag
woede
hartseer
wanhoop
protes
Meer as derde van Psalms in Bybel
is lament psalms –
uitroep van individu
én gemeenskap.
En in hierdie uitroepe
hoor ons menslike stemme
wat in alle eerlikheid
met God praat
oor benoudheid
en vrees
en smart.
En hierdie woorde
gee vir ons woorde
en toestemming
om ons hartseer te verwoord –
voor God te verwoord,
as deel van ons aanbidding.
Kyndall Renfro:
David’s lament
is a resounding challenge
to any expression of worship
that turns a blind eye to pain,
loss,
and grief.
Right here,
in our very Bible,
there is deliberate space
given to the act of grieving,
articulate speech
given to the expression of pain.
Om God te aanbid
is nie om realiteit te ontken
en te maak asof alles okay is nie.
Aanbidding beteken
dat ons erken
dat God se glorie
in elke stukkie van die lewe teenwoordig is;
dat ons erken dat die lewe beide brutaal
en beeldskoon is,
dikwels terselfdertyd.
En daarin alles
is God –
in die dorre plekke
én die oorvloedige plekke.
En aanbidding
is dan om die regte woorde te vind.
Woorde wat ons toelaat
om regtig te ervaar
te verwerk
en alle realiteite van die lewe
te omhels.
Kans gee stil gebed –
woorde te gee aan gevoel –
dalk, as nie woorde het,
net gevoel,
emosie,
vir God te wys.
Gebed
Dawid, Jonatan, lament, preek, Rethie van Niekerk, Samuel, treurlied