Skip to main content

8-14 April Staan sterk, val hard

RUS 
Hoe het jy die afgelope week iemand gehelp (geseën)?
Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.
HOOR 
Lees Hoofstuk 10 van Die Storie vir Klein Hartjies of Die Bybelstorie vir Kinders of die verhaal van Samuel (1 Samuel 1-15) uit enige kinder-vriendelike Bybel.
Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan in die verhaal.  As julle vrae het, kan julle ook daaroor gesels.  
God verhoor Hanna en Samuel se gebede.  Vertel vir mekaar van ’n keer wat God ook jou gebede verhoor het.
LEEF 
Wat wil jy spesifiek hierdie week vir God vra?  Bid saam vir mekaar. 
Sondag-oggend 10:00 gaan ons gemeente die Nagmaal by Bloemendal VGK bywoon (William Slammert Rylaan:  Stanford, regs in Heathcote, links in William Slammert).  Woon dit as gesin saam by!  Behalwe die Gr 4’s en hulle ouers – onthou ons gesinsbyeenkoms hierdie week.  
Dit is ’n nuwe maand en ons tweede “30 minute om te seën” maand.  Wat gaan julle hierdie maand doen?  
Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord?  Sê dankie!  Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid.  Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys.  Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.

Huisgodsdiens, Samuel, storie

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.