Markus 3 – Laat Jesus deur jou Verontwaardig wees
Wat maak jou kwaad? En wat doen jy wanneer jy kwaad word?
Written by on . Posted in Laat Jesus deur jou leef, Preke, Rethie van Niekerk. No Comments on Markus 3 – Laat Jesus deur jou Verontwaardig wees
Wat maak jou kwaad? En wat doen jy wanneer jy kwaad word?
Written by on . Posted in Laat Jesus deur jou leef. No Comments on Markus 3:1-6 Verontwaardig
Laat iemand bid en die Here vra om julle te help om te LUISTER na God se Woord en te LEEF soos wat God vra.
Lees Markus 3:1-6
1. Gesels oor wat julle in dié gedeelte tref.
2. Hierdie is die enigste plek in die Bybel waar ons lees dat Jesus kwaad was. Baie mense neem aan dat Jesus kwaad was met die reiniging van die tempel, maar die Bybel sê nie dat hy kwaad was nie (en sou Jesus regtig sy woede uitdruk deur mense en diere te slaan, of was dit net om hulle aan te jaag?). Kyk weer na vers 5. Jesus se woede word gekombineer met droefheid “oor hul verhardheid”. Hy is kwaad juis omdat hy omgee! Hoe dink julle het Jesus se woede gelyk?
3. Jesus se woede is:
Hoe sal dieselfde gesindheid prakties lyk as Jesus deur ons leef?
4. Dink na oor die goed wat jou kwaad maak. Woede is dikwels die produk van vrees. Wat sit regtig agter jou woede? Vrees? Trots? Selfsug? Help mekaar dink aan produktiewe, liefdevolle maniere om woede te hanteer.
Written by on . Posted in Chris van Wyk, Laat Jesus deur jou leef. No Comments on Lukas 10:1-16 – “Hy het hulle twee-twee voor Hom uitgestuur na elke dorp en plek wat Hy nog wou besoek”
Ek verkneukel my altyd as ek oor gasvryheid nadink in die verhaal van Abraham by die tent en die drie mans wat hom kom besoek het. Ek kan my so inleef in die oorgawe waarmee hy die ontmoeting met die drie mans in Genesis 18 hanteer het.
Om jou geheue te verfris. Abraham het so gesit-slaap in die trek van sy oop tentdeur op die warmste deel van die dag. Drie figure het skielik verskyn in die dynserigheid. Sonder om te huiwer, het Abraham opgestaan, na hulle toe gedraf en voor hulle neergebuig: “Menere, doen my die guns. Moenie net verby gaan nie. Laat ek eers ‘n bietjie water gaan haal en julle voete was. Kom rus hier onder my boom. U is nou eenmaal hier en ek wil darem vir julle ‘n stukkie brood gaan haal sodat julle weer nuwe krag kan kry vir die pad wat voorlê.”
En die drie mans het nie gehuiwer nie.
Abraham het in die tent ingeskarrel na Sara toe en vir haar gesê:“Bak vir ons roosterkoeke, sommer 16 kg s’n.” Dis meer as 64 koppies meel, meer as ‘n honderd roosterkoeke!
Abraham het buitentoe gedraf na die beeste en ‘n mooi jong kalf gevat. Die beste en sagste vleis wat hy het – omtrent ‘n 100 kg. En hy het dit gaar gemaak. Hy neem toe botter en melk, die roosterkoeke en die kalfsvleis en sit dit voor die mans neer en bedien hulle self.
En dan, op dié punt, maak die verhaal ‘n wending. Die mans vra na sy vrou en maak ‘n belofte: “oor ‘n jaar sal jou vrou Sara ‘n seun hê”. En skielik besef Abraham, dis die Here wat nou met hom praat.
Sy gasvryheid het in ‘n ontmoeting met die Here verander! Hy hou ‘n braai vir die Here!
En in die ontmoeting doen die Here ‘n wonderlike ding. Hy bring vir Abraham en Sara weer bymekaar uit. 24 jaar lank al wag hulle vir die kind van die belofte. Sara het al vir Abraham haar slavin Hagar gegee om deur haar ‘n kind te hê. Maar dit het net verwydering gebring. Geen wonder dat Sara by haarself gelag het en gedink het: “Sal ek nog genot kan hê noudat ek afgeleef is? En dit met my man wat oud is?”
Maar die Here het die belofte herhaal. Oor ‘n jaar sal jou vrou ‘n seun hê.
En dit was ook só.
Gasvryheid het hulle lewe verander! Vir altyd!
HIER VOLG DIE HELE EREDIENS
Written by on . Posted in Laat Jesus deur jou leef, Rethie van Niekerk. No Comments on Joh 8 – Laat Jesus deur jou liefhê
Die hawelose verhaal van meer sondaars as net die een in die middel, nooi ons om na te dink sonde, oordeel en liefde.
Written by on . Posted in Huisgodsdiens. No Comments on Huisgeloof 2-8 Feb
Het jy al sleg of skuldig gevoel oor iets en toe het iemand liefdevol teenoor jou opgetree? Vertel vir mekaar daarvan. Hoe het jy gevoel?
Written by on . Posted in Laat Jesus deur jou leef. No Comments on Kleingroepmateriaal oggenddiens 19-25 Januarie
We use cookies and similar technologies to improve your experience on our website. Read our Privacy Policy.