Markus 3 – Laat Jesus deur jou Verontwaardig wees

Wat maak jou kwaad?  En wat doen jy wanneer jy kwaad word?


GOD NOOI ONS UIT EN ONS KOM TOT RUS

Verwelkoming en Afkondigings

Toetrede

Vonkk 55 Jesus toe U mens geword het (staan)

Votum

Dele uit Psalm 22:24–29 (AFR1983)

Seëngroet

Lofsang

Flam 117 Loof hom met die tromme (staan) – groep
Flam 6 Heer Jesus, My Redder (staan) – begeleidingsgroep

Nagmaal

Lied 551 Jesus nooi die kindertjies (sit)

Dankgebed

Lied 529 Dank dank die Heer (staan) – orrel

GOD PRAAT MET ONS EN ONS LUISTER

Gebed

Skriflesing
Markus 3:1-6

Brug

Laat julle liggies skyn (staan) – sanggroep

• Glimwurms en vuurvliegies WAT WIL verlaat kerk –
Glowstix en LED’s bly

Preek

Incedible Hulk

Wat maak jou kwaad?
• taxi’s
• In ry staan – wag (verkeersdept)
• Nie kan hoor in kerk
• Wanneer al by deur staan, reg kerk toe – kinders draai
• huiswerk
• maat lelik

En dan logiese volgende vraag:
wat doen wanneer kwaad word?

Stilstuipe

opkrop –
bou op en op
totdat op dag in monster verander –

soos Incredible Hulk.

Dink nie skrywer veel kreatiwiteit nodig gehad:
gewone,
vaal outjie,
vriendelik.

Maar as kwaad raak!
Verander in bose groen monster
alles en almal om hom vernietig!

Party van ons baie druk nodig voordag in Hulk verander.
Ander nie veel –
een slag nie sin kry,
dinge een keer nie volgens eie plan verloop
en monster spring uit,
begin skel,
almal rondom ons verbysterd en bewe!

My oupa en ouma aanhanger van stoei.
Rofstoei.
Nie hierdie semi-beskaafde soort twee mense op mat.
Nee, behoorlike rofstoei.
Soos WWF vandag.

Niemand in familie verstaan,
maar elke af en toe
hulle in kar geklim
Bellville toe gery,
stoei gaan kyk.

En dan vir maande daarna
moes ons luister na stories
oupa vertel hoe gevegte verloop –
in mees grafiese detail!

Diep indruk op my gemaak,
onthou nou nog oupa se gunsteling –
gemaskerde stoeier
genaamd “Boerseun”.

Destyds niemand geweet wie is –
swart masker gedra.

Soos ek oupa se stories onthou,
sy stoeigevegte altyd volgens selfde draaiboek verloop:
Boerseun in geveg,
maar kom nie regtig mas op.
Opponent telkens ore aangesit.

Maar onthou nog oupa se stem:
Boerseun moet net kwaad raak!
Want wanneer Boerseun kwaad raak,
is daar niemand wat hom kan oorwin nie.

Wanneer boerseun kwaad raak,
is dit tickets vir sy opponent.

En of dit nou Boerseun
Of Hulk
of stilstuipe is,
woede natuurlike deel van menswees!

Ons almal raak kwaad.

So as ons dan in ons reeks sê:
laat Jesus deur jou leef,
dan moet ook vra oor woede:
As Jesus deur ons leef,
sal ons kwaad raak?
En hoe sal ons kwaad raak?

Jesus word kwaad

Wanneer dink oor Jesus kwaad,
ek dink ons almal onmiddellik dink reiniging tempel:

mense besig handel te dryf tempel,
Jesus uitgejaag.
Al vier evangelies,
Tafels omgegooi.

Johannes,
evangelie van liefde,
sê selfs dat sweep gemaak
uit tempel gejaag,
selfs skape en beeste.
Maar wat nie een van evangelies sê,
is dat Jesus kwaad was.
Nêrens in vertellings van hierdie verhaal
word Jesus beskryf as kwaad.

Inteendeel:
Matteus vertel
net nadat dit gebeur
het blindes en kreupeles na Jesus gekom.

As Jesus met soveel woedende geweld opgetree –
dan sou hierdie kwesbare mense mos nie na hom gekom!

En regtig,
as dink daaroor:
die Jesus in evangelies leer ken –
lewe aflê,
self laat martel, kruisig,
sou woede gewelddadig raak?
Sou woede gewelddadig op diere uithaal?

ek dink nie so nie.

Net een keer in Bybel lees dat Jesus kwaad was –
hierdie gedeelte vanoggend gelees.

En Jesus woede
heelwat anders
as woede van Incredible Hulk
of Boerseun.

Waaroor Jesus kwaad raak
Eerstens waaroor Jesus kwaad raak:
Jesus word kwaad
teks: hul verhardheid.

Hierdie groep mense
wil ander mens se nood misbruik
vir eie gewin –
sodat wraak kan neem!

So vasgekeer in eie belang
so bedreig deur Jesus
so geheg aan hul reëls –
hul godsdienstigheid! –
dat nie mens in nood sien,
maar kans om Jesus by te kom.

DIT maak Jesus kwaad.
Jesus word kwaad
omdat vir man met gebreklike hand omgee,
maar OOK
omdat vir Fariseërs omgee.

Hoe Jesus kwaad raak
En kyk hoe aangrypend beskryf Bybel Jesus se woede:
Hy het hulle kwaad aangekyk
en was diepbedroef oor hulle verhardheid.

Dis nie ’n aggressiewe woede.
Dis ’n liefdevolle woede –
woede wat omgee
vir die mense vir wie hy kwaad is,
kwaad raak
juis omdat hy hulle lief het,
omdat hy weet dat God se wil vir hulle soveel beter is
as die realiteit wat hulle leef.

En wanneer Jesus kwaad raak,
dan raak hy nie bitter nie
hy beledig nie sy teëstanders nie
hy boelie nie
hy neem dit nie persoonlik op nie

Hulle wil hom DOODMAAK
en Jesus reageer in liefde.

Jesus se woede
is vol deernis.

Nou wat nou?
Hoe nou gemaak met ons woede,
as ons in die Incredible Hulk verander
en Jesus se woede is vol liefde en deernis?

Kyk saam met God na jou woede

Wat ons moet doen
is om saam met God te kyk na ons woede.

Stap een
besin waar woede vandaan kom.

Want laat nou maar eerlik wees,
ons woede kom 99% van tyd uit een van twee plekke:
vrees
of selfsug / trots.

Dink goed waaroor kwaad raak:

Is dit omdat jy bang is?

Idee dat self moet beskerm,
in kompetisie met ander,
ten diepste daaragter oortuiging
dat op self moet vertrou,
nie kan oorgee
op God vertrou.

Of is dit een of ander vorm van selfsug of trots?
dinge moet verloop soos jý wil hê
mense moet doen soos jy verkies
jou tyd kosbaar, mense mors.

Wanneer kwaad raad,
gee tree terug,
vra vir Gees jou wys
wat agter daardie woede sit.

En vra dan vir God
dat jou wys
wat volgende tree vir JOU is.

Vir sommige van ons –
die Incredible Hulk’s –
beteken dat wegstap,
afkoel.

Vir ander van ons
beteken dat erns nadink oor God opdrag
vyande lief het –
nadink wat liefde in daardie spesifieke situasie beteken
hoe liefde in daardie situasie lyk.

En vir ander van ons
beteken dat tot geveg sal toetree,
nie stilstuipe
of soveel minagting dat net los,
maar juis probleem aanspreek,
iets daaraan doen.

Laat Jesus deur jou kwaad raak

En dan kan ons kom by die volgende tree –
wanneer woede voor God ondersoek,
seker maak waarvandaan kom
wat aan wortel daarvan lê…

dan kan self oorgee,
soms toelaat
dat God ook deur ons kwaad word.

Tema vanoggend stel dit meer versigtig:
Laat Jesus deur jou verontwaardig wees.

Eerstens:
Waaroor Jesus deur jou verontwaardig
Tweedens:
Hoe

Waaroor

Bybel duidelik waaroor Jesus verontwaardig –
onreg
reëls bo mense stel
armoede
menswaardigheid aantas
magsmisbruik

Goed waaroor verontwaardig,
sal verwant wees aan roeping God jou spesifiek:
armoede – armoedeverligting
ISIS, geweld midde-ooste – daar betrokke
onreg, korrupsie – iets daaraan doen

Baie dinge op oomblik in wêreld aangaan
sal verkeerd wees nié verontwaardig wees:
weereens Midde-Ooste
geweld teen vroue – nou selfs ver romantiseer
armoede toeneem as gevolg van korrupsie
kinders mishandel

Daar is goed
waarvoor woede
gepaste reaksie

Hoe

Maar dan tweede vraag:
hoe

Dan is daar twee gevare,
eerste:
dat niks doen.

Daar is deesdae selfs woord daarvoor:
Armchair activism.

Om braaivleisvuur kla
self in moedelose put inpraat

Of verontwaardigde SMS’e aanstuur
petisies teken –
moontlik goed,
kweek bewussyn –
maar doen eintlik niks.

KAN iets doen.

Gewoon gebed –
in stede van kla oor regering,
BID vir regering.
BID vir midde-ooste.

Raak betrokke by skool beheerraad.

KAN iets doen.

Tweede gevaar
is dat nie uit liefde doen.

Hoor dikwels mense sê
wanneer Moslems weer besigheid boikot
of betoog
of iewers weer hele wêrelddeel tot stilstand geruk met optrede:
Moslems vir ons voorbeeld.
Staan by hul saak,
laat nie toe mense spot.

Dink:
Nee.
Nee nee nee nee nee.

Moslems nie ons voorbeeld.
Jesus ons voorbeeld.

Jesus gesê vyande liefhê
Jesus gesê ander wang draai,
kreatiewe oplossings soek.

Wanneer ons met aggressie
en mag
verontwaardig is
dan vererger ons die situasie.

Maar wanneer ons met liefde
en droefheid
verontwaardig is,
dán laat ons Jesus deur ons leef.

Dink veral situasie Midde-Ooste –
walglike, walglike goed ISIS aanvang in die naam van hul God.

Enigste ding ons daaraan kan doen
vir hulle bid –
bid dat hulle Jesus se liefde leer ken.
Mense ondersteun daardie liefde aan hulle verkondig.

Op hierdie punt iets sê oor geloofsoffers –
soos Here op jou hart lê.

GOD STUUR ONS OM TE LEEF

Sonja Terugvoer
Gebed
Dankoffer
Slotsang

Lied 524 God roep ons om met woord en daad (staan) – groep 1-2 alleen, orrel kom by vers 3

Seën
Respons

Lied 524:3 laaste reëls

Laat Jesus deur jou leef, preek, verontwaardig

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.