Skip to main content

Huisgeloof 2-8 Feb

Laat Jesus Deur Jou Liefhê

OMGEE-GESPREKKE

Het jy al sleg of skuldig gevoel oor iets en toe het iemand liefdevol teenoor jou opgetree? Vertel vir mekaar daarvan. Hoe het jy gevoel?

BYBEL LEES

Lees Johannes 8:3-11.
• Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan in die verhaal en die teks. As julle vrae het, kan julle ook daaroor gesels.
• Wanneer ander mense iemand wil slegsê, dan gee Jesus vir hulle liefde. Watter situasies is daar in jul leefwêreld waar mense ander mense wil slegsê (veroordeel)? Hoe kan ons in sulke situasies optree wanneer Jesus deur ons leef?

GEWOONTES EN GEBRUIKE

Woon saam julle kleingroep by. As julle nie aan ’n kleingroep behoort nie, sluit by een aan deur die kerkkantoor te kontak (041 583 5115 info@somerstrandgemeente.co.za).

GESEËN OM TE SEËN

• Is daar dalk iemand wat jy ken wat geboelie of verstoot word? Hoe kan jy Jesus se liefde vir hulle wys?
• Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid. Bid saam daarvoor. Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.

Huisgodsdiens, Laat Jesus deur jou leef

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.