1 Korintiërs 8:1-13 – Die Liefde Bou Op
Vir die vroeë gelowiges was dit ’n brandende vraag of ’n mens vleis wat aan afgode geoffer is, mag eet. Dis nie vandag vir Christene meer ’n vreeslik brandende vraag nie. Tog is hierdie gedeelte vandag steeds baie relevant vir ons! Natuurlik. Christene sal altyd verskil. Veral in ’n land soos Suid-Afrika, waar ons ’n mengelmoes van agtergronde en tale en kulture in een pot is. Ons kom byna daagliks in situasies soos hierdie. By die werk, in skole en universiteite, by die kerk. En, natuurlik, in ons eie huise, waar ons ook sterk kan verskil oor wat aanvaarbaar is al dan nie.
