Skip to main content

Paasverhaal met koekies – vir die kinders

Gebruik hierdie uitstekende hulpmiddel om die Paasverhaal in die proses van koekiesbak te verduidelik. Die koekies is nie net heerlik nie, die bakkery nie net ‘n heerlike tydverdryf in ons inperking nie, maar gee jou die geleentheid om op ‘n eenvoudige manier die hele verhaal van Jesus se kruisdood en opstanding op ‘n konkrete visuele manier oor te dra.

Laat die volle instruksies hier af.

Met groot dank aan Eden Gemeente Kinderbediening!

Die krag van die kruis – Jesaja 53:3-12

Jaar van die Bybel 2020
Tema: Die krag van die kruis - Jesaja 53:3-12
Somerstrand 09:00 – Goeie Vrydag – 10 April 2020

Intro Psalm 23

Alida Bothma

Verwelkoming

Die lidmate wat die Eenjaar Bybelleesprogram volg van die begin van die jaar af, het vanoggend Psalm 80 gelees. Dit is ‘n uitstekende Psalm vir voorbidding vir mense in die geloofsgemeenskap. Twee keer bid Asaf: “Laat dit weer met ons goed gaan, verskyn tog tot ons redding!” (vers 8,20).

Ek wil jou aanmoedig om die Psalm vir jouself, vir jou familie, en vir mense in die breë geloofsgemeenskap te bid: “Laat dit weer met ons goed gaan, verskyn tog tot ons redding!”

Verjaarsdae

Annelie Hattingh en Eben Olivier verjaar vandag. Baie geluk!

Votum en Seëngroet

Genade vir julle en vrede van Hom wat is en wat was en wat kom, die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, die Almagtige. (Openb 1:4-8)

Inleiding

Ons het nagmaal sommer so as vanselfsprekend aanvaar, nie waar nie? Jy weet daar is so vier keer ‘n jaar nagmaal. Jy daag net op en dan vra die dominee nog, is iemand oorgeslaan met die brood of die wyn. Jy sal altyd kan eet en drink. Want, dit is waarvoor die nagmaal is. ‘n Viering van ons gemeenskap met mekaar.

Nou is ons ingeperk. Wat gaan ons nou doen? Daar is eintlik nie enige voorbeelde in die geskiedenis van hoe ‘n gemeente die nagmaal kan hou, as hulle nie in dieselfde plek bymekaar is nie. Jy kan nog ‘n soort huisnagmaal hou, of ‘n familienagmaal. Maar, as gemeente?

Dit is nie so eenvoudig nie, nê?

Continue reading

Prontuit die Waarheid – Week 44

Ons gesels oor die “leer van die Fariseërs en die Sadduseërs” wat soos suurdeeg alles beïnvloed. Die dissipels moet op hulle hoede en in hulle pasoppens wees daarvoor. Die Fariseërs en Sadduseërs was meesters daarin om klein onbenullighede te neem en daaroor lang en ingewikkelde debatte te voer wat jou egter nêrens bring nie.

Ons gesels oor Markus se verhaal van Jesus wat ‘n blinde genees in Betsaida. Jesus tree hier op soos ‘n dokter wat ‘n dubbele terapeutiese ingrype maak. Eers spoeg en hande oplê. Toe weer hande op die oë en die man kon daarna sy oë met die nodig onderskeiding gebruik. Sommige geleerdes dink dat die twee stadia van die genesing eintlik ‘n “acted parable” is. Dat Jesus hiermee eintlik vooruit wys na die verskillende stadiums waardeur sy dissipels sal moet gaan om regtig geestelik te kan sien. Soos Guelich sê: “They are in need of a ’second touch’ which ultimately comes after Easter”.

Ons gesels oor Jesus wat al hoe meer sy volle aandag aan sy dissipels gee, ten spyte van hulle hardheid van hart en onbegrip. Hy neem hulle na Sesarea-Filippi (die Golan hoogtes) waar Petrus se beroemde belydenis gee: U is “die Christus van God.”

God se liefde staan onwrikbaar vas – Romeine 8:31-39

Jaar van die Bybel 2020
Tema: God se liefde staan onwrikbaar vas – Romeine 8:31-39
Somerstrand 5 April 09:00 Passie Sondag

Verwelkoming en aankondigings

Dit is vandag Palm Sondag, die Sondag waarop ons herdenk Jesus se Intog in Jerusalem. Met die palmtakke wat geswaai is, die klere wat op die grond neergegooi is, die Hosannas wat die skare gesing het, om Jesus as die Koning te ontvang.

Ons noem hierdie Sondag ook Passie Sondag, die Sondag wat die week inlei waarin Jesus se pad onwrikbaar op die kruis van Golgota afgestuur het. Na die worsteling in Getsemane. Die roerende gebed of die beker nie by hom verby kan gaan nie. En die uiteindelike dood aan die kruis op Golgota.

Ek gee aan die einde ‘n skakel na ‘n pdf wat jy kan gebruik om die verhaal van Jesus se laaste week te lees, soos die vier evangelies dit vir ons vertel. Dit is opgedeel in die dae van die week, sodat jy dit van vandag af tot volgende Sondag kan lees.

Ek noem dit Heilige Week. Die mense wat die Prontuit die Waarheid boek het, sal die tekste kan volg in hulle boek. Die ander sal die tekste in hulle Bybels kan volg.

Dankie vir die bydrae wat verlede week gekom het vir die sopkombuis. Theo is baie dankbaar. Theo het vir ons ‘n lysie van benodigdhede gegee vir Willowpark en Barcelona. Jaco het met die Sasol vulstasie gereël dat dit daar gelos kan word.

Hugo het ook vir ons ‘n video gestuur oor die verspreiding van kos in Kaïro. Hulle het 1 300 mense kos gegee. Kom ons luister wat Hugo vertel.

Verjaarsdae: Lang-Piet de Villiers verjaar vandag. Ons wens hom geluk. Ook die ander wat verjaar. Die name is op die webtuiste met die selnommers. Reik uit en wens mekaar geluk.

SKAKEL NA DIE YOUTUBE VIDEO

Votum en seën

Continue reading