Skip to main content

Want in Jesus woon die hele volheid van die Godheid liggaamlik – Kolossense 2:6-10

Familiediens NGK Somerstrand 12 Junie 2022 | Kerk en Youtube 09:00

Two natures – English translation

Verwelkoming

Aankondigings

Toetrede

Flam 5 (Afr/Eng) Daar is geen grens aan U guns en genade – sit

Votum en Seëngroet

Lofsang

Lied 450 Vader, Seun, Heil’ge Gees – staan

Vonkk 95 Daar is niemand soos U, Here, God – sit

Kindertyd

Volgende week is Vadersdag. Gaan julle iets spesiaals doen?

Ek het hier ‘n familiefoto. Wie s’n is dit, dink julle?

Kom ek vertel julle van my familie.

God is ook ‘n familie: Vader, Seun en Heilige Gees

Ons is deel van sy familie! Ons is sy kinders!

Verootmoediging

Gebed

Skriflesing en prediking

Continue reading

Wat verstaan jy onder: “wat opgevaar het na die hemel?” – Handelinge 1:9-11

Die Hemelvaart van Jesus is van groot betekenis vir die kerk van die Here Jesus Christus.

Ek het al baie gepreek daaroor, nie net op Hemelvaart nie, maar ook op ander Sondae. Maar, ek het nog nooit ‘n Kategismuspreek daaroor gelewer nie. En wil dit nou graag doen.

Ek gaan op Sondag 18 uit die Heidelbergse Kategismus fokus, want dit bly die beste verwoording van die Bybelse boodskap oor die Hemelvaart. In die proses gaan ons na meer as 30 verwysings in die Bybel kyk. Ek plaas elke verwysing volledig in hierdie teks, sodat jy  jou kan verdiep daarin.

Kyk op Youtube.

Continue reading

Die blare van die boom bring genesing vir die nasies – Openbaring 22:1-5

NGK Somerstrand 22 Mei 2022 09:00 | Kerk en Youtube

Verwelkoming

Aankondigings

Die kerkraad het verlede jaar vier prioriteite geïdentifiseer.

  1. Ons wil weer momentum bou na die inperking van Covid-19. Ons dink aan ‘n basaar in September-Oktober wat ‘n R100 000 inspuiting vir ons geloofsgemeenskap kan wees.
  2. Ons wil ons erediensbywoning verbeter om weer ‘n sentrale deel van ons geloofsgemeenskap te wees. Ons wil ook al hoe meer groepe akkommodeer. Daarom werk ons aan ‘n “blended worship” met meer as een musiekstyl.
  3. Ons wil fokus op ons jeug en jongmense. Daarom het ons gekies vir ‘n jong senior leraar, Vian, wat bewese ervaring het om ‘n hele gemeente te lei, maar wat veral die onder veertigs in die hoofstroom van die gemeente kan kry.
  4. Ons wil fokus op geestelike groei. Ons kleingroepe het gestagneer in die Covid-19 tyd. Die fokus op die beloftes en leesplanne via Whatsapp en Bybelskool bereik wel ‘n 2 500 mense, en dit is wonderlik, maar ons het nodig om weer in mekaar se geselskap te kom. Ons dink aan Alpha en ‘n fisiese Bybelskool. Miskien is daar ook ander idees of behoeftes. Ons sal graag luister daarna.

Pinkster – nog sop en brood nodig

Hemelvaart – 18:30 Donderdag

Continue reading

Ons gebede maak saak – Openbaring 5

Familiediens 1 Mei 2022 NGK Somerstrand | Youtube en kerk 09:00

Verwelkoming

Baie welkom aan Vian en Natania du Plessis en hulle tweeling Josh en Joah. Hulle bly in Bulbringweg 44.

Ons sien uit na hierdie Saterdag 7 Mei se bevestiging 15:30 hier in die kerk en die verwelkoming 16:30 daarna in die Ark (RSVP Marlein van Deemter vir die sop en sjerrie – 083 270 4853). Julle is welkom om nog drinkgoed en glase te bring om verder te kuier.

Volgende Sondag 8 Mei 09:00 is Vian se intreepreek. Die aand ontmoet hy 17:00 ook die tieners en hulle ouers. Hy speel 16:30 volleybal saam met die tieners.

Aankondigings

Ek het twee navrae gekry.

  • Die een is oor die Bybelskool. Of ek dit in die gemeente gaan hervat.
  • Die ander is oor ‘n aanlyn Bybelstudie groep. Wat dieper kan ingaan in die Bybel en spesifieke Bybel- en lewensvrae kan bespreek.

Sal graag wil hoor hoe julle dink. Of daar belangstelling is daarvoor. In die gemeente, bv weer op Woensdae. En/of aanlyn, bv op zoom. Die dag en tyd kan ons dan bepaal na gelang van die belangstelling.

Onthou ook my boek oor Openbaring wat jy gerus gratis kan aflaai om die hele Openbaring deur te werk. Ek hanteer die volgende paar weke al die beloftes in die boek.d

Die beloftes gaan voort. Ons is by dag 160 van 365. So, as jy nou inskakel, is daar nog 205 beloftes om vir jouself toe te eien.

Continue reading

Jesus kom met die wolke en elke oog sal Hom sien – Openbaring 1

NGK Somerstrand 24 April 2022 | Kerk en Youtube 09:00

Verwelkoming

Aankondigings

Ek gaan vir die volgende paar weke by Skrifgedeeltes uit die boek Openbaring stilstaan. Vandag, 24 April, 1 Mei en weer die 22ste Mei. Tussen-in preek ons nuwe leraar, ds Vian du Plessis, met sy intreepreek die 8ste Mei, en ook die 15de Mei. Hy gaan ook die Pinkster behartig wat die 29ste Mei begin.

Ek gaan met die 365 beloftes op Bybelskool.com en WhatsApp ‘n hele aantal beloftes deur Openbaring gebruik. Dit gaan jou baie help om die boek Openbaring uit die hoek van die beloftes daarin deur te werk. Jy kan ook die boek aflaai wat ek daaroor geskrywe het. Hier is die skakel: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf

Continue reading