Skip to main content

Gen. 2:4b-7; Jer. 18:1-6; 2 Kor. 4:7 – God as Pottebakker – Son 6 Sept 09

Tema

God is die Pottebakker – Sy hande vorm die klei van ons lewe (Hy is in ‘n intieme verhouding met ons)

God versamel ons voor Hom

  • Verwelkoming by die deure
  • Video oor die Pottebakker speel met ‘n CD – The John Michael Talbot Collection – A library of 35 favorite songs – Disk Two
  • Verwelkoming in kerk
    • Kinders, verjaarsdae, nuwes
    • Dankie vir almal wat gehelp het – Ian, Albert, Susan, Ursula, Rethie, Lynette vir die klei, Louise vir die wiel, Brenda vir die potte uitstalling, voorsangers, musiekgroep, graad 7’s.
  • Votum en Seëngroet

God praat met ons

God is Skepper

Die Bybel is ‘n biblioteek van beelde, ‘n magdom daarvan, wat manlik én vroulik is, wat persoonlik én onpersoonlik is (Vader en ‘n Rots), wat soms teenstrydig is (Vriend en Vyand), maar altyd dinamies en lewend teenwoordig.

Al hierdie beelde vir God is metafore, uitdrukkings wat vir God gebruik word, omdat dit ons ‘n konnotasie gee met iets wat vir ons bekend is.

Hierdie Godsbeelde is aannames oor God se karakter of sy aard.  Dit bepaal letterlik hoe ons Hom ervaar.  Walter Brueggemann: “The God you speak, is the God you get.”

Vandag praat ons oor God as Skepper.

Ons gaan daaroor sing, ons gaan daaroor praat en nadink, en ons gaan dit ervaar met die klei wat elkeen van ons in die portaal gekry het.

  • 472 Kom lofsing die Heer, loof Hom op sy troon – vers 1 en 3 staan

Tradisioneel word aan God as Skepper gedink in terme van sy Almag en verhewenheid – die God wat orde skep uit die chaos.

Ons gaan nou na ‘n PowerPoint kyk wat iets daarvan vir ons wys.

Terwyl die musiek speel (Psalm 91/Wedding Dance – John Michael Talbot – track 3), kyk na die PowerPoint en raak bewus van die grootsheid van God se Skepping.  Ons wil ons verwonder oor God en sy werk.

  • 509 Op berge en dale en oral is my God – vers 2 en 3 staan
God is Pottebakker

Die Bybel beskryf sy skeppingswerk egter ook in baie persoonlike terme.  God as Skepper word op baie plekke in ‘n intieme verhouding met mense en die wêreld en die hemel geteken.

Kom ons lees daaroor.

  • Gen 2:4b-7

Toe die Here God die aarde en die hemel gemaak het, 5was daar nog nie enige struike op die aarde nie en het daar ook nog nie enige groenigheid opgeskiet nie, want die Here God het dit nog nie op die aarde laat reën nie, en daar was nog nie ‘n mens om die grond te bewerk nie. 6Daar het water uit die aarde uit opgekom en al die grond nat gemaak. 7Die Here God het toe die mens gevorm uit stof van die aarde en lewensasem in sy neus geblaas, sodat die mens ‘n lewende wese geword het.

Hier in Gen 2 sê die skrywer: “Die Here God het toe die mens gevorm uit die stof van die aarde en lewensasem in sy neus geblaas”.  Die woordjie “vorm” is die woord wat gebruik word vir ‘n pottebakker terwyl hy die klei in ‘n voorwerp vorm.

Dit beteken dat Genesis aan  God as die Pottebakker dink.  Soos ‘n Pottebakker die klei vorm, só vorm God die mens.  God skep “hande in die klei” soos ‘n pottebakker.

En hierdie Pottebakker stel belang in alles wat ons doen of dink of ervaar.

Elke uur van elke dag van elke week van elke jaar stel God belang in jou lewe, sorg Hy vir jou, is Hy lief vir jou.

Nou, ek hoef jou nie te oortuig nie.  Vertel vir mekaar daarvan:

  • Vertel vir mekaar van ‘n keer wat julle God se liefde tasbaar ervaar het.
Inset oor die pottebakkerskuns

Om ons te help om oor God as Pottebakker na te dink, gaan ek julle ietsie meer vertel oor die hele proses van potte bak.  Terwyl ek ‘n bietjie meer vertel oor die pottebakkerskuns, maak solank julle houertjies oop en haal die klei daaruit.

Klei is ‘n heerlike medium om mee te werk.  Dit is lekker elasties en plooibaar, sodat jy allerhande voorwerpe daarmee kan maak.  Hierdie klei is van meel gemaak – julle kan die resep by Lynette kry.

Ek het kers opgesteek by ‘n pottebakker, David Moss, en die volgende by hom geleer.  En ek wil hê julle moet dit saam met my ervaar:

  • Klei moet goed gebrei word. Alle lugblasies moet uitgewerk word. Dit voorkom dat die pot bars as dit in die oond warm gemaak word.
  • Brei ‘n bietjie julle klei.
  • Voel julle hoe dit amper-amper kleef aan julle hande? Jy raak as’t ware deel van die klei.
  • Dan moet klei in die middel van die wiel geplaas word, anders kan ‘n mens nie ‘n ronde amper perfekte simmetriese pot maak nie.
  • Ons gaan egter nie met ‘n wiel werk nie. Louise Eksteen sê my, dat sy in elk geval verkies om sonder die wiel te werk.
  • Besluit op iets wat jy graag wil maak.
  • Ek gaan aan die einde vir die voorskoolse kinders vra om vir my te kom wys wat hulle gemaak het.
  • As jy wil, kan jy soos ek, net werk met die klei, en spontaan iets skep, net soos jou hande en die klei jou begelei.
  • Dit is hoe kreatiwiteit werk – die klei vra as’t ware dat iets spesifiek daarvan gemaak word. Die kleur speel ‘n rol. Die hoeveelheid speel ‘n rol. Hoe plooibaar dit is, speel ‘n rol. Hoe jy voel en waaraan jy nou dink, speel ‘n rol.
  • Wys vir mekaar wat julle gemaak het.
Die Pottebakker en jy

Nou ‘n mens moet versigtig wees om alles hiervan op God en ons van toepassing te maak.  Maar, kom ons dink ‘n bietjie hieroor na en verwonder ons aan God as Skepper, as die Pottebakker.

  • God is net so intiem by jou lewe betrokke as wat jy nou met die klei gespeel en daarvan iets gemaak het. Hy werk nie van ‘n afstand af met jou nie. Hy hou sy hand op jou. Hy is bewus van elke gedagte, van elke beweging, van elke besluit wat jy maak. Soos die Psamdigter sê, Hy omvou my van agter en van voor. En Hy gee om oor wat met jou gebeur. Niks wat met jou gebeur, is toevallig nie, en niks is onbelangrik vir God nie.
  • Daar is ‘n spontane interaksie tussen jou en God, tussen jou gawes en vermoëns en wat God daarvan kan maak. Dit is iets wat my van verlede week se teksgedeelte die meeste getref het. Die eerlike interaksie tussen Moses en God in die woestyn (Numeri 11). Jy kan maar praat met God, jy kan selfs verskil van wat God doen, en dit eerlik vir Hom sê. En Hy sal daarna luister, en daarop reageer. Uiteraard is dit Hy wat jou vorm, so sy wil sal altyd die deurslag gee. Maar reg deur die Bybel is daar gedeeltes wat ons oortuig, God verander dinge in reaksie op jou, en jou gebede, en jou wense en behoeftes. Jy kan Hom daarvoor vertrou.
  • Soms is daar ‘n groot stuk breiwerk nodig in jou lewe. Om jou voor te berei vir dié voorwerp wat God van jou wil maak. Niemand van ons hou van die druk van moeilike besluite of moeilike omstandighede nie. Dit sou masochisties wees! Maar, dit is nou eenmaal so, as die druk nie daar is nie, bereik ons minder. Van die groot leiers in die wêreld is dit waar, so sê navorsing by Harvard, dat hulle een of ander tyd in hulle lewe deur ‘n tyd van stres en disoriëntasie gegaan het, waarna hulle gewoonlik meer kon bereik.
  • Daarom is dit so belangrik dat ek plooibaar in die hand van God se werk bly. Op die wiel, in sy hande, in gesprek met Hom, maar sonder om teë te stribbel, sonder om self te besluit wat ek wil word, maar in die interaksie met God te groei en te floreer. Dit is eintlik die heel belangrikste perspektief van alles. Sonder hierdie onmiddellike reaksie op God, kan ‘n mens nie ontplooi in die instrument wat God van jou wil maak nie.
En as die pot flop

‘n Verdere interessante ding van die klei, veral as jy met regte klei werk, is dat dinge nie altyd so voorspoedig gaan nie:

  • As dit flop op ‘n wiel, moet jy oor begin, maar jy kan nie dadelik nie. Jy moet eers wag tot die klei droër raak, voordat jy weer begin.
  • En as jou pot uiteindelik in die oond bars, eintlik ontplof, dan is dit nie klaar met die klei nie. Pottebakkers vat daardie stukkies, maal dit fyn, hulle noem dit “grog” en dan meng hulle dit met nuwe klei. Potte wat met grog gemaak word, is sterker potte. Nie dat dit sonder seerkry is nie. Die Pottebakker se hande gaan baie keer stukkend van die werk met die growwe, harde stukkies “grog”.

Kom ons lees twee gedeeltes wat hierdie aspek behandel.  Die eerste is:

  • Jeremia 18:1-6

Die woord van die Here het tot Jeremia gekom: 2Gaan af na die pottebakker se huis toe, Ek sal daar met jou praat.

3Ek is toe af na die pottebakker se huis toe, en hy was juis besig om iets op die skyf te maak. 4Maar die ding wat hy aan die maak was uit die klei, het misluk, en hy het toe iets anders gemaak soos hy dit wou hê.

5Toe kom die woord van die Here tot my: 6Kan Ek nie met julle doen wat hierdie pottebakker met die klei gedoen het nie, Israel? vra die Here. Soos klei in die pottebakker se hand, so is julle in my hand, Israel.

Jeremia leef in ‘n tyd van groot afvalligheid.  Polities het hulle verkeerde verbintenisse aangegaan.  Ekonomies het die rykes die armes uitgebuit.  In die regspraak was daar onreg en partydigheid.  En geestelik het baie Jode die uiterlike tempel-toegaan en die gee van tiendes nog nagekom, maar hulle hart was ver van die Here af.

Daarom waarsku die Here die volk deur hulle te herinner daaraan, dat die Pottebakker die meester is van die klei.  “Kan ek nie met julle doen wat hierdie pottebakker met die klei gedoen het nie?”  En spel hy die gevolge uit as hulle hulle nie bekeer nie.  “Wanneer jy doen wat verkeerd is in my oë en ongehoorsaam is aan My, sien ek af van die goeie wat Ek aan jou wou doen.”

Nou ons moet nie hieruit aflei dat die Here geen genade het vir die volk nie.  Hoegenaamd nie.  Hy sê immers, al het ek besluit om op te hou om die goeie aan julle te doen, en julle bekeer julle, sien Ek af van die straf wat Ek oor julle wou bring.  Bekering is wat die Here wil hê.

Maar Jeremia wil hê dat ons onder geen illusies sal wees oor wie God is en wie ons is nie.  En die geskiedenis het ons geleer dat die volk nie geluister het nie, en weggevoer is in ballingskap.  Hulle moes wag vir sewentig jaar voordat hulle weer die land Israel kon binnekom.

En die wonder is, dat dit nie net die volk is wat iets hieruit geleer het nie.  Die Here self het geweet, die tyd was ryp vir die koms van sy Seun, al sou dit hom ‘n vreeslike prys kos, die prys van menswording, van lyding en uiteindelik die dood.

Maar, die Here het geweet, dat daardeur kan Hy seker maak dat die potte wat Hy maak sterker sal wees.  Want Hy kon vir elkeen wat in Jesus glo, wat hulle lewens aan Hom verbind, die gawe van Sy Gees gee om binne ons harte die vermoë te kom gee om aan Hom gehoorsaam te kan lewe.

Dit is wat 2 Korintiërs. 4:7 ook sê. Kom ons lees dit.

7Ons wat hierdie skat in ons het, is maar kleipotte wat maklik breek; die krag wat alles oortref, kom dus van God, nie van ons nie.

Al bly ons dus kleipotte wat maklik breek, is die krag van God self in ons binneste, sodat ons kan staande bly al word ons verdruk, al is soms verleë, al word ons vervolg.

En dit is die wonder van hierdie Pottebakker, die Skeppergod.  Hy gooi nooit tou op met ons nie.  Hy hou aan en Hy sorg dat daar ‘n uitkoms is.  Daarop kan ons reken.

Kom ons wy ons toe aan dié God.

  • 528 Leer my u wil, Heer, u doel met my – U, Pottebakker, met my, die klei – sit

Ons praat met God

  • Gebed – voorbidding, danksegging, items op aankondigings
    • PE Afrikaanse Opvoedingsfonds – 1,2 miljoen Rand
    • Kerkraad vir vergadering
    • Egskeiding – Divorce Care
    • Leiers vir Koffiekroeg en graad 6 kategese
    • Bloemendal – Seyesi gemeente uitreik – verf
    • Ramadan – bid vir insig dat U Moslems liefhet
    • Siekes – bid vir onsekerheid, vir krag met slegte tyding – dank vir beterskap
  • Dankoffers – graad 7’s en PowerPoint met ander aankondigings
    • Bid en sê dankie vir die dankoffer en die wyse waarop die Here ons seën die afgelope paar maande. Ons het ‘n oorskot op begroting!

God stuur ons uit

Onthou om julle voorwerpe vir my te kom wys.

Onthou om ‘n joernaal te neem vir gesprek by die huis.

  • Slotsang – 488 Helder skyn u lig vir die nasies
  • Seën
  • Amen – 314

 

Numeri 11:11-15 So 30 Augustus 2009

God is Voorsiener

 

Skriflesing:  Numeri 11:11 – 15, Joh 6:35, Mat 25:34 – 46

Deon Binneman

1. God se sorg in die Ou Testament

Dat die Ou Testament die beeld gebruik van ’n ma wat haar baba borsvoed om die sorg van God teenoor sy volk Israel uit te beeld, is vir ons besondere troosvol.  Wat ook al met jou gebeur, God sorg vir jou!  Dit was veral die geskiedenis van Israel na hulle verlossing uit die slawerny van Egipte in hulle 40-jarige trek deur die woestyn op pad na die beloofde land, dat hierdie pragtige beeld gebruik word.  God sorg vir hulle met manna en kwartels soos ’n ma haar baba versorg.  Die baba is volkome afhanklik van sy ma en die ma voorsien liefdevol dag vir dag aan al haar baba se behoeftes.

Ons teks in Numeri 11:11-15 sluit by hierdie gedagte aan.  Moses kla in hierdie gedeelte by God dat God hom die verantwoordelikheid vir hierdie volk gegee het.  Waarom het U die verantwoordelikheid vir hierdie hele volk op my gelaai?   Hy sê hy is nie hulle ma nie.  Het ek dan swanger geword en hierdie volk in die wêreld gebring, dat U vir my sê:  Dra hulle aan jou bors soos ’n oppasser met suigelinge doen …  Hy is nie hulle ma nie.  Hy kan hulle nie versorg soos ’n vroedvrou nie.  God is hulle ma, is die implikasie.  Hy weet hulle is op pad na die beloofde land wat oorloop van melk en heuning, maar iemand moet vir hierdie kinders padkos voorsien op die lang reis daarheen.  En volgens Moses is dit God wat die ma se taak moet verrig om hierdie baba te voed!

Dit is ironies dat Israel nie die gelukkige en tevrede baba is wat ons sou verwag nie!  Hulle kla gereeld oor baie dinge!  Die Here moes hulle maar in Egipte laat bly het.  Daar was daar ten minste genoeg water.  Die Here moes hulle maar in Egipte laat bly het.  Daar was daar ten minste genoeg kos.  Hulle het begin om hulle daaglikse versorging en kos as vanselfsprekend te ervaar.  Hulle het dit wat hulle het nie meer as God se sorg gesien nie, maar as iets wat maar vanself daar moet wees.

2. God se sorg in die Nuwe Testament

Maar dit is nie net die Ou Testament wat so oor God se sorg praat nie.  Die Nuwe Testament doen dit ook, en gaan selfs verder.  As Jesus Christus vir ons leer hoe ons moet bid, dan is een van die dinge wat Hy ons leer, is om te vir ons daaglikse versorging te vra:  Gee ons vandag ons daaglikse brood.  Hy is ons Voorsiener, Hy wil hê dat ons dit daagliks vir Hom moet vra.  Hy voed ons getrou sodat ons sterk en gelukkig deur die lewe kan gaan.

Maar Hy sorg nie net vir ons aardse brood nie.  Jesus maak nie die onderskeiding tussen die aardse brood en geestelike brood nie.  In Johannes 6 sê Hy: 
Dít verseker Ek julle: Dit is nie Moses wat vir julle die brood uit die hemel gegee het nie, maar dit is my Vader wat vir julle die ware brood uit die hemel gee.  Die brood wat God gee, is Hy wat uit die hemel kom en aan die wêreld die lewe gee.”  Hulle sê toe vir Hom: “Meneer, gee ons tog altyd hierdie brood.”  Maar Jesus sê vir hulle: “Ek is die brood wat lewe gee. Wie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, sal nooit weer dors kry nie.

God sorg dus vir veel meer as net die aardse!  Hy sorg daarvoor ook.  Maar sy sorg is veel meer omvattend!  Hy sorg vir hierdie lewe maar ook vir die geestelike lewe en vir die lewe hierna!  Daarom is die Nagmaal in die kerk so ’n ryke simbool van God se sorg.  God sorg en voed, ook in die erediens tydens die Nagmaal, met die proebare en tasbare tekens van sy sorgende vergifnis – dit alles word opgeroep deur ’n klein stukkie brood en ’n klein slukkie wyn!

Maar die Nuwe Testament het ook baie ander mooi beelde en vertellings oor die sorg van God in Christus.  Dink aan die verhale wat vertel hoe Jesus vir honger mense kos gee – vis en brood.  Hy eet saam met sondaars, Hy vier die paasmaaltyd saam met sy dissipels.  God se voorsiening word voortgesit in Christus – Hy gee nie net brood nie, Hy IS die brood!

3. God se sorg is vir almal

Dit is belangrik dat Israel moes verstaan dat hulle nie God se voorsiening net vir hulleself kon toe-eien nie, maar dat God se sorg die hele skepping insluit.  Ook die diere is deel van God se skepping – Hy is ook hulle voorsienende God.  Dit sien ons duidelik in die skeppingsverhaal waar die aarde die opdrag kry kos vir mens en dier voort te bring.

4. Is dit ons ervaring?

Is die wêreld so ’n paradys waar almal, mens en dier, elke dag alles wat hulle nodig het maar net kry?  Of is dit eerder die beeld van luilekker land waar die gebraaide eend met die mes en vurk in die rug verbyvlieg en die ryp vrugte laag aan die bome hang sodat jy so op jou rug kan lê en ’n hap gee sonder om eers jou hand uit te steek?

Nee, ek glo julle ervaring is ook dat daar baie swaarkry, lyding en ontbering in die wêreld is, vir mens en dier.  Daar is ’n webwerf (http://www.globalrichlist.com/index.php) wat vir ’n mens ’n baie goeie aanduiding gee van die wye omvang van armoede in die wêreld.  ’n Mens sleutel jou jaarlikse inkomste in en daar word dan bereken hoeveel mense in die wêreld armer en ryker is as jy.  Hiervolgens is 99% van die wêreld se bevolking armer as ek en Sandra (’n dominee en ’n onderwyseres)!

’n Mens kan maar net ’n bietjie lees, jou oë so ’n bietjie oophou waar jy kom, dan sal jy sien dat daar baie mense in die wêreld is wat swaar kry.  Afrika, ons kontinent, is ’n goeie voorbeeld van ’n plek waar baie mense en diere honger en ontbering ken.

5. Waar is die voorsienende God dan?

’n Mens wil soms uitroep dat God moet verskyn om te sien wat met sy skepping gebeur!  Mense en diere gaan dood van die honger!  Mense en diere gaan dood van die dors!  Mense en diere gaan dood vanweë ander mense so optrede!  Die rykdom van die wêreld is so ongelyk verdeel.  ’n Klein groepie het so baie terwyl ’n groot groep so min het.

Waar is ons Voorsienende God wat die hele skepping kos gee in die praktyk?

6. ’n Ernstige gevaar!

Dit is riskant om ’n preek oor God se sorg in gemeentes te preek waar mense min of geen gebrek ken nie.  Wie van ons het al honger gaan slaap?  Die fiktiewe storie oor die laaste Franse koningin mag maklik op ons van toepassing wees.  Toe die gewone mense na die paleis opruk tydens die Franse rewolusie, het sy gevra hoekom hulle so kwaad is.  ’n Bediende het geantwoord dat hulle honger is, hulle het nie brood nie.  Waarop sy sou gevra het:  Hoekom eet hulle dan nie koek nie?  Sy kon die gepeupel se honger nie verstaan  nie!

Ook ons kan so maklik vir ’n honger mens sê God sal voorsien, maar jy troos eintlik maar net jouself.  Ek stuur die ander een met die belofte weg dat God sal voorsien sodat ek self nie iets hoef te doen nie.

7. Ons is God se hande!

Mat 25 is aangrypend!  Jesus gee hier die redes hoekom sommige die ewige lewe sal kry en ander  nie.  Hier staan:
 “Wanneer die Seun van die mens in majesteit kom en al die engele saam met Hom, sal Hy op sy koninklike troon gaan sit.  Al die volke sal voor Hom bymekaar gebring word, en Hy sal die mense van mekaar skei soos ’n wagter die skape van die bokke skei.  Die skape sal Hy regs en die bokke links van Hom laat staan.  “Dan sal die Koning vir dié aan sy regterkant sê: ‘Kom, julle wat deur my Vader geseën is! Die koninkryk is van die skepping van die wêreld af vir julle voorberei. Neem dit as erfenis in besit,  want Ek was honger, en julle het My iets gegee om te eet; Ek was dors, en julle het My iets gegee om te drink; Ek was ’n vreemdeling, en julle het My gehuisves;  Ek was sonder klere, en julle het vir My klere gegee; siek, en julle het My verpleeg; in die tronk, en julle het My besoek.’  Dan sal dié wat die wil van God gedoen het, Hom vra: ‘Here, wanneer het ons U honger gesien en U gevoed, of dors en U iets gegee om te drink?  En wanneer het ons U ’n vreemdeling gesien en U gehuisves, of sonder klere, en vir U klere gegee?  Wanneer het ons U siek gesien of in die tronk en U besoek?’  En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.’

As ons die ellende sien, is dit God wat afwesig is en nie sy belofte nakom nie, of is dit ons wat Hy sy hande en voete en oë en ore op aarde moet wees (letterlik sy liggaam!) wat afwesig is, of blind, of doof of so gewoond aan ander se nood geraak het, dat ons onbewus daarvan geword het?

Hoe dit in die praktyk gedoen moet word, moet elkeen vir homself in verantwoordelikheid voor God uitmaak.  As die antieke Egiptenare al besef het hoe belangrik geregtigheid, balans, moraliteit en ewewig in die samelewing is, hoeveel te meer moet ons as die liggaam van Christus wat sy sorg vir ons ken, hierdie beginsels nie soek en uitleef in ons wêreld nie?

 

 

 

 

Jes 42 God is verlosser Son 23 Aug 09

Verwelkoming & Afk

Toetrede  
Lied 221 (koor 1x, gemeente 1x) (sit)
Lied 222 (koor 1x, gemeente 2x) (sit)

Votum (Ps 111) & Seëngroet

Lofsang 
Ps 146:1, 5, 6 (staan)
Ps 41 (koor v 1 & 6, gemeente v 1) (sit)
Ps 68:2 (staan)

Epiklese

Kindertyd
God red mense – hoekom?  Lief & wil gebruik.

Storie vertel dit wys – tel hoeveel mense God gebruik Moses se lewe red!

Israeliete slawe Egipte (wat dit?)
Koning bang te veel raak, land oorvat, daarom reël alle seuns gebore doodgemaak in rivier Nyl gooi!

Raak vrou swanger, kind,
steek weg – drie maande – raak groot, kan nie wegsteek.
Nou alle hoop verlore – lyk asof sleg gaan.

Vrou maak mandjie, smeer met klei dat nie sink,
sit babatjie in,
sit in rivier. 
Suster staan afstand en dophou.

Farao dogter – prinses –
kom bad in rivier,
sien baba in mandjie, kry jammer,

Sussie Miriam wat in riete geloer,
kom nader, sê ken iemand babatjie kan oppas,
gaan haal ma, gesorg.

Weet wie is?  Moses!

God gered omdat wil gebruik om ander mense lewens te red –
Israeliete, woestyn.
Hoeveel vrouens gebruik?  Ma, suster, prinses

God ook ons gered
Wil ook ons gebruik ander te red.
Hoe?
Ma – kyk as oor straat gaan, kos gee
Jy – kos gee (CMR afk) bring nie-bederfbare kos, sit voor preekstoel.

 
Koor
Verhaal van bevryding Israeliete agtergrond preek vanoggend:
“Laat my mense gaan”

Skriflesing
God as verlosser –
woord verlosser gelaai met spesifieke voor-veronderstellings, teologiese inhoud,
sê eerder:  God as bevryder.
Hou hele verhaal van Moses en Eksodus in agterkop

Jesaja 42:1-7
Bekende gedeelte van dienaar Here –
ons Christene veral geïnterpreteer Jesus te beteken.
Terwyl lees, luister wat sê van wie God is, aard van God:

(Jesus verwys wanneer in tempel uit Jesaja lees – nie hierdie spesifieke teks,
sê dis hy, hierdie roeping toe-eien – blindes sien, gevangenes bevry)
DAN,
deel nie so bekend,
God sê gaan volk verlos, manier waarop gaan doen.
luister mooi – verrassende maniere waarop God self beskryf:
13  Die Here ruk op soos ‘n soldaat,
strydlustig soos ‘n krygsman.
Hy skree en roep die oorlogskreet uit.
Hy oorwin sy vyande.
14  Ek het lank stil gebly,
Ek het geswyg,
My bedwing.
Nou skree Ek soos ‘n vrou wat ‘n kind in die wêreld bring.
 Ek hyg,
Ek snak na asem.

Preek
Kan nie vir julle sê hoe baie hierdie reeks oor Godsbeelde geniet –
leer God op nuwe maniere ken –
uitdagend, wonderlik nuwe goed leer.
Hoop waar van almal van julle ook!

So vanoggend God as bevryder.

Leer God eerste keer so ken in verhaal van Eksodus. 

Lees in Eks 3 (7-8) dat God pyn en onreg van mense raaksien
hulpkreet hoor
goed weet watter swaarkry hulle ervaar.

God nie ongeraak hierdeur,
gaan tot aksie oor
bevry onderdruktes.

So sien in Ek 14-15 hoe God dramaties ingryp
Israel bevry.

Juis waar Israel vasloop
geen uitweg sien,
breek God nuwe moontlikhede oop,
bevry God hulle.

Wat in Eksodus-verhaal sien,
verhaal wat vormend is identiteit Israel,
keer op keer na verwys –
God is verlosser,
God sien raak as kinders swaarkry,
bevry hulle. 

Hierdie lyn van God as verlosser
loop soos goue draad deur hele OT
tot in NT. 
God herhaaldelik uitgebeeld as God wat aan kant is van
weerloses,
armes
diegene sonder mag
en dié wat weerstand bied teen strukture en mense
wat mag misbruik
en ander onderdruk. 

Dink bv. Ek 20:
Ek is Here jou God wat jou uit Egipte… bevry het.

God is wesenlik die God wat mense uit situasies van onderdrukking bevry.

En dis hierdie bevrydingsdaad van God wat ons bestaan moet stempel
sodat ons ‘n lewe van vryheid kan leef –
‘n lewe waarin ons God respekteer
en mekaar respekteer deur die bepalings van God te gehoorsaam.

En dan word die volk natuurlik in ballingskap weggevoer.
En dis hier waar ons die volk ontmoet in Jes 42.

Deel van gedeelte wat gesprek tussen volk en God as hofsaak uitbeeld,
volk aangekla ontrou,
God verdedig ook self, nie volk verlaat. 

In hierdie gesprek kondig God aan dat volk weer gaan verlos,
gaan bevry soos wat gedoen uit Egipte.

Maar doen met interessante beelde,
manier waarop God na self en optrede verwys.
Beskryf verlossing op twee maniere:
as kryger en vrou wat geboorte skenk.

Vir ons vreemde beelde,
dalk goed mooi dink wat God van self sê as hierdie beelde gebruik. 

In eerste plek sien daarin iets van God se woede en pyn –
volk se ongehoorsaamheid
– en volk se gevolglike lyding –
laat God nie onaangeraak.
Onreg maak woedend, veroorsaak pyn
(verlede week God passie).

Maar nie magtelose en nuttelose woede en pyn,
woede wat oorwin,
pyn wat geboorte skenk aan nuwe vryheid, nuwe verhouding.

Sien hierin ook dat God aktief betrokke is in sy volk se lewe.

Soldaat staan nie van afstand,
bekyk besigheid van ver af –
beeld hier,
storm op slagveld in,
hier letterlik skreeu en brul –
aktief betrokke in stryd om bevryding.

Selfde natuurlik ma wat geboortepyne aan lyf voel
terwyl sukkel om kind vry te kry –
kan nie meer intieme beeld wees,
wys hoe betrokke God is by volk se bevryding.

Belangrik ook daarop te let dat beide kryger en vrou
in situasies is waar kan sterf.
Ons vergeet soms dat geboorte-proses in ONO lewensgevaarlik.

So hierdie metafore vir God as verlosser,
wys daarop dat God se krag anders is as wat ons aan krag dink,
dat daar weerloosheid en risiko binne God se krag is.

God gaan tot aksie oor om nuwe lewe vir sy kinders te bewerk,
maar enige optrede uit liefde gebore,
gekenmerk deur liefde en weerloosheid.

Weer een van daardie goed vir ons erg vreemd –
God, weerloos?  Risiko?

Maar dink gou bietjie terug eerste verse van teks in Jesaja ons gelees…

Die stryd om vryheid of verlossing
is nie van pyn en risiko gevrywaar.
Die beeld van God as kryger en vrou in kraam
volg op beskrywing van god wat God se dienaar roep
om geregtigheid aan die nasies te laat geskied –
lig vir nasies,
oë van blindes laat sien,
gevangenes uit tronk bevry.

Wat dienaar doen,
is dus konkreet beeld van God as bevryder gestalte te gee.

Daarom belangrik let dan nie hard sal skree,
nie geknakte riet afbreek,
nie dowwe lamppit uitdoof.

Die dienaar van die Here,
wat bekend staan as “dienende kneg”,
baie Christene vandag verstaan as Jesus,
laat dink aan Jesus aan kruis.

Dis baie belangrik om oë gedurig op kruis te hou.
Want dit help ons verstaan
dat God se bevrydingswerk
met ‘n anderse soort mag geskied…
die krag van die kruis,
van weerloosheid
en sterwe.

Maar gou weer saam met my terugkeer na Eksodus-verhaal,
miskien kyk na nog manier hoe hierdie bevrydingswerk van God konkreet lyk.

God hoor noodroep van volk,
sien pyn raak,
besluit te bevry.

En dan lees in Eks 1-4 versameling verhale
van vroue
uiteenlopende ouderdomme,
rasse,
klasse,
kulture,
grense tussen hulle oorbrug
om geweld teen te staan.

So vroedvroue
Sifra en Pua,
weier baba seuntjies dood te maak.

Moses ma,
suster Miriam
Farao se dogter –
later natuurlik ook Moses vrou Sippora
Eks 4, God vir Moses wil doodmaak,
Sippora simbolies besny
(artikel op blog).

Maar manier waarop God hierdie vroue gebruik,
bring paar belangrike punte onder ons aandag:

Eerstens leer dit ons waaroor bevryding gaan:
Gaan daaroor om dié wat hulleself nie kan help nie,
te help om vry te word van dít wat dreig om hulle te vernietig. 

Interessant dat God juis dié wat nie mag het nie,
gebruik om hulpeloses te help,
bloot deurdat hulle deur die trane van ander geraak word.

Daarmee saam, tweedens,
sien dat God gewone mense gebruik in verlossingsplan,
om bevryding te bewerkstellig. 

God gebruik gewone mense.
Wanneer gewone mense inisiatief neem
en doen wat reg is –
téén magte van dag wat anders wil hê,
dan gebruik God dit om kinders te bevry.

En laastens belangrik dat ons hierdie stories gedurig vir mekaar vertel.

Vroue in Eksodus se dade so subtiel,
dat meeste van hulle se name nie eers bewaar gebly,
die wat wel name opgeskryf, ons nie ken. 

Hulle stories vir ons goeie voorbeeld van al die stories
elke dag oor wêreld afspeel,
rondom ons afspeel,
maar nie altyd van kennis neem.

Is so dat stemme van bevryding oor eeue heen fluister,
nes dienaar nie skree. 

Maar belangrik dat kennis neem van manier wat God mense gebruik,
wat dalk nie dink dat reuse-taak vermag,
klein dingetjie doen,
reuse gevolge. 

Laaste ding wil onderstreep,
dat die beeld van God as bevryder
nie net op Israel se belange gefokus.

Verlossing van Israel nie net vir Israel bedoel –
dit moes uitbrei om al die nasies in te sluit.

In die donker tye ná die ballingskap,
word mense opgeroep nie net aan self te dink nie,
maar om juis die beeld van God as Bevryder te vergestalt
vir diegene wat dit nodiger het as hulle –
die wat steeds in die kettings van
armoede
siekte
diskriminasie
of geweld
gebind is.

Dit vra dan dat Israel besluit om anders in die wêreld te leef,
om nie aan die magspel van die magtiges deel te hê nie,
maar om hulle met die swakkes
en die weerloses
en die gewondes te vereenselwig.

Dit dan ook die appel vandag:
as God leer ken as Verlosser,
soos sien in Eksodus-verhaal,
beeld van kryger en vrou in kraam in Jesaja,
Jesus aan kruis
dan word opgeroep om hierdie ervaring in daaglikse lewe uit te leef
om in samelewing waar daar dikwels ander waardes geld,
waar waardes van mag en geld en status heers,
deel te wees van God se verlossingsplan,
ook vir hierdie wêreld.

Gebed
Dankoffer
Slotlied
 Lied 486 (staan)
Seën
Lied 313

Jeremia 8:18 – 9:2

Jeremia 8:18 – 9:2, Johannes 11:33 – 38

Deon Binneman 

Sondag, 16 Augustus 2009

 

Ons Passievolle God

1. Die Nektarbottel en die Voëls
Ons het ‘n nektarbottel aan ’n boom in die tuin opgehang.  Na ’n paar maande het die voëls dit ontdek:  vinke, muisvoëls, glasogies  en ’n verskeidenheid suikerbekkies het die bottel met die rooi suikerstroop ontdek.  Nou probeer ek om ’n baie goeie foto van hierdie bottel en sy besoekers te neem.  Die enigste probleem is dat die langste lens wat ek het, eintlik nie lank genoeg is nie.  En die bottel hang in die skaduwee.  So, fokus raak ’n baie ernstige probleem.  Soms is die bottel perfek in fokus, maar die voëltjie nie.  Terwyl ek so sukkel om  ‘n mooi foto van die voëltjies te neem en ek besef het dat ’n perfekte fokus eintlik  ’n baie beperkte deeltjie van die groter prent gehels, het ek aan ons verstaan van God gedink.

Ook ons verstaan van God bring telkens net ’n beperkte, ’n baie klein deel van God in fokus.  As ek aan God dink, dink ek aan ’n aspek van God.  Daar is dan soveel meer wat op daardie stadium nie in die aandag, in fokus, is nie.  As ’n mens aan God se vermoë om te oordeel dink, dan is daar so baie ander dinge wat oor God gesê kan word waaraan jy op daardie stadium nie aandag gee nie.  Daarom pas ’n stuk nederigheid by ons as ons oor God praat.  Want ons verstaan van God is altyd onvolledig.

2. Hoe sien jy God?
Toe ek my militêre diensplig gedoen het, was ons vir 3 maande op die Namibië/Angola grens.  Op ’n dag het die bevelvoerder ’n jong man na my toe gebring wat sê dat hy niks van die God waarvan daar by die Kapelaansperiodes en op die paradegrond gelees en vertel word, weet nie.  Die dominee moes die saak regstel.  Die man vertel toe dat hy in ’n Duitse huis in Windhoek grootgeword het.  Sy ouers het nooit kerk toe gegaan nie, by die skool was daar geen godsdiensonderrig nie en hy het geen maats gehad wat veel met die kerk te doen gehad het nie.  Al wat hy van God en Godsdiens weet is dat daar kerkgeboue bestaan en daar is mense wat soontoe gaan.

’n Jong en baie entoesiastiese dominee dink toe hy kan op hierdie skoon doek die eerste kwashaal van die geloof trek.  Ek begin toe by wat vir my die belangrikste eienskap van God is.  God is liefde en Hy sê Hy is soos ’n aardse pa …  Waarop die jong man terstond opstaan en uit die tent loop en verseg om om te draai en terug  te kom al roep ek hoe hard.

Weke daarna het ek hom weer raakgeloop en gevra wat hom die laaste keer so ontstel het dat hy net geloop het.  Hy sê toe dat as God soos ’n pa is, dan wil hy niks met God uit te waai hê nie.  Wat hy van sy pa kan onthou, probeer hy om liewer te vergeet.  Hoe kon ek dit voorsien?  My eie pa onthou ek soveel anders …

Ek het al gelees dat ’n mens so Godsbeeld met ’n honderas vergelyk kan word.  Hoe is God vir jou?  Miskien soos ’n Rotweiler wat kwaai blaf en gereed is om jou te byt?  Is God dus vir jou soos ’n kwaai God wat kyk waar jy oortree sodat Hy jou kan straf?  Of is God soos ’n stertswaaiende Labrador met ’n uithang-tong, soekend na jou aandag – die Man Daarbo wie maar te gretig wag op jou erkenning?

My vriend, wat predikant in Parys was, vertel van die bejaarde man en vrou wat in die woonstel oorkant syne ingetrek het.  Hulle het vir ’n jaar lank vir mekaar geknik as hulle mekaar voor die hysbak of in die portaal raakloop.  Toe vra die man hom op ’n dag watter soort werk hy doen.  Toe André antwoord dat hy ’n predikant is, sê die man dat hulle Jode is maar nie meer godsdienstig is nie.  Hulle was beide in die Tweede Wêreldoorlog in konsentrasiekampe en het daar hulle geloof in God verloor.

Ons dink nie almal dieselfde oor God nie.  Ons geskiedenis bepaal dikwels hoe ons oor God dink.  Maar hoe ons oor God dink, is heel moontlik maar net hoe God deur ons lens lyk, hoe ons op Hom fokus.

3. Godsbegrip van die Griekse filosofie teenoor dié van die Bybel
Vir die Griekse filosowe was God die Onbeweeglike Beweger, die Ewige, die Onveranderlike, die Onafhanklike wat niks van niemand nodig het nie, wat heeltemal emosieloos is en apart van die skepping staan.  Hy het nie lief nie en hy haat nie.  Hy is vry van alle emosies.

Maar nou lees ons juis in ons teks dat God kan huil en dat Jesus Christus deur sy emosies oorweldig word.  Jeremia beeld God uit as ’n God wat huil netsoos hy as profeet huil oor die tragedie wat besig is om onder die Israeliete af te speel.

God se diepste innerlike emosies word verwoord wanneer God uitroep dat Hy dag en nag wil huil totdat daar nie meer trane oor is nie.  God wens om ver weg te vlug, iewers die woestyn in, net om te kan wegkom van die mense en hulle pyn.  Hy is verslae oor Israel se onvermoë om die gevolge van hulle sonde te besef.  Hy sien hulle seer en kry saam met hulle seer.  Ook God sien hulle seer.  Soos Jeremia oor sy volk se lot huil, so huil God oor sy mense se seer, oor die gebrek aan genesing van hulle wonde.  Die versmelting van God en die profeet se trane wys hoe God Homself volledig met die mens se situasie van pyn en lyding vereenselwig, in so ’n mate dat God se trane asof uit ’n bodemlose put opwel.

4. ’n God wat huil verruim ons verstaan van God
Staan ’n God wat huil in skerp kontras met jou verstaan van God?

Dit is opvallend hier in die Jeremia dat God se trane ’n verandering in die trant van die boek bring – ’n verandering in God self, maar ook in die mense.  Dit is wanneer God huil dat Hy beweeg van ’n veraf, onbetrokke God wat net afkom aarde toe om straf uit te deel, na ’n God wat betrokke is, wat nie net mense se seer raaksien nie, maar saam met hulle ly.  God se trane wys dat Hy steeds die mens liefhet, ten spyte van …  En dit is juis God se trane as teken dat Hy Hom by mense en hulle pyn skaar, wat genesing, heling moontlik maak.  Want ons sien telkens in die Ou Testament dit is wanneer God mense se pyn raaksien, dat Hy verandering bewerkstellig.

Om God te sien huil verander ook mense.  Dit is wanneer jy God weet dat God ook huil oor wat met mense gebeur, dat jy ook in ’n ander verhouding met God kom.  Want waar daar trane is, word mag en geweld prysgegee.  Daar word mense oopgestel vir mekaar en dit is daar waar egte heling ’n moontlikheid word.

5. God en ons lyding …
Om die mens se lyding op aarde te verstaan, en om God se plek en rol in die gelowige se lewe regtig te verstaan, bly ’n onmoontlike taak.  Maar na die lyding wat die Tweede Wêreldoorlog gebring het, het teoloë begin sê dat God nie afwesig was in hierdie verskiklike nagmerrie nie, maar saam m et mense was in hulle donkerste tye.  Jurgen Moltman het God so sterk met die lyding in die wêreld geassosieer dat ’n mens kan se dat God self ly.

Die lydende God los nie alle vrae op nie.  Ons weet nie hoekom God nie soms vroeër ingryp nie.  Ons weet nie hoekom God nie soms keer dat die swaar oor ons kom nie.  Wil dit nie soms lyk of God se ’n bietjie magteloos staan teenoor dit wat op aarde gebeur nie?

Ons weet nie alles nie, ons ken nie al die antwoorde nie.  Maar vanoggend kom daar ’n aspek van God in fokus wat ons moontlik mag help.  Ons God kan saam met ons huil …

Jes 66 – Son 9 Aug 09

Jesaja 66: 5-14: God se barmhartigheid en genade in die tyd van die ballingskap en vir vandag

1. Beelde van God

 Ons kan nie anders as om oor God te dink en te praat deur middel van beelde nie. Ons neem konsepte soos “Vader”, “Verlosser”, en “Vriend” uit ons ervaringswêreld en gebruik dit om iets van die misterie en werklikheid van God te verstaan en te probeer uitdruk . Natuurlik kan ons beelde nooit die volheid van God vasvat en tot uitdrukking bring nie. Juis daarom bestaan die gevaar dat ons beelde van God later stagnant en geyk kan word – dat hulle losgemaak word van die misterie en werklikheid van God. 

Dan word ons beelde stereotipes wat God vasvat in ons geykte begrippe en sienings en wat ons verhinder om in ‘n egte verhouding met die lewende God te leef. So word God dan bloot deel van ons ideologie, en is Hy nie meer vry om ‘n God te wees wat op verrassende maniere in ons lewens kan ingryp nie.

Hoekom is dit ‘n probleem? Omdat ons beelde van God ons kan faal wanneer ons in situasies en kontekste kom waarin ons met nuwe werklikhede gekonfronteer word waarin ou idees en tradisies net nie meer werk nie. Ons ken almal tye waarin ons vra – hoe kan ‘n God van liefde dit toelaat? Hoe kan God “liefde” wees en dan soveel pyn en lyding toelaat? Hoe kan God “magtig” wees as ander skynbaar meer magtig is om ons te oorheers en die wêreld waarin ons woon te bedreig? Hoe kan God “vrede” wees as ons omring word deur oorloë waaring onskuldiges sterf en uitgebuit word? En so deur die vrae en die twyfel heen, maak God nie meer vir ons sin nie, en hoewel ons steeds kerk toe mag kom, leef ons nie meer vanuit ‘n egte verhouding met God nie. So word die kerk al hoe meer irrelevant in ‘n moderne of post-moderne wêreld waarin ons beelde van God nie meer werk nie.

Die vraag is egter of die probleem by God of by ons lê? Pleks van om God al hoe meer na die kante van ons bestaan te skuif, moet ons vir onsself afvra of ons nie nuut oor ons beelde van Hom moet dink nie. Anders gestel, moet ons nie vir God toelaat om op nuwe maniere en deur middel van nuwe en verrassend beelde, of dalk ou en vergete beelde, met ons te praat nie? Is dit nie wat dit beteken om in geloof te leef nie – dat ons God nooit ten volle kan definieer en omgrens nie, omdat Hy meer is en groter is as ons denke en stereotipes? Omdat Hy die lewende en misterieuse God is wat in elke nuwe situasie van ons lewens vir ons wil leer om anders oor Hom, en daarom ook oor mekaar te dink. Omdat Hy ons wil leer om in-verhouding met Hom te leef. Die teks van Jesaja 66 wil ons iets hieroor leer. In die besonder wil dit vir ons iets leer oor wat dit in daardie konteks beteken het om God te ontdek en te beleef as die barmhartige en genadige God. En aan die hand van wat ons die Jesaja 66 lees, mag God ons ook as Sy gemeente lei om ‘n nuwe begrip van Sy barmhartigheid en genade te ontwikkel.

2. Jesaja 66 in die konteks van ballingskap

Jesaja 66 vorm deel van die tweede deel van Jesaja wat met Jesaja 40 begin en waarin ons op ‘n besondere wyse met die wanhoop van Juda –die volk van God – in die tyd van die ballingskap in die sesde eeu VC gekonfronteer word. God se volk is weggevoer van hulle eie land, maar nie net dit nie – die tempel is verwoes, die stad Jerusalem en die res van die land lê in puin, en vir die mense voel dit asof God hulle totaal verlaat het. Want hulle hele verstaan van God, hulle beeld van God, het gedraai om ‘n God wat vir altyd in die tempel sou woon, ‘n God wat vir altyd ‘n koning op die troon van Dawid sou plaas. Hulle God was ‘n God van die Tradisie, ‘n Volksgod – ‘n God wat Sy volk gesëen het – ongeag wat hulle gedoen het. Duidelik en treffend kom hulle ontnugtering na vore in Jesaja 64:10-12.

 Here, gaan u aanhou om ons te laat ly? Dit is juis binne hierdie geloofstryd, waarin God se kinders worstel met die werklikheid van lyding, dat Jesaja 66 – maar eintlik die hele tweede gedeelte van Jesaja – ons wil leer om sin te maak van God as ‘n barmhartige en genadige God. In hierdie geloofstryd is God net so aktief betrokke as Sy kinders om nuwe sin en lewensmoontlikhede te skep. Ek wil dan vanoggend hierdie geloofstryd in vier fases indeel, en dit as raamwerk gebruik om oor God se barmhartigheid en genade na te dink. Natuurlik is hierdie fases nie noodwendig in netjiese kronologiese volgorde nie – hulle is eerder bewegings wat inmekaar vloei in ‘n heen-en—weer beweging.

Die geloofstryd begin met ‘n hunkering na dit wat altyd was. Na die tradisie van die bekende, en die ou manier van dinge doen. In Jesaja 63:16-17 pleit God se Kinders by Hom – om weer te wees soos vroeër, want Hy is tog hulle Vader, wie se naam van ouds af “Ons Verlosser” is. Natuurlik het hierdie reaksie iets beet van die waarheid. Dat die geskiedenis van God se verbintenis met Sy kinders die bevestiging is van Sy trou, en van die gemeenskap waarin Hy met hulle – en ook ons – wil leef. Maar juis deur vas te hou aan die tradisie kom die gevaar dat ons dit probeer verstar, dat ons God probeer vasvang in die bekendheid van die tradisie en daarom nie meer oop is vir die moontlikheid dat Hy op nuwe en verrassende maniere kan optree nie. En in die omstandighede van die ballingskap was die werklikheid dat dinge nooit weer na die bekende sou terugkeer nie. En daarom dat ou beelde van God met nuwe betekenis gevul moes word, of dat nuwe beelde van God moes ontwikkel.

 En as God dan oënskynlik stilbly, as Hy dan nie weer “soos van ouds” word nie, dan tree daar in die tweede fase ontnugtering in.  Hoor weer die verlae kreet van die volk in Jesaja 64:12 – “Raak hierdie dinge U dan nie Here? Gaan u nie ingryp nie? Gaan u aanhou om ons te laat ly?” Vir sommige mense eindig die geloofstryd dan ook daar – met ‘n afwesige God wat nie meer sin maak nie. Omdat God hulle of ons dan in die steek sou gelaat het, omdat Hy nie meer omgee nie, draai hulle hulle rug om Hom en leef in ‘n wêreld sonder God.

Maar God is nie afwesig nie. En daarom breek daar in ‘n derde fase geleidelik die besef deur dat die oorsaak van die verwydering nie by God lê wat nie meer aan Sy beloftes getrou is of Sy verhouding met Sy kinders vergeet het nie. Die probleem is eerder dat Sy kinders, Sy gemeente, hulle verhouding met Hom verdraai en misvorm het sodat dit ‘n soort gemaklike godsdienstige ritueel geword het, wat van alle egtheid beroof is. ‘n Vormgodsdiens waarin daar geen reg en geregtigheid leef, en waarin daar van ‘n egte verhouding met God geen sprake is nie.

Jesaja 59 illustreer dit treffend. In vers 2, lees ons: “Dit is julle oortredinge wat skeiding gebring het….”. En dan in Jesaja 59:9-15 vind ons die treffende kontras tussen dit waarop die gemeente wag – lig, reg, redding – en die teenoorgestelde – uitsiglose donker, onreg en ontreddering. Hoekom? Omdat hulle eie optrede hulle van die liefde, geregtigheid en verlossing van God afgesny het.

Om  sin te maak van die werklikheid van God in hierdie krisis van die ballingskap, lei die Here dus Sy gemeente om na te dink oor die basis van hulle verhouding met Hom. Sy groot verlossingsdade van die verlede bevestig Sy diep verbintenis met hulle – Sy liefde en trou. Maar Sy gemeente se verhouding met Hom kan nie bloot op die tradisie, op dit wat was, berus nie. Want God is ‘n dinamiese God wat verwag dat Sy kinders vandag, in die hier en nou, sal leef met dade van geregtigheid. Dat hulle in die waarheid sal leef, met liefde en trou. Op grond van hierdie besef dat hulle tot inkeer moet kom, sou ons kon verwag dat die Here nou dienooreenkomstig sal optree. Dat hy in ooreenkoms met hulle berou, hulle nou sal seën en sal red. Maar die merkwaardige van Jesaja 66 is dan juis dat God nie in-ooreenkoms-met optree nie, maar bo alle verwagting ingryp om Sy kinders te herstel.

In die vierde beweging van die geloofstryd, beeld Jesaja 66 dan vir ons ‘n God uit wat in barmhartigheid en genade in Sy kinders se wanhoop en hunkering na Sy liefde en trou ingryp, om hulle te verseker dat Hy vir hulle onmeetbaar lief is, en dat Hy hierdie liefde gaan bewys in die wyse waarop Hy hulle konkrete omstandighede verander. Hoewel die spesifieke woorde van God se barmhartigheid en genade nie in Jesaja 66:5-14 voorkom nie, word die hele gedeelte deur hierdie beeld van God gedra. Die Hebreeuse woord vir baarmoeder – (raham) – is etimologies verbind aan die woord vir barmhartigheid (rehem). En daarom roep die beeld van God se barmhartigheid die beeld op van ‘n vrou wat geboorte gee, van ‘n moeder wat in haar baarmoeder aan haar baba beskerming en sekuriteit bied. In reaksie op Sy volk se sondebelydenis en terugkeer na Hom, reageer God dus deur middel van die intieme en tere beeld van die geboorteproses, om aan hulle die verskering te gee dat Hy wat – soos ons in Jes 66:9 lees – die moederskoot laat oopgaan, ‘n geboorte gaan laat plaasvind. Sion –die stad van Jerusalem waar God in Sy tempel woon – sal weer lewe skenk aan ‘n nuwe volk, ‘n volk wat ‘n nuwe skepping is – ‘n volk wat weer gebore is. God, die barmhartige God, gryp in en maak Sy volk nuut. En dit is Hy wat alles doen want Hy is genadig – Hy bring hierdie nuwe, herstelde volk voort uit die baarmoeder. Vanuit Sion, die stad waar Hy woon, die plek waar hemel en aarde bymekaarkom, sit God ‘n proses aan die gang om Sy volk te herstel en nuut te laat leef.

Maar terwyl God se barmhartigheid vergelyk kan word met die geboorteproses, is dit ook anders. Want die gewone geboorteproses gaan gepaard met geboortepyne, maar in hierdie geval, het die geboortepyne skaars begin of die kind – Israel – word gebore. Op hierdie wyse sien ons hoe God se barmhartigheid in hierdie konteks van wanhoop en twyfel dan ook anders is as die van die gewone menslike geboorteproses. Want wanneer Israel dan na God terugkeer, is Sy reaksie om hulle onmiddellik en volledig te herstel. Iets van die wonder hiervan lees ons dan ook in vers 8: “Wie het al so iets gehoor? Wie het dit al gesien? Word ‘n land op een dag gebore, of word ‘n nasie in een oomblik in die wêreld gebring?”. God se barmhartigheid en genade verskil van die logika van ons gewoonlike menseverhoudings. Dit neem soms baie lank voordat ons bereid is om mense wat ons verwerp het en hulle rug op ons gedraai het, en later met ons versoening soek, so te vergewe en te vertrou dat ons weer in ‘n oop verhouding met hulle kan leef. Dikwels wil ons eers hulle erns op die proef stel, wil ons tasbare bewyse van hulle nuwe gesindheid sien. Maar God werk in Sy barmhartigheid en genade nie so nie. Hy soek nie eers die bewys van ons nuwe gesindheid nie, Hy stel ons nie op die proef nie. Nee, Hy vergewe volledig en onmiddellik, en Hy maak ons totaal nuut soos wat Hy Sy stukkende volk nuutgemaak het in die tyd van die ballingskap.

En, dan is God se barmhartigheid en genade ook die grondslag van ‘n standhoudende nuwe verhouding waarin Sy kinders Sy liefde en sorg op ‘n omvattende wyse beleef. Weereens gebruik Jesaja 66 die beeld van ‘n moeder se liefde om hierdie treffende waarheid uit te druk. Pragtig skets Jesaja 66:11-13 vir ons die beeld van ‘n moeder wat haar baba voed en versorg, wat haar kind aan haar bors en op haar skoot vertroetel en laat veilig voel. Wat die Bybel vir ons wil vertel is dat God in Sy barmhartigheid en genade in al ons behoeftes sal voorsien – dat ons niks hoef te vrees nie, omdat ons sekuriteit in Hom geleë is . Dink net aan die impak van hierdie boodskap in die tyd van die ballingskap. Hier is ‘n groep mense wat ervaar het hoe die mag van die Babiloniërs hulle land verwoes het – ‘n volk wat in terme van ekonomiese en militêre mag maar ‘n klein speler was. Maar God sal hulle herstel – hulle sal weer veilig woon in die land en in Jerusalem. Hulle sal weer voorspoed beleef, en die rykdom van die nasies sal na hulle stroom. Omdat God, die barmhartige en genadige God, die bron van hulle vrede en sekuriteit sal wees. Soos wat ‘n moeder haar kind vertroos en beskerm, so sal God met hulle wees. En daarom sal hulle blom! “Julle sal nuwe lewe kry, soos groen gras wat uitspruit”, sê Jesaja 66:14. Julle sal leef in voorspoed en vrede, julle sal nuwe hoop hê. Hoe onlogies en onmoontlik so ‘n boodskap ook al in die tyd van die ballingskap mag geklink het, skep God se barmhartigheid en genade dan juis die nuwe geloof waarmee Sy kinders kan besef dat Hy in beheer is, dat Hy magtig is, en dat Hy vir hulle sal sorg.

3. Vir Vandag:

Wat wil God, ten slotte, vir ons uit Jesaja 66 leer? Hy wil ons uitdaag om in ons tye van krisisse, op indiwiduele vlak, maar ook as Sy gemeente, as Sy kerk, toe te laat dat Hy ons kan verras deur op onverwagte nuwe maniere op te tree. Hy wil ons uitdaag om nie aan die ou bekende beelde en tradisies vas te hou nie, omdat hulle nie noodwendig in nuwe tye werk nie. Hy wil ons uitdaag om ons ou beelde met nuwe inhoud te vul, of dalk om deur middel van nuwe beelde na te dink oor Sy betrokkenheid by ons.

Hy wil ons ook roep om te besef dat ons in-verhouding met Hom met leef. Dat ons Hom nie moet probeer inpas in ‘n soort godsdienstig raamwerk wat gebou is rondom ons verwagtings en behoeftes, maar waarin ons maar eintlik net doen wat ons wil en waarin daar weinig van die liefde en genade van God tot sy reg kom nie. Deur in-verhouding met Hom te leef, moet ook ons lewens dan deur Sy barmhartigheid en genade gedra word. Ons moet regverdig teenoor ander optree – die waarheid praat, in trou optree, en ander behandel met respek. Maar eintlik moet ons nie bloot regverdig optree nie – ons moet met barmhartigheid en genade optree. Ons oë en harte moet oop wees vir mense, gemeenskappe wat stukkend is, waar wanhoop en uitsigloosheid die oorhand gekry het. En juis in daardie omstandighede moet ons ‘n verskil maak – want as ons dit nie doen nie, dan verstaan ons nog nie dat God barmhartig en genadig is nie. En slegs as ons, as God se gemeente, dit gaan doen sal ander op grond van wie ons is, en dat wat ons doen, verstaan dat God ‘n barmhartige en genadige God is.

 En laastens, wil Hy ons oë en harte oopmaak vir die wonder van Sy barmhartigheid en genade wat alle menslike verwagtings oortref, en wat daarom juis in Sy Seun Jesus Christus sy gestalte gevind het. God wat in Jesus opgetree om as mens Sy barmhartigheid en genade onder as uit te leef en vir ons ‘n nuwe toekoms as Sy kinders te skep – is met ons op pad na die voleinding, na die tyd wanneer alles met Sy heerlikheid gevul sal word, en Hy Sy kinders by Hom sal versamel in die nuwe stad Jerusalem. Dit is ons hoop, dit is ons anker, dit is die vaste wete wat ons midde-in al ons tye van twyfel en wanhoop dra om aan Hom – die barmhartige en genadige God – vas te hou.

Amen.

Son 26 Jul 09 – Eksodus 3

God en die kleur pers – Eksodus 3
Gesinsdiens

Vooraf: Mosaïek “Net U Alleen”
Intro:  Annalise Wiid “Kaalvoet” & videosnit uit “The Prince of Egypt”
Votum & seëngroet
Verwelkoming & verjaardae
Toetrede
:  Lied 164

Video  
Loflied  
In die Hemel is die Heer 
Lied 212 (Loof die Heer, Hy is Goed)  (staan)

Getuienis  (Riëtte & Miricke du Plessis)
Gesprek: 
Waaroor in verwondering oor God?  Wat God in jou lewe gedoen?
Ouers – vertel hoe kinders wonderwerk in lewe

Geloofsbelydenis
Aanbidding  Hemel Vader (x2) 

Gebed
Skriflesing Eksodus 3:1-6, 13-15
Prediking
Fokus kwartaal op Godsbeelde –
almal het beeld, prent in kop van God.
Dink:  as prent van God moet teken, wat sal teken?
(kinders kan later)

Gesels:  hoe lyk God?

Ons almal so prentjie van God.
Nie hoe God fisiek voorstel,
maar aannames oor wie God is, hoe God is. 
Maar nb onthou,
God altyd groter as ons prentjies,
meer as dit.

Vriendin vertel eendag gepreek
mens God nie in boks kan plaas. 
Weet beteken iemand in boks plaas?

Een van kinders wil weet,
kan nie regtige gróót boks gebruik?

Maak nie saak hoe groot boks,
God altyd groter, meer.

Teks:  God sê vir Moses “Ek is”,
sodat Moses nie God vashou,
in boks pas.
Sê pas nie ons bokse,
is meer,
groter.

Maar beteken nie kan niks van God weet!
Kan God ook ken.
Teks:  God sê tog wie is,
stel self voor,
God van voorouers.
God stel self aan ons voor,
kan goed van hom weet –
veral uit gesk,
ons storie,
ander gelowiges stories
(Abraham, Isak, Jakob).

Sien, God wil hê dat ons hom moet ken.
En nie ophou,
altyd beter leer ken –
soos jare lange vriendskap,
dink ken iemand,
ontdek steeds nuwe goed. 

Daarom Gees ons voortdurend uitdaag nader God groei,
beter leer ken.

Kan uitdaging aanvaar of ignoreer.
Eintlik gaan manier waaroor oor God dink,
bepaal hoe op uitnodiging God beter leer ken, reageer.

Navorsing:
kinders beeld van God
dikwels verband met manier waarop oor ouers dink.
Verband bv. tussen God en biologiese pa,
karaktertrekke van aardse pa projekteer op God.

Volwassenes, navorsing getoon,
dit wat tans in lewe gebeur,
hoe oor self dink,
bepaal hoe oor God dink. 

Probleem is,
kan op manier oor God dink wat toksies is,
wat bind,
maak nie groei,
al wonderlike aspekte van God,
waaroor in verwondering kan staan,
nie sien.

Boek “Color Purple”
Alice Walker
(1985 fliek)
Gaan oor vrou Celie,
gebind deur baie dinge in lewe,
ander mense haar mishandel,
hartseer,
verlies.

Dan vra ander vrou,
Shug,
Celie vertel hoe God lyk.

Celie antwoord:
Groot en oud en grys baard en wit.
Lang wit kleed
kaalvoet.

En oë, vra Shug.
Blou-grys. 
Koel.
Groot.

Shug lag.

Celie:  waarom lag?
Ek dink nie snaaks.
Hoe verwag jy God lyk?
Mister?

(Celie man, swart man, nie lief…)

Shug antwoord:  dit sal nie verbetering wees.
Pleit by Celie om assosiasies te sien tussen God en bome, blomme, wind, berge.
En veral kleur pers.

Sodat sy, elke keer wanneer verby veld met pers blomme stap,
iets van God sal raaksien.

Maar, kla Shug,
mense sien nie die kleur pers raak nie.
Ook nie ander mooi aspekte van God skepping nie.

En sy wat Shug is,
reken dat God bitter vies raak
as ons verby veld met pers blomme stap
en dit nie raaksien nie.

Wat Shug in storie sê,
dat nie eng of eenvoudige beeld van God moet hê nie. 
Mens moet verder kyk,
meer van God leer ken.

Dink weer aan boks:
God pas nie enige boks ons hom sit.
Enigiets ons oor God sê,
nie waar,
God meer,
groter.

Maar al wat het,
is menslike woorde,
beelde.
Al manier God kan beskryf.

En as God wil hê ons hom ken,
dan woorde en beelde het,
manier waarop leer ken,
onthou altyd ons woorde beperk,
God meer.
Maar woorde en beelde help ons verstaan, ken.

Gesond wanneer help God beter leer ken,
ongesond wanneer blokkeer.

Nie altyd so maklik weet watter Godsbeeld werklik met saam dra.

Joernaalblad
Vou, hoe reageer in krisis –
aanduiding van hoe oor God dink.

Kan vra:
hoekom maak saak?
So what as positiewe of negatiewe beeld van God het?

Dink is,
beeld van God beïnvloed verhouding God,
ook self en ander.

Gestel hoor skinderstorie van iemand nie ken.
Of enige storie.
Vorm beeld in kop van daardie mens.

Wanneer kort daarna ontmoet,
vooropgestelde idee
reeds oordeel oor persoon,
bepaal hoe sien,
hoe dink en relate met persoon.

Daarom ons sê eerste indrukke so nb.
Beeld ons vorm,
beïnvloed hoe kommunikeer met mense,
houding teenoor hulle. 

Selfde God. 
Eintlik nog meer so.

Beeld van God beïnvloed hoe reageer op God,
beïnvloed wat verwag van God –
en van self. 

Bv. iemand tot bekering,
geestelike hoogtepunt,
beleef ervaring met God.

In res van week herken nie ervarings met God,
want pas nie in verwagting.

Beeld van God bepaal wat hoor van God,
hoe luister na God,
hoe leef met God.

Ook hoe oor self dink,
oor ander dink. 

Ook gemeenskaplik:
manier wat ons as gemeenskap oor God dink,
bepaal hoe ons oor self as gemeenskap dink.

Terug na kolomme op joernaalblad.

Beeld van God bepaal hoe krisisse hanteer,
hoe reageer op wat in lewe gebeur. 

Daarom maak saak,
moet kyk na hoe oor God dink,
ondersoek,
God toelaat meer te wees,
nie bokse wil toedruk,
god toelaat bokse afbreek,
sodat al meer kan ken. 

Soos as ek my skoene ontgroei.
Kan kies aanhou selfde paar skoene dra,
kla omdat nie pas.

Of heeltemal ophou skoene dra

Of nuwe skoene dra.

Gestel jy’s 5 jaar oud,
iemand vra ouers beskryf.

Nou verbeel 30,
iemand vra weer ouers beskryf.

Selfde vraag,
dalk selfs selfde antwoord,
dieper betekenis.

Watter beskrywing regte een?
toe 5 was, of 30?

Albei korrek,
maar reflekteer groei tussen-in.

Sal fout wees
om 5-jarige se beskrywing van ouers af te maak.
of, aan ander kant,
om te dink dit finale woord oor ouers.
Belangrike ontdekkings op lewenspad,
sodat “ geheelprentjie” van ander persoon kan sien.

Is natuurlik ook moontlik dat beeld van ouers lewe lank selfde bly.

Dan begin hulle idealiseer,
word nooit regte mense,
verhouding kan nooit groei. 

My droom / gebed kwartaal kom –
ook uitdaging elkeen van ons,
godsbeelde in oënskou te neem,
ernstig te reflekteer,
hinder of bemagtig.

Gees toelaat in werk,
boks oopmaak,
Groter God ontdek,
daarmee self ook mekaar
en God beter leer ken.

Verwondering.

Amen

Voorbidding  Hannes Marais

Afkondigings & Dankoffer
Gebed Jurie Jurgens
Slotsang Lied 547 Alle volke, klap julle hande

Seën

CD Great is the Lord Snit 4