Skip to main content

Mark 6 – Son 19 Jul 09

Verwelkoming & Afkondigings
Toetrede
 Lied 519 (sit)
Votum Ps 23
Seëngroet
Lofsang
 Lied 214 (staan)
Epiklese  Lied 214
Skriflesing
Markus 6:
Jesus word in Nasaret verwerp,
stuur vir eerste keer 12 uit
Johannes die doper word vermoor

Markus 6
30-34
Hierna volg eerste vermeerdering van brood,
Jesus stuur dissipels vooruit na Bethsaida,
stuur nog eers mense huis toe, gaan berg op en bid,
loop op see
53-56

Preek
Ene H.C.G Moule het gesê:
Ons kan onmoontlik met enigiets minder tevrede wees as om
elke dag, elke uur, elke oomblik
in Christus,
deur die krag van die Heilige Gees,
om met God te leef nie. 

Markus 6 help hiermee, met leef met God. 

Teks vanoggend,
dissipels eerste keer “apostels” – gestuurdes – genoem.
Wanneer terugkom,
Jesus weet hoe uitputtend werk is,
wil op retraite neem.
Lyk asof Jesus in hierdie gedeelte eerstens op dissipels se geestelike versorging wil fokus.
Stil plek nie sodat kan hoor wat gebeur het,
maar sodat rus,
moontlik bid om God krag en leiding.

Maar Jesus se reputasie so gegroei,
dat oral gevolg deur groot skare. 
Jesus versorg dan nie net dissipels,
maar ook skare wat hom gevolg het.
Gee om vir hul fisiese en geestelike nood –
gebruik OT beeld van skape nie herder,
wat weet Jesus dikwels self toegeëien. 

Wat ons dan in hierdie teks sien,
wat ek dink ons gaan help in lewe met God,
gaan oor ritme van Christelike lewe –
tussen mense en God. 

Christelike lewe is ritme van stilraak in teenwoordigheid van God
en weer uitbeweeg in teenwoordigheid van mense.
Soos slaap en werk.
Kan nie goed werk as nie genoeg slaap
en kan nie slaap as nie genoeg werk gedoen sodat moeg is, slaap nodig!

Uitdaging Christelike lewe dan hierdie balans te kry,
tussen mense en God.

Maar wanneer soek na hierdie balans,
twee gevare.

Eerste gevaar
ek vermoed meeste van ons meeste aan blootgestel,
daarom een ernstigste moet kennis neem,
is gevaar van konstante aktiwiteit.

Ons leef in era van gejaagdheid. 
Werk langer, harder
meer volgens iemand anders se skedule as 30 jaar terug.
Slawe geword van gejaagdheid. 
Voel minder tyd het spandeer sake gemeenskap belang,
jaag van een ding na ander –
ook soos mense in teks – gedurig aan’t kom en gaan.

Teks verhaal van rus en eet.
Gebruik graag McD as simbool van wêreld ons leef, (aanddienste)
dink personifieer ons samelewing.

Iemand genaamd Eric Schlosser boek geskryf
“Fast food nation”.

Vertel hoe fast food industrie elke hoek en draai van ons lewens geïnfiltreer.
Hoe verbruik daarvan toegeneem,
mense vandag meer geld aan gemorskos spandeer
as aan naskoolse opleiding,
rekenaars,
sagteware,
selfs – in VSA  – as aan nuwe karre.

Meer op gemorskos
as aan flieks,
boeke,
tydskrifte
koerante
video’s
musiek –
sáám!

In VSA McD verantwoordelik vir 90 persent van nuwe werksgeleenthede,
besit meeste eiendom in wêreld – meer inkomste uit eiendom as kos.

Coke vervang as bekendste handelsnaam.

Navorsing Amerikaanse skoolkinders,
96% herken Ronald McDonald –
enigste fiktiewe karakter
hoër persentasie herken
is Kersvader.

Sê Schlosser:
Moeilik om impak van McD op lewens vandag te oorbeklemtoon.
“The Golden Arches are now more widely recognized than the Christian cross.”

Meer mense weet waarvoor die goue M staan,
as waarvoor die Christelike kruis staan.

Gemorskos –
Eng meer gepas:  Fast Food industrie
simbool geword van kultuur
wat by venster verby ry en kos verwag,
nie tyd vir diep asem haal,
ontspan,
kalmeer.

Obsessie geraak.
“As ek dit nie self doen nie,
gaan dit nie gebeur nie”.
Iemand gesê dis die ateïsme wat ons tyd kenmerk:
idee dat ons verantwoordelik is vir alles,
alles moet laat gebeur.
Het vergeet dat God kan vertrou
deur ons te werk
én sonder ons te werk.

Ons sê:
you snooze, you lose.
Altyd aan die gang,
danksy e-pos, selfone,
altyd beskikbaar.

Gedink tegnologie lewe makliker maak,
meer tyd vir rus –
teendeel gebeur,
mense werk meer,
langer ure,
werk by huis,
weens e-pos en selfone.

Beskikbaarheid siekte geraak,
sommige mense angs beleef as nie op selfoon beskikbaar.
Dink hoe goed ons 15 jaar terug daarsonder klaargekom?

Vat dan hierdie prentjie,
hierdie McD prentjie van ons lewe,
en kyk na Jesus se lewe.
Jesus gereeld,
kan deur evangelies kyk,
gereeld tyd af geneem,
afgesonder,
gerus,
by God uitgekom.

Sien ook dat volgelinge nodig het hierdie ritme te leer.
Weet dat hulle moeg is,
neem hulle weg,
sodat kan rus.
Hy is inderdaad goeie herder,
wat skape neem na waters waar rus is,
wat skape volheid van lewe wil laat geniet. 

Kan jy dit hoor?
Kan jy dit ontvang?

Ek dink vir ons baie moeilik hierdie idee te begryp,
wat nog te sê in lewens integreer.
Ons grootgeword stellings soos
“ledigheid is die duiwel se oorkussing”.

Respekteer besig-wees,
status-simbool,
spog met hoe nie kan stilsit. 
Wat ons nodig het,
is om die heilige ritme van rus
te herwin.
Al opgelet hoe opdrag Sabbat heilig hou,
weeskind van tien gebooie is?
Die enigste wat min of geen respek kry.
Sal graag spog hoe besig is,
sonder skuldig voel vir mekaar vertel (ek self)
hoe lanklaas gerus,
hoe baie het te doen…
verbeel jou ons doen dit met res van 10 gebooie ook!
“Haai, ek moet môre egbreek pleeg”.

Catherine Marshall was ’n beroemde skrywer van jare terug:
In 1959 was Catherine Marshall pas getroud
én het sy probeer om die 3 kinders van haar man groot te maak.

 Met baie om oor te bid en stil te word by God,
kon sy en haar man Len nie tyd kry om stil te word nie. 

Toe begin hulle iets wat hulle Die Koffie eksperiment genoem het,
waar ’n outomatiese koffiemasjien hulle elke môre aromaties (koffie geur wat die huis vul) om 6 uur wakker gemaak het.

Hulle het hulleself oorgee aan God
en Sy vrede het heeldag saam met hulle gebly
te midde van dikwelse onvrede.

Catherine Marshal het toe tot die gevolgtrekking gekom.
“The best time for prayer isn’t found.
It’s made.”

Die beste tyd vir gebed – vir rus in God –
word nie gevind nie,
dit word gemaak.

Vang jy dit?
Jy sal nooit tyd vind vir stil word nie,
jy moet tyd maak daarvoor,
want die lewe sal jou in die maalkolk van gejaagdheid insuig!

Ek hoop ons dit regkry regtig hierdie skuif te maak,
dat rus net so belangrik is as werk.
Dit as waarde internaliseer
deel raak van ritme van lewe –
werk en rus,
fokus op God
afhanklikheid van hom erken
deur soms te los
en te rus.

Gaan in kwartaal wat kom begin inoefen –
van volgende Sondag af uitdaag elke dag 12h 5 min bid.

Maar teks fokus aandag op tweede gevaar…
onthou,
sabbat baie sterk aspek van sosiale geregtigheid gehad –
dag van rus
ook vir slawe en diere.
Sabbat nie net rus,
maar ook sorg.
Tweede gevaar soeke na balans,
te veel onttrekking. 

Ons skuldig hieraan,
omdat nie balans regkry,
omdat fouteer met vorige een,
fouteer ook met hierdie een –
omdat so besig
lewe so vol gelaai,
het eenvoudig nie tyd
energie,
om vir naaste om te gee,
uit te ryk,
ander te versorg.

Tog wat helder by Jesus sien –
gee altyd om vir mense,
sien altyd om na hul behoeftes.

Wanneer ons tyd maak vir stilte,
genoeg rus kry,
dan maak God ons,
in daardie stilte,
juis weer sensitief vir die nood rondom ons.

William Barclay sê:
Gebed wat nie op werk uitloop nie,
is nie ware gebed nie.
Ons moet nooit die rus,
die gemeenskap met God soek,
sodat ons die gemeenskap met ander mense kan vermy nie,
maar eerder sodat ons fiks kan raak
vir die gemeenskap met ander.

Dan sê Barclay:
die ritme van die Christelike lewe
is die wisselwerking
tussen die ontmoeting met God in die geheime plekke
en die diens aan ander in die markplek.

Ons gaan nie na God om weg te kruip vir mense nie,
maar juis om krag te kry vir mense
om weer die nood rondom ons raak te sien,
want dis waar God ons wil hê,
tussen mense
besig om sy teenwoordigheid uit te leef
om sy omgee-hart vir die wêreld te wys
deur self te gee.

Wat ons nét kan doen,
nadat ons gerus het. 

Uitdaag ritme te oefen –
jy sal weet waar wanbalans in eie lewe lê –
te min rus of
te min diens.
Of albei –
onthou sê te min rus veroorsaak te min diens.
Kom ons maak werklik erns hiermee.
Maak tyd op God te fokus,
te rus,
sodat met liefde kan dien,
soos gemeente visie sê.

Miskien nou geluister,
skuldig voel.
Nog las op lê –
ag tog, nou moet ek nog rus ook!

Nooi ontspan,
klein tydjie rus,
laat al die laste gaan,
gee vir Here,
fokus op hom,
rus in hom.

Orrelspel


Gebed
Dankoffers

Slotlied  Lied 563:1-3
Seën
Lied 314

Ef 1 – Son 12 Jul 09

Verwelkoming & Afkondiginge

Toetrede  Lied 168

Votum
Seëngroet

Lof   Ps 100 & Lied 215

Gebed  Lied 271:1 (sit)

Skriflesing  Efesiërs 1:3-14
 

Preek

Efesiërs

Was nog nooit Engeland / Londen, behalwe stop vir vliegtuig,
maar lees in Londen “London Eye”.
Van ver af lyk soos massiewe wiel in speelpark,
maar is heelwat groter.
23 kapsules, elk 20 mense, halfuur volsirkel.
Sien wonderlike uitsig Londen. historiese geboue, katedrale, paleise, tuine, Big Ben…
Mense sê beste moontlik uitsig oor Londen
(amper soos kabelkarretjie Kaapstad, of nuwe een stadion Durban).

Sommige teoloë (my gunsteling elkgeval)
beweer boek Efesiërs is vir res van Paulus briewe soos London Eye.

Nie die langste of mees volledige van sy briewe,
maar bied asemrowende uitsig oor hele landskap.

Van hier, soos wiel draai,
kan een tema na ander in vroeë Christelike refleksie sien: 
• God
• die wêreld
• Jesus
• die kerk
• verlossing
• Christelike gedrag
• huwelik en gesin,
• geestelike oorlogvoering.

Dis soos iemand wat gewoond is daaraan om in Londen rond te loop,
en nou ewe skielik al die bekende plekke vanuit onbekende hoeke te sien –
en nou beter sien hoe met mekaar verband hou,
hoe een stad as geheel vorm.

Die teoloë beweer as res van Paulus briewe lees,
en dan Efesiërs,
sien hoe sy denkpatrone bymekaarkom,
in mekaar pas. 

Deur wie geskryf?

Eintlik redelik kontroversiële standpunt binne teologie,
omdat juis baie kontroversie rondom outeurskap van brief.
Die meeste teoloë van oordeel Efesiërs nié deur Paulus geskryf,
omdat skryfstyl so radikaal van Paulus ander briewe verskil.
Ook lyk asof teologie verskil bv. Romeine en Galasiërs.

Vraag dan of Paulus begin lees by Rom, Gal,
Ef. in lig daarvan probeer verstaan,
of andersom –
wat radikale implikasie vir ons verstaan van Paulus,
later uitbrei.

Vir wie geskryf?

Tweede vraag rondom Efesiërs-brief,
vir wie geskryf?

Beste en oudste manuskripte bevat nie naam van stad Efese.
Waarskynlik brief bedoel gesirkuleer, weet baie briewe gedoen.
Moontlik gemeente Efese gebêre, later naam ingevoeg.

Paulus heelwat briewe geskryf so gesirkuleer.
Lyk ook in Efesiër-brief asof Paulus met mense praat wat hy nie persoonlik ken,
nie eerstehands bekend met sy werk –
wat nie waar kan wees van Efese, want lank daar gebly.

Die meeste Paulus briewe persoonlike groete, nie Efesiërs nie.
Begin ook gewoonlik groete.

Lofgebed

In Efesiërs asof nie vinnig genoeg groetery agter rug kan kry,
losbars in hierdie gebed van danksegging en lof aan God.
Formele Joodse gebedstyl,
een lang sin.

Die groter storie

Al ervaar dat storie in agterkop het wat aanmekaar uitloer
terwyl oor iets anders gesels?

Gestel bv. gaan aansoek paspoort,
kom huis toe,
vertel vir familie:
ure in ry gestaan,
toe voor kom,
maak venster toe, gaan koffie drink.
Terwyl storie vertel,
kom agter eintlik ander storie:
ontevrede manier wat Dept Binnelandse Sake bestuur word.
Hoe langer vertel,
eintlik vermoede korrupsie,
eintlik ontevrede regering. 

Daar is groter raamwerk,
groter storie,
waarbinne ons kleiner stories interessant en belangrik raak.

Paulus se gebed hier aan begin van Efesiërs,
is viering van groter storie
waarbinne elke enkele Christelike storie –
elke storie van persoonlike bekering, geloof, geestelike lewe, gehoorsaamheid, hoop – inpas. 

En dis dan net deur hierdie groter storie te verstaan en te vier,
wat ons kan verstaan wat binne ons kleiner stories aangaan,
wat ons kan sien hoe God in ons eie lewens aan die werk is.

Hierdie gebed van Paulus,
hierdie opsomming van die groter storie,
val in drie dele,
baie nou aan mekaar verbind,
inmekaargeweef soveel lof en viering,
soms moeilik te sien wat waar.

  • Gaan groter storie probeer vertel in drie dele Paulus gebruik:
    Verse 4-6
    7-10
    11-14

Uiverkiesing (Verbond)

In verse 4-6 vier Paulus idee dat God se mense,
in die Messias,
deur genade gekies is. 

Verwys terug na God verkiesing van volk Israel
na verbond.

Dit is moontlik die grootste misterie van alles:
dat God,
skepper,
ons gekies het,
dat hy, nog voordat die wêreld geskep is,
ons gekies het om heilig en onberispelik voor hom te wees.

Vir baie mense hierdie idee skokkend,
selfs moeilik te glo.
Hoe kan God sommige kies en ander nie?
Hoe kan God se uitverkiesing enige vrye keuse aan my kant troef?

Hier baie versigtig wees.
Te veel mense al oor hierdie idee gestruikel.
Soos Calvyn gesê, idee is om dankbaarheid by ons te bring,
harte aan brand te steek,
gedagtes tot oorlopens toe vol van die genade te maak.

Paulus hier beklemtoon dat alles wat on in Christus het,
is genadige geskenk van God –
in volgende hoofstuk sal verduidelik hoe ons dood was voordat hierdie genade ontvang het, hoe hierdie genade ons lewendig gemaak het. 

Ons kon niks doen om onsself te help –
verlossing ons nodig gehad,
moes van God se kant af kom.

Jammer vandag een Sondag nie doop,
omdat so perfek verduidelik –
(ook hoekom ek so baie hou van doop)
hoekom ons babatjies doop –
want verlossing kom volledig van God af.

Soos Willie Jonker destyds geskryf,
as oor reg en verdienste sou gaan,
was alle mense verlore,
Maar noudat dit oor die genade gaan,
is daar vir die ellendigste hoop. 

Ons het nie vir God gesoek nie,
maar hy het ons gesoek.
Ons het nie vir God gekies nie,
maar hy het vir ons gekies.

Dat ons in Christus glo,
dat ons van ons kant af vir God kies,
is nie die vrug van ons eie goedheid nie,
maar is reeds ‘n geskenk van God se genade.

Ons het hom lief
omdat hy ons eerste liefgehad het.

Die verlossing is van voor tot agter
vrug van God se liefdevolle genade en inisiatief.

Alles, alles is genade,
onverdiende, vrye guns alleen.

Maar punt van uitverkiesing ons dikwels mis,
omdat so gefikseer op eie vryheid en keuse,
is dat verlossing deur Christus net ‘n deel van God verhaal is.
Lewensbelangrike deel, natuurlik, maar net deel.
Deel van baie groter plan van God.

God se plan is vir die hele kosmos,
die heelal.
Wanneer hy ons dan kies en roep,
ons in Christus – dus in die Messias – sy kinder maak,
en ons vorm en lei,
dan is dit op ‘n manier verbind aan God se groter plan.
(Sal nou-nou sien hoe dit uitwerk – probeer alles bymekaar bring, soos Londen Eye, hopelik aan einde sien alles inmekaar pas). 

Maar punt is dat hy ons nie gekies het om eie ontwil nie,
maar daarvoor wat deur ons wil bereik. 

Verlossing (Egipte)

Dit herinner ons aan die ander storie wat Paulus vertel deur hierdie gebed:
de verhaal van die Eksodus uit Egipte.

God kies vir Abraham, Isak en Jakob as die draers van die beloofde verlossing van die wêreld –
die redding van die ganse kosmos,
veral die mensdom,
van die sonde en die dood wat deur menslike rebellie deel geraak het van die wêreld.

Wanneer Paulus dan sê dat God ons deur die bloed van sy seun verlos het,
is hierdie “ons” alle Christene –
Jode en nie-Jode.
Hy sê dat in Jesus daardie ou doel van God in vervulling begin gaan.

Maar hy hou nie daar op nie.
In verse 7-10 vertel hy die verhaal van Jesus se kruisiging
op so ‘n manier
dat ons onder dit ook die antieke verhaal van die Joodse  Paasfees kan hoor –
van die doodsengel wat in die nag in Egipte gekom het,
van die bloed van die lam aan die deurkosyne
wat die Israeliete van die oordeel verlos het.

En net soos wat God destyds die volk verlos het,
het die ware verlossing nou gekom
deur die bloed van Christus. 

So Paulus plaas hele verhaal binne groter storie God plan van verlossing kosmos –
uitverkiesing volk, verlossing,
maar kyk ook waar nou is.

Erfgename

Ons is erfgename,
ons dus deel van hierdie storie.

Dink nie ons verstaan idee van erfgenaam altyd volledig.
Ons tyd – geld, iets in geld omgeskep kan word.

Dink voorbeeld kasteel help verstaan:
Europa baie families kastele in familie – honderde jare.
Kastele moet onderhou word,
daarom toeriste.

Gestel eienaar kasteel sterf, geen kinders, broer erf.
Ewe skielik broer iets ge-erf wat lewe vir altyd verander.
Kan nie kasteel verkoop!
Moet versorg,
planne maak herstel,
toeriste lok,
sodat kan onderhou,
bly voortbestaan.

Dis nader aan Joodse idee van erf.

Basiese erfenis God Abraham, Isak & Jakob beloof,
is land.
Terwyl slawe in Egipte, hierdie hoop leef voort.

Dis dat betekenis van die eksodus –
is nou vry om erfenis te kry.
Swerf deur woestyn,
40 jaar,
God teenwoordig in wolk en vuur.
Waarborg dat aan einde van reis erfenis sal ontvang – en het. 

Nou vertel Paulus weer hierdie verhaal
aan einde van sy lang openingstonele van aanbidding en lfo. 

Maar hierdie keer, natuurlik,
nuwe eksodus van sprake,
nuwe erfenis,
nuwe wildernis waarin wandel.

Paulus sien kerk doen wat Israel in woestyn gedoen:
is uit slawerny verlos deur bevryding van Messias,
op pad na beloofde land.
Ons – kerk – is, volgens teks,
eerstes wat hoop op Christus stel,
eerstes wat bevry is uit slawerny,
eerstes wat beloofde land erf.

Maar dan uiters belangrik –
dink dis punt van preek –
dat vra wat hierdie beloofde land?
Wat is dit wat ons erf?

Is God se finale doel,
sy groot, kosmiese plan,
dat ons moet hemel toe gaan?

Want dis standaard antwoord:
erfenis is hemel.
En dan hemel soos wat idee in Middeleeue begin groei,
John Bunyan’s “Pilgrim’s Progress”.

Erfenis dus nie iets wat nou kry,
soos kasteel,
maar belofte van gelukkige einde. 

Probleem met idee dat hemel beloofde land – kasteel – is,
is dat wat hier gebeur, nie regtig saak maak.
Gebroke verhoudings,
ongeregtigheid,
vernietiging van aarde –
maak nie saak,
gaan elkgeval alles vergaan. 

Maar dis nie wat Paulus hier –
of, om waarheid te sê, enige ander plek in Bybel – sê.
Erfenis Paulus in gedagte het,
is hele wêreld,
wêreld verlos en vernuwe deur God se krag en liefde.

Reeds in v10 gesê God bedoeling alles op hemel en aarde onder hoofskap van Christus verenig. 

Dink dis deel wat dikwels miskyk:
hemel EN AARDE.
God bedoeling is om ALLES wat in die hemel en op die aarde is,
ja, selfs die regering van die dag,
die staatsdiens,
die kerk,
alle samelewingstrukture,
die huisgesin,
onder een hoof te verenig – Jesus. 

Miskien nog nie genoeg erns gemaak Jesus woorde:
u koninkryk kom – in die HEMEL net soos op die AARDE.

Dit verstaan, dalk gou kyk na betekenis Jesus opstanding en wederkoms:

Opstanding

Opstanding is “defining moment”
oomblik wat erf,
kasteel in ons name – of dan Jesus naam –  oorgeplaas.
In Jesus se opstanding het God se koninkryk gekom!
Hy regeer reeds
en in Jesus is God steeds besig om skepping te hernu,
te herstel.

v 22:
Ja, aan Hom het God alles onderwerp,
 Hom bo alles verhef
ook – reeds – in hierdie bedeling!

Dis wat Paulus bedoel wanneer net entjie verder,
v 19, sê:
[weet] hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo.
Dit is dieselfde kragtige werking van sy mag
wat Hy uitgeoefen het
toe Hy Christus uit die dood opgewek [het].

Met Jesus opstanding,
is volk bevry,
het Jesus oorwin,
het nuwe wêreld van moontlikhede deurgebreek.

Dis hoekom Christene op Sondae begin bymekaar kom het,
i.p.v. Saterdae – omdat opstanding so belangrike gebeure was,
grootste gebeure waarvan kan weet.

Kerk

Ons, dan, is die kerk,
Hom aangestel as hoof van die kerk.
Die kerk is sy liggaam,
die volheid van Hom
wat alles in almal vervul
(22-23)

Ons taak is om te leef as die mense van die opstanding,
as ‘n eerste voorsmakie van die koninkryk –
wat kom,
maar wat reeds hier is. 
Deur Christus het God REEDS alles tot uitvoering gebring wat bepaal het,
ons is reeds onder om as hoof verenig. 

Ons is die volheid van hom wat alles in almal vervul –
die mense wat reeds in die kasteel woon,
leef onder die hoofskap van Christus. 

Daarom leef ons as mense wat nuut gemaak is,
nuwe skepsels,
mense wat merkers plant,
as merkers dien,
van wat uiteindelik finaal gaan gebeur.

Ons bely Jesus as Heer
en ons hele lewe word deur hom gevorm.
Om heilig te leef as Christen,
nie om so hard as moontlik probeer goed wees, nie sonde doen,
maar om te leer om te leef in die wêreld wat deur Jesus se opstanding tot stand gekom het,
‘n wêreld waarvan ons publiek tydens ons doop deel geword het.

Ons hoop dus eintlik min te doen met lewe na dood,
maar met baie konkrete lewe hier op aarde,
beide vandag
en in die toekoms. 
Die koninkryk kom (nie toekomstig, maar voortdurend, is dus hier)
wanneer kerk,
krag van Gees,
in wêreld leef
as kwesbare,
sukkelende
lofprysende
biddende
misverstande
veroordeelde
vierende
burgers van God se koninkryk.

En so is ons vir die wêreld ‘n teken van dit wat nog gaan kom.

Wederkoms

Want natuurlik is dit ook so –
koninkryk reeds hier,
maar ook nog op pad.

Wat op pad is,
nuwe bedeling,
bring by verstaan van wederkoms.

Om een of ander rede dink Jesus ons met wederkoms gaan kom haal,
wegneem.
Nie wat Bybel leer!

Wederkoms is wanneer God by ons kom wees,
wanneer hemel en aarde finaal vernuwe word
en by mekaar gaan wees.
Wanneer God by mense gaan wees.

Dis waarna uitsien –
Jesus terugkom,
nie alles hier te vernietig,
maar alles hier te herstel,
en hier regeer.

Gees

Teks:
Heilige Gees is die waarborg
dat ons ook verder sal ontvang
wat God belowe het,
wanneer hy almal wat aan hom behoort,
volkome sal verlos.

Op manier reeds ontvang,
want God reeds hier –
Gees vir ons as kerk wat wolk en vuur in woestyn was –
die kragtige, persoonlike teenwoordigheid van God. 

Reeds deel van die beloofde erfenis,
want God nou by ons,
ons reeds nuutgemaak,
in voorsmakie van Openbaring 21,
waar hemel en aarde bymekaarkom en
God by mense kom woon. 

As dan terugkyk op storie wat Paulus in hierdie eerste verse van Efesiërs vertel,
dan sien nie gaan oor ons,
maar oor God,
aan die prys van God se grootheid. 

God het die inisiatief geneem.
God het gedoen wat nodig was.
God het vir ons die Gees gegee as teken en voorsmakie van die nuwe skepping wat ons erfenis is. 

Daarom,
aan God,
die Vader van ons Here Jesus Christus,
kom al die lof toe!
Hy het ons
in Christus
geseën met al die seëning van die Gees
wat daar in die hemel is.

Gebed

Dankoffer

Slotlied  Lied 601: 1, 3 & 5

Seën

Lied

2 Sam 5 – Son 5 Jul 09

Verwelkoming & Afkondiginge

Toetrede   Lied 158: 1 en 3   (staan)

Votum  (Ps 123:1-3a)

Seëngroet

Lofsang  
Psalm 48:1 en 4  (staan)
Lied 190   (sit)

Doop   

Epiklese

Skriflesing   2 Samuel 5:1-10

Preek

Die Stad

Vertel storie van stad, eintlik verder terug begin as teks vandag, waar stad gevestig word.

Stad in Bybel byna eksklusief Kanaänitiese verskynsel.
Israeliete was nomadies, stamme.

Kanaäniet dan ook nie etniese term,
maar ideologiese term,
almal teen Israel se verbondsgeloof
en sosiale praktyke.

Praat stad,
metafoor, meer as blyplek.
Stad plek waar:
verdeling van werk, so

  • dat verskillende sosiale rolle en gevolglik ook klasse
  • magsverdeling, koning en amptenare bo
  • ekonomie van surplus waarde, waar “hoër klas” het wat leef van produkte werkersklas, lg leef hand tot mond.  Ekonomie nie gebaseer gebruikswaarde, maar surplus waarde.

Natuurlik presies wat Israeliete in Egipte beleef:
onderdruk, swaar werk, stede bou.
Uittog Egipte ook uittog waardes van stad.
Meer egalitêre gemeenskap (hoewel nie ver-romantiseer)
sterk klem op gemeenskap, mekaar versorg
ekonomie waar iets se waarde onmiddellike gebruikswaarde. 

Onder leierskap Josua hierdie gemeenskap dan gevestig,
Tipiese nomadiese leierskapsisteem,
stamme,
saam kom in tyd van krisis
lees in Rigters hoe Here spesifieke leiers opgerig,
met Gees toegerus,
tot taak weer afgehandel.

Maar dan begin mense vra vir koning.
En dis Samuel,
laaste van Rigters,
se taak om koning aan te wys. 

Nie so vanselfsprekend!
1 Sam 7-15 konflik duidelik sigbaar.

1 Samuel 8:11-17

 

Dawid

In hierdie tyd word Dawid oorgangsfiguur.

Weet Israel opgebreek 2 ryke,
wanneer teks lees,
Dawid reeds 2 Sam 2 heerser oor Juda gesalf.

Hier kom leiers Israel nou na hom –
Hebron, hoofstad Juda,
vra ook hul koning wees.

Motivering:
etnies (gemeenskaplike herkoms)
polities (sonder leier)
teologiese

Dawid aanvaar,
sluit verdrag
word as koning gesalf.

Baie belangrike woorde in vers 2:
Die Here het vir u gesê:
Jy moet vir my volk Israel ‘n herder wees; ja,
jy moet heerser oor Israel wees!

Heerser is nie koning,
is prins.
Waartoe God Dawid geroep,
HERDER
en PRINS –

volk versorg, God bly koning.

Belangrik in agterkop hou.

Hoe ook al sy,
Dawid briljante oorgangsfiguur,
uitstekende strateeg.

Neem Jerusalem in.
(Jerusalem = politieke naam,
Sion = godsdienstige naam)

Stad waarin Jebusiete reeds 1000 jaar woon!

Vreemde deel in teks oor kreupeles en blindes.
Jerusalem terrein almal vermy.
Niemand naby gewaag – spookstories en bygeloof.
Niemand het as strategiese plek gesien.

Volgens Rabbi was “blindes en kreupeles”
mismaakselbeelde van Jakob wat met engel geveg, kreupel.
Beelde was op manier gemeganiseerd,
westelike en noordelike stadsmure geplaas,
beweeg,
aardige geluide.
Vandaar spookstories.

Die Rabbi beweer dan dat Dawid besef het vrees veroorsaak deur hidroliese ingenieurswese, daarom dat hy die watertonnel inneem.

Maar Jerusalem baie strategiese plek:
Maklik verdedigbaar.
Geen verbintenis met spesifieke stam, neutrale stad.
Op grens tussen Juda en Israel,
meer sentraal geleë as Hebron.

Maar beste verstaan hoe Dawid brug slaan tussen stad en stamme,
kyk na priesters.

Priester taak in paleis hoofsaaklik om koningskap teologies legitimeer.

Dawid 2 priesters!

Een Abjatar:
Pa, Agimelek en hele familie deur Saul vermoor,
Dawid Abjater gered,
enigste oorlewende van familie.

Abjatar verteenwoordig ou stam-kultuur,
waardes van tradisie,
gemeenskaplike belang,
godsdiens van Tora,
Sinai tradisie.

Van Sadok weet nie veel.
Geleerdes beweer hy waarskynlik reeds Kanaänitiese priester in stad voor Dawid dit inneem.
Verteenwoordig dus “establishment”,
stad-staat,
met al waardes daarmee saam.

Maar hierdie balans tussen Abjater en Sadok,
tussen die Tora se gemeenskaplikheid
en toe-eiening van stad,
kon nie vir altyd gehou word.

Salomo

Toe Dawid sterf,
ontstaan diep konflik.

Dawid seuns:
Adonia,
ondersteun deur militaris Joab
en priester Abjatar.

Adonia en ondersteuners verteenwoordig meer tradisionele,
godsdienstige – Tora, gemeenskaplikheid,
stam-idee.

Ander seun Dawid:
Salomo,
ondersteun deur Profeet Natan
militaris Benaja
Priester Sadok. 

Soos weet,
Salomo hierdie stryd gewen,
onmiddellik broer Adonia en Joab doodgemaak.
Kan nie priester doodmaak,
dus verban Abjatar na tuisdorpie Anatot.

Sommige teoloë beweer hierdie oomblik –
Abjatar verban na Anatot,
draaipunt in storie van Jerusalem.

Metafories gesproke,
word die Tora-gewete verban,
met besliste keuse vir die toekoms van die stad,
stad sonder die gewete van Tora,
vry om eie voordeel na te jaag.

Verhaal van Salomo wel bekend.
Niks klein gedoen:
groot oorwinnings
groot harem
groot weermag
groot wysheid
groot geld
groot boubedryf
groot mag. 

Maar verhaal van Jerusalem onder Salomo nie net een van sukses.
Drie keer toekoms van stad deurskemer,
een keer omdat nie Tora onderhou (1 Kon 11:29)
een keer toe werkersklas in opstand kom (1 Kon 12)
en een keer toe belasting verhoog sodat “jong manne” gemakliker kan leef (1 Kon 12:10)

Onder Salomo het dinge in Jerusalem goed gegaan.
Maar op kante,
kon die wat oplettend is,
die dreigende mislukking reeds sien.

Profete

En so gaan stad voort –
vir 400 jaar!
Enige standaarde lang tyd regering!

Word al meer saak van bevoorregte elite.
Konings begin al meer gesag vir self toeëien,
namens God begin praat. 

Leef oortuiging geliefde stad altyd veilig sal wees,
• want messiaanse belofte in stad gesetel,
• tempel in stad waarborg God teenwoordigheid,
• ideologie van koning en tempel,
• idee dat volk God wil dank of wil vertrou,
dit in Jerusalem moet doen.

Maar die stem van Abjatar, verban na die dorpie Anatot,
kon nie stilgemaak word nie.
Herhaaldelik hoor ons dit in die stem van die profete,
wat so sterk teen die ideologiese aansprake van die stad gepraat het. 

Net twee profete uitlig:
Miga,
plattelander,
stem van die tradisie,
wat na stad kom,
praat spesifiek begeerte om te versamel.
Hoe hierdie begeerte om meer en meer te hê,
tiende gebod oortree.
Gesien as begeerte te versamel
gemeenskaplikheid, goeie buurmanskap, vervang,
kom daar moeilikheid.

Voorspel vernietiging van stad,
sien ‘n nuwe leierskap,
nie uit stad,
maar uit platteland,
leier uit Bethlehem, (Miga 5:2-4)
weer tradisie van gemeenskaplikheid laat posvat.

Dan, 100 jaar later,
kom profeet Jeremia.
Ook hy buitestander wat as verraaier van stad gesien word. 

Sê groot “as” oor stad se toekoms hang.
As weer na vreemdelinge, weduwees en wese omsien –
kwesbare, uitgelewerde randfigure,
soos wat verbond vra.

Jeremia gearresteer, hofsaak.
Hele stad teen hom, wil doodmaak.
Dan kom daar “leiers van die land”,
paar oudstes uit platteland
herinner stadsleiers aan profeet Miga,
Jeremia lewe word gespaar.

Interessante ding van Jeremia:
(1:1)  priester uit Anatot.
Hy behoort aan lyn van Abjater,
Abjatar, wat verban was deur Salomo,
se stem kon nie stilgemaak word nie.
Praat weer,
herinner stad aan plek waar vandaan kom,
aan verbond,
aan opdrag om na bure om te sien,
aan gemeenskaplikheid van Tora. 

Die Stad Val

En dan gebeur die ondenkbare:
die stad val.
Die tempel- en monargiese ideologie van
selfbelang
en self-sekuriteit
en self-voldaanheid,
word vernietig. 

Oomblik word op mees dramatiese wyse deur Esegiël uitgebeeld.
God maak vir Esegiël stom, sal nie kan praat voordat stad val (24:25-27).
En dan val die stad,
en Esegiël kan weer praat!

Die verlies aan die stad
is ook die herwinning van ‘n stem,
maak die na wie niemand geluister het nie,
weer hoorbaar
sodat hulle die waarheid kan praat.

Volk reageer eerstens deur te treur oor val van stad –
belangrike deel van enige oorgang, Deon verlede week gesê.
Lees daarvan Psalms, Klaagliedere.

Maar in klag word saad van hoop gebore.
Israel onthou hoe God in verlede gesorg,
onthou God genade, liefde.
Keer terug na God,
na Tora,
na omgee vir mekaar,
onthou dat geseënd is, sodat volke kan seën.

En te midde van verlies,
begin belofte hoor dat stad herbou sal word. 

In die tyd herinner Esegiël volk dat God goeie herder is (34:11-16),
dat God hulle genadig sal wees.

Stad word herbou

En dan, uiteindelik,
begin die herbou proses,

Nehemia, ‘n amptenaar met goeie posisie,
hoor van toestand Jerusalem en huil.
Verkry ondersteuning Persië
en begin stad herbou.

Sekere dinge maak herbou van stad moontlik:
1. Ezra doen Tora.  Herwin identiteit as volk van God.
2. Nehemia stel ernstige finansiële hervorming in,
oa rykes wat rente vra vir armes.
3. Ezra stel Sabbat weer in, simbool afhanklikheid van God,
nie te veel versamel, net genoeg, God sorg.

Jesus

Nou lang tydperk in geskiedenis van stad oorslaan,
tot plek wat weer aan Miga profesie herinner:

 (5:2) Maar jy, Betlehem-Efrata,
 jy is klein onder die families in Juda,
maar uit jou sal daar iemand kom
wat aan My behoort
en hy sal in Israel regeer.
Sy begin lê ver terug,
in die gryse verlede!

Weer koning uit nageslag van Dawid.

Hierdie koning by uitstek Herder.
Nie regeer met mag,
maar met liefde en aanvaarding.
Nie blindes en kreupeles wegjaag,
maar genees.

Nie aandring op belasting en status,
maar volgelinge se voete was.

Hy regeer nie met mag nie,
maar deur te sterf aan ‘n kruis.

Jesus kom herinner die volk hoe koningskap werklik lyk,
wat die ware waardes van die koninkryk van God is. 

Hy kom draai die stad se idees oor wie in en wie uit is, om.
Prostitute, tollenaars, kindertjies.

Hy verwerp waardes van versameling,
herinner God sorg,
verkoop al jou goed en gee aan armes;
skatte in hemel. 

Herinner waardes van Tora,
naaste kan selfs Samaritaan wees.

Liefde, genade, geregtigheid, diensbaarheid…
dít is toe die hele tyd die waardes van die stad!

Jesus hele bediening stuur af op Jerusalem.
Heel tyd op reis – op reis na Jerusalem,
die stad waaroor sê:
Lukas 13
33  In elk geval moet Ek vandag en môre en oormôre die reis voortsit,
want dit is ondenkbaar dat ‘n profeet op ‘n ander plek as Jerusalem omkom.
34  “Jerusalem, Jerusalem!
Jy wat die profete doodmaak
en die boodskappers stenig wat na jou toe gestuur is,
hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak
soos ‘n hen haar kuikens onder haar vlerke,
maar julle wou nie!
35  Kyk, nou word julle stad aan julleself oorgelaat.
Maar Ek sê vir julle:
Julle sal My sekerlik nie sien nie
totdat die dag kom wanneer julle sal uitroep:
Loof Hom wat in die Naam van die Here kom!”

En die stad?
Hoe reageer sy op die koms van die koninkryk?
Sy reageer deur die herder en koning te kruisig!

Die Koninkryk van God

Wat my bring by ons,
gelowiges,
koninkrykstyd
burgers van koninkryk van God,
voor enige ander lojaliteit,
enigiets anders waardes bepaal,
eerste plek waardes van koninkryk van God,
soos geleef deur Jesus.

Belangrik dat verhaal van stad hoor,
kennis neem,
eie waardes in oënskou neem.

Dink waardes waarmee ons leef,
as gemeente,
as gemeenskap.
Waardes waarmee kinders grootmaak,
waarmee besigheid doen,
waarmee politiek bedryf.

Waardes van stad en van koninkryk helder sien,
en kies.

Stilte – oordink

Verootmoediging  Lied 479   (sit)

Gebed

Dankoffer

Slotsang   Lied 467   (staan)

Seën
Lied 312

2 Sam 1:1, 17 – 27

Normal 0 21 false false false AF X-NONE X-NONE

Teks: 2 Samuel 1:1, 17 – 27

Deon Binneman

Hoe het die helde geval!

Dit is die Derde Sondag in Koninkrykstyd. In hierdie tydperk in die kerklike jaar fokus ons op Christus as ons Koning wat oor ons regeer. In hierdie teks waar dit handel oor die oorgang tussen die mislukte regering van Saul en dié van Dawid, gaan dit oor Dawid se rousmart as hy verneem dat Saul en sy goeie vriend, Jonathan, in ’n veldslag teen die Filistyne, dood is.

Ek sou graag wou hê dat ons vandag aan hierdie twee aspekte wat in die teks aan die woord kom, sal vashou, naamlik aan die een kant rousmart en die gepaarde handeling van rou wat daarmee gepaard gaan, en aan die ander kant oorgange in die lewe en die geloof dat ons Koning met die geskiedenis op pad is.

1           1.  Rousmart en die gepaarde handelinge van rou:

Ek werk die afgelope tien maande met ’n jongerige vrou wat haar man skielik in ’n tragies ongeluk by sy werk verloor het. Hulle was kinderloos en het mekaar al ontmoet toe hulle nog baie jonk was. Hy was haar alles. Wat besonders is in my saamstap op hierdie pad van rou wat sy nou loop, is dat sy op ’n besondere manier in kontak met haar emosies is en baie geartikuleer daaroor kan praat en skryf. Die afgelope tien maande het sy haar die ruimte gegun om ten spyte daarvan dat dit vir haar moeilik was en by geleentheid baie hartseer, alle foto’s en video’s van hulle twee saam, te gebruik om hulle lewe en hulle saamwees op DVD vas te lê. Hierby het sy met groot sorg musiek wat vir hulle mooi was of spesiale betekenis gehad het, bygevoeg. Sy het ook baie bladsye vol geskryf oor haar herinneringe en gedagtes en emosies oor die afgelope tien maande. Verlede week het ek en sy weer ’n gesprek gehad. Toe ek haar vra of sy nog skryf, toe sê sy: Ek weet nie meer wat om te skryf nie. Ek is leeg geskryf. Ek kry die gevoel dat sy die pad van rou geloop het, dat sy op die drumpel staan om op te staan en weer die lewe in die oë te kyk.

Die Jode het ’n gebruik/ritueel om Shiva te sit, letterlik om vir sewe dae na ’n begrafnis te sit. Dan kom mense na jou toe om by jou as treurende te sit, hulle praat net as jy praat en natuurlik word kos gebring. Ek dink haar sewe dae kom nou tot ’n einde. Sy het haar die tyd gegun om Shiva te sit.

Dawid het hom ook die tyd gegun om te rou. Hy het oor Saul gerou, Saul wat as koning misluk het en wat hy as koning moes vervang. Ook oor Saul se dood is hy eg hartseer. En dan rou hy ook oor sy boesemvriend, Jonathan. Hy skryf ’n klaaglied, en hy gee die opdrag dat die lied aan die inwoners van Juda geleer moet word. Hy het geweet dat hulle as groep, as volk, dit ook nodig het om te rou. Want hier is hulle in die proses van oorgang tussen die regering van Saul en dié van Dawid. Al was Saul ’n slegte koning, het hulle hulle koning verloor. Hulle het ’n nuwe koning. Wat sal die toekoms inhou?

Ek onthou die dag toe ons gehoor dat die Eerste Minister, HF Verwoerd, vermoor is, baie goed. Dit was op 6 September 1966. Ek was 12 jaar oud. Ek onthou die verslaenheid, die onsekerheid. Ek onthou die koerante en die foto’s van die begrafnis … Die Movietone nuusprent in die dorp se rolprentteater van die kanonwa met die kis op, die militêre orkes, die stadige mars …

Die mense het gerou. Hoe lank hulle Shiva gesit het, weet ek nie. Dieselfde groepsuiting van die emosionele impak van verlies het ook met die dood van prinses Diana plaasgevind.

Tydens ’n gesprek wat deel was van ʼn GriefShare-kursus, loop die gesprek na die verliese wat die deelnemers al ervaar het. Hulle noem voorbeelde van die verlies van ’n huwelik en die beplande toekoms saam tydens ’n egskeiding. Hulle praat van die verlies van ’n mens se werk en die identiteitsverlies, die finansiële verlies, die verlies van ’n beplande toekoms wat daarmee gepaard gegaan. (In my eie lewe beleef ek die afgelope dertien maande wat ’n moontlike vroeë aftrede en die gepaardgaande verliese aan my doen – die komplekse emosies van hartseer oor drome wat moontlik nie gerealiseer gaan word nie, woede oor ’n mens se eie magteloosheid teenoor dit wat jy as onregverdig beleef, vrees vir onbekende toekoms, ensovoorts). Dieselfde gebeur dikwels met die hoor van die diagnose van ’n ernstige siekte. Mense ervaar die potensiële verlies van ’n lewe en dit wat jy aanvaar het die lewe vir jou inhou, ook as ’n rouproses. Ek wonder ook of ons nie soms die veranderde rol van die N G Kerk en die gebruike in die N G Kerk wat verander as ’n verlies ervaar waaroor ons behoefte het om te rou nie. Maar mense noem ook die onnoembare: die verlies van die bekende wêreld in 1994 tydens die politieke oorgang. Dinge wat verkeerd was, het skielik reg geword en dinge wat reg was, skielik verkeerd. Dinge wat seker was, het skielik onseker geword. Die bekende dinge was skielik weg. Nuwe dinge moes gewoond geraak word.

Het ons Shiva gesit? En hoe lank? Ek het ’n vermoede ons het dit nie openlik gedoen nie. Wat help dit ’n mens sit alleen, op jou eie, Shiva? Dit is moontlik waar dat ons in Suid-Afrika sit met opgehoopte ervarings van verliese en ontnugtering. Waar is daar ruimtes in ons samelewing waar dit vir ons verwoord word of waar ons ons eie pyn kan verwoord. Meestal beskou ons hierdie emosies as private aangeleenthede wat ons maar op ons eie deurwerk of meestal ontken.

Na 1994 het ’n deel van die land se bevolking die geleentheid gehad om te rou met die Waarheids- en Versoeningskommissie. Ek het baie gereeld na die radio-uitsendings van hierdie sittings geluister. Ek onthou die rou emosies wat gereeld na vore gekom het, van mense wat vir die eerste keer geweet het wat gebeur het en daaroor kon huil …

Wat gebeur as ’n mens nie jou rousmart tot uiting laat kom in handelinge van rou nie? Wel, mense ontvlug in die soeke na allerlei vorme van genesing vir die pyn. Hierdie ander maniere is dikwels nie suksesvol nie en dikwels destruktief.

2   .     2.  Ons geloof dat ons Koning met die geskiedenis op pad is:

Dit is baie maklik om na die wêreld se politieke situasie te kyk en te sê: Hoe meer dinge verander hoe meer bly dit dieselfde. Ek moet bely ek is nogal geneig om so sinies te wees. Maar kan dit waar wees? Wat is die implikasie van so ’n uitspraak vir ons geloof in God? Indien ons met ’n Christelike oog na die gebeure om ons kyk, is die spreekwoord nie so waar nie. Want daar breek tog ’n nuwe era aan met Dawid as koning. En ’n nuwe era kom nie sonder hartseer en opoffering nie – Dawid moet afskeid neem van koning Saul en sy boesemvriend, Jonathan. Indien ons mekaar wil help om deur die pyn te werk sal ons ook in die publieke ruimtes soos eredienste moet praat oor die emosies van verlies. Dawid het die belang hiervan verstaan – self gerou, maar ook sy volk gelei om hulle ervarings van rou beter te verstaan en deur te werk.

Ons glo vas dat daar ook ’n radikaal nuwe era wat aangebreek het met die geboorte van die ander Een uit die geslag van Dawid: Christus die Here. En ons glo dat Hy ons Koning is. Ons glo dat Hy in beheer is, dat Hy regeer. Ons glo dat Hy weer kom, dat Hy alles nuut sal maak. Ons het ’n toekoms!

Kom ek lees vir u Psalm 130. Word stil, luister …

’n Pelgrimslied. Uit die dieptes roep ek na U, Here, 2 luister tog na my, Here, hoor tog my hulpgeroep. 3 As U ons sondes in aanmerking sou neem, Here, wie sou dan nog bestaan? 4 Maar by U ís daar vergifnis: daarom word U steeds gedien.

5 Ek stel my vertroue in die Here, ek vertrou op Hom, ek wag op die vervulling van sy woord. 6 Ek wag op die Here meer as wat die wagte op die môre wag, wagte op die môre. 7 Wag op die Here, Israel, want by die Here is daar troue liefde, by Hom is die verlossing seker. 8 Hy alleen sal Israel verlos van al sy sondes.

Amen

1 Samuel 17:56-18:5, 10-16 – Die hele Israel en Juda was lief vir Dawid – 21 Junie 09

Verwelkoming

Vadersdag – seuntjie beskryf dit as volg: “Dit is amper net soos Moedersdag.  Jy spandeer net minder aan die present vir jou pa.”

Om ‘n Pa te wees is vandag baie uitdagend.

Soos die 43 jarige Duitse pa wat van die tweede vloer van ‘n woonstelblok se balkon afgeval het en met ‘n helikopter hospitaal toe geneem moes word.  Hy was besig met ‘n spoeg-kompetisie met sy 12-jarige seun om te kyk wie die vêrste kan spoeg van die balkon af.  Om sy seun te wen, het hy te ver vooroor geleun en toe geval.

Twee stukkies raad:

  • Daar is net soveel plofstof in ‘n gemiddelde klapper (firecracker) as in ‘n geweerkoeël. Die klapper maak ‘n groot geraas, maar veroorsaak min skade. Die geweerkoeël maak nie net ‘n geraas nie, dit is ook dodelik. En die verskil is net: die koeël is in ‘n geweer se loop wat dit in ‘n sekere rigting fokus en die plofstof maksimaal aanwend. So – gebruik jou tyd vir gefokusde aandag aan jou kinders en konsentreer om een ding goed te doen.
    • Dit kan wees om ‘n rolmodel te wees vir jou kinders, waar hulle in jou teenwoordigheid kan sien hoe jy praat, ontspan, moeilike situasies hanteer, saam met jou vrou beplan en julle huislike verantwoordelikhede hanteer.
    • Of om hulle emosionele tenk vol te hou, deur met aandag te luister na hulle daaglikse uitdagings en daaroor saam met hulle te reflekteer.
  • En onthou in die tweede plek wat Jesus gedoen het. Hy het soms die skare weg gestuur om alleen by sy dissipels te wees en tyd met hulle te spandeer. Dit is dié tye wat die deurslag gegee het om die kerk te vestig en te laat groei, deur ‘n klomp manne en vroue wat in die nabye kontak met Hom lewensverandering ervaar het. Soms was dit so eenvoudig soos ‘n ete saam met hulle. Ander tye was dit ‘n stuk lering. Nog ander tye was dit die saamgesels oor wat belangrik is. Spandeer tyd saam met jou kinders, nie net deur saam met hulle te gaan kuier by ander mense nie, maar juis sonder ‘n klomp ander mense wat altyd ‘n mens se aandag verdeel.

Toetrede

Lied 158:1 – Bring my na u woning, Here – sit

Votum

Seëngroet

Lofliedere

Lied 185 – Kom alle volke (sing 3x in kanon, Groep I: middelblok; Groep II: gallery; Groep III: syblokke) – sit

Lied 198 – God is my lied – staan

Toewyding

Lied 200:1 – U goedheid, Heer, kan ons nie peil nie – sit

Geloofsbelydenis

Kindertyd

Raaisel:  Wat lyk soos ‘n  olifant, is so groot soos ‘n olifant, maar weeg baie minder as ‘n olifant?

Antwoord:  Sy skaduwee.

Jou skaduwee is die een iets waarvoor jy nie kan weghardloop of wegkruip nie.  Jy kan dit nie verloor, laat wegraak, afskrik, wegjaag, of wegwens nie!

Raaisel 2:  Wat werk nog soos ‘n mens se skaduwee?

Die antwoord:  God.

Jy kan ook nie vir Hom weghardloop, of wegkruip nie.  Jy kan Hom nie verloor, laat wegraak, afskrik, wegjaag, of wegwens nie.

En die resultaat is – vreesloosheid.  Dis mos hoe jy is as jou pa by jou is!  Om alleen in die donker straat te loop, is vreesaanjaend, maar as pa saamstap, is jy vreesloos.

Daar is egter een plek waar dit vir jou lyk asof jou skaduwee nie meer by jou is nie en dit is as jy in die donker is!

Ja, om jou skaduwee te sien, het jy lig nodig en hoe skerper hoe beter.

Die Bybel beskryf die Here as die lig vir die wêreld (Joh 1).  As ons in sy lig lewe, dan  hoef ons nooit bang te wees nie, want dan is Hy soos ons skaduwee, digby ons.

Skriflesing

1 Samuel 17:57-18:5, 10-16

Woordverkondiging

Die hele Israel en Juda was lief vir Dawid

Die skrywer sê vir ons in vers 16, dat die hele Israel en Juda was lief vir Dawid.

Hoekom?

1.  Die eerste rede was sy geveg met Goliat.

Abner bring hom juis hier na Saul toe, terwyl Dawid nog Goliat se kop in sy hand vashou.  Dit was ‘n defining moment in die lewe van Dawid en van die volk.  Die vrees vir die  Filistyne was verby – en Dawid was die man wat Goliat oorwin het.  Die volk kon weer kop optel, sonder vrees en vernedering, en met meer moed lewe.

2.  Die tweede rede was Jonatan se liefde vir hom.

Jonatan, die kroonprins, het Dawid omhels as sy boesemvriend.  Hulle het ‘n verbond gesluit, en Jonatan het sy mantel en uitrusting vir Dawid gegee, eintlik ‘n soort profetiese aksie, waarmee hy sy aanspraak op die troon en die weermag afgee. En ons moet onthou, Jonatan was self dapper en baie geliefd onder die volk, soveel so dat hulle hom op ‘n punt gered het, toe hy die koning se bevel verontagsaam het (hfst. 14). Jonatan se besondere band met Dawid het dus heel moontlik gelei daartoe dat die volk se agting vir Dawid gegroei het.  Dit is in elk geval heel onwaarskynlik dat Dawid dit sonder hierdie band met Jonatan sou gemaak het in die huis van Saul.

3.  Die derde rede was die verdere oorwinnings wat Dawid behaal het.

Saul het hom oral gestuur om te gaan veg, en Dawid was oral suksesvol.  Soveel so, dat hy die aanvoerder geword het van die manskappe, eerder as Abner.  En dit het twee gevolge gehad wat uiters betekenisvol vir die volk se toekoms was: 1) dat hulle van ‘n teokrasie na ‘n monargie kon skuif, wat natuurlik nie ‘n onbedekte sëen was nie, maar darem , en 2) ‘n eenheid tussen die 12 stamme kon smee.  Sonder Dawid se uiteindelike koningskap sou die volk moeilik ‘n eenheid kon word.

4.  Maar die belangrikste rede was die feit dat die Here by Dawid was, en nie meer by Saul nie.

Twee keer sê die skrywer: “Saul het bang geword vir Dawid omdat die Here by hom was” (:12) en “(Dawid het) in alles sukses behaal … omdat die Here by hom was.” (:14).

Wat leer ons uit Dawid se storie?

Een somernag was daar ‘n groot donderstorm terwyl ‘n mamma haar seuntjie in die bed sit. Sy was oppad om die lig af te skakel, toe die seuntjie in ‘n bewende stemmetjie vra:  “Mamma, sal jy nie die hele nag by my bly nie?” Die mamma het hom ‘n drukkie kom gee en saggies gesê: “Ek kan nie, skat. Ek moet in pappa se kamer slaap.”

Na ‘n lang stilte het seuntjie gesê:  “Die groot bangbroek!”

Vrese werk verlammend op mense van alle generasies in …

Vrees is ‘n lelike ding.  Ons het al almal vrees beleef. Dis ‘n natuurlike emosie, maar as dit jou lewe oorneem, werk dit negatief in op ‘n mens. Daarom bereik baie mense nooit hulle maksimum potensiaal in hulle lewens nie, omdat hulle nooit dit wat hulle die meeste vrees, oorwin nie.

“Vrees het ‘n groot skaduwee, alhoewel hyself maar klein is.” Ruth Gendler

“Vrees maak die wolf groter as wat dit is.” (Duitse spreekwoord)

Kyk Goliat was groot.  Hy was ook vir Dawid groot.  Maar in die oë van die volk het Goliat dimensies aangeneem wat buitensporig was.

Hoekom kon Dawid vir Goliat troef?

1.  Dawid het God raakgesien langs wie Goliat ‘n dwergie was.

Dawid was ‘n man van God, wat lewe in die groot wêreld van God en kan daarom die klein wêreld van bere en leeus en Goliat hanteer.

Ons moet leer om God raak te sien – volgende kwartaal gaan ons die hele kwartaal ons verwonder aan wie God is!

Dit het ‘n impak op ons ervaring van die gemeente, van ons finansies, van ons bediening, van die toekoms; en op ons ervaring van die kerk in die breë; en wanneer ons koerant lees of TV kyk oor die toekoms van ons land en wêreld.

Maar Hoe doen ons dit?

2.  Vrees word getroef deur naby God te lewe.

“Moed is net vrees wat begin bid het.” Anne Lamont

God moet so werklik vir jou raak soos jou skaduwee.

Jou ervarings in die gemeente en die gemeenskap moet met God deurgebid word.  Jou daaglikse lewe moet bepaal word deur jou daaglikse ontmoetings met God en met ander wat saam met jou die Here kan dien.

Vrees word getroef deur naby God te lewe!

3.  Vrees word getroef deur jou visie op God met ander te deel.

“Hou jou vrese vir jouself, maar deel jou moed met ander.” Robert Louis Stevenson

Vir al die pa’s – dit kan ‘n ongelooflike fokus vir jou wees: deel jou visie op God met jou kinders.  Laat dít die ding wees wat hulle van jou sal onthou – want dit is ‘n legacy wat ruggraat gee in die moeilikste van omstandighede.

Daarom konfronteer hierdie bekende Bybelstorie ons met hierdie vrae:

  • Gaan jy gevorm word deur jou vrese vir die Goliats van die lewe óf deur God?
  • Gaan jy op jou knieë leef, naby aan God, gefokus op God?
  • Gaan jy jou visie op God deel, en so moed eerder as vrees versprei in hierdie wêreld?

Mag wie jy en ek is, bepaal word deur Wie ons in hierdie wêreld raaksien – God, want dis Sy plek dié én omdat ons Hom sien, gaan ons op ons knieë voor Hom en dit gee vir ons krag om daardie volgende tree in die rigting van Goliat te gee…

Gebed

Dankoffer

Aankondigings

Belydenisgroep kom HALF VYF (i.p.v. half 6) in KONSISTORIE (i.p.v. Women’s Club) bymekaar.    Ons gaan fliek “Luther” kyk.  Ander mense is welkom om by ons aan te sluit as hulle die fliek saam met ons wil kyk (maar moet hul eie springmielies en koeldrank bring).

Slotlied

Lied 286 – Here God van liefde, waar ons ook mag gaan – staan

Seën

Amen

Lied 189 – Halleluja – staan

Gemeentevergadering

Gemeente ete

1 Samuel 15:34 – 16:13

14 Junie 2009

(Die deurlopend beeld op die skerm vandag is ’n kaart van die Romeinse Ryk wat ons deurgaans daaraan wil herinner dat ons op hierdie eerste Sondag in Koninkrykstyd fokus op die Koninkryk van God).

Onder Isai se seuns sien Ek vir my ‘n koning!

Teks:  1 Samuel 15:34-16:13

 

Geskryf deur Deon Binneman

 

Ons het aan die begin gesê dat vandag die eerste Sondag van Koninkrykstyd is.  Met die kaart van die Romeinse Ryk op die skerm, wil ons telkens daaraan herinner word dat die fokus vandag op die koninkryk is, op die koninkryk van God is.

 

Die aanbreek van die koninkryk van God was die kern van Jesus se verkondiging. Alhoewel die Ou Testament nêrens van die koninkryk van God praat en dit voorspel nie, was die idee vir die hoorders van Johannes en Jesus wel bekend. In baie Psalms en ook elders  word God as Koning van Israel en van die hele lewenswerklikheid bely.  Die konings van Israel was dan ook veronderstel om die aardse regeerders volgens God se wil te wees.  Hulle mislukkings om aan hierdie verwagting te voldoen het dan ook die  verwagting van ’n nuwe Koning, die Messias al hoe meer laat groei. Sedert Pinkster is almal wat in Hom glo, sy liggaam, sy gemeente, gedoop en gesalf met die Heilige Gees (Hand 1-2). In die nuwe bedeling is die kerk en gemeente die uitverkore volk, die nasie van priesters en konings wat hierdie koningskap van God proklameer (1 Pet 2:9).

Dat die Koninkryk van God ’n verrassend vreemde koninkryk is, is seker.  Dit is so anders as wat mense sou verwag.  In hierdie koninkryk gebeur dinge ook so anders as in aardse koninkryke.  Maar dit is hoe God is en hoe Hy werk.  Jare gelede al het Murray Janson geskryf dat God, wanneer hy oor die gelykenis van die onkruid tussen die koring skryf, op ’n vreemde manier boer.  Hy laat nie onkruid uitskoffel nie.  Hy betaal alle arbeiders dieselfde, of hulle nou ’n hele dag of net een uur gewerk het.  Hy het gesê God is ’n genadeboer.  Net so is God se manier van doen in sy koninkryk ook so anders as verwag.

 

1.         Eerste uitstaande aksent van ons teks is dat dit wat gebeur God se inisiatief is.

Daar word deurgaans op die Here se aktiewe bestuur, as motief van die verhaal, klem gelê. Terwyl Samuel uitsig verloor, “sien” die Here reeds die nuwe toekoms. Hy gee die opdragte, Hy maak die keuse, hy stuur vir Samuel, Hy sien anders en dieper as ’n mens. Hy kies en bekragtig die “man na sy hart” (13:14). Volgende geslagte mag weet: Die rigting wat die koninkryk hier ingeslaan het is God se inisiatief en dra sy sanksie.

Die Koninkryk van God wil ons leer dat Hy regeer.  Maar so dikwels is die geloof dat God in beheer is, vir ons ’n probleem!  Ons sien so dikwels dinge in die wêreld wat ons wil laat dink dat alles behalwe die Here in beheer is.  Maar, die gedagte dat die Koninkryk God se inisiatief is, nie ons s’n nie, wil tog ook weer die geloof in ons wakker maak dat Hy in beheer is en bly, al is dit nie altyd so ooglopend nie.

 

2.         Die spannende opbou van die verhaal is daarop gemik om klem te lê op die menslik onwaarskynlike van God se gekose instrument.

God gebruik menslik gesproke die mees onwaarskynlike instrumente. Hy sien nie wat voor die handliggende is nie. Hy kyk dieper.  Hy sien iets anders as ons.  Moses hakkel.  Jakob lieg.  Josef is ‘n dromer.  Gideon is bang.  Timoteus het maagsere – hy stres te veel.  Abraham was te oud.  Naomi was ’n weduwee.  Rut was ’n vreemdeling – ’n Moabiet.  Jona hardloop weg van God.  Maria is ’n jong tiener.  Petrus was ’n grootmond.  Thomas twyfel.  Martha was ’n kommerkous en ’n neulpot.  Paulus was ’n vervolger van die kerk.  Hy vestig sy kerk met vissermandissipels en talle naamlose en huiwerende gelowiges.  God sien potensiaal waar niemand dit sien nie, selfs nie eens Dawid se eie pa nie.  Uiteindelik kies God, Jesus van Nasaret, die Gekruisigde (Jes 53).

Paulus het dit goed begryp (1 Kor 1:18-25). Dit moet die gemeente aan die begin van Koninkrykstyd goed besef: Nie groot skemas en luisterryke programme nie, maar erdekruike met skatte in, gee gestalte aan sy koninkryk (2 Kor 4:7-13). Groei, glorie, voorspoed en gewildheid, is die groot verleiers van die kerk.  God se koninkryk lyk nie so nie en kom nie so nie. Dit kom in en deur die mense wat nie belangrik in eie oë is nie, dikwels die randfigure in die menslike samelewing. Dit is waar en hoe die gemeente moet kyk om God se merkers vir die koninkryk te volg. Geen situasie is vir die Here te erg nie en geen mens of gemeente vir Hom te klein om te gebruik nie.

 

3.         Die derde kernelement van die verhaal is die salwing met olie, maar veral met die Gees van die Here.

Dawid word as koning gesalf.  Die salwing het geskied deur die kop van die persoon met olie te smeer of om olie oor sy kop uit te gooi.  Dit was ’n simboliese handeling wat gedui het op die aanstelling in ’n amp en ook die aanvaarding van die amp.  Dit het die persoon toegelaat om namens en met die gesag van die Here op te tree.

Die salwing het dikwels gepaard gegaan met die ontvangs van die Heilige Gees. Die ontvangs van die Gees dui daarop dat God diegene wat hy roep, ook toerus. 

Omdat daar in die geskiedenis van Ou-Testamentiese konings so min van hierdie aspekte tereg gekom het, het die profetiese verwagting van die Groot Gesalfde, die “Messias” wat sou kom, al sterker gegroei tot en met die koms van Jesus, die Messias, wat in Hebreeus gesalfde beteken.  Ook die naam Christus beteken Gesalfde in Grieks.  Dit het mos by Jesus se doop.  Hier is Hy mos deur ’n teken van God aangewys as sy agent vir die vestiging van die koninkryk (Matt 3:16-17, 4:17, 23).

 

EN NOU: 

Wat is die betekenis van hierdie gebeure van lank gelede vir ons?  Hoe kan die verkiesing van Dawid as koning en sy salwing en die gedagte van die Koninkryk van God vandag in ons lewe vir ons iets beteken?

In die Ou Testament is daar ook ’n ander verwagting in verband met die Gees wat van belang is vir ons verstaan van die teks vandag. Dit is in besonder verwoord deur die profeet Joël (2:28-32) en is volgens die tradisie direk op Pinksterdag vervul, naamlik dat alle gelowiges met die Gees gedoop, gesalf is. Elkeen is dus deur die Gees afgesonder en toegerus om instrument van die koms van die koninkryk te wees. Hy neem elkeen se gawes en talente in gebruik (1 Kor 12).  God is sekerlik by magte om alles wat Hy op aarde gedoen wil hê met een woord te laat gebeur.  Maar Hy verkies om mense te gebruik – mense soos jy en ek.  Mense wat Hy kies, maar ook toerus.

Sy toerusting vind op ’n besondere manier plaas.  Sy Gees kom binne-in ons woon.  Hy verander ons van binne af.  Die woning, die werkplek van die Gees, is nie in die eerste plek die uitsonderlike indiwidu nie, maar die gemeente waarbinne al die lede hulle funksie verrig (1 Kor 3:16, Ef 2:19-22).  Daarom is die gemeente en die gemeenskap van die gelowiges vir ons so belangrik.

Hierdie verhaal van Dawid is opgeneem in die kanon van Israel en het besondere betekenis gekry in tye wanneer die volk in ballingskap of daarna in krisis verkeer het. Dan het die verhaal ’n oriënteringspunt verskaf, perspektiewe geopen oor hoe en waarmee God verkies om te werk. Dan kon die geloofsgemeenskap weet: God bestuur en Hy kan met ons, ten spyte van wie ons is, sy koninkryk laat kom!  Ook ons kan weet:  God het ons gekies, Hy is in beheer, ten spyte van ons, Hy regeer en Hy is op pad met ons na ’n verrassende nuwe toekoms!  Hierdie verhaal beklemtoon dat die Here nie toelaat dat sy koninkryk saam met ʼn eerste, mislukte koning, tot ’n val sou kom nie.  Ook ons hou nie sy Koninkryk in stand nie.

Amen