Skip to main content

Psalm 2 – ‘n Lied vir sekerheid in die wêreld – 23 Okt 2011

Verwelkoming en afkondigings

Toetrede

Lied 302:1-2 Ons is genooide gaste Koor is voorsangers (staan)

Votum

Kolossense 2:15-18

Seëngroet

Lofsang

Psalm 2:1-2 almal, 3 koor, 4 mans, 5 dames, 6 almal (sit)

Kindertyd

Nagmaalsformulier

Koor: VONKK 40 “Kom en vul ons met vrede, U alleen, o Heer is heilig”

Gebed

Nagmaal

Dankgebed & epiklese

Kinders verlaat kerk, terwyl gemeente sing:

Lied 253  U het die brood gebreek (staan)

Skriflesing

Psalm 2

Preek

Reeks Psalms – ‘n Lied vir elke dag.

Ps 2:  ‘n lied vir sekerheid in die wêreld

reeds kleingroepmateriaal,

Bybelskool,

Huisgodsdiens.

Vinnig:

Psalm 2 sê Israel koning deur God aangestel –

opstand teen hom sinneloos,

want agter sy regering regeer God self.

Sê volke moet God dien –

doen deur koning te dien.

Psalm 1 private kant van geloof,

Ps 2 publieke kant van geloof:

Ps 1:  vertrou God in persoonlike lewe

Ps 2: vertrou God in openbare, publieke, politieke lewe.

Ps 1: God in beheer van jou lewe.

Ps 2:  God ook in beheer wêreldtoneel.

Daarom lied vir sekerheid in wêreld.

Waar Ps 1 konkrete implikasies vir daaglikse persoonlike omgang met God,

Ps 2 konkrete implikasies vir manier ons leef in Suid-Afrika.

Gesien materiaal,

Psalm 2 Psalm meeste NT aangehaal –

toepassing Jesus.

H/die Psalm mense beste gehelp beskryf hoe oor Jesus gedink –

wie was, wat kom doen.

Bely ons geloof NGB (“Eg glo in God die Vader…),

vroegste /  oudste geloofsbelydenis:

“Jesus is Here”.

In Joodse wêreld,

getuig oor Jesus:

Jesus is Koning.

Hy heer, sit op troon.

Hy is koning

wat deur mag en billikheid

reg en versoening na nasies gaan bring.

Omdat in Grieks-Romeinse wêreld geleef,

gesê Jesus is “Heer” –

term vir keiser gebruik is.

So sê:  “Jesus is Heer”,

nie maar toevallige formulering hier en daar gebruik,

was amptelike belydenis –

meer nog,

was openbare belydenis.

Spesifiek uitspreek teenoor heersers van tyd.

Naaste ekwivalent ons vandag sê:

Jesus is president

of regering

of wêreldmoontheid.

Hierdie getuienis Jesus Here is,

vir hulle ontsaglike bron van troos en krag.

Vir hulle beteken Jesus regeer,

daar is koning wat nie net wíl help,

ook kan help –

gedra deur bedreigings en gevare,

aangemoedig volhard in geloof en hoop.

Jesus posisie nie intussen verander.

Jesus regeer vandag steeds –

hy is steeds Here en Koning

of president en regering.

Bely gereeld:

Opgevaar het na die hemel,

sit aan die regterhand van God die vader.

By ons afgewater,

betekenis verloor.

Ons hoor te beteken:

Jesus weggegaan.

Sit nou daar ver,

“watching is from a distance”,

nie meer hier –

dood oorwin,

gaan eendag weer terugkom,

finaal oorwin.

Intussen ons aan onsself oorgelewer –

lewe so goed moontlik,

na beste van vermoë,

doen wat reg –

maar eintlik maar uitgelewer magte en kragte van wêreld.

Is nie wat hierdie belydenis sê!

Opgevaar na hemel,

sit aan regterhand,

is NIE weg,

is troonbestyging,

is Jesus posisie ingeneem.

Is waarvan Ef 1 praat (20-22):

toe Hy Christus uit die dood opgewek

en hom in die hemel

aan sy regterhand laat sit het:

hoog bo alle bose magte

en enige ander vorm van gesag

waarvan daar sprake mag wees,

nie net in hierdie bedeling nie

maar ook in die bedeling wat kom.

Aan hom het God alles onderwerp,

hom bo alles verhef

en hom aangestel

as hoof van die kerk.

En net soos wat realiteit van vroeë Christene belydenis selfde is,

is realiteit van lewe steeds selfde:

ook ons leef in wêreld

waar regerings en volke

blind is vir heerskappy

van God se gesalfde.

Maar dis een ding om te glo dat God ons WIL help.

Heel ander ding te glo God ons KAN help.

Almal bekend ateïsme –

mense glo God nie bestaan.

Dink nie daar’s baie ateïste in kerk.

Maar ook baie mense glo God bestaan,

maar dat nie eintlik inmeng gang van sake op aarde.

Jesus is nou weg.

Wêreld hier,

God daar doer in hemel.

Hy het wêreld aan gang gekry,

maar nou sit terug.

Glo steeds God is almagtig,

maar verwág nie juis iets sal dóén,

veral nie in publieke wêreld.

Dalk nog persoonlike lewe –

voorsien in spesifieke behoefte,

siekte genees –

maar nie land,

wêreldpolitiek.

God is in hemel,

ons is op aarde.

En as kat weg is,

is muis baars.

Magtiges van hierdie wêreld

reken kan wegkom met enigiets:

uitbuit van swakkes,

onreg,

geweld,

noem maar op.

Op oog af,

lyk of hulle in beheer is.

As dit waar is,

is ons heeltemal uitgelewer.

Dan help dit nie om te bid nie.

Nie regtig nie.

Maar Psalm 2 help ons juis

om te kan bid.

Sien in Psalm 2

God wat raaksien wat gewetenlose mense met mag doen,

wat hulle uitlag,

wat sy Messias stuur

om hul mag te verpletter.

En ons?

Hoe lyk dit wanneer ons dit regtig glo?

Wanneer regtig glo God regeer,

ook nou,

ook op wêreld-gebied,

in politiek,

in SA?

Kan sekerlik baie sê,

miskien vanmiddag na rugby om vuur gesels…

beteken bid,

vertrou,

beteken anders praat oor land,

oor konteks.

Brueggemann wonderlike artikel

“Voice as counter to violence” (fb),

waarin sê geweld /  onreg in wese mense stil maak.

Gebruik vb Job,

vriende sê moet situasie gelate aanvaar,

Job weier.

Boek The Body in Pain: The Making and Unmaking of the World

deur Elaine Scarry,

navorsing mishandeling:

regerings of organisasies mishandel mense nooit inligting te bekom,

to unmake persons so that they cease to exist as identifiable agents.

stroop letterlik nie net menswaardigheid,

maar mens-wees.

Beweer dan dat enigste teëvoeter vir mishandeling,

is spraak:

As torture unmakes persons,

so speech makes persons.

Brueggeman self eie boek,

Praying the Psalms

(wat ons hierdie kwartaal doen!),

praat hoe onreg hanteer –

ons vanoggend:  hoe leef in oortuiging God regeer,

in aangesig van onreg

en geweld

en korrupsie

en onbevoegdheid?

Eerstens,

ons almal weet:

gee stem aan woede.

Praat daaroor.

Maar in ons terapeutiese samelewing stop hier.

Psalms – spesifiek klagpsalms – leer ons aangaan:

onderwerp magteloosheid wat beleef,

aan God.

Derdens:

gee dit oor aan God.

God regeer.

ook nou,

ook in SA.

Is tekens waar kan sien.

Ook ongelukkig baie plekke nié so lyk.

Ons roeping opstaan teen wat verkeerd,

stem te gee daaraan,

opstaan wat reg,

as burgers nie eerste plek hierdie bestel,

maar koninkryk waar Jesus regeer.

Oliver Cromwell

beroemde Engelse generaal,

sekretaris was op stadium op nb reis

een van daardie vreeslike slapelose nagte.

Vrees hom beetgepak.

Stap na een van amptenare

saam hom op reis,

maak hom wakker:

“Ek kan nie slaap nie,

want ek het net ‘n voorgevoel

iets aakligs gaan op die reis met ons gebeur.”

Deur die slaap amptenaar hom verdwaas aangekyk, gevra:

Kan ek vir jou drie vrae vra?

Instemmend geknik.

Eerstens:

het God regeer voordat ons gebore is?

Ja, geantwoord, gewonder waarheen vrae lei.

Tweedens, sal God regeer na ons dood?

Ja.

Derdens, moet ons dan nie vir God vertrou om ook oor die hede, dié nag en dié reis, te regeer nie?

Gebed

Dankoffer

Koor VONKK 107 “Heer God Almagtig, Redder, Verlosser”

Slotlied

Lied 282:1-2, 4-5 Terwyl ons bid vir elke volk (staan)

Seën

Openbaring 5:

Vonkk 58 (Ons vind ons krag in die Here)

Amen

Handelinge 15:36-41 – Lewenspraktyk

Verwelkoming & afk

Toetrede (erfenisdag) Vonk 77 Bring my die ou-ou tyding (sit)

Votum

Ps 16 (OAV):

Seëngroet

Genadeverkondiging/Identeitsbevestiging

Hebreërs 9:

Lofsang

Lied 188 Kom dank nou almal God (staan)

Lied 280 Here, Redder, groot en magtig (sit)

Gebed

Preek

Kwartaal reeks Voetspore Barnabas.

Vandag einde.

Idee voetspore – Fani ski,

kind op strand.

Eintlik gekyk Barnabas erfenis,

sy voorbeeld neerslag gevind geloof eeue,

neerslag eie lewe.

So gesien Here gebruik B vrygewigheid

stuk grond verkoop,

opbrengs gemeente Jerusalem skenk –

deel platform skep geloof wêreldwyd lanseer.

Deel vandag nog in daardie geskenk.

Kerk kon Saulus (wat ons vandag ken as Paulus)

en sy bediening aanvaar,

omdat Barnabas hom gasvry ontvang het.

Vir Saulus as borg opgetree.

In proses word kerk gehelp

nie eksklusief Joods te bly,

maar onder here se leiding grense oor te steek –

ook na Europa

en verre Suidpunt van Afrika,

sodat hierdie geloof vandag ook ons erfenis is.

By Barnabas het ons ook nog die dissiplines van

Bemoediging

omgee

daaglikse ondersoek

getuienis

nederigheid

gemeenskap

en geloofsonderskeiding

gemodelleer gesien.

Nêrens het Barnabas ooit die aandag op homself gefokus nie.

Oral bly die kollig op God

werk van God –

Barnabas instrument deur God gebruik.

Gewone mens,

ons leer dat God juis gewone mense

se gewone lewens

gebruik Sy wil laat geskied.

Maar vanoggend reeks afsluit

ontstellende deel Barnabas verhaal:

Handelinge 15:36-41

Kern konflik hierdie twee swaargewigte vroeë kerk,

hoe gemaak met mense

nie end-uit volhou nie?

Hoe hanteer ons mekaar se foute,

mede-gelowiges se swakhede?

In enige godsdiens –

en enige gemeente –

mense wat self as “free riders” beskou:

wil deel van kerk wees,

in die voorregte deel,

maar nie bereid prys van dissipelskap te betaal.

Sodra moeilikheid, teenstand – deins terug.

Nou wil Paulus & Barnabas op tweede sendingreis gaan.

konflik, teëstand, vervolging – so te sê gewaarborg.

Johannes Markus kon reeds vorige keer nie mas opkom –

nou wil Barnabas wéér saamneem?

Paulus en Barnabas voel beide so sterk twee kante van saak,

paaie skei.

Hele gebeure half ironies –

Barnabas doen vir Markus presies wat vir Paulus gedoen!

Ken nou al teen hierdie tyd vir Barnabas,

weet wat geestelike gewoontes was mee geleef:

onderskeidingsvermoë –

weet God sal niemand ooit verstoot nie,

dat God tweede kanse gee.

Bemoediging –

ondersteun vir Markus.

Neem hom weer saam na Siprus,

waar reeds saam bedien het tydens eerste sendingreis.

Gevolge Barnabas se optrede –

eintlik getrouheid aan eie manier van wees en leef –

is dramaties.

Paulus skryf in Kol 4:10:

10Aristargos,

wat hier saam met my gevange sit,

stuur vir julle groete;

ook Markus,

die neef van Barnabas.

Oor hom het julle reeds opdragte gekry:

as hy daar by julle kom,

moet julle hom gasvry ontvang.

en in Filemon 24:

ook my medewerkers

Markus,

Aristargos,

Demas en

Lukas

stuur groete.

2 Tim 4:9-13 sê vir Timoteus (kyk hoe gesk oor en oor herhaal):

9Probeer so gou moontlik na my toe kom,

10want Demas

het die teenswoordige wêreld liefgekry

en my verlaat

en na Tessalonika vertrek.

Kressens is na Galasië

en Titus na Dalmasië toe.

11Net Lukas is by my.

Gaan haal vir Markus

en bring hom saam met jou,

want hy kan my tot groot diens wees.

12Tigikus het ek na Efese toe gestuur.

13As jy kom,

moet jy die reismantel saambring

wat ek by Karpus in Troas laat bly het,

en ook die boeke,

veral die perkamente.

En Petrus sê in 1 Pet 5:12-14:

12Silvanus,

wat na my mening ’n getroue broer is,

het vir my hierdie kort briefie aan julle

op skrif gestel.

Ek het geskrywe

om julle te bemoedig

en julle te verseker

dat hierdie dinge die ware genade van God is.

Staan hierin vas!

13Die gemeente in Babilon,

’n uitverkore gemeente

net soos julle,

asook Markus,

my seun,

stuur vir julle groete.

14Groet mekaar met ’n soen van Christelike liefde.

Vrede vir julle almal wat in Christus is!

DIT is Barnabas se nalatenskap.

Hoor nie weer veel van Barnabas,

lees nog 2 plekke van hom NT,

verdwyn daarna spoorloos.

Sommige tradisies praat van sy werk in Rome,

selfs Alexandrië,

Milan.

Vermoede dat deur Jode gestenig is op eiland Siprus.

Weet nie veel van Barnabas –

weet wel baie van gevolg van sy manier van leef.

Weet van Paulus,

geweldige werk,

invloed –

vandag nog.

Weet van Markus.

Markus word sleutelfiguur nie net in vroeë Christelike kerk,

maar hele Christelike tradisie.

Word later met Paulus versoen,

medewerker,

ook van Petrus.

Sterk aanduidings hy skrywer was van Markus-evangelie.

Oudste evangelie,

deur beide Matteus en Lukas as bronne gebruik

in skryf van hulle evangelies.

Beteken dat Markus eerste was

wat lewensverhaal van Jesus op Skrif gestel.

En dít is op die ou end voetspore waarin ons vandag nog loop,

erfenis ons steeds leef.

Hele reeks oor dissiplines –

manier waarop geloof leef.

Sien vandag gevolg van Barnabas se manier van leef –

nalatenskap.

Einde van reeks

tyd vir elkeen van ons keuse maak:

wat sal jou nalatenskap wees?

Watter erfenis laat jy na?

Neig dink dinge gaan doen,

wêreld gaan antwoord.

By Barnabas leer:

erfenis is voetspore,

manier van leef,

geloofsgewoontes,

wat God gebruik

in God se handel met wêreld.

So as vra wat jou nalatenskap,

dan vraag baie meer eenvoudig:

wat jou lewensreël / lewenspraktyk?

Wat is geestelike gewoontes

wat jou unieke manier van leef as gelowige vorm?

Reeks:

  • vrygewigheid
  • gasvryheid
  • bemoediging
  • omgee
  • daaglikse ondersoek
  • getuienis
  • nederigheid
  • gemeenskap
  • geloofsonderskeiding

Natuurlik nog baie!

My eie lewe speel Sabbat, lectio divina, NB rol.

Is manier Gees mý gegee my geloof daagliks leef.

Kies een tot vier –

dalk reeds praktyk,

dalk hierdie kwartaal gedoen,

graag gewoonte wil maak,

dalk iets nuuts aanleer –

skryf lewensreël.

[Joernaalblad]

Dink hoe gaan doen –

maak afspraak iemand reeks gedoen,

oor maand bymekaar,

gesels hoe geleef.

Stil gebed –

voorneme vir Here gee,

self verbind volgens lewensreël te leef.

Lief 512:1 Nader, My God, by U (sit)

Voorbidding

(mensehandel)

Dankoffer

Slotsang

Lied 286 Here God van Liefde (staan)

Seën

Lied 313

Handelinge 15:1-22 – Die Heilige Gees leer ons onderskei

God nooi ons uit en ons kom tot rus

Toetrede

Lied 555 – Ek kniel hier in die oggendlig – koor

Votum en Seëngroet

Lofsang

Lied 100 – Juig almal tot Gods lof en eer – staan

Lied 199 – Loof die Here uit die hemel – sit (koor vers 2)

Lied 214 – Here, ons sal U loof, u weldade roem – sit

Kindertyd

Ek wil vandag met julle gesels oor julle ore.

Waarvoor is ore?

Om te hoor.

En waarom is dit belangrik om te kan hoor?

  • Ons kan hoor as daar kos op die tafel is.  Of ons maatjies ons roep om te kom speel.  Of die klok op die speelgrond.  Of musiek wat ons hart kan bly maak.  Of as daar ‘n motor as ons oor die pad wil loop.  Of as ons pa of ma vir ons vra om iets vir hulle te doen.
  • Of as die Here vir ons iets vra om te doen.  Dit is mos waarvoor die Bybel daar is, dat ons God se stem kan hoor.

In die Bybel vertel Jesus vir ons hoe dit werk.  Hy wil graag hê dat ons sal luister wat God sê en dat ons sal doen wat God sê.

Een dag, vertel Jesus, was daar ‘n pa en twee seuns (Matt. 21:28-32).

Twee seuns – pa sê vir hulle om vir hom ’n werkie te doen.  Hulle moet vir hom grassny (die teks sê eintlik in die wingerd gaan werk, maar dit is onbekend vir ons kinders).  Die een seun, Japie, sê ja, pa.  Die ander een, Gawie, sê nee, pa.

Watter een dink julle het geluister?

Japie hoor toe sy vriende gaan sokker speel, en hy vergeet skoon om die gras te sny.

  • Hy het dus gehoor, maar hy het nie geluister nie, want hy het nooit daarby uitgekom en die gras gesny nie!

Gawie se gewete begin hom pla en hy besluit, hy het nou wel vir sy pa gesê, hy gaan nie gras sny nie, maar hy wil tog doen wat sy pa sê en hy trek die grassnyer uit en sny die gras.

  • Gawie het dus eers nee gesê en toe later wel gedoen wat sy pa gesê het.

Het Gawie geluister?

  • Ja, want hy het gedoen wat sy pa gesê het.

Het Japie geluister?

  • Nee, want hy het nie gedoen wat sy pa gesê het nie.

Sien, wat ons sê, is belangrik, maar wat ons doen, is nog belangriker.  Wat ons doen, is uiteindelik die toets, of ons regtig geluister het.

Daarom sê die Here, ons moet doen wat ons gehoor het, want dan was ons gehoorsaam.

Kom ons sê dit saam!

Elkeen wat die Bybel hoor en dit doen sal gelukkig wees.

God praat met ons en ons luister

Gebed

Skriflesing

Handelinge 15:1-35 – Die Heilige Gees leer ons onderskei

Die vergadering in Jerusalem

15 Daar het mense van Judea af gekom en die gelowiges wysgemaak: “As julle nie die gebruik van Moses nakom deur julle te laat besny nie, kan julle nie gered word nie.”

2Toe Paulus en Barnabas hulle daarteen verset en in ’n heftige meningsverskil met hulle betrokke geraak het, is daar besluit dat hulle twee en nog ’n paar ander van die gemeente na die apostels en ouderlinge in Jerusalem moet gaan in verband met hierdie vraagstuk.

3Nadat die gemeente hulle van die nodige vir die reis voorsien het, het hulle deur Fenisië en Samaria gegaan en vertel van die bekering van die heidene. Hieroor was al die gelowiges baie bly.

4Toe hulle in Jerusalem aankom, is hulle deur die gemeente, die apostels en die ouderlinge verwelkom. Hulle het vertel wat God alles deur hulle gedoen het, 5maar party van die gelowiges wat vroeër Fariseërs was, het na vore gekom en gesê: “Die bekeerlinge moet besny word en aangesê word om die wet van Moses te onderhou.”

6Die apostels en die ouderlinge het toe bymekaargekom om hierdie vraagstuk te bespreek. 7Na ’n lang bespreking het Petrus opgestaan en vir hulle gesê: “Broers, julle weet dat God my lankal uit julle geledere gekies het om die evangelie aan die heidennasies te verkondig sodat hulle kan glo. 8En God, wat die harte ken, het dit bevestig deur die Heilige Gees aan hulle te gee net soos aan ons. 9Hy het geen onderskeid tussen ons en hulle gemaak nie: Hy het ook hulle harte deur die geloof gereinig. 10Waarom wil julle dan nou God se geduld op die proef stel deur op die nek van die gelowiges uit die heidennasies ’n juk te lê wat ons voorvaders nie in staat was om te dra nie en ons ook nie? 11Nee! Ons, en ook hierdie gelowiges, glo dat ons net deur die genade van die Here Jesus gered word.”

12Daarna het al die mense stilgebly en na Barnabas en Paulus geluister. Hulle het vertel van die tekens en wonders wat God deur hulle onder die heidennasies gedoen het.

13Toe hulle klaar was, sê Jakobus: “Broers, luister na my! 14Simon het verduidelik hoe dit God self is wat begin het om na die heidennasies om te sien deur vir Hom ’n volk uit hulle te versamel. 15Die profete sê dieselfde. Daar staan geskrywe:

16Daarna sal Ek terugkom,

en Ek sal die vervalle huis van Dawid

weer opbou,

en Ek sal sy bouvalle herstel

en dit weer regmaak,

17sodat al die ander mense

die Here kan soek,

ja, al die heidennasies

wat Ek geroep het

om my eiendom te wees,

sê die Here wat hierdie dinge doen. e

18“Dit is van ouds af bekend. 19Daarom meen ek dat ons dit nie moeilik moet maak vir die heidene wat hulle tot God bekeer nie. 20Maar ons moet vir hulle skrywe om nie vleis te eet wat aan ’n afgod geoffer is nie, want dit is onrein; dat hulle onsedelikheid moet vermy, geen dier wat verwurg is, moet eet nie, en ook nie bloed nie. 21Hierdie voorskrifte van Moses word immers van ouds af in elke stad aan die mense voorgehou. Elke sabbatdag word dit in die sinagoges voorgelees.”

Die besluit van die vergadering

22Daarna het die apostels en die ouderlinge saam met die hele gemeente besluit om mense uit hulle geledere saam met Paulus en Barnabas na Antiogië toe te stuur. Hulle het vir Judas, wat ook Barsabbas genoem is, en vir Silas gekies, manne wat die agting van die gelowiges geniet het.  + BRIEF.

Woordverkondiging

Diepsee duiker

’n Diepsee duiker vertel dat hy diep in water moes duik waar dit plotseling stikdonker geword het.  Dit was bitter moeilik om nie gedisoriënteerd en diep angstig te raak nie.  “Dit is ’n verskriklike gevoel,” vertel hy, “om onder die water te wees sonder om eers jou eie hande voor jou gesig te kan sien.  Jy kan geen sentimeter sien nie.  Jy weet nie watter rigting is boontoe nie.  Ek het paniekerig begin raak, sonder koers, en gewonder of ek ooit weer bo sou uitkom.”

“Wat doen jy toe,”  vra ek hom?

“Ek het my instrukteur se woorde onthou en vir die borrels van my asemhaling gevoel,” sê hy.

“Die borrels?”

“Dis reg.  Wanneer dit stikdonker is, en jy het geen idee watter rigting boontoe is nie, met die gevaar dat jy dieper of dwarsweg kan duik, menende dat jy boontoe gaan, steek jy jou hande uit en soek vir die borrels.  Die borrels styg altyd boontoe, in die rigting van die oppervlak.  Wanneer jy nie meer jou eie oordeel of jou eie sintuie kan vertrou nie, kan jy altyd op die borrels vertrou om jou weer bo te kry.”

Mens beland meermale in die lewe in omstandighede waar jy wonder wat waarheid is.  Veral as groot besluite geneem moet word.  Die gevaar is dat mens dan doelloos kan begin rondspartel.  Wat is die regte rigting om in te slaan?

Vir gemeentes en gelowiges is hierdie ’n kritiese belangrike vraag.  Wat is die wil van God?  Wat is die rigting wat God wys?  Hoe bepaal ons wat werklik God se koers is?  Hoe werk geloofsonderskeiding?

Vroeë kerk voor ’n kruispad

In Handelinge 15 kom die vroeë kerk voor ’n belangrike vraag te staan, ’n kruispad.  Die vraag is: Hoe word mens gered?

En dit was ’n ernstige vraag.  Mense se geloofsekerheid het daarvan afgehang.

Die rede waarom hulle dié vraag moes vra, was weens mense van Judea wat die gelowiges in Antiogië wys gemaak dat mens nie gered kan word as jy nie besny word nie (15:1).

Paulus en Barnabas verset hulle teen hierdie siening, en ’n heftige meningsverskil ontstaan.  Wat is waarheid?  Watter koers is die regte?  In watter rigting beweeg – figuurlik gesê – die borrels?

Nou ons moet hierdie konflik in konteks verstaan.  Voor die ontstaan van die gemeente in Antiogië was verreweg die meeste van Jesus se volgelinge mense uit die Jodedom.  Vir baie van hulle was die Christus-beweging eintlik maar net  ’n Joodse beweging.  Toe groot getalle mense uit die heidendom tot bekering kom, is die vraag of hulle ook die Joodse gebruike moet nakom.  Moet jy ’n Jood word (besny word)  om ’n Christen te kan wees?

Veral gelowiges wat vroeër Fariseërs was (15:5) het sterk gevoel dat alle nuwe gelowiges Jode moet word.  Hulle moet besny word en die wet van Moses onderhou.

Nou daar was ook ’n ander siening besig om veld te wen, en deur niemand minder as Petrus nie.  En dit is dat die besnydenis  nie nodig was nie.  Reeds met die bekering van Kornelius het Petrus tot hierdie insig gekom en dit duidelik vir die gemeente in Jerusalem onderstreep dat die Here aan hom gewys het dat die besnydenis nie belangrik was nie (Hand 10:46).

Trouens, die gemeente in Jerusalem het daarmee saamgestem (11:15-18).

Maar nou is daar hierdie Joodse Christene in Antiogië wat anders daaroor dink en die gemeente in Antiogië besluit om Barnabas en Paulus, tesame met ’n paar ander gelowiges, Jerusalem toe te stuur om die waarheid saam met die ander gelowiges te gaan soek.

Die voordeel van hierdie hantering, is dat hierdie besoek aan Jerusalem ’n baie belangrike openbaring sou word van hoe ’n mens geloofsonderskeiding doen, hoe jy, by wyse van spreke, agterkom in watter rigting die borrels beweeg.  En hulle beoefening van hierdie geestelike gewoonte het die standaard geword wat vir die kerk van alle eeue gewys het hoe ’n mens die wil van God onderskei.

Kyk konflik in die oë en hanteer dit

Voordat ons prakties oor geloofsonderskeiding praat, eers ’n opmerking oor konflik.

’n Mens is geneig om negatief te kyk na die gelowiges wat uit die Fariseërs se geledere gekom het en ’n ekstra juk op nie-Jode wou plaas.  In baie geloofsgemeenskappe sal die versoeking wees om sulke “beswaardes” te ignoreer of hulle standpunte van die tafel te vee.

Alternatiewelik kan mens te vinnig soek na ’n kompromis, om die konflik uit die weg te kry, en so die waarheid afwater.

Maar dan doen jy óf skade aan die eenheid óf skade aan die waarheid.  Daarom moet ’n mens nie probeer om konflik te vermy nie, en ook nie om dié wat anders dink aan te val nie.

Hoekom?  Want konflik is baie keer ’n katalisator vir die onderskeiding van God se wil.  En die hantering van hierdie konflik het vir ons ’n model gegee wat die toets van die tye deurstaan het.

Die vraag na die afdwingbaarheid van die besnydenis op gelowiges uit die heidennasies gee ons dus ’n kykie na hoe geloofsonderskeiding as ’n geestelike gewoonte werk.

Terug by die vraag: wat leer ons uit ons teks oor die praktiese manier waarop geloofsonderskeiding werk?

Een: Onderskeiding sluit almal se bydraes in

In Jerusalem aangekom, blyk duidelik dat die hele gemeente, die apostels en die ouderlinge partye in die gesprek is (4-5).  Beide die gewone gelowiges en die leierskap gesels saam.  Die aandrang op die besnydenis kom immers spesifiek uit gelowiges wat vroeër Fariseërs was se geledere.

Dit is duidelik dat baie menings en perspektiewe verreken word.  Die proses word nie afgejaag of met die hantering deur ’n magskliek vinnig in ’n rigting gedwing nie

Twee: Onderskeiding werk met getuienisse oor God se werk in die lewe

Die gesprek in die gemeente handel oor alles wat God gedoen het.  Die tema is die lewe van geloof, en die wyse waarop gelowiges beleef dat God handel.  Verhale word vertel om op die spoor van God se aksie te kom, want dit is mos, by wyse van spreke, die rigting wat die borrels beweeg.

Wanneer die apostels en ouderlinge bymekaar kom, praat Petrus ook eers oor wat God doen en gedoen het.  Petrus is geroep om die evangelie aan die heidennasies te bring.  Trouens, hy het so pas van ’n eie sendingreis teruggekom, soos Lukas ons vertel.  En hy het self beleef hoedat God sy Gees aan heidense gelowiges gee, met die bekering van Kornelius en sy mense, net soos aan Joodse gelowiges.  En hy het gesien dat hulle harte deur geloof gereinig is, nie deur die nakoming van die Joodse wet nie, wat beteken dat die besnydenis nie noodsaaklik is nie.

Hierna vertel Barnabas (hy word eerste genoem, waarskynlik omdat hy meer gesag in dié vergadering gedra het) en Paulus wat God onder die heidennasies gedoen het. Hierdie benadering gee ruimte aan God.  Die vraag is wat God doen, en hoe God deur die gemeente se bediening nagevolg moet word.  Dis nie ’n strategiese gesprek wat voor- en nadele opweeg, of takties korrek wil wees nie.  Hier is ’n diepe soeke na God se handelinge ter sprake, en die vertel van verhale wat dit op die agenda plaas, is die benadering wat gevolg word.  Dit is in die stories van God se werk wat sy wil duidelik word!

Drie: Onderskeiding toets alles aan die Skrifwoord totdat daar klaarheid daaroor kom.

Nadat die vertelling van God se handelinge in die hede en verlede afgehandel is, word dié verhale aan die Skrif getoets – die verhale van die hede word in verband gebring met die verhale van die verlede, juis dié verhale wat die geloofsgemeenskap oor die eeue geoordeel het, gesag het, en betroubaar is, as getuienis van God en sy wil.  Jakobus speel hier ’n belangrike rol om die Skrif, die gebeure en die gelowiges se interpretasie daarvan bymekaar te bring.

Oor die leer van die Skrif is daar dus gesprek – dws die blote naïewe lees van die Woord word aangevul deur die interpretasie van daardie Woord.  Jy kan nie maar net tekste aanhaal en daarmee basta nie.  Jy moet deel wat jy daaruit agterkom van wat God wil hê en saam luister tot daar ’n oortuiging posvat wat algemeen is en deur almal aangehang kan word.

Uiteindelik is dit dus die vergadering van gelowiges (22) wat aandui dat die verbintenis tussen die verhale wat vertel word en die interpretasie van die Skrif vir hulle sin maak en dan ’n besluit daaroor neem.

Dit is so belangrik dat ’n mens nie die Bybel gebruik om mekaar af te kraak nie.  Die Bybel is nie ’n geweer waaruit ons tekste soos Bybel-koeëls op mekaar afskiet ten gunste van een of ander standpunt nie.

Nee, gelowiges soek saam en lank genoeg – tot die punt van voldoende konsensus – na waarheid uit die Woord. Dit geskied totdat die sake waaroor die besluit geneem moet word voldoende deur die Woord belig is en helderheid bereik is.

Vier: Eers as daar wye instemming bereik is, word dit die besluit van die geloofsgemeenskap

Geloofsonderskeiding is dus om saam te soek na ’n gemeenskaplike konsensus wat gebore word uit die oortuiging dat God reg gehoor en sy Woord reg geïnterpreteer word, soos wat dit in die lewe gestalte kry in die stories van God se werk onder ons.  Eers dan neem die geloofsgemeenskap ’n besluit (22).

Die verhaal het ’n goeie afloop: die apostels en ouderlinge besluit saam met die hele gemeente om ’n afvaardiging na Antiogië en die omliggende streek van Silisië te stuur om die besluit van die vergadering bekend te maak.

Die brief wat hulle saamstuur, sluit aan by die onenigheid wat deur mense – wat geen opdrag van Jerusalem gehad het nie! – veroorsaak is.  Barnabas en Paulus word as “geliefdes” beskryf en die besluit as komende van “die Heilige Gees en ons”.

Net vier voorskrifte word uitgestippel: 1) geen afgodsvleis, 2) geen bloed, 3) geen verwurgde diere, en 4) geen onsedelikheid nie –dinge wat met die publieke lewenswandel te make het en breek met afgodsgebruike, ’n “menslike” hantering van diere aanprys, en ’n positiewe ingesteldheid teenoor die huwelik skep.  Die besnydenis is daarmee beslissend uitgesluit van enige voorskrif aan die gelowiges uit die heidene.  Terloops ook die Sabbat, hoewel dit nie die primêre vraag is nie.  Slegs die vier goed word van hulle verlang om na te kom.

Die afgevaardigdes het die blye nuus aan die gelowiges in Antiogië gaan oordra.  Almal was bly oor die bemoedigende boodskap. Die profetiese rol van Judas en Silas in die bemoediging en geestelike versterking van die gelowiges word spesifiek beklemtoon.  Die gemeente reageer ook met ’n groeteboodskap terug aan die gemeente in Jerusalem.  Daarmee word die onderlinge gemeenskap, verbondenheid, liefde en respek bevestig.

Wye impak

Die besluit van die kerk in Handelinge 15 sou die belangrike patroon vestig wat oor al die eeue steeds geld: mense kan na die Here kom soos hulle is.  Jy hoef nie eers te verander, bv. deur  ʼn Jood te word nie.  Nooit sou die kerk beperk kon word tot ’n enkele groep of kultuur nie.  Nooit sal een spesifieke kultuur hul insig in die Christelike geloof tot die absolute waarheid kon verklaar nie – ’n beslissende verskil met die Moslem-geloof wat een kultuur op almal afdwing.  In die evangelie van Jesus Christus is HY belangrik, nie die kultuur waaruit Hy gekom het nie.

Hierdie besluit maak die evangelie werklik vry om oor alle grense te beweeg en mense in die koninkryk van God in te sluit deur geloof in Jesus Christus alleen.

Praktiese uitvoering

Maar dit het ons ook geleer hoe om geloofsonderskeidend op te tree.  En dit is so noodsaaklik dat ons dié proses volg. Te veel kerklike besluite word geneem deur geslote debatte of pogings om te koukus om die meeste stemme te werf.  En te veel persoonlike besluite word geneem sonder om jou verhale en insigte aan die toets van die Skrif en ander gelowiges se mening te toets.

Dan swem mens ondertoe, terwyl jy eintlik in die donker water boontoe moet beur.  Of jy karring sywaarts aan tot jou suurstof op is en jy in ’n geweldige krisis beland.

“Voel vir die borrels, hulle beur in die regte rigting,” sê die duiker, en sê die Bybel.

Gebed

God stuur ons om te leef

Geloofsonderskeiding

Ons fokus dus op geloofsonderskeiding.

Hier is ’n beskrywing van geloofsonderskeiding as geestelike gewoonte.

Geloofsonderskeiding is om God se wil in die praktyk van die lewe te herken.  ’n Ander woord daarvoor is wysheid (Jak 1:5; Fil 1:9-10).  Dit sluit in om na die 1) getuienisse van God se werk in die lewe te luister; om 2) almal geleentheid te gee om hulle perspektiewe daarop te deel; om na 3) die Skrifwoord te luister en alles daaraan te toets tot daar 4) ’n wye instemming kom oor wat God se wil is.  Dit sluit in om tot rus te kom voor God, na ander stemme as jou eie te luister, individuele en gesamentlike gebed te beoefen, en die bereidheid om wat jy hoor, te gaan leef.

Ek gaan vir julle twee maniere gee om die geestelike gewoonte van geloofsonderskeiding te gaan beoefen.  Dit is twee weergawes van die luistersiklus wat jy kan gebruik, die korter een is vir jou persoonlik, of vir ’n groep en die langer weergawe is meer vir groepe geskik.

Dit is ’n manier om Bybelstudie te doen, maar op ’n geloofsonderskeidende manier.  Jou ervarings word ingetrek in jou lees van die Woord, soos dit ook die geval was met die daaglikse ondersoek as geestelike gewoonte.

A.  Gebruik die drie groot bewegings – rus, hoor en leef.

RUS

  • Raak bewus van jou diepste behoeftes.
  • Gee dit in gebed aan God.

HOOR

  • Lees ’n Skrifgedeelte.
  • Deel met mekaar wat julle daarin tref.

LEEF

  • Wat lê die Here nou op jou hart?
  • Besluit op ‘n gepaste reaksie en sluit met gebed af.

B.  Gebruik die volgende agt stasies met ’n Skrifgedeelte van jou/julle keuse.

RUS

1. Ingenooi  deur God

  • Dink na: Waarmee kom jy nou na God toe? Wan­hoop, verwarring of hoop? (Dit kan ’n vraag, ’n behoefte, ’n seer, ’n dankbaarheid … wees.)
  • God nooi ons uit om by Hom tot rus te kom.

2. Ingaan in God se tyd

  • Raak bewus van die ruimte wat God nou vir ons skep deur op die kerkjaar (bv Pinkster), ’n geloofsbelydenis of ’n psalm te fokus.
  • Oordink die betekenis wat dit vir ons inhou.

HOOR

3. Luister na God se Woord

  • Lees die Skrifgedeelte. Raak bewus van watter gedagtes, beelde of vrae by jou opkom terwyl ons saam die gedeelte lees.

4. Luister na mekaar

  • Kom ons ontvang God se Woord deur na mekaar te luister.

5. Luister na ander en die tye

  • Kom ons luister na hulle wat nie hier is of nie hier praat nie. Hoe sou hulle na dié Skrifgedeelte geluister het?

6. Luister weer na God se Woord

  • Ons luister nuut na die Skrifgedeelte. Raak be­wus: Hoe ruk en/of troos hierdie gedeelte jou/ons?

LEEF

7. Fokus op wat God nou doen

  • Watter moontlikhede het God in ons tyd saam vir jou oopgemaak? Watter van dié moontlikhede voel jy wil God hê moet jy laat vaar/ontgin?

8. Antwoord met ons lewe

  • Sê vir mekaar wat julle nou gaan doen. Dit is hoe ons God se genade uitleef en vir ander aangee.

Dankoffer

VONKK 57 – Ek gee aan julle ’n nuwe gebod – koor

Ek gee aan julle ’n nuwe gebod

Om soos Ek julle liefhet,

Mekaar lief te hê.

Want so sien alle mense

Wie is my dissipels:

Deur liefde wat julle vir mekaar het (Joh 13:34-35)

Slotsang

Lied 436 – Herskep, o Gees, laat leef, o Gees – staan

Seën

Amen

Lied 189 – Halleluja, Halleluja, Halleluja – staan

e Vgl. Amos 9:11–9:12

Continue reading

Handelinge 14:1-20 – Nederigheid

GOD NOOI ONS UIT EN ONS KOM TOT RUS

Votum en Seëngroet
  • Lied 212 (Loof die Heer) staan
  • VONKK 82 (Laat ons skyn vir Jesus) sit
  • FLAM 108 (‘n Sonstraal) sit
Kindertyd

Jesus was ’n baie nederige mens.  En Hy het ons geleer om nederig te wees.

Wat is nederig?

  • Dit is om nie spog met wat jy het of wat jy kan doen nie.  En om nie skaam te wees vir mense wat minder as jy het of wat nie alles kan doen wat jy kan nie.  En veral om hulle nie te laat sleg voel as hulle minder as jy het nie.  Nederige mense dink oor wat ander mense wil hê en help waar hulle kan.

Ons leer die beste wat nederigheid beteken as ons stories vir mekaar vertel.

Een keer het Jesus gesien al die kindertjies wat na Hom toe kom.  En sy dissipels het gedink, nee, dit kan nie.  Jesus is ’n belangrike mens, seker die belangrikste mens wat ooit geleef het.  Hy was God se Seun en net die belangrike mense kan met Hom praat.  So hulle keer toe dat die klein kindertjies na Hom toe kom.

En wat doen Jesus toe?  Hy keer die dissipels, want Hy was nederig en nie spoggerig nie.  En Hy sê: “Laat die kindertjies na My toe kom.  Moenie hulle keer nie.”  Jesus was so lief vir mense dat kinders ook welkom was om na Hom toe te kom.

Jesus het daarom ook nie net grootmense gehelp nie.  Nee, Hy het een keer ’n dogtertjie uit die dood opgewek, en ook ’n jong seun, wie se ma ’n weduwee was, en daarom niemand meer gehad het om vir haar te sorg nie.  En ’n paar keer ander kinders wat siek was of ’n gebrek gehad het.

Maar hoe kan ons nederig wees?

Kom ons kyk na ’n paar ander voorbeelde, dan sê julle vir my of dit nederig is of spoggerig:

  • Jannie kom terug van die skool af en is baie bly.  Hy het volpunte in sy toets gekry.  Hy sê, dankie mamma dat mamma my aangemoedig het om te leer.  Dit was die moeite werd! NEDERIG
  • Karie kyk na al die ander meisies by die partytjie en sy sien sy het die mooiste rokkie van hulle almal.  En sy kan nie wag dat die ander dit raaksien nie.  So sy vertel vir almal hoe mooi haar rok is! SPOGGERIG
  • Bennie se ouers is baie ryk en hy kry baie sakgeld.  Maar hy is baie vrygewig.  Hy deel wat hy het met sy vriende.  Hy sorg dat die ander maatjies nie skaam is as hulle nie iets het nie.  En hy gee van sy speelgoed vir hulle, want hy kry so baie.  NEDERIG
  • Ferdie se ouers het ’n baie mooi huis.  Toe hy gaan kuier by sy maatjie se huis, sien hy hulle meubels is maar oud.  Hy sê vir sy maatjie, joe, julle meubels is darem oud hoor!  SPOGGERIG
  • Sannie kom by die huis en sien haar klein sussie het met moddervoete in geloop.  Nou is die mat vuil.  Sy weet die bediende sal skoonmaak, maar sy besluit om te help en maak alles skoon. NEDERIG
Gebed

GOD PRAAT MET ONS EN ONS LUISTER

Skriflesing

Handelinge 14:1-20

Paulus en Barnabas in Ikonium

14 In Ikonium het Paulus en Barnabas op dieselfde manier opgetree. Hulle het weer na die Joodse sinagoge toe gegaan en daar gepreek, met die gevolg dat ’n groot aantal Jode en Grieke gelowig geword het. 2Maar die Jode wat nie die boodskap wou aanneem nie, het die gemoedere van die heidene opgesweep en hulle teen die gelowiges aangehits. 3Ten spyte hiervan het die apostels ’n geruime tyd in die stad gebly en in vertroue op die Here onbevrees gespreek. Die Here het ook die boodskap van sy genade bevestig deur die apostels tekens en wonders te laat doen. 4Die inwoners van die stad was verdeeld, party vir die Jode en party vir die apostels. 5Die heidene en die Jode saam met hulle leiers het egter oproerig begin word en wou hulle aanrand en stenig. 6Toe die apostels dit agterkom, het hulle na Listra en Derbe en omgewing gevlug. Dit was twee stede in Likaonië. 7Daar het hulle toe die evangelie verkondig.

Paulus en Barnabas in Listra

8In Listra was daar ’n man met gebreklike voete. Hy was van sy geboorte af verlam en kon nooit loop nie. 9Hy het geluister terwyl Paulus praat. Paulus het stip na hom gekyk en gesien dat hy die geloof het om gesond gemaak te word. 10Toe roep hy na hom: “Staan regop, op jou voete!”

Die man het opgespring en hy kon loop. 11Toe die mense sien wat Paulus gedoen het, roep hulle in Likaonies uit: “Die gode het soos mense geword en het na ons toe afgekom!”

12Hulle het Barnabas Zeus genoem en vir Paulus Hermes, omdat hy die woordvoerder was. 13Die priester van die Zeustempel, net buitekant die stad, het bulle en blomkranse na die stadspoort toe gevat, en hy wou saam met die mense offers aan die apostels gaan bring. 14Toe die apostels, Barnabas en Paulus, daarvan hoor, het hulle hulle klere geskeur en tussen die mense ingespring en geskreeu: 15“Mense, wat vang julle nou aan? Ons is maar net sulke mense soos julle. Ons bring vir julle die goeie boodskap dat julle hierdie sinlose gode moet laat staan en julle tot die lewende God bekeer. Dit is Hy wat die hemel en die aarde en die see en alles wat daar is, gemaak het. 16Hy het in die verlede alle nasies toegelaat om hulle eie koers te gaan, 17maar tog bekend gemaak dat dit Hy is wat die goeie dinge gee: Hy het vir julle reën van die hemel af gegee en gereelde oeste; Hy het julle volop kos gegee en julle gelukkig gemaak.”

18Maar selfs met hierdie woorde kon die apostels nouliks voorkom dat die mense aan hulle offers bring.

19Toe het daar Jode van Antiogië en Ikonium af gekom en die mense na hulle kant toe oorgehaal. Hulle het Paulus met klippe gegooi en hom uit die stad gesleep onder die indruk dat hy dood is. 20Daar het die gelowiges rondom hom kom staan, en hy het opgestaan en weer die stad ingegaan. Die volgende dag het hy en Barnabas na Derbe toe vertrek.

Woordverkondiging

Nederigheid is nie natuurlik nie

Nederigheid kom nie natuurlik vir enigeen van ons nie.  Niemand wil graag aan die onderpunt van die leer wees nie, want dit is hoe ons baiekeer oor nederigheid dink, dat jy soos ‘n vloerlap word waaroor ander kan loop.  Daarom is dit vir ons moeilik om spontaan en konsekwent die minste te wees.  Veral binne ons kultuur waar mag en selfbe-mag-tiging so ’n hoë prioriteit is.  Ons hou van mense wat “goed doen vir hulleself” en bo uitkom.  Ons hou van helde, mense wat bo uit gekom het.

Ons het ook almal ’n behoefte aan erkenning.  Ons wil graag goed voel as ons iets reggekry het.  Ons wil beloon word.  Veral as mens swaargekry het en moes opoffer om iets reg te kry.

Die probleem is dat ’n sug na waardering maklik ’n sug na mag kan word.  Mens kan jou oog van die bal afhaal en erkenning, mag en selfverheerliking begin najaag.

Jesus se voorbeeld

Dit was juis die versoeking waarvoor Jesus in die woestyn beland het.  Hy was honger en dors.  Hy word versoek met brood.  Iemand wat so lank sonder kos is, verdien tog ‘n stukkie brood. Jesus word dus versoek om sy mag te misbruik, ter wille van Homself.

En Jesus kies, soos reg deur sy lewe, om doelbewus nie die magspel te speel nie, maar nederig te bly en na die wil van sy Vader te soek, al kos dit wat.  Ek sal leef van dít wat God my gee, is sy antwoord aan die duiwel.  Daarmee vervul Hy die visie vir die Dienaar van die Here en word Hy die lydende Messias.

Druk en bedreiging in Ikonium

Van Antiogië in Pisidië het Paulus en Barnabas nou na Ikonium in die suide gegaan en weer in die sinagoge op ’n sabbatdag gepreek.   Dit ontlok weereens geloof sowel as ongeloof en teenstand. Vir ’n tyd lank kan hulle nog aangaan met die verkondiging, maar dan word die druk en bedreiging van aanranding en steniging te veel en hulle vlug na Listra.

Sukses en erkenning in Listra

Die omstandighede waarin Paulus en Barnabas hulle in Listra bevind, dek nou ook vir hulle die tafel vir die versoeking na mag, soos dit met Jesus in die woestyn die geval was.  Nadat hulle moes vlug en soort van druipstert uit Ikonium weggejaag is, draai, menslik gesproke, die gety in Listra met die wonderbaarlike genesing van die verlamde man.  Paulus en Barnabas raak by die genesing van ’n man betrokke wat met gebreklike voete gebore is.

Toe die man regop kom – opspring! – en loop, roep die mense uit dat Paulus en Barnabas gode is wat hulle kom besoek het.  Die hele omgewing is dadelik in rep en roer.  Barnabas word Zeus, die hoofgod, en Paulus Hermes genoem, woordvoeder van die gode.  Die priester van die Zeustempel bring bulle en blommekranse en wil saam met die mense offers aan die apostels bring.

Interessant genoeg was daar ’n bekende legende dat Zeus en Hermes in menslike gedaante die omgewing van Listra besoek het, en net deur  een egpaar gasvry ontvang is (Metamorphoses van die Romeinse digter Ovid).  Waarskynlik wou die gemeenskap van Listra nie weer dieselfde fout maak om hulle nie te herken nie!

Die gety het gedraai.  Skielik is daar darem ’n bietjie erkenning.

Mens voel amper jy sou Paulus en Barnabas nie kon kwalik neem as hulle dié gebeure so ’n klein bietjie wou uitbuit nie, natuurlik vir ’n goeie doel.  As hulle sou wou saamspeel, kon hulle nie miskien hul gode-status dalk tot voordeel van die evangelie gebruik nie?

Fokus op die evangelie

Paulus en Barnabas verloor egter vir geen oomblik hulle fokus nie.  Hulle ken die Here en hulle ken die boodskap van sy nederige selfprysgawe om verlossing van sonde vir ons te werk.  Hierdie boodskap stempel hulle identiteit en selfverstaan.  Hulle bly die evangelie beliggaam.

Geen wonder dat Barnabas en Paulus hier byna met aggressie reageer op die heldeverering wat hulle te beurt val nie.  Hulle keer vasberade dat hulle in die sentrum van die mense se gedagtes kom staan.

Dit gee ook die regte perspektief op die plek van wonders en tekens – as dit nie die fokus op God plaas nie, is die gevaar van hoogmoed en magsvertoon lewensgroot.

In hulle impromptu toespraak beklemtoon hulle dat hulle gewone mense is.  Die eer vir die wonderwerk kom God toe.  Die goeie boodskap van hierdie God is dat mense hulle sinlose gode (en hul self-verafgoding) moet laat staan, en hulle tot God bekeer.  Dit is Hy wat as Skepper vir sy skepsels sorg en vir hulle goeie dinge gee.

Hulle skuif in nederigheid die aandag weg van hulleself en na God toe.

Illustrasie van ’n nederige lewenstyl

Daarmee illustreer Paulus en Barnabas hoe ’n nederige lewenstyl werk.

’n Musiek liefhebber het eenmaal die groot komponis Johannes Brahms onverwags ontmoet.  Toe hy Brahms herken het hy vir Brahms gevra om ’n kort stukkie van ’n beroemde musiekstuk vir hom neer te skryf en dit dan te teken, sodat hy dit as ’n aandenking van sy ontmoeting met Brahms kan vertroetel.

Brahms het ’n pen en papier geneem en die eerste balke van Die Blou Donou van Johann Strauss neergeskryf en dit geteken: “Ongelukkig nie deur my nie, Johannes Brahms.”

Hoe groot Brahms se bydrae tot die musiekskat ook al is, kies hy doelbewus om die fokus op Johann Strauss te laat val.

Die Christelike keuse is om die fokus op God te laat val en jouself vanuit die blik op God te verstaan.  Hierdie God gee reën, goeie oeste, gawes en talente – mens kan daarom bekostig om nederig oor jouself te dink en die eer aan God te bring.  Dit is wat dit beteken om nederig te wees.

Hoe God nederigheid in ons lewe inweef

Hoe groei ’n mens prakties in nederigheid?

William Farley vertel hoedat hy ’n dieper verhouding met God begeer het, en veral aangespreek was deur Jesaja 66:2: “Ek het alles gemaak en so het alles ontstaan, sê die Here.  Ek slaan ag op die mens in nood, op dié een wat berou het oor sy sonde, wat ontsag het vir my woord.”  Letterlik staan daar: “Ek gee ag op hom wat arm is en verslae van gees” – woorde wat aan die bekende Saligsprekinge herinner.

Farley kon egter nie verstaan wat die konneksie tussen “ontsag vir die Here se woord” en “leeg aan jouself, verslae, arm van gees” is nie.  Hy wou sy lewe oriënteer aan God se Woord, hy wou doen wat God sê, met God as die sentrum van sy lewe.  Hoe maak dit jou leeg aan jouself?  Nederig?  Daarom het hy gebid dat die Here hierdie versie ’n konkrete werklikheid vir hom sou maak.

Vyf dae later ry hy en sy vrou teen die kus.  So in die ry dink hy na oor 1 Kor. 13:12: “Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is.”  Weer bid hy, hierdie keer om te vra:  “Here, help my om myself te sien soos U my sien.”

So in die ry begin hy bewus raak van die verband tussen Jesaja 66:2 en 1 Kor. 13:12.  “As jy jouself kan sien soos God jou sien, sal dit jou help om nederig voor God te lewe en ontsag te hê vir die lering van sy Woord,” dink hy.  Maar hoe werk dit?  Hoe groei hierdie nederige afhanklikheid van God in jou lewe.

Skielik begin sy vrou te praat oor ’n fliek waarvan sy baie hou.  Haar opgewonde gesprek dwing hom uit sy diep meditasie.  Farley is dadelik geïrriteerd.  Hy snou sy vrou iets toe oor haar ligsinnige geklets.  Meteens hoor hy amper glashelder ’n stem wat sê: “Daar is dit!”  Drie lewensveranderende woorde.

Hy weet skielik dit is God wat gepraat het.  “Daar is dit!”  “Maar wat is ‘dit’ Here,” bid hy. Skielik weet hy.  “Dit” is sy hoogmoed en geestelike aanstellerigheid.  “Dit” is sy trots oor sy insigte en sy sogenaamde hoë geestelike stand.  Skielik sien hy sy hoogmoed en arrogansie in die lig van God se volmaakte, self-ontledigende liefde.  Hy sien sy sondigheid in die lig van God se waarheid.

Nederigheid, geestelike leegheid, diensbaarheid en openheid om op die regte pad deur die Woord gelei te word, word gebore wanneer mens jouself deur God se oë leer sien.  Bewus van sy eie sondigheid, vertel Farley, is hy net daar in die motor ook oorval deur die besef van God se groot liefde vir hom.  Sy hele lewe lank al het die Here hom lief, ten spyte van sy sonde.  Hoe pynlik dit was om sy aanstellerige hoogmoed te ontdek, net so roerend was dit om God se diepe liefde te beleef.

Vanuit die ervaring van God se liefde is ’n nuwe nederigheid, ’n leegheid en afhanklikheid, in Farley gebore.

Doelbewuste keuse vir nederigheid

Paulus en Barnabas se doelbewuste keuse om nie te val vir die versoeking om gode-speletjies uit te haal nie, laat God toe om God te wees.  Dit laat die evangelie van verlossing toe om die bron van hoop te wees.  En dit help hulle om doelgerig te bly fokus op hul taak in die proses: om God se getuies te wees.

Nederigheid en eerlikheid is eintlik twee kante van dieselfde munt.  “A humble person is simply a brutally honest person” (Richard Rohr).  Dit beteken dat jy jouself en wat jy doen nie vergelyk met ander mense nie, maar jou afhanklikheid van God erken (Matt 5:3).  Jy gebruik wat jy doen om die lig op God te laat val sodat Hy verheerlik kan word in die oog van ander mense (Matt 5:16).

Nederigheid kies daarom  om op die weg van dienslewering te bly, en nie toe te gee aan die versoeking van mag wat moontlik word as mense jou bewonder of vereer vir wat jy in die naam van die Here doen (Hand 14).  Die helderste voorbeeld hiervan kry ons reeds in Jesus se lewe, beide in sy versoeking in die woestyn (Matt 4:1-11), en in sy kruisdood (Fil 2:5-11).

Dit behels dat jy afstand kry van jou vermoëns en prestasies deur jouself doelbewus uit die sentrum van jou lewe te haal, en te sorg dat ander jou nie op ’n verhogie plaas nie.  Nederigheid word moontlik deur minder gereeld oor jouself te dink, en meer gereeld oor die behoeftes van ander … eerder as dat jy minder van jouself dink (Adele Calhoun). So ’n nederige lewenstyl is vasberade ingestel daarop dat die fokus van jou eie prestasies en invloed af na God se teenwoordigheid in die wêreld verskuif, soos ’n mens hier in Barnabas en Paulus se optrede sien.

Mag die Here hierdie nederigheid elke dag in ons lewens inweef.

GOD STUUR ONS OM TE LEEF

Nederigheid

Ons fokus hierdie week op nederigheid, soos dit manifesteer binne die verhaal van Paulus en Barnabas se suksesse in Listra.  Hulle hantering van die probleem van heldeverering is ’n model vir ons om na te volg.

In die joernaal is daar ’n paar opsies wat jy kan lees om jou gedagte te stimuleer.   

Gebed
Dankoffers

Die instrumentale ensemble speel:

  • Lied 553 (Ek is bly ek ken vir Jesus) en
  • Lied 543 (Here Jesus, ek is klein)
Slotlied

Lied 528 (Leer my u wil, Heer) staan

Seën

Die gemeente antwoord: Lied 526 (Waar daar liefde is, en deernis, daar is God die Heer)