Handelinge 15:36-41 #leadersmustrise
Hand 15:36-41
36 ’n Tydjie later het Paulus vir Barnabas gesê: “Kom ons gaan kyk hoe gaan dit met die gelowiges in al die stede waar ons die woord van die Here verkondig het.”
37 Barnabas wou vir Johannes, wat ook Markus genoem is, met hulle saamneem. 38 Maar Paulus het gedink dit is nie reg om die man saam te neem wat hulle in Pamfilië verlaat het en nie end-uit die werk saam met hulle gedoen het nie. 39 Hieroor het hulle so skerp verskil dat hulle van mekaar geskei het. Barnabas het toe vir Markus geneem en met ’n skip na Siprus toe vertrek. 40 Paulus het vir Silas gekies en vertrek, nadat hulle deur die gelowiges aan die genade van die Here toevertrou is. 41 Hy het deur Sirië en Silisië gereis en die gemeentes geestelik versterk.
Die onderskatte verhaal van Barnabas
Die verhaal van Barnabas is inderdaad een van die onderskatte en daarom onvertelde verhale in die Nuwe Testament. Dit is ’n verhaal wat jou bewus maak van die wonderlike manier waarop die Here mense, hulle gawes en hul lewenspraktyke gebruik in die koms van die koninkryk.
- Die Here gebruik sy vrygewigheid om ’n stuk grond te verkoop en die opbrengs aan die gemeente in Jerusalem te skenk. Dit vorm deel van die platform wat geskep word om die Christelike geloof wêreldwyd te lanseer. The Lord used the generosity of Barnabas by selling a farm to help the early church’s mission to the world.
- Die kerk kon Saulus en sy bediening aanvaar weens Barnabas wat hom gasvry ontvang het. Hy het vir Saulus as borg opgetree. Daarmee word die kerk uiteindelik gehelp om nie eksklusief Joods te bly nie, maar onder die Here se leiding grense oor te steek – uiteindelik ook na Europa en die verre Suidpunt van Afrika waar ons vandag nog deel in die vrug van die grensoorskryding. The Lord used the hospitality of Barnabas to reach out to Paul and making him part of the church. This would impact on the crossing of boundaries across the world.
- Die jong Johannes Markus het in Barnabas ’n begeleier en mentor van formaat gevind wat hom deur sy gawe van bemoediging in staat gestel het om met Paulus te versoen en die skrywer van die eerste evangelie te word. The Lord used the encouragement of Barnabas to mentor a young leader to become reconsiled to Paul and write the first gospel.



