Skip to main content

Kleingroepmateriaal: Leef Waarderend – 28 November 2010

Rus

Vertel van ‘n keer toe iemand vir jou erkenning gegee het en vir jou ruimte gemaak het om jouself te wees, al het jy eintlik duidelik anders opgetree as wat van jou verwag sou word.

Hoor

Lees Johannes 12:1-8

Wat in die teks tref jou?  Deel dit met mekaar.

  • Let op hoe anders Marta in hierdie teks optree as in Lukas 10.  Wat het gebeur om hierdie verandering teweeg te bring?
  • “God se stem is altyd ‘n stem van liefde.”  Bespreek.

 Leef

  • Hoe vra die Here van julle om – prakties – waarderend te leef?
  • Watter persoon met wie jy gereelde kontak het, kry die minste erkenning van mense?  Dink aan ‘n manier om iewers in die week iets te doen wat dié persoon sal laat besef dat dit wat hulle doen, waarde het.
  • Waardering vra dat ons opnuut na mekaar sal leer luister.  Opregte belangstelling gee aan mense hulle menswaardigheid terug.  Dink aan iemand wat jy gereeld sien, maar by wie jy verby leef.  Wat sou dit beteken om meer na hulle te luister?  Gaan doen dit by die eerste geleentheid wat jy kry!

(Verwys “Moed om mens te wees” – Elna Mouton e.a.)

Kleingroepmateriaal: Leef Luisterend- 14-20 November 2010

LEES

  • Lees die verhaal van Marta en Maria: Lukas 10:38-42

LUISTER

  • Wat het jou getref?
  • Wat sien jy raak van Jesus se gesprek met Marta en Maria?
  • Wat leer jy by Hom?
  • Wat sien jy raak van hulle gesprek met Jesus?
  • Wat leer jy by Marta en Maria?
  • Lees ook wat op die binneblad oor die konteks van die verhaal geskryf is.  Watter lig werp dit vir jou op die verhaal van Marta en Maria?

LEEF

  • Hoe kan jy meer gasvry wees teenoor ander in jou lewe, soos Marta en Maria?
  • Hoe kan jy dit vir ’n ander ouderdomsgroep as jou eie doen?

Kleingroepmateriaal: Leef Vrygewig – 7 November 2010

Rus

  • Vertel vir mekaar van ‘n keer wat iemand hulleself op ‘n besondere manier met jou gedeel het.  Wat het gebeur?  Hoe het dit jou laat voel?
  • Sing Lied 284 – of laat iemand dit as ‘n gebed voorlees.

 Hoor

Lees Filippense 2:1-11

(Kyk na die Ou Vertaling, waarin vers 7 sê Jesus het homself ontledig.)

Wat in die teks tref jou, roer jou hart, of verontrus jou?  Gesels saam oor wat julle opval en aanspreek in die lees van die teks.

Bespreek:

  • Wat beteken self-ontlediging in navolging van Christus? webvertel kleur
  • Hoe lyk self-ontlediging prakties?
  • Gesels oor die kwesbaarheid en koste (offer) van self-ontlediging.  Vra God dit werklik van ons?  Hoe ver moet ons gaan, of is daar ‘n lyn?

“Ons gestuurdheid is meer as net die nabootsing van God se beweging na die wêreld deur Jesus (die imitatio Christi) – dit is in wese die deelname aan sy voortgaande werk in ons wêreld as die Opgestane Christus wat regeer oor die heelal (die participatio Christi).  Gelowiges getuig dus nie namens God nie, maar saam met God.” – Frederick Marais

  • Bespreek die stelling.  Hoe beïnvloed dit ons verstaan van self-onteldiging?

 Leef

Wat het vir julle oopgegaan tydens jul gesprek?  Wat vra God nou van julle?  Deel dit met mekaar.

Kleingroep-materiaal: Leef Bedagsaam – 25-30 Oktober 2010

Rus

Eet saam!  Al is dit net tee en melktert, geniet eers iets saam.  Terwyl julle saam eet, vertel eet-stories.  Hoe het etenstyd in julle familie gewerk toe jy ‘n kind was?  En as daar gaste was?  Oor naweke?  Kersfees en ander feesdae?
Probeer saam dink wat hierdie eetgewoontes van julle sê – wie is julle, op grond van jul eetgewoontes?

Hoor

Lees Lukas 24:28-32 en Lukas 14:7-12
Wat in die teks tref jou, roer jou hart, of verontrus jou?  Gesels saam oor wat julle opval en aanspreek in die lees van die teks.  
Bespreek:webvertel kleur

  • Die Evangelies is vol eet-verhale.  Dink aan stories van Jesus se eetgewoontes, asook die gelykenisse wat Jesus vertel het oor etes.  Wat sê dit van Jesus – wie en hoe is hy?
  • Wat is die “tafelmaniere” wat ons by die Nagmaal leer?  Kyk ook na 1 Kor 11:20-22.
  • Ons is hoe ons eet.  Jesus leer ons by die Nagmaal hoe om te eet, waarna ons leef met die maniere wat ons by Hom geleer het.  Hoe leef ons (1) gasvry,(2) nederig,(3) bedagsaam?  

Leef

  • Dink hierdie week elke keer wat jy eet aan Jesus se tafelmaniere en aan wat jou eetgewoontes sê van hoe jy is.
  • Hoe kan jy hierdie week bedagsaam wees op ‘n manier wat die lewe vir mense jonger en ouer as jy makliker maak?  Help mekaar met idees en onderneem om dit te gaan doen.  Deel julle idees en ervaringe met die res van die gemeente  by ons blog of e-pos rethie[by]global.co.za