Skip to main content

Week 9: 13–19 Maart 2011 – Jesaja 56:1-8

Jesaja 56:1-8 – God trek ander mense by ons in

  • Begin met die vraag: “Wat het met jou gebeur sedert ons laas bymekaar was ….”?
  • Laat elkeen sy storie vertel .  So bou ons aan ons vriendskap met mekaar.

RUS

  • God nooi ons uit om tot rus te kom voor Hom.  Dit is Lydenstyd.
  • Gee geleentheid vir elkeen om in stilte na te dink oor wat die Here die afgelope week vir hulle beteken het.  Open met gebed.

HOOR

  • Ons is besig met ‘n reeks oor Jesaja: Perspektiewe op die Lewende God.  Lees Jesaja 56:1-8.
  • Laat elkeen ‘n paar minute neem om na te dink oor wat hulle in die teks tref.
  • Deel met mekaar wat julle tref, sonder om mekaar te onderbreek of te korrigeer.
  • Lees die volgende inset en bespreek dit met mekaar:

Dit is darem ongelooflik dat die Here soveel moeite moet doen om mense te oortuig om die regte ding te doen!  ‘n Mens sou dink dat dit ‘n natuurlike keuse moes wees!  Maar, helaas, dit is nie so nie, wat aandui dat daar so iets soos die sondeval moes wees wat dié geneigdheid van mense kan verklaar. Let op dat regdoen hier nie ‘n verdienstelike karakter aanneem nie, maar ‘n voorbereidende karakter.  Omdat God se verlossing aan die kom is, roep die profeet die volk op om reg te laat geskied in die gemeenskap en self reg te doen.

Let ook op die verstommende hoopvolle belofte wat oor die nie-Israeliete sowel as die ontmandes uitgespreek word.  Nie-Israeliete is baie keer uitgesluit  van die volk en die tempelgemeenskap weens die gevaar van afgodsdiens (Esra 9:1; Neh 9:2), hoewel mense soos Rut en Ragab wel weens hulle verbintenis aan God toegelaat is in die volk.  Nou word hulle volledig toegelaat. Ontmandes is egter altyd uitgesluit (Deut 23:1; Lev 21:20).  Teenoor die voorskrifte van die wet word hulle dus nou ingesluit in die verbond. In taal wat herinner aan wat Johannes veel later in Openbaring sou skryf (bv. 2:17; 3:5, 12; 20:15; 22:4) word hulle nou deel van die volk van God.  In die Nuwe Testament word die Etiopiese finansiële amptenaar dus sonder enige probleem ingesluit in die gemeenskap van die gelowiges (Hand 8).

Dit tref my hoe die tempel – met al die nie-Israeliete en al die ontmandes daar – tot ‘n huis van gebed vir al die volke uitgeroep word, wat vreugde aan hulle sal verskaf (56:7 – vgl Salomo wat alreeds hieroor gepraat het in sy gebed by die inwyding van die tempel en eintlik gebed as die primêre funksie van die tempel uitgespel het).  En ek kan nie anders as om te dink aan Jesus se woede met die tempelreiniging waar  hy die handelaars verkwalik het dat hulle dié droom van God in gevaar gestel het (Matt 21:13; Mark 11:17; Luk 19:46).

LEEF

  • Wat beteken dié teks vir ons gemeente en ons gemeenskap vandag?
  • Wat vra dit van julle groep – en wat vra dit van jou persoonlik?
  • Antwoord die Here in gebed.

Volgende week lees ons die laaste gedeelte uit Jesaja: Jesaja 61:1-11.  Registreer by www.bybelskool.com om die dagstukkies van die Bybelskool per e-pos te ontvang.  Ek sal graag julle kommentaar en vrae by www.bybelskool.com wil hoor.  Of kontak my by acv.vanwyk@gmail.com of 0825749191.  Chris van Wyk

Week 8: 6–12 Maart 2011 – Jesaja 49:1-7

Jesaja 49:1-7 – God maak jou ’n lig vir die nasies

  • Begin met die vraag: “Wat het met jou gebeur sedert ons laas bymekaar was ….”?
  • Laat elkeen sy storie vertel .  So bou ons aan ons vriendskap met mekaar.

RUS

  • God nooi ons uit om tot rus te kom voor Hom.  Dit is Lydenstyd.
  • Gee geleentheid vir elkeen om in stilte na te dink oor wat die Here die afgelope week vir hulle beteken het.  Open met gebed.

HOOR

  • Ons is besig met ‘n reeks oor Jesaja: Perspektiewe op die Lewende God.  Lees Jesaja 49:1-7.
  • Laat elkeen ‘n paar minute neem om na te dink oor wat hulle in die teks tref.
  • Deel met mekaar wat julle tref, sonder om mekaar te onderbreek of te korrigeer.
  • Lees die volgende inset en bespreek dit met mekaar:

Elkeen wat die Here regtig wil dien, sal pyn ervaar in die uitvoer van sy of haar roeping, onder andere  weens die teenstand wat getrouheid aan die Here by die wêreld ontlok … en soms ook by jou eie mense (vers 7).  Dit is egter nie al nie.  Daar is ook die pyn wat van binne kom; die vrees dat die opofferings wat gemaak word, verniet en tevergeefs sal wees (vers 4).  Dit is waar van ons roeping in die publieke – en beroepswêreld, sowel as van ons roeping binne die privaatheid van ons familie- en vriendekringe.

Jesaja het goeie nuus vir elkeen van ons wat daarmee worstel.  God belowe dat Hy die krag aan ons sal gee om staande te kan bly (vers 5).  Hy belowe dat Hy aan ons reg sál laat geskied.  Hy belowe dat Hy ons sál beloon.  En sy krag is só groot en deurslaggewend, dat dit baie keer beteken dat Hy die opdrag uitbrei, wyer en groter maak, soos Hy hier die dienaar van die Here se opdrag uitgebrei het – om ook ’n lig vir die nasies te wees (vers 6).

Dit is waarom kleingroepe of geestelike vriendskappe van soveel waarde vir ons kan wees, waar in die gemeenskap van ’n paar vriende wat vertrou kan word, op reis gegaan word met jou roeping.   Dit is baie keer die basis vanwaar die nasies inderdaad bereik kan word.

Deel met mekaar wat jou groep vir jou al beteken het en droom saam oor waarnatoe die Here julle volgende wil lei.

LEEF

  • Wat beteken dié teks vir ons gemeente en ons gemeenskap vandag?
  • Wat vra dit van julle groep – en wat vra dit van jou persoonlik?
  • Antwoord die Here in gebed.

Volgende week lees ons Jesaja 56:1-8.  Registreer by www.bybelskool.com om die dagstukkies van die Bybelskool per e-pos te ontvang.  Ek sal graag julle kommentaar en vrae by www.bybelskool.com wil hoor.  Of kontak my by acv.vanwyk@gmail.com of 0825749191.

Chris van Wyk

Week 7: 27 Februarie – 5 Maart 2011 – Jesaja 40:1-11

Jesaja 40:1-11 – God versorg sy volk soos ’n herder

  • God nooi ons uit om tot rus te kom voor Hom.  Dit is die tyd van Epifanie (Griekse woord vir verskyning).

  • Ons is besig met ‘n reeks oor Jesaja: Perspektiewe op die Lewende God.  Lees Jesaja 40:1-11.

Hoofstuk 40:1-11 begin en eindig met die boodskap dat dit God se inisiatief is wat die uitkoms bring vir die volk.  Hy is die Herder wat sy lammers bymekaar maak en vir die lammerooie sorg.  Dit is die goeie tyding wat Jerusalem moet omarm en waarvan hulle getuies moet wees.

Let egter op hoe ’n belangrike rol voorbereiding in hierdie uitkoms speel.  Jesaja roep die volk op om gereed te maak om God se uitkoms te kan ontvang.  Dit laat ’n mens onwillekeurig dink aan die bediening van Johannes die Doper wat aan dié verse gekoppel word (Joh 1:23; Luk 3:2-7 vv).  Hy was die een wat mense voorberei het vir die uitkoms wat Jesus gebring het vir die volk, en natuurlik vir almal wat in Hom glo.

Dit het beteken dat die volk hulle afgode moes versaak, omdat God onvergelyklik groot is – Hy val nie so maklik om soos die afgode nie! (Jes 40:12-26) – en op God moes vertrou in die uitdagings van elke dag  – dié wat op die Here vertrou kry nuwe krag! (Jes 40:27-31).

Een van die geestelike gewoontes wat ’n mens daarmee help, is wat deur die eeue as Practicing the Presence bekend geraak het.  Dit is om ’n voortdurende openheid en bewussyn van Christus se teenwoordigheid in my lewe te ontwikkel.  Dit is om elke oomblik van my lewe as ’n geskenk van God te beleef.  Dit is om doelbewus ’n lewenstyl te kies: “that brings God to mind throughout the day” (Calhoun).  Dit is om jou telkens te herinner dat wat jy doen of dink in die teenwoordigheid van God gebeur.

  • Volgende week lees ons Jesaja 49:1-7. 
  • Registreer by www.bybelskool.com om die dagstukkies van die Bybelskool per e-pos te ontvang. 
  • Ek sal graag julle kommentaar en vrae by www.bybelskool.com wil hoor. 
  • Of kontak my by acv.vanwyk@gmail.com of 0825749191.

Week 6: 20–26 Februarie 2011 – Jesaja 36-37

Jesaja 36-37 – God bevry sy volk deur gebed

  • Begin met die vraag: “Wat het met jou gebeur sedert ons laas bymekaar was ….”?
  • Laat elkeen sy storie vertel .  So bou ons aan ons vriendskap met mekaar.

RUS

  • God nooi ons uit om tot rus te kom voor Hom.  Dit is die tyd van Epifanie (Griekse woord vir verskyning).
  • Gee geleentheid vir elkeen om in stilte na te dink oor wat die Here die afgelope week vir hulle beteken het.  Open met gebed.

HOOR

  • Ons is besig met ‘n reeks oor Jesaja: Perspektiewe op die Lewende God.  Lees Jesaja 36-37 (of net 37 as tyd beperk is).
  • Laat elkeen ‘n paar minute neem om na te dink oor wat hulle in die teks tref.
  • Deel met mekaar wat julle tref, sonder om mekaar te onderbreek of te korrigeer.
  • Lees die volgende inset en bespreek dit met mekaar:

Let op dat Hiskia aanvanklik in 37:1-4 nog vir Jesaja vra om vir die agtergeblewenes te bid.  En die gebed van Jesaja het alreeds ‘n groot impak.  Maar dit is eers wanneer Hiskia persoonlik in die teenwoordigheid van die Here kom, en die briewe van die Assiriërs voor die Here oopsprei, dat sy hart regtig tot rus kan kom.

Sy gebed is vir ons ‘n leerskool.  Let op hoe hy die Here se Almag, Alleen-heerskappy en Skepper-status erken en vra dat Hy sal luister en sal oplet wat met hulle gebeur.  Hy erken wel die mag van Assirië, maar nie die mag van sy gode nie!  Die spits van sy gebed is die lastering wat Sanherib pleeg teenoor die Here, met die versoek dat die Here hulle sal red as ‘n teken aan alle nasies dat “net U, Here, God is”– 37:14-20.

Dit is ook interessant dat die Here nie direk vir Hiskia antwoord nie, maar deur die profeet.  Let ook op dat die redes vir dié optrede wat God beloof 1) ter wille van Homself en sy eer is (soos Hiskia aangevoer het), sowel as 2) ter wille van Sy verbintenis aan Dawid en dié se nageslag – 37:21-35.  God handhaaf sy eie eer, en eer sy verbintenis aan sy mense.

Die engel van die Here, wat eintlik maar net God self is, tree dan teen Sanherib op met ‘n groot slagting.  Sonder dat Hiskia en sy mense ‘n vinger verroer, word die Assiriese bedreiging die hoof gebied.  Sanherib is terug na sy hoofstad Nineve waar hy deur twee van sy seuns doodgemaak is (waarskynlik 20 jaar later in 681 v C soos Assiriese inskripsies te kenne gee), en deur ‘n derde seun opgevolg is – 37:36-38.

Op ‘n baie praktiese wyse word die boodskap van Jesaja 30 hier geïllustreer: in stille vertroue en gebed kom God in beweging en red Hy sy volk van bedreiging.  God bevry sy mense in antwoord op gebed.

LEEF

  • Wat beteken dié teks vir ons gemeente en ons gemeenskap vandag?
  • Wat vra dit van julle groep – en wat vra dit van jou persoonlik?
  • Antwoord die Here in gebed.
  • Volgende week lees ons Jesaja 40:1-11. 