Skip to main content

Week 3: 30 Jan tot 5 Febr 2011 – Jesaja 7:1-25

Jesaja 7:1-25 – God vra geloofsmoed in krisisse

  • Begin met die vraag: “Wat het met jou gebeur sedert ons laas bymekaar was ….”?
  • Laat elkeen sy storie vertel .  So bou ons aan ons vriendskap met mekaar.

RUS

  • God nooi ons uit om tot rus te kom voor Hom.  Dit is die tyd van Epifanie (Griekse woord vir verskyning).
  • Gee geleentheid vir elkeen om in stilte na te dink oor wat die Here die afgelope week vir hulle beteken het.  Open met gebed.

HOOR

  • Ons is besig met ‘n reeks oor Jesaja: Perspektiewe op die Lewende God.
  • Lees Jesaja 7:1-25.
  • Laat elkeen ‘n paar minute neem om na te dink oor wat hulle in die teks tref.
  • Deel met mekaar wat julle tref, sonder om mekaar te onderbreek of te korrigeer.
  • Ekstra inligting:

Die jong vrou wat swanger word, was waarskynlik iemand wat Agas geken het, wat hom in lewende lywe kon herinner dat die Here sy Woord sal waarmaak, dat Hy inderdaad Immanuel, God-met-ons is.

Die boodskap van ‘n jong vrou wat sal swanger word, is natuurlik ook deur die evangelieskrywers van toepassing gemaak op Maria met Jesus se geboorte, wat op ‘n besondere wyse hierdie woord vervul het, en vir alle gelowiges die heersende interpretasie geword het, die Immanuel, God-met-ons (Mat 1:23).

  • Lees die volgende inset en bespreek dit met mekaar:

Die Here gee aan Agas die opsie van ‘n teken wat hy weier.  Sy vroom verweer – ek wil die Here nie tart nie (Deut 6:16) – is eintlik gemaskeerde ongeloof.  Hy vertrou die Here nie, eerder sy eie alliansie planne met Assirië (2 Kon 16:7).

Die boodskap in vers 9 tref diep: “Maar ook julle sal nie standhou as julle nie in geloof standhou nie.” Letterlik staan daar: “Julle moenie vrees nie, net vertrou.” Dit bly ‘n uitnodiging ook aan ons, veral wanneer ons self bewe vir die uitdagings in ons lewe en gemeenskap.

En die Immanuel van Kersfees, Jesus, het natuurlik ook beloof dat Hy deur Sy Gees in ons sal woon, wat op ‘n ander manier God-met-ons geword het (Joh 14:16-17)!

LEEF

  • Wat beteken dié teks vir ons gemeente en ons gemeenskap vandag?
  • Wat vra dit van julle groep – en wat vra dit van jou persoonlik?
  • Antwoord die Here in gebed.
  • Volgende week lees ons Jesaja 25:1-12.
  • Registreer by www.bybelskool.com om die dagstukkies van die Bybelskool per e-pos te ontvang.

Ek sal graag julle kommentaar en vrae by www.bybelskool.com wil hoor.  Of kontak my by acv.vanwyk@gmail.com of 0825749191.  Chris van Wyk

Week 2: 23-29 Januarie 2011 – Jesaja 6:1-13

Jesaja 6:1-13 – God heilig jou vir jou roeping

  • Begin met die vraag: “Wat het met jou gebeur sedert ons laas bymekaar was ….”?
  • Laat elkeen sy storie vertel .  So bou ons aan ons vriendskap met mekaar.
RUS
  • God nooi ons uit om tot rus te kom voor Hom.  Dit is die tyd van Epifanie (Griekse woord vir verskyning).
  • Gee geleentheid vir elkeen om in stilte na te dink oor wat die Here die afgelope week vir hulle beteken het.  Open met gebed.
HOOR
  • Ons is besig met ‘n reeks oor Jesaja: Perspektiewe op die Lewende God.
  • Lees Jesaja 6:1-13.  Om julle te help, let op die 3 dele van die hoofstuk:
  • Die visioen van God se heilige teenwoordigheid oor die hele aarde (6:1-4);
  • Die reiniging van Jesaja wat hom voorberei vir sy taak (6:5-7);
  • Die gesprek tussen God en Jesaja waarin hy geroep en gestuur word met ’n boodskap van oordeel sowel as ’n stukkie hoop vir die oorblyfsel (6:8-13).
  • Laat elkeen ‘n paar minute neem om na te dink oor wat hulle in die teks tref.
  • Deel met mekaar wat julle tref, sonder om mekaar te onderbreek of te korrigeer.
  • Lees die volgende inset en bespreek dit met mekaar:

Die uitstaande kenmerk van God, sê die serafs, is sy Heiligheid.  Normaalweg verstaan ons heiligheid as apart, afgesonderd, onaantasbaar, maar dit kan as ‘n onweerstaanbare lig (van ‘n ander woord quddushu [ipv qadosh] afgelei) verstaan word wat beteken “om te skyn” of te “suiwer”. Daarom dat Jesaja die gesig beleef as ‘n ontnugterende en oorweldigende ervaring.

Ons het ‘n heersende praktiese teologie in die kerk, dat God geen eise stel nie, dat Hy die vriendelike aanvarende goedige kondukteur omie is wat vir ons ‘n kaartjie hemel toe gee en sal sorg dat ons die trein nie verpas nie. Niks kan verder van die waarheid wees nie.  God is heilig – Hy duld nie onheiligheid nie.  God is rein – Hy duld nie onreinheid nie.

En dié God stuur sy mense – Hy duld nie onaktiewe gelowiges nie.  In sy oë is hulle slegter as die ongelowiges.  In die brief aan die gemeente in Laodisea sê Hy, Hy spoeg sulke mense uit sy mond uit (Open 3:14-22).  Geen wonder dat Jesaja amper van angstigheid oor sy voete val om gestuur te word!  Dit is die teologie wat ons moet aangryp.  “ Ek sal gaan, Here” “Hier is ek. Stuur my!”

LEEF
  • Wat beteken dié teks vir ons gemeente en ons gemeenskap vandag?
  • Wat vra dit van julle groep – en wat vra dit van jou persoonlik?
  • Antwoord die Here in gebed.
  • Volgende week lees ons Jesaja 7:1-25.

Week 1: 16-22 Januarie 2011 – Jesaja 2:1-5

Jesaja 2:1-5 – God gee lig vir die lewe deur sy mense

  • God nooi ons uit om tot rus te kom voor Hom.  Dit is die tyd van Epifanie (Griekse woord vir verskyning).  God het in Jesus aan ons verskyn en het die lig vir ons lewe geword.
  • Gee geleentheid vir elkeen om in stilte na te dink oor wat Jesus se lig nou vir hom of haar beteken.  Open met gebed en dra julle kwartaal se byeenkomste aan die Here op.

HOOR

  • Stel die reeks oor Jesaja bekend: Perspektiewe op die Lewende God.  Ons fokus in die volgende 10 weke op die boek Jesaja.  Bybelstudiegroepe werk ‘n week vooruit met die fokusteks vir die Sondag se prediking.  Die Bybelskool werk die hele boek Jesaja deur.
  • Lees Jesaja 2:1-5

In hierdie teks fokus Jesaja ons aandag op die mislukte roeping van Israel om in ’n lewende verhouding met God te leef as pelgrimsbestemming vir die nasies.  Hulle keuse om eerder alliansie-politiek te bedryf teen die groot wêreldmoondhede as om God se raad deur sy profeet te volg (Jes 7), het onvermydelik gelei tot Sy oordeel oor hulle deur die einste wêreldmoondhede, eers deur die Assiriërs (7de eeu v C), en later deur Babilon (6de eeu v C).

Maar die droom bly – dat God se mense ’n punt van kontak tussen mense van die nasies en God sal wees.  Hoekom? Want God het gekies om deur sy mense ’n lig vir die wêreld te wees.  Hy kies dat mense sy wil sal leer ken deur die lewens van sy mense.

In ’n sekere sin is dit al wat ’n kerk ooit mag wees, ’n plek waar God se lig so helder skyn dat dit lewe gee vir ander mense.  Daarom kan die kerk nooit ’n politieke instrument wees nie.  Hoe ’n kerk lewe, sal politieke konsekwensies hê –  om op te kom vir die reg en behoeftes van verdruktes en behoeftiges – maar die oomblik as die kerk ’n te onafhanklike rolspeler in die magstryd tussen politieke faksies word, begin hy sy primêre funksie verloor.  En dit is om ’n kontakpunt tussen God en mense te wees.  Eweneens geld dit die ekonomie.

  • Volgende week behandel ons Jesaja 6:1-13.

Ek sal graag julle kommentaar en vrae by www.bybelskool.com wil hoor.  Of kontak my by acv.vanwyk@gmail.com of 0825749191. 

Chris van Wyk

Kleingroepmateriaal: Leef Waarderend – 28 November 2010

Rus

Vertel van ‘n keer toe iemand vir jou erkenning gegee het en vir jou ruimte gemaak het om jouself te wees, al het jy eintlik duidelik anders opgetree as wat van jou verwag sou word.

Hoor

Lees Johannes 12:1-8

Wat in die teks tref jou?  Deel dit met mekaar.

  • Let op hoe anders Marta in hierdie teks optree as in Lukas 10.  Wat het gebeur om hierdie verandering teweeg te bring?
  • “God se stem is altyd ‘n stem van liefde.”  Bespreek.

 Leef

  • Hoe vra die Here van julle om – prakties – waarderend te leef?
  • Watter persoon met wie jy gereelde kontak het, kry die minste erkenning van mense?  Dink aan ‘n manier om iewers in die week iets te doen wat dié persoon sal laat besef dat dit wat hulle doen, waarde het.
  • Waardering vra dat ons opnuut na mekaar sal leer luister.  Opregte belangstelling gee aan mense hulle menswaardigheid terug.  Dink aan iemand wat jy gereeld sien, maar by wie jy verby leef.  Wat sou dit beteken om meer na hulle te luister?  Gaan doen dit by die eerste geleentheid wat jy kry!

(Verwys “Moed om mens te wees” – Elna Mouton e.a.)