Skip to main content

Week 6: 20–26 Februarie 2011 – Jesaja 36-37

Jesaja 36-37 – God bevry sy volk deur gebed

  • Begin met die vraag: “Wat het met jou gebeur sedert ons laas bymekaar was ….”?
  • Laat elkeen sy storie vertel .  So bou ons aan ons vriendskap met mekaar.

RUS

  • God nooi ons uit om tot rus te kom voor Hom.  Dit is die tyd van Epifanie (Griekse woord vir verskyning).
  • Gee geleentheid vir elkeen om in stilte na te dink oor wat die Here die afgelope week vir hulle beteken het.  Open met gebed.

HOOR

  • Ons is besig met ‘n reeks oor Jesaja: Perspektiewe op die Lewende God.  Lees Jesaja 36-37 (of net 37 as tyd beperk is).
  • Laat elkeen ‘n paar minute neem om na te dink oor wat hulle in die teks tref.
  • Deel met mekaar wat julle tref, sonder om mekaar te onderbreek of te korrigeer.
  • Lees die volgende inset en bespreek dit met mekaar:

Let op dat Hiskia aanvanklik in 37:1-4 nog vir Jesaja vra om vir die agtergeblewenes te bid.  En die gebed van Jesaja het alreeds ‘n groot impak.  Maar dit is eers wanneer Hiskia persoonlik in die teenwoordigheid van die Here kom, en die briewe van die Assiriërs voor die Here oopsprei, dat sy hart regtig tot rus kan kom.

Sy gebed is vir ons ‘n leerskool.  Let op hoe hy die Here se Almag, Alleen-heerskappy en Skepper-status erken en vra dat Hy sal luister en sal oplet wat met hulle gebeur.  Hy erken wel die mag van Assirië, maar nie die mag van sy gode nie!  Die spits van sy gebed is die lastering wat Sanherib pleeg teenoor die Here, met die versoek dat die Here hulle sal red as ‘n teken aan alle nasies dat “net U, Here, God is”– 37:14-20.

Dit is ook interessant dat die Here nie direk vir Hiskia antwoord nie, maar deur die profeet.  Let ook op dat die redes vir dié optrede wat God beloof 1) ter wille van Homself en sy eer is (soos Hiskia aangevoer het), sowel as 2) ter wille van Sy verbintenis aan Dawid en dié se nageslag – 37:21-35.  God handhaaf sy eie eer, en eer sy verbintenis aan sy mense.

Die engel van die Here, wat eintlik maar net God self is, tree dan teen Sanherib op met ‘n groot slagting.  Sonder dat Hiskia en sy mense ‘n vinger verroer, word die Assiriese bedreiging die hoof gebied.  Sanherib is terug na sy hoofstad Nineve waar hy deur twee van sy seuns doodgemaak is (waarskynlik 20 jaar later in 681 v C soos Assiriese inskripsies te kenne gee), en deur ‘n derde seun opgevolg is – 37:36-38.

Op ‘n baie praktiese wyse word die boodskap van Jesaja 30 hier geïllustreer: in stille vertroue en gebed kom God in beweging en red Hy sy volk van bedreiging.  God bevry sy mense in antwoord op gebed.

LEEF

  • Wat beteken dié teks vir ons gemeente en ons gemeenskap vandag?
  • Wat vra dit van julle groep – en wat vra dit van jou persoonlik?
  • Antwoord die Here in gebed.
  • Volgende week lees ons Jesaja 40:1-11. 
  • Registreer by www.bybelskool.com om die dagstukkies van die Bybelskool per e-pos te ontvang. 
  • Ek sal graag julle kommentaar en vrae by www.bybelskool.com wil hoor. 
  • Of kontak my by acv.vanwyk@gmail.com of 0825749191. 

Week 5: 13–19 Februarie 2011 – Jesaja 30

Jesaja 30 – God gee krag deur stille vertroue en gebed

  • Begin met die vraag: “Wat het met jou gebeur sedert ons laas bymekaar was ….”?
  • Laat elkeen sy storie vertel .  So bou ons aan ons vriendskap met mekaar.

RUS

  • God nooi ons uit om tot rus te kom voor Hom.  Dit is die tyd van Epifanie (Griekse woord vir verskyning).
  • Gee geleentheid vir elkeen om in stilte na te dink oor wat die Here die afgelope week vir hulle beteken het.  Open met gebed.

HOOR

  • Ons is besig met ‘n reeks oor Jesaja: Perspektiewe op die Lewende God.  Lees Jesaja 30:1-26(-33).
  • Laat elkeen ‘n paar minute neem om na te dink oor wat hulle in die teks tref.
  • Deel met mekaar wat julle tref, sonder om mekaar te onderbreek of te korrigeer.
  • Lees die volgende inset en bespreek dit met mekaar:

‘n Alliansie met wie ook al in die lewe, sonder om God te raadpleeg, is rebellie teen God se pad.  Dit is waarom Jesaja so skerp kritiek uitspreek teen die verdrae wat Juda met Egipte wil sluit, iets wat selfs Hiskia oorweeg het (Jes 36-37 vlg week).   En dit is net genade dat God uiteindelik sulke weerbarstigheid kan straf … terwyl Hy steeds ‘n genade-aanbod maak wat mense kan aanvaar as hulle tot inkeer sou kom: “Julle krag lê in stil wees en vertroue hê” (vers 15). “Dit gaan goed met elkeen wat op Hom vertrou” (vers 18).

Dit is daarom net logies dat God se belofte van gebedsverhoring aan stilwees en vertroue gekoppel word. Dit is die enigste manier waarop ‘n stilwees modus vir my en ek vermoed ’n hele aantal ander mense kan werk!  God wil hê dat ons Hom vertrou … EN Hy gee vir ons ‘n manier waarop daardie vertroue vir ons kan werk: deur te bid en sy ingrype te verwag.  Dit is immers hoe die redding vir Hiskia gekom het – deur gebed (vgl Jes 37:14-20 met die antwoord van die Here in 37:21-35 waarna ons volgende week gaan kyk).

Vers 21 is ‘n ongelooflike belofte van praktiese leiding. Let op dat dit nie ‘n bloudruk is wat jy ontvang en dan nougeset volg nie.  Eerder ‘n dinamiese in-die-moment leiding, wat veral in werking kom as jy die pad verlaat wat God wil hê dat jy moet loop.  En dit lei tot omvattende voorspoed (vers 23-24) beskerming (vers 25) en geestelike genesing (vers 26), iets waaroor selfs die maan – by wyse van spreke! – so opgewonde sal wees dat dit die son sal naboots in helderheid.

LEEF

  • Wat beteken dié teks vir ons gemeente en ons gemeenskap vandag?
  • Wat vra dit van julle groep – en wat vra dit van jou persoonlik?
  • Antwoord die Here in gebed.
  • Volgende week lees ons Jesaja 36-37.  Registreer by www.bybelskool.com om die dagstukkies van die Bybelskool per e-pos te ontvang.  Ek sal graag julle kommentaar en vrae by www.bybelskool.com wil hoor.  Of kontak my by acv.vanwyk@gmail.com of 0825749191.

Chris van Wyk

Week 4: 6–12 Februarie 2011 – Jesaja 25

Jesaja 25 – God bring vreugde deur oordeel

  • Ons is besig met ‘n reeks oor Jesaja: Perspektiewe op die Lewende God.  Lees Jesaja 25.

Hoofstuk 25 fokus op twee gevolge van die verwoesting van hoofstuk 24.

25:1-5 OORLOG HOU OP: Let op dat dit in praise-and-worship taal geskryf is.  God se beplanning (Wonderbare Raadsman – 9:5) en beskerming (Ewige Vader – 9:5) word geloof wat tot die staking van oorlog lei.

25:6-12 GOD HOU ‘N FEESMAAL: Die lof gaan oor in ‘n feesmaal waarna alle volkere uitgenooi is, behalwe Moab.  Let op hoe die doek van onbegrip verwyder word.  Die meeste kommentare interpreteer dit eerder as ‘n doek van hartseer oor die wêreldwye oordeel, na aanleiding van Dawid wat sy kop met ‘n doek toegemaak het in sy smart – 2 Sam 15:30 – en wat nou weggeneem word en die konteks wat praat van trane wat verwyder word.

Daar is egter vir my baie raakpunte in hierdie doek met die sluier waarna Paulus verwys wat die Jode verhinder om die waarheid in die Skrifte raak te sien.  Dié sluier word verwyder, sê Paulus, wanneer die glans van Christus van sy mense af weerkaats word na die wêreld en hulle in ons lewenswandel Christus duidelik kan sien – 2 Kor 3 (jy kan meer daaroor lees in my bydrae bybelskool.com).  Daarom kies ek vir die interpretasie van doek van onbegrip, wat ook inpas met die versluierde boodskap wat Jesaja se roeping inhou – Jes 6.

Die dood word ook vernietig (vgl 1 Kor 15, Open 20-21 bv.) en God se volk in ere herstel wat tot ‘n erkenning van God se getrouheid sal dien. Die enigste wars noot is die oordeel oor Moab waarmee steeds volhard word.  Aan die een kant blyk dit dat die sonde van Num 22-24, waar Moab Israel se Intog in die Beloofde Land probeer stuit het, steeds teen hulle tel.  Aan die ander kant is hulle eintlik ‘n simbool van alle nasies wat hulle in hoogmoed teen God verset.  Hoogmoed bly die een ding waarmee God nooit vrede sal maak nie.

  • Volgende week lees ons Jesaja 30:1-18. 
  • Registreer by www.bybelskool.com om die dagstukkies van die Bybelskool per e-pos te ontvang. 
  • Ek sal graag julle kommentaar en vrae by www.bybelskool.com wil hoor.  Of kontak my by acv.vanwyk@gmail.com of 0825749191.  Chris van Wyk

Week 3: 30 Jan tot 5 Febr 2011 – Jesaja 7:1-25

Jesaja 7:1-25 – God vra geloofsmoed in krisisse

  • Begin met die vraag: “Wat het met jou gebeur sedert ons laas bymekaar was ….”?
  • Laat elkeen sy storie vertel .  So bou ons aan ons vriendskap met mekaar.

RUS

  • God nooi ons uit om tot rus te kom voor Hom.  Dit is die tyd van Epifanie (Griekse woord vir verskyning).
  • Gee geleentheid vir elkeen om in stilte na te dink oor wat die Here die afgelope week vir hulle beteken het.  Open met gebed.

HOOR

  • Ons is besig met ‘n reeks oor Jesaja: Perspektiewe op die Lewende God.
  • Lees Jesaja 7:1-25.
  • Laat elkeen ‘n paar minute neem om na te dink oor wat hulle in die teks tref.
  • Deel met mekaar wat julle tref, sonder om mekaar te onderbreek of te korrigeer.
  • Ekstra inligting:

Die jong vrou wat swanger word, was waarskynlik iemand wat Agas geken het, wat hom in lewende lywe kon herinner dat die Here sy Woord sal waarmaak, dat Hy inderdaad Immanuel, God-met-ons is.

Die boodskap van ‘n jong vrou wat sal swanger word, is natuurlik ook deur die evangelieskrywers van toepassing gemaak op Maria met Jesus se geboorte, wat op ‘n besondere wyse hierdie woord vervul het, en vir alle gelowiges die heersende interpretasie geword het, die Immanuel, God-met-ons (Mat 1:23).

  • Lees die volgende inset en bespreek dit met mekaar:

Die Here gee aan Agas die opsie van ‘n teken wat hy weier.  Sy vroom verweer – ek wil die Here nie tart nie (Deut 6:16) – is eintlik gemaskeerde ongeloof.  Hy vertrou die Here nie, eerder sy eie alliansie planne met Assirië (2 Kon 16:7).

Die boodskap in vers 9 tref diep: “Maar ook julle sal nie standhou as julle nie in geloof standhou nie.” Letterlik staan daar: “Julle moenie vrees nie, net vertrou.” Dit bly ‘n uitnodiging ook aan ons, veral wanneer ons self bewe vir die uitdagings in ons lewe en gemeenskap.

En die Immanuel van Kersfees, Jesus, het natuurlik ook beloof dat Hy deur Sy Gees in ons sal woon, wat op ‘n ander manier God-met-ons geword het (Joh 14:16-17)!

LEEF

  • Wat beteken dié teks vir ons gemeente en ons gemeenskap vandag?
  • Wat vra dit van julle groep – en wat vra dit van jou persoonlik?
  • Antwoord die Here in gebed.
  • Volgende week lees ons Jesaja 25:1-12.
  • Registreer by www.bybelskool.com om die dagstukkies van die Bybelskool per e-pos te ontvang.

Ek sal graag julle kommentaar en vrae by www.bybelskool.com wil hoor.  Of kontak my by acv.vanwyk@gmail.com of 0825749191.  Chris van Wyk