Skip to main content

Week 2: 1-7 Mei 2011 – Johannes 6:1-71

Johannes 6:(1-)60-71

  • Begin met die vraag: “Wat het met jou gebeur sedert ons laas bymekaar was ….”?
  • Laat elkeen sy storie vertel .  So bou ons aan ons vriendskap met mekaar.

RUS

  • God nooi ons uit om tot rus te kom voor Hom.  Ons is in die Paastyd.  Gee geleentheid vir elkeen om in stilte na te dink oor wat Jesus se opstanding nou vir hom of haar beteken.  Open met gebed.
  • Ons fokus in die volgende paar weke tot en met Pinkster op die evangelie van Johannes.  Bybelstudiegroepe werk ‘n week vooruit met die fokusteks vir die Sondag se prediking.  Die Bybelskool werk die hele evangelie Johannes deur.  In die res van die kwartaal werk ons met die Leesrooster se tekste.

HOOR

  • Lees Johannes 6:60-71 (die hele hoofstuk as julle tyd het) en laat elkeen ‘n paar minute neem om na te dink oor wat hulle in die teks tref.
  • Deel met mekaar wat julle tref, sonder om mekaar te onderbreek of te korrigeer.
  • Lees die volgende inset en vertel vir mekaar hoe dit gekom het dat jy glo, en wat jou laat bly glo:

Die verhaallyn van hoofstuk 6 is eenvoudig.  Jesus doen 2 wondertekens om sy goddelikheid te demonstreer.  Hy vermeerder brood en Hy loop op die water.  En Hy doen dit baie spesifiek om mense na Hom toe te trek, sodat hulle in Hom die Messias, die Gestuurde van God die Vader, sal herken en met Hom in ‘n verhouding sal lewe.

Maar die reaksies van die mense is meesal  negatief.  Sommige volg Hom ter wille van die wonders self.  As Jesus egter hulle wil nadertrek met sy woorde, stoot dit hulle af, veral omdat Hy van sy lyding praat.  Die Joodse leiers weier ook om in ‘n verhouding met Hom te begin lewe, omdat hulle nie sy aardse afkoms (ons ken mos sy ma en pa!) met sy hemelse afkoms kan verbind nie.  Selfs Jesus se broers glo nie in Hom nie (hfst 7).  Dit is net die 12 dissipels wat by Jesus bly … Hoekom?

Jesus verduidelik dit in vers 65 as volg: “niemand kan na My toe kom as die Vader dit nie aan hom gegee het nie.” Om na Jesus toe te kom, is nie net die resultaat van jou eie keuse nie.  Dit is die getuienis van God se werk in jou lewe.  Dat jy glo, is die werk van God.

Geloof lê dus wel aan die een kant in die keuse wat ek vir Jesus maak … MAAR aan die ander kant getuig my keuse van die geloof wat God vir my gegee het.  Ek glo, omdat God geloof vir my gegee het.

LEEF

  • Wat beteken dié teks vir ons gemeente en ons gemeenskap vandag?
  • Wat vra dit van julle groep – en wat vra dit van jou persoonlik?
  • Antwoord die Here in gebed.
  • Volgende week behandel ons Johannes 10: “Ek is die Goeie Herder”.
  • Registreer by www.bybelskool.com om die dagstukkies van die Bybelskool per e-pos te ontvang. 
  • Ek sal graag julle kommentaar en vrae by www.bybelskool.com wil hoor. 
  • Of kontak my by acv.vanwyk@gmail.com of 0825749191.  

Chris van Wyk

Week 1: 24-30 April 2011 – Johannes 1:1-18

Johannes 1:1-18

  • Begin met die vraag: “Wat het met jou gebeur sedert ons laas bymekaar was ….”?
  • Laat elkeen sy storie vertel .  So bou ons aan ons vriendskap met mekaar.

RUS

  • God nooi ons uit om tot rus te kom voor Hom.  Dit is die Heilige Week.  Ons herdenk die lyding van Jesus wat tot ons verlossing op Paassondag gelei het.  Gee geleentheid vir elkeen om in stilte na te dink oor wat Jesus se lyding nou vir hom of haar beteken.  Open met gebed en dra julle kwartaal se byeenkomste aan die Here op.
  • Woon die kerk se uitbeelding van die stasies van Jesus se lyding, miskien as groep, by.

HOOR

  • Ons fokus in die volgende 6 weke tot en met Pinkster op die evangelie van Johannes.  Bybelstudiegroepe werk ‘n week vooruit met die fokusteks vir die Sondag se prediking.  Die Bybelskool werk die hele evangelie Johannes deur.  In die res van die kwartaal werk ons met die Leesrooster se tekste.
  • Lees Johannes 1:1-18 en laat elkeen ‘n paar minute neem om na te dink oor wat hulle in die teks tref.
  • Deel met mekaar wat julle tref, sonder om mekaar te onderbreek of te korrigeer.
  • Lees die volgende inset en bespreek dit met mekaar:

Johannes begin nie by Jesus se geboorte of  ’n geslagsregister ( Matteus) of die skepping (Lukas) nie.  Hy begin by God se tyd, die ewigheid, voordat alles gemaak is, voordat daar selfs iets soos ons tyd was.  Jesus is die Woord (logos) van God, nie net goddelik nie, maar Godself (1 Joh 1:1; Open 19:13)!  Uit Hom is alles gemaak, want Hy was die lewe van alles (Kol 1:16).  En dit skyn soos ’n lig in die duisternis wat ons lewens verlig (Joh 5:26; vgl ook Spr 6:23 – “die tôrâ is ’n lig”).  Let egter op hoe Johannes onmiddellik die realiteit skets van die reaksie van die duisternis op die lig.  Die vreugde van kindskap word getemper met die wete dat die duisternis die lig verwerp en wil uitdoof, al kry die duisternis dit nie reg nie.

Jesus se menswording word met twee woorde beskrywe: Hy het sarks (vlees) geword en eskênôsen (tent opgeslaan – die woord roep ook die tabernakel in die woestyn in herinnering) onder ons.  Dit beteken dat Hy volledig mens geword het, ons sondige vlees aangetrek het, en ’n menslike bestaan aanvaar het.  En let op dat dit iets is wat van hierdie punt af deel van Sy goddelike bestaan geword het.  Dit is nie iets wat Hy ooit weer gaan uittrek nie.  Hy IS nou ook mens.  Die wonder is dat ons nou die heerlikheid van God kan sien in ’n gewone mens.  En ons sien spesifiek sy genade en sy waarheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het.  Sy genade loop oor in die tekens van voorsiening (water in wyn, vermeerdering van brood) en verwondering (loop op water); genesing (siek seun, siek man, en blinde man) en oorwinning (opwekking uit die dood).  Dit nooi ons uit om Hom te vertrou vir ons lewe.  Sy waarheid word ervaar in ’n verhouding met God, iets wat die wet van Moses nooit volledig kon gee nie. Ons kan God in Jesus raaksien – iets wat Moses begeer het, maar nooit voluit kon beleef nie (vgl 1 Kor 3).

LEEF

  • Wat beteken dié teks vir ons gemeente en ons gemeenskap vandag?
  • Wat vra dit van julle groep – en wat vra dit van jou persoonlik?
  • Antwoord die Here in gebed.
  • Volgende week behandel ons Johannes 6: “Ek is die brood wat lewe gee”.
  • Registreer by www.bybelskool.com om die dagstukkies van die Bybelskool per e-pos te ontvang.  
  • Ek sal graag julle kommentaar en vrae by www.bybelskool.com wil hoor.  Of kontak my by acv.vanwyk@gmail.com of 0825749191.  Chris van Wyk

Week 10: 20–26 Maart 2011 – Jesaja 61:1-11

Jesaja 61:1-11 – God maak ons ’n blye boodskap

  • God nooi ons uit om tot rus te kom voor Hom.  Dit is Lydenstyd.
  • Gee geleentheid vir elkeen om in stilte na te dink oor wat die Here die afgelope week vir hulle beteken het.  Open met gebed.

HOOR

  • Ons is besig met ‘n reeks oor Jesaja: Perspektiewe op die Lewende God.  Lees Jesaja 61:1-11.
  • Laat elkeen ‘n paar minute neem om na te dink oor wat hulle in die teks tref.

Soos die onderwerp van lig in Jesaja 60 ‘n skakel na die belofte van ‘n Seun in Jesaja 9 gegee het, so gee die boodskap van “die Gees van die Here my God” in Jesaja 61, wat oor die dienaar van die Here kom, ‘n skakel na die belofte in Jesaja 11 van die takkie uit die stomp van Isai waarop die Gees van wysheid en insig sal rus.  Wat daar belowe is, word hier nou as die werklikheid beskryf.

Let op dat die dienaar van die Here se bediening beskryf word as ‘n blye boodskap aan mense in nood. Dit sal tot gevolg hê dat die volk ‘n tyd van transformasie sal beleef. Dit sluit hulle leefwêreld sowel as hulle geestelike belewenis in.

Let ook op dat die Here die verandering begrond in sy getrouheid aan sy belofte aan die volk, en in die wyse waarop Hy onder die nasies bekend wil staan.  Iets om in gedagte te hou in ons gebede.  Ons kan God herinner aan sy beloftes.  En ons kan God herinner aan die impak van gebedsverhoring op die nasies.

Jesus het waarskynlik dié hoofstuk as sy roepingsteks geneem, soos ‘n mens uit Lukas 4 aflei.  Na die versoeking in die woestyn kom Jesus in Nasaret, lees hierdie gedeelte uit die boek Jesaja vir die gemeente en verklaar: “Vandag is hierdie Skrifwoord wat julle nou net gehoor het, vervul” (Luk 4:21).  Hoewel Jesaja nie dié vervulling kon voorsien het nie, is dit duidelik dat hierdie Jesaja teks vir ons ‘n kernagtige sleutel gee om Jesus se bediening te verstaan.

En ons kan die manier waarop Jesus oor sy bediening gedink het, gerus ter harte vir ons eie bediening neem, want dit is uiteindelik waartoe ons ook geroep word – na mense wat nood ervaar en treur oor hulle lot in die lewe.  Niks anders is regtig hiermee te vergelyk nie.

Dit is die laaste week van ons leeswerk uit Jesaja.  Volgende kwartaal gaan ons in die Bybelskool die evangelie van Johannes in 5 weke deurlees.  Ons begin 20 April.  Die eerste Bybelstudie materiaal sal beskikbaar wees vir die week van 24-30 April, die laaste vir die week van 22-28 Mei. Registreer by www.bybelskool.com om die dagstukkies van die Bybelskool per e-pos te ontvang.  Chris van Wyk – acv.vanwyk@gmail.com of 0825749191.

Week 9: 13–19 Maart 2011 – Jesaja 56:1-8

Jesaja 56:1-8 – God trek ander mense by ons in

  • Begin met die vraag: “Wat het met jou gebeur sedert ons laas bymekaar was ….”?
  • Laat elkeen sy storie vertel .  So bou ons aan ons vriendskap met mekaar.

RUS

  • God nooi ons uit om tot rus te kom voor Hom.  Dit is Lydenstyd.
  • Gee geleentheid vir elkeen om in stilte na te dink oor wat die Here die afgelope week vir hulle beteken het.  Open met gebed.

HOOR

  • Ons is besig met ‘n reeks oor Jesaja: Perspektiewe op die Lewende God.  Lees Jesaja 56:1-8.
  • Laat elkeen ‘n paar minute neem om na te dink oor wat hulle in die teks tref.
  • Deel met mekaar wat julle tref, sonder om mekaar te onderbreek of te korrigeer.
  • Lees die volgende inset en bespreek dit met mekaar:

Dit is darem ongelooflik dat die Here soveel moeite moet doen om mense te oortuig om die regte ding te doen!  ‘n Mens sou dink dat dit ‘n natuurlike keuse moes wees!  Maar, helaas, dit is nie so nie, wat aandui dat daar so iets soos die sondeval moes wees wat dié geneigdheid van mense kan verklaar. Let op dat regdoen hier nie ‘n verdienstelike karakter aanneem nie, maar ‘n voorbereidende karakter.  Omdat God se verlossing aan die kom is, roep die profeet die volk op om reg te laat geskied in die gemeenskap en self reg te doen.

Let ook op die verstommende hoopvolle belofte wat oor die nie-Israeliete sowel as die ontmandes uitgespreek word.  Nie-Israeliete is baie keer uitgesluit  van die volk en die tempelgemeenskap weens die gevaar van afgodsdiens (Esra 9:1; Neh 9:2), hoewel mense soos Rut en Ragab wel weens hulle verbintenis aan God toegelaat is in die volk.  Nou word hulle volledig toegelaat. Ontmandes is egter altyd uitgesluit (Deut 23:1; Lev 21:20).  Teenoor die voorskrifte van die wet word hulle dus nou ingesluit in die verbond. In taal wat herinner aan wat Johannes veel later in Openbaring sou skryf (bv. 2:17; 3:5, 12; 20:15; 22:4) word hulle nou deel van die volk van God.  In die Nuwe Testament word die Etiopiese finansiële amptenaar dus sonder enige probleem ingesluit in die gemeenskap van die gelowiges (Hand 8).

Dit tref my hoe die tempel – met al die nie-Israeliete en al die ontmandes daar – tot ‘n huis van gebed vir al die volke uitgeroep word, wat vreugde aan hulle sal verskaf (56:7 – vgl Salomo wat alreeds hieroor gepraat het in sy gebed by die inwyding van die tempel en eintlik gebed as die primêre funksie van die tempel uitgespel het).  En ek kan nie anders as om te dink aan Jesus se woede met die tempelreiniging waar  hy die handelaars verkwalik het dat hulle dié droom van God in gevaar gestel het (Matt 21:13; Mark 11:17; Luk 19:46).

LEEF

  • Wat beteken dié teks vir ons gemeente en ons gemeenskap vandag?
  • Wat vra dit van julle groep – en wat vra dit van jou persoonlik?
  • Antwoord die Here in gebed.

Volgende week lees ons die laaste gedeelte uit Jesaja: Jesaja 61:1-11.  Registreer by www.bybelskool.com om die dagstukkies van die Bybelskool per e-pos te ontvang.  Ek sal graag julle kommentaar en vrae by www.bybelskool.com wil hoor.  Of kontak my by acv.vanwyk@gmail.com of 0825749191.  Chris van Wyk