• Wat het die week gebeur waarvoor julle dankbaar is? Vertel vir mekaar en sê vir die Here dankie. Laat iemand dan bid en vir die Here vra om met julle te praat.
HOOR
Lees Johannes 12:12-15. Lees dit uit ‘n eenvoudige Kinderbybel of vertel dit dramaties.
Gesels oor die teksgedeelte.
• Wat in die teksgedeelte spreek julle aan?
• Die mense het takke gewaai omdat hulle vir Jesus wou wys hulle is lief vir hom soos wat ‘n mens lief is vir ‘n koning.
• Wat beteken dit dat Jesus jou koning is?
• Hoe kan jy vir Jesus wys dat jy lief is vir hom?
LEEF
• Maak Palmkruisies! Kyk by http://www.kingofpeace.org/palmcrosses/ hoe om dit te doen. As julle wil, kan julle sommer baie maak. Bring dit dan Sondag saam kerk toe en gee dit vir van die mense.
• As julle Sondag aan die diens wil deelneem deur palmtakke of klere te swaai, kontak vir Rethie.
• Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord? Sê dankie! Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid. Bid saam vir die dinge op jul lys.

Die skool sluit hierdie week! Dink hierdie week saam terug oor die afgelope kwartaal. Wat het die Here in julle lewens gedoen? Wat het julle geleer? Sê vir die Here dankie in gebed.
Laat iemand dan bid en vir die Here vra om met julle te praat.
HOOR
Lees Johannes 12:27-33 uit Die Nuwe Testament vir kinders.
“Ek voel so ’n bietjie omgekrap,” sê Jesus. “Moet Ek bid: ‘Vader, help My om nie dood te gaan nie?’ Nee! Ek het juis gekom om dood te gaan, maar weer lewendig te word. Ek sal liewer bid: ‘Vader, doen wat gedoen moet word. Dan sal mense sien hoe groot en sterk U is.’”
“Ek het al vir mense gewys hoe groot en sterk Ek is. En Ek sal dit weer doen,” sê ’n stem skielik uit die hemel uit. Vir party mense het die stem soos donderweer geklink.
“Dit het soos ’n engel geklink,” sê ander.
“Dit was ’n stem,” sê Jesus. “Hy het met julle gepraat. Mense gaan een van die dae hoor wie reg is en wie verkeerd is. Party mense dink mos die duiwel is die sterkste. Maar hy is platgeslaan. Hy kan niks meer doen nie. Ek is die sterkste. Ek gaan op ’n kruis opgelig word. My vriende sal by My wees; daarvoor sal Ek sorg.”
Gesels oor die teksgedeelte.
Wat in die teksgedeelte spreek julle aan?
Ons vier hierdie vakansie Paasfees. In dié tyd gaan ons spesiaal dink aan Jesus se kruisiging en opstanding. Hierso praat Jesus reeds oor sy swaarkry, wat hy weet naby is. Kan julle uit hierdie teks agterkom hoekom Jesus moes swaarkry en doodgaan?
Hoe help Jesus se kruisiging en opstanding ons om te weet hoe groot en sterk God is?
LEEF
Paasfees is die beste tyd in die kerkjaar! Dis is die tyd waaroor Christene die blyste is – selfs meer as Kersfees! Wat van julle gebruik die tyd voor Paassondag spesiaal om saam aan Jesus te dink? Gesels hoe julle die vakansie spesiaal saam met Jesus gaan vier.
Woensdag is Menseregtedag. Ouers verduidelik vir kinders wat menseregte is. (Julle kan dalk by die ouer kinders hoor of hulle al by die skool gesels het oor kinders se regte. Laat die kinders vir julle vertel wat daardie regte is – of soek dit op die internet.) In Suid-Afrika is daar baie kinders in tronke, kinders wat mishandel word, kinders wat nie skool toe gaan nie, kinders wat nie genoeg kos of klere het nie en kinders wat nie ‘n huis het om in te woon nie. Bid spesiaal vir hulle, dat die Here hulle sal bevry en versorg. Bid ook dat God mense sal stuur om hierdie kinders te help. Dink dan saam wat julle kan doen. Onthou, ons moet nooit vir mense/kinders op straat geld gee nie – sodoende hou ons hulle net op straat. Die Thand’usana Safe Home for Babies in Newtonpark benodig dringend Pelargon Formule melk, asook doeke (2, 3 en 4+), vars vrugte en groente, 1l bokse 100% vrugtesap, ens (besoek hul webtuiste .za/). Daar is ook Ithemba Lam in Forest Hill, wat ook doeke, formule, kos, ens benodig (gaan kyk hier). Vir ouer kinders is daar die Kamvalethu Straatwerk Program. Om meer oor hulle uit te vind, kontak die kerkkantoor. Moet ook nie vergeet van ons gemeente se eie Barcelona Sopkombuis nie, wat vir kinders in Helenvale kos gee – kontak die kerkkantoor vir inligting.
Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord? Sê dankie! Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid. Bid saam vir die dinge op jul lys. Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.

Ons was nou die hele kwartaal besig met Filippense. Laat elkeen vertel wat dit vir hulle beteken het – wat was jou hoogtepunt of wat het jy geleer? Hoe het die Gees julle gesin hierdie kwartaal gevorm?
Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.
HOOR
Lees Filippense 4:10-20 uit Die Bybel vir Almal.
Die Here het my baie bly laat word toe julle nou weer begin wys het dat julle aan my dink. Ek weet julle het voorheen ook aan my gedink, maar julle kon dit nie wys nie. Ek sê dit nie omdat ek te min het nie. Ek het geleer om tevrede te wees met dit wat ek het. In my lewe het baie dinge met my gebeur. Partymaal het ek te min gehad en partymaal het ek baie gehad, en so het ek geleer om tevrede te wees. Partymaal het ek genoeg gehad om te eet en partymaal was ek honger. Ja, partymaal het ek baie gehad en partymaal het ek te min gehad. Christus gee vir my die krag om enige iets te doen, maar julle het die regte ding gedoen toe julle my gehelp het toe ek swaargekry het.
Gemeente van Filippi, nadat ek weggegaan het uit die provinsie Masedonië en begin het om die goeie boodskap te bring, het ander gemeentes nie vir my gesorg nie. Julle weet dat net julle vir my gesorg het. Julle het ook ’n paar maal vir my die dinge gestuur wat ek nodig gehad het toe ek in die stad Tessalonika was. Maar dit is nie vir my belangrik dat ek iets van julle ontvang nie. Dit is vir my belangrik dat julle die seën moet ontvang wat mense kry wanneer hulle vir ander mense iets gee. [Seën: Wanneer die Here mense seën, dan laat Hy dit goed gaan met hulle.]
Ek het alles gekry wat julle gestuur het en ek het nou genoeg. Epafroditos het vir my die goed gebring wat julle gestuur het, en nou het ek genoeg. Dit wat julle gestuur het, is ’n offer wat julle vir God gegee het, ’n offer wat Hy graag wil hê, ’n offer waarvan Hy baie hou. [Offer: Wanneer mense ge-offer het, dan het hulle iets vir die Here gegee.] My God sal vir julle alles gee wat julle nodig het, want Hy het baie wonderlike dinge wat Hy vir ons wil gee, dinge wat van Christus Jesus kom. Ons prys God, ons Vader, altyd en altyd! Amen.
Gesels oor die teksgedeelte (ouers kan ook na die inligting in die kleingroepmateriaal kyk).

Kyk hoe Paulus vertel hoe hy altyd tevrede was met wat hy het. Ons sukkel soms om tevrede te wees – al het ons baie! Hoe kan ons ook soos Paulus tevrede wees?
LEEF
Vertel vir mekaar waartoe Jesus julle nou roep. Is daar dalk iemand wat julle kan ondersteun soos wat die gemeente in Filippi vir Paulus ondersteun het?

We use cookies and similar technologies to improve your experience on our website.
Read our Privacy Policy.