2 Korintiërs 5:14-15 Week vanaf 11 Junie 2012
Huisgodsdiensmateriaal
Week van 11-16 Junie 2012
RUS
- Vertel vir mekaar waar en hoe julle ide afgelope week die Here beleef het.
- Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.
HOOR
Lees 2 Korintiërs 5:14-15 uit Die Nuwe Testament vir Kinders.
14–15 Christus is baie lief vir ons. Daarom praat ek net oor Hom. Ek doen dit omdat ek weet Christus het vir ons almal gesterf. Daarom is ons almal nou dood vir die sonde. Ons behoort net aan Jesus. Ons mag nie meer vir onsself leef nie. Nee, ons moet net vir Hom leef. Jesus het in ons plek gesterf. Daarna is Hy deur God lewend gemaak.
Gesels oor die teksgedeelte (ouers kan ook na die inligting in die kleingroepmateriaal kyk).
- Maak eers seker almal verstaan al die woorde. Deel dat vir mekaar wat vir julle uitstaan in die teks. As julle vrae het, kan julle ook daaroor gesels.
- Vertel weer vir mekaar waarom Jesus vir ons gesterf het. Herinner mekaar dat al ons sonde nou vergewe is! Die teks sê: Ons behoort aan Jesus!
- Hoe lyk dit wanneer ‘n mens vir jouself leef? En wanneer jy vir Jesus leef? Probeer voorbeelde noem van albei.
LEEF
- Wat vra die Here nou van jou?
- Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord? Sê dankie! Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid. Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys. Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.