Skip to main content

12-18 November: Volwasse Gelowiges

Lees Markus 13:1-13

RUS EN ONTVANG

Van watter rampe wat ons stad in onlangse tye getref het, het die Here julle bewaar? 

Van watter gevare wat elke dag rondom ons plaasvind, het die Here julle tot dusver bewaar? 

Gebed: Vra iemand om die Here te dank vir Sy beskerming en bid vir hulle wat getref is deur rampe en gevare. 

HOOR EN ONTGIN

Lees verse 1-2:  Die tempel was vir die Jode die sentrum van hulle geloof en godsdiens.  Nou sê Jesus dit gaan van hulle weggeneem word.  Wat is die sentrum van jou/ons geloof en wat sal gebeur as dit van jou/ons weggeneem word? 

Lees verse 3-8:  Baie mense vra vandag: Hoe kan ‘n liefdevolle God rampe en oorloë toelaat?   Watter nut het die tekens van die tye?

Die boodskap van die Evangelie is liefde.  Hoe is dit versoenbaar met die vervolging van gelowiges (verse 9-13)?

LEEF EN ONTPLOOI

Besluit as gesin of groep watter lewenswyse hierdie gedeelte van ons as gelowiges vra.  

5-11 Nov: Geloof is aansteeklik

PADDAS SONDER BENE KAN NIE HOOR NIE:  GELOOF IS AANSTEEKLIK

RUS EN ONTVANG

Ons tema Sondag is: “Geloof is aansteeklik” of “Faith is caught more than taught”. Identifiseer iemand wat jy ken wat die geloof dra: wat geloof aan ander leer deur hul optrede en menswees. Waaraan kan jy sien dat hulle die geloof dra?

HOOR EN ONTGIN

Lees Deut. 6:4-9

  • Wat tref jou in die gedeeltes? Deel dit met mekaar en gesels oor die teks.
  • Wat beteken dit om God lief te hê? Hoe weet ons dat ons hom liefhet? Hoe wys ons daardie liefde?
  • Kyk na al die verskillende tye wat daar oor geloof gepraat moet word. Hoekom, dink julle, word spesifiek daardie tye genoem? [Families:] dink aan praktiese goed wat julle by elkeen van daardie tye kan doen, sodat dit ‘n gewoonte kan raak om oor julle geloof te praat (bv. wanneer jou ouers jou kom haal by die skool, gesels oor wat God vandag in jou lewe gedoen het, of op pad skool toe, bid vir die dag se gebeure, ens.)
  • Kyk na die verskillende plekke waar die gebooie aangebring moet word. Wat, dink julle, simboliseer elkeen van daardie plekke? 

LEEF EN ONTPLOOI

  • Met wie praat jy oor jou geloof? En met wie nié? Watter veranderinge moet jy aanbring om jou geloof (meer) aansteeklik te maak?
  • Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord? Sê dankie!
  • Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid. Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys. Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.

28 Okt – 3 Nov: Huis is ook Kerk

PADDAS SONDER BENE KAN NIE HOOR NIE:  HUIS IS OOK KERK

HUISGODSDIENSMATERIAAL 29 OKT TOT 4 NOV

RUS EN ONTVANG

Wat is die belangrikste kamer in julle huis? Hoekom? Waar is die plek in julle huis waar dit die maklikste en/of beste is om na te dink oor God se teenwoordigheid?

HOOR EN ONTGIN

Lees Spreuke 6:20-22

  • Hierdie verse beskryf die impak van dít wat ons by ons huise leer. Die voordeel van gehoorsaamheid is leiding, beskerming en bewussyn van wat waar en waardevol is. Wat beteken elkeen van die drie goed prakties?
  • Kyk weer na Deut. 6:4-9. Watter ooreenkomste sien julle tussen die twee skrifgedeeltes?
  • Sommige mense sê Spreuke 6 kan net waar wees vir kinders, as die ouers Deut. 6 leef. Wat dink julle?

LEEF EN ONTPLOOI

  • Waartoe roep die Here jou nou?
  • Hoeveel keer per week eet julle saam by ‘n tafel? Stel vir julleself die mikpunt om elke week één keer meer saam aan tafel te eet. As julle bv. tans twee keer ‘n week saam aan tafel eet, maak dit drie.
  • Sondag is ons Tiende Dankofferfees. Kyk terug oor die afgelope jaar: waarvoor wil jy vir God dankie sê? Ouers kan gerus op ons HIER gaan kyk hoe om met hul kinders te gesels oor dankoffers.