Skip to main content

10-17 Feb: Wet en verbond

Huisgodsdiens

RUS

  • Vertel vir mekaar waar en hoe julle die afgelope week die Here beleef het.
  • Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.

HOOR

Lees Hoofstuk 5 van Die Storie vir Klein Hartjies of Die Bybelstorie vir Kinders of die verhaal van die wet (Eksodus 18-40) uit enige kinder-vriendelike Bybel.

Gesels elke keer oor die verhaal (ouers kan ook na die inligting in die kleingroepmateriaal kyk):

  • Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan in die verhaal.  As julle vrae het, kan julle ook daaroor gesels. 
  • Gesels oor elkeen van die tien gebooie en wat elke wet vir elkeen van ons vandag beteken.  Hoe kan hierdie reëls ons help en veilig hou?

LEEF

  • Vertel vir mekaar hoe die Here julle die week geseën het.  Hoe kan God julle die komende week gebruik om ander te seën?
  • Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord?  Sê dankie!  Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid.  Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys.  Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.

26 Nov – 1 Des: Advent

Benodighede

Adventskrans met kerse;

Kersboom & kers versierings: Engeltjies, duifies, kersies (liggies), hartjies en sterretjies.

Aanbevelings vir voorganger:

  • Maak seker dat elke groeplid ‘n kopie van die teks het.  Tref al die reëlings vooraf sodat die ontmoeting vlot kan verloop.
  • Die voorganger lees die kursief gedrukte gedeeltes.
  • Verdeel die teksgedeeltes tussen die groeplede en vra hulle om dit vooraf op te soek.  Die teksgedeeltes kan verkort word, veral as daar jonger kinders in die groep is.  Julle sou ook die gesprekke kon uitlaat en net die liturgie doen.
  • Laat die persoon wat die teks gelees het, die kers aansteek, of vra vooraf van die kinders om dit te doen.

ADVENTSKRANS

Plaas die Adventkrans in die middel van die groep.

 a.HOOP

Kom ons lees ‘n teks oor hoop:  Iemand lees Markus 13:24-37 of Psalm 80

Kom ons deel met mekaar waarvoor ons hoop. (Groeplede vertel vir mekaar waarvoor hulle hoop – wat hulle vir God wil vra.)

Ons gaan nou die kers van hoop aansteek. Die volk Israel het gehoop op die vervulling van God se beloftes en God het hulle nie teleurgestel nie. Die hoop dat Hy sou kom en ons hoop dat Hy weer sal kom, is soos ‘n lig wat skyn in ‘n donker plek.

Eerste adventskers word aangesteek.

Sang – Lied 599 As Hy weer kom, as Hy weer kom, kom haal Hy sy kinders

Gebed:  Here ons steek hierdie kers aan as ‘n simbool van ons hoop.  Mag  U lig skyn in die duisternis om ons lewenspad te verlig.

Almal:  Maranatha!  Kom, Here Jesus!  Amen

b.VERKONDIGING

Kom ons lees oor verkondiging:  Iemand lees Markus 1:1-8 of Psalm 85

Kom ons vertel vir mekaar van iets wat die Here die afgelope jaar in ons lewens gedoen het.  (Gesprek)

As Johannes die Doper die pad vir die Here gereed maak, verkondig hy die koms van Christus wat vrede bring tussen God en mens.  Met die aansteek van die kers, verkondig ons self ook  die koms van Jesus.

Tweede adventskers word aangesteek.

Sang – Lied 358 Welkom, o stille nag van vrede

Gebed: Here, ons steek hierdie kers aan as simbool van verkondiging. Mag U Woord deur die profete ons lei op ons lewenspad.

Almal:  Maranatha! Kom, Here Jesus! Amen

c.Vreugde

Kom ons lees ‘n teks oor vreugde:  Iemand lees Johannes 1:6-13 of Psalm 128

Elkeen vertel van iets waaroor hulle bly is. (Gesprek)

Christus bring vir ons hoop en verlossing.  Hy bring ook vir ons vreugde. Ons steek die kers van vreugde aan omdat Christus gekom het om die ware Lig te wees. As ons kinders van God is, is die vreugde altyd dieper as die trane.

 Derde adventskers word aangesteek

Sang – Lied 345   Kom, alle getroues, vrolik en vol vreugde

Gebed:  Here, ons steek hierdie kers aan as simbool van vreugde.    Mag die belofte van u teenwoordigheid ons bly maak terwyl ons op u wag.

Almal:  Maranatha! Kom, Here Jesus! Amen

d.Voorbereiding

Iemand lees Lukas 1:26-38 of Psalm 89

Christus skenk aan ons hoop, verlossing  en vreugde. Hy berei ons deur sy Gees voor vir sy koms. In afwagting hierop gee ons onsself aan hom en hou niks terug nie.

 Stil nadenke.

 Vierde adventkers word aangesteek.

 Sang – Lied 334 “God is Liefde!” juig ons harte

 Gebed:  Here, ons steek hierdie kers aan as ‘n simbool van voorbereiding.  Berei ons voor deur U Gees en maak ons gereed vir U koms.

Almal:  Maranatha! Kom, Here Jesus! Amen

e.Christus

Iemand lees Lukas 2:1-20 of Psalm 148

Christus gee hierdie hemelse geskenke (hoop, verlossing, vreugde en reiniging) sodat ons kan lewe. Bo alles gee Hy homself. In die volheid van die tyd word Hy vir ons in ons wêreld gebore.

Christuskers word aangesteek.

Sang – Lied 354 O Christus, ons verlange

Gebed (almal saam):  Here, maak my ‘n instrument van U vrede. Waar daar haat is, laat my vrede saai; waar daar onreg is, vergifnis; waar daar twyfel is, geloof; waar daar wanhoop is, hoop; waar daar duisternis is, lig; waar daar droefheid is, blydskap. O Goddelike Meester, gee dat ek nie soseer sal soek om getroos te word nie as om te troos; om verstaan te word nie as om te verstaan; om bemin te word nie as om lief te hê. Want dit is deur te gee dat ons ontvang; dit is deur te vergewe dat ons vergewe word en dit is deur te sterwe dat ons tot die ewige lewe gebore word. Amen. (Franciskus van Assisi)

KERSBOOM

Speel mooi kersmusiek terwyl julle jul Kersboom versier.  Vertel vir die kinders wat die verskillende versierings beteken.

  1. a.Duiwe herinner aan hoop, soos die duif wat die olyfblaar vir Noag gebring het.
  2. b.Engele herinner aan verkondiging, omdat engele Jesus se geboorte aangekondig het.
  3. c.Sterre herinner aan vreugde, soos die wyse manne bly was oor die Betlehemster.
  4. d.Harte herinner aan gereedheid.  Ons dien die Here met ons hele hart.
  5. e.Kerse (ook liggies, blink versierings) herinner aan Christus, die Lig vir die wêreld.

 Wanneer die boom klaar versier is:

Sang – Lied 348 Stille nag, heilige nag!

Seën

Voorganger:

Mag jy hierdie Kersfees die Vader se liefde ervaar.

Mag jy die Kind van Betlehem jou red.

Mag die Gees jou verlig.

Mag jy die moed kry om sy lig die wêreld in te dra,

Want die duisternis sal dit oorweldig nie.

Almal: Amen.

19-25 November: Leef ‘n lewe van geloof

PADDAS SONDER BENE KAN NIE HOOR NIE:

LEEF ‘N LEWE VAN GELOOF

RUS EN ONTVANG

vertel stories van God se werk in jul lewens vanjaar. Wat het julle vanjaar oor/by God geleer?

HOOR EN ONTGIN

Lees 1 Timoteus 4:6-16

  • Wat tref jou in die gedeeltes? Deel dit met mekaar en gesels oor die teks.
  • Wat beteken dit om “in toewyding aan God te lewe”? Hoe oefen ‘n mens om dit te doen?
  • Kyk weer na vers 12. Gesels saam oor hoe kinders vir ander gelowiges (en die hele gemeente) ‘n voorbeeld kan wees op al die maniere wat die teks noem.
  • Met ons beeld van hierdie kwartaal in gedagte: wat is alles nodig vir ‘n padda om te kan spring? Of: hoe lyk ‘n geloof wat geleef word?
  • David Anderson sê families (in alle vorme, dus alle gelowiges) het 4 praktyke nodig om lekker hoog en ver te hop: omgee gesprekke, om saam Bybel te lees, diens aan ander en rituele en tradisies. Wat verstaan julle onder elkeen van hierdie vier goed? Watter rol speel hierdie praktyke in julle lewens?

LEEF EN ONTPLOOI

  • Dink bietjie oor die vakansie wat voorlê. Vakansies (veral Kersfees!) is ‘n spesiale tyd van persoonlike en familie tradisies. Watter sinvolle Christelike rituele wil julle hierdie vakansie deel van jul lewens maak?
  • Hoe kan julle ook die ander drie praktyke ‘n deel van jul vakansie maak?
  • Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord? Sê dankie!
  • Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid. Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys. Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.