Skip to main content

19-25 November: Leef ‘n lewe van geloof

PADDAS SONDER BENE KAN NIE HOOR NIE:

LEEF ‘N LEWE VAN GELOOF

RUS EN ONTVANG

vertel stories van God se werk in jul lewens vanjaar. Wat het julle vanjaar oor/by God geleer?

HOOR EN ONTGIN

Lees 1 Timoteus 4:6-16

  • Wat tref jou in die gedeeltes? Deel dit met mekaar en gesels oor die teks.
  • Wat beteken dit om “in toewyding aan God te lewe”? Hoe oefen ‘n mens om dit te doen?
  • Kyk weer na vers 12. Gesels saam oor hoe kinders vir ander gelowiges (en die hele gemeente) ‘n voorbeeld kan wees op al die maniere wat die teks noem.
  • Met ons beeld van hierdie kwartaal in gedagte: wat is alles nodig vir ‘n padda om te kan spring? Of: hoe lyk ‘n geloof wat geleef word?
  • David Anderson sê families (in alle vorme, dus alle gelowiges) het 4 praktyke nodig om lekker hoog en ver te hop: omgee gesprekke, om saam Bybel te lees, diens aan ander en rituele en tradisies. Wat verstaan julle onder elkeen van hierdie vier goed? Watter rol speel hierdie praktyke in julle lewens?

LEEF EN ONTPLOOI

  • Dink bietjie oor die vakansie wat voorlê. Vakansies (veral Kersfees!) is ‘n spesiale tyd van persoonlike en familie tradisies. Watter sinvolle Christelike rituele wil julle hierdie vakansie deel van jul lewens maak?
  • Hoe kan julle ook die ander drie praktyke ‘n deel van jul vakansie maak?
  • Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord? Sê dankie!
  • Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid. Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys. Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.