Skip to main content

Dag 2 – Lees Filippense 1:12-18

’n Mens sou Paulus kon verskoon as hy so ’n bietjie gerus het terwyl hy verhoorafwagtend in die tronk sit.  Maar ook hier gebruik hy die geleentheid om die evangelie te verkondig.  Hy het nie sy opdrag vergeet nie.  Hy was gedetermineerd om te doen waarin hy geglo het.  Hoe het hy dit reggekry om so gefokus op sy opdrag te bly?  Wat het hy in die tronk geleer?  Dink aan die volgende:  ’n Helder verstaan van jou doel in die  lewe motiveer jou, dit help jou om te verstaan wat is belangriker as ander dinge en dit help jou om jou potensiaal te ontwikkel.

Dag 3 – Lees Filippense 1:12-18

’n Duidelike verstaan van sy roeping en sy doel in die lewe, het Paulus dag vir dag beïnvloed.  In die tronk, op ’n skip wat vergaan, deur verhore, wanneer hy geslaan is, deur debatte heen, kon Paulus aangaan.  Hy het geweet wat sy lewensdoel was.  Hy het geweet hy kon swig voor die moeilike omstandighede, of hy kon homself oorgee aan die saak wat so groot is dat die omstandighede waarin hy hom bevind, nie saak gemaak het nie.  Wanneer ons ons aan ons omstandighede oorgee, dan is ons uitgelewer aan dit wat met ons gebeur.  Wanneer ons ons aan ons lewensdoel oorgee, dan maak dit nie soveel saak wat met ons gebeur nie.  Paulus kom tot die gevolgtrekking dat dit nie saak maak wat met hom en ander gebeur nie, solank as wat die evangelie net verkondig word!

Dag 5: Lees Markus 10:46-52 – Jesus antwoord gebede volgens sy beloftes

Let op hoe Jesus die versoek van die blinde man toestaan, terwyl Hy nie Johannes en Jakobus se versoek toestaan om op die trone langs Hom in die oordeelsdag te sit nie.  Hoekom?  Die man se versoek is gebaseer op die Messiaanse belofte van Jesaja, terwyl die twee dissipels se versoek gebaseer is op hulle eie behoefte aan status en voorrang in die koninkryk.  Let ook op die simboliese betekenis van hierdie genesing: Jesus het gekom om die volk van hulle blindheid te verlos, maar hulle weier om tot insig te kom, soos ons met die Intog in Jerusalem hierna sal sien.

Jesus antwoord steeds vandag gebede, veral dié wat gebaseer is op sy beloftes.  Dink na oor mense en sake waarvoor jy kan intree en God se beloftes kan afbid.

Dag 4: Lees Markus 10:35-45 – Die wat eerste wil wees, word almal se dienaar

Die gesprek het al vroeër in Kapernaum begin waar die dissipels gestry het met mekaar oor wie van hulle die belangrikste is.  Jakobus en Johannes het duidelik gedink dat hulle kwalifiseer vir ereposisies, moontlik omdat hulle waarskynlik neefs van Jesus was, en saam met Hom op die berg van verheerliking was.  Jesus hanteer die arrogansie met deernis, deur weereens sy lering te herhaal dat dié wat eerste wil wees, almal se dienaar moet word, soos Hy inderdaad deur sy eie manier van lewe gewys het.  Dit is die sleutel tot ware diensbaarheid: om jouself nie hoër te ag as ander nie, maar jou te gee vir diens.

Dink na oor wat dit vir jou beteken in jou eie situasie en besluit watter praktiese diens jy vandag kan doen in navolging van Jesus.