Skip to main content

Dag 3: Lees Markus 10:17-31 – Dissipelskap sluit jou besittings in

Jesus het die ryk jongman liefgekry en ingenooi in sy dissipelkring, op voorwaarde dat hy afstand doen van sy besittings.  Dit het die jongman egter afgeskrik en bedruk laat weggaan, want hy het baie besittings gehad.  Petrus wonder dan oor hulle eie situasie wat wel alles verlaat het.  Jesus belowe daarop nie net die ewige lewe nie, maar ook ‘n oorvloed van familie en eiendom, reeds in hierdie lewe, hoewel dit saam met vervolging sal wees.

Dink na oor hoe jy jou besittings hanteer.  Maak vandag die keuse om die Here te begin vertrou, deur niks van Hom terug te hou nie.

Dag 2: Lees Markus 8:34-38 – As iemand agter My wil aankom …

Petrus het so pas bely dat Jesus die Christus is (vers 29). Hulle het gesnap dat Hy die Messias is.  Nou moes hulle Hom egter as die Lydende Messias leer ken (Jes 53).  Dit sluit in dat die dissipels in hulle navolging van Jesus self hulle voete op ‘n Lydensweg plaas.  Dissipelskap kos ‘n prys: selfverloëning, kruis opneem (teken van volle oorgawe en nie ‘n verheerliking van pyn nie) en navolging.  Dit is die paradoks van die geestelike lewe: wie sy lewe vir homself wil behou, sal dit verloor; wie sy lewe vir Hom en die evangelie verloor, sal dit behou.

Dink na oor wat jou navolging van Jesus jou kos.  Wy jou toe aan God se pad vir jou.

Dag 1: Lees Markus 8:22-26 – ‘n Dubbele aanraking van Jesus is nodig

Dit is interessant dat Jesus se genesing van die blinde van Betsaida twee stadia in-sluit.  Sommige geleerdes dink dat die twee stadia eintlik ‘n “acted parable” is.  Jesus wys hiermee vooruit na die verskillende stadiums waardeur sy dissipels sal moet gaan om regtig geestelik te kan sien.  Soos Guelich sê: “They are in need of a ’second touch’ which ultimately comes after Easter”.  Die man se genesing funksio-neer dus ook as ‘n metafoor in die res van die verhaal: net dié wie se oë Jesus genees, kan regtig sien – in geestelike sin.

Bid dat die Here jou oë ook geestelik oop sal maak vir sy pad met jou.