Skip to main content

Tag: bergpredikasie

Die Pad na Lewe IV – Kruispaaie – Matteus 7 Preek

Wanneer ‘n mens gaan vir jou bestuurslisensie, moet jy eers ‘n leerlinglisensie kry.  Vir ‘n leerlinglisensie kan jy nog nie bestuur nie, maar jy moet die tekens ken.  Jy moet die tekens langs die pad kan sien en weet wat dit beteken.  Baie van daardie tekens, is waarskuwingstekens:  “Moenie hier ry nie.  Wees versigtig hier.  Gee hier toe.  Ry stadiger.  Wees wakker.  Pasop, hier kom ‘n draai of ‘n spoedhobbel.”  Wanneer jy ry, moet jy nie net die pad ken nie, jy moet ook die tekens kan onderskei.

Ons het die laaste paar weke gesels oor die pad na lewe.  En die pad na lewe is Jesus.  Soos wat Jesus in Johannes 14 sê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe.

Hier aan die einde van die bergpredikasie sit Jesus ‘n paar padtekens neer.  Waarskuwingstekens, wat soos op ‘n snelweg vinnig verbykom.

Continue reading

Die pad na lewe III – Afdraaipaaie – Matteus 6 en 7 Preek

Een van my gunsteling woorde, is die Engelse “ornery”, of selfs “cantankerous”,  maar veral ornery.  “Ornery” is die aaklige beer.  Dis wanneer iemand sommer mislik of knorrig is, suur en nukkerig.

Ouers sal dit goed ken.  Dit is wat gebeur wanneer kleintjies moeg raak, maar nie wil bed toe gaan nie.  Dan skree hulle oor alles en is moeilik oor alles, maar weier om die een ding te doen wat hulle sal help.

Maar wat is dit wat grootmense so knorrig maak?

In die deel van die bergpredikasie wat ons vanoggend gelees het, noem Jesus drie goed wat ons in aaklige bere verander en veroorsaak dat ons nie die volheid van die lewe kan geniet nie.

Continue reading

Die Pad na die Lewe II – Die Voertuig – Matteus 6 Preek

Die feite is, dis nie maklik om op die pad te bly nie.  Beslis nie in ons eie krag nie.

Die truuk is nie om harder te probeer nie, maar om innerlik vernuwe te word, sodat ook ons uiterlike – ons gedrag, die manier waarop ons die pad loop – kan verander.

En die sleutel wat Jesus vir ons gee om ons te help om verder op hierdie pad te gaan, is om in die geheim met God te konnekteer.  Wanneer ons in die geheim groei in ons konneksie met God, sal die resultate daarvan in die openbaar sigbaar wees.

Jesus gee 3 spesifieke voorbeelde van hoe hierdie innerlike konneksie werk:  gee in die geheim;  bid in die geheim;  vas in die geheim.

Continue reading

Die Pad na Lewe – Matteus 5 Preek

Kom ons verbeel onsself gou vir ‘n paar oomblikke dat ons deel is van die skare wat daardie dag, soveel eeue gelede, saam met Jesus teen die berg gesit het.

Daar is twee groepe van ons.  Party van ons is bietjie bekommerd oor Jesus.  Ons is tradisionaliste.  Ons is baie geheg en getrou aan die wet en die profete.  En ons is bekommerd dat Jesus té anders is, dat Jesus nie meer getrou is aan die oorgelewerde tradisie van Moses en die profete nie.

Die ander groep van ons voel ons glad nie gebonde aan die tradisie nie. Ons buig die reëls om ons te pas, om ons eie sin te kry.  Ons wil ontslae raak van die Romeinse onderdrukkers.  En ons is bekommerd dat Jesus nie anders genoeg is nie, dat hy nie ver genoeg gaan om die juk van die onderdrukkers af te gooi nie.

So ons luister na Jesus.  Elk bietjie skepties.  Maar elk in die hoop dat Jesus óns agenda gaan bevestig, gaan sê dat óns eintlik reg is.

Continue reading

3-9 Feb – Vyande word vriende: Matt 5:17-48

OMGEE GESPREKKE

Vertel vir mekaar van ’n keer wat iemand lelik was met jou.  Hoe het dit gevoel?  Wat het jy gedoen?

BYBEL LEES

Gesinne met Gr 1-3’s lees deur die week die materiaal in hul kategese werkboek.

Lees Matteus 5:21-22, 43-48

  • Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan in die gedeelte.  As julle vrae het, kan julle ook daaroor gesels.
  • Jesus sê ons moet ons vyande (mense wat lelik is met ons) liefhê.  Is daar iemand spesifiek wat jy moet kies om lief te hê?  Hoe kan jy dit doen?  (Jy kan bv. vir daardie persoon bid, nie sleg oor hulle praat nie, hulle help met iets of hulle goeie eienskappe in opnoem.)

GEWOONTES EN GEBRUIKE

Probeer saam aan situasies dink waar hierdie teks relevant is en hoe ’n mens dit in daardie situasie sal leef.  Bv. hoe maak ’n mens as:

  • Jou suster die speelding kry wat jy graag vir jou verjaarsdag wou hê.
  • Jy en ’n seun in jou klas gesels, jy in die moeilikheid kom, hy nie en hy lag vir jou.
  • Jou maatjie is kwaad en sê lelike goed wat jou seermaak.
  • Jou vriende pik op ’n nuwe kind in julle klas.

GESEËN OM TE SEËN

  • Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid.  Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys.  Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.